Hoe kan ek in nederigheid groei?

 

We must learn to regard people less in the light of what they do or omit to do, and more in the light of what they suffer – Bonhoeffer

 

Hoe kan ek in nederigheid groei?

At every stage of our Christian development and in every sphere of our Christian discipleship, pride is the greatest enemy and humility our greatest friend (John Stott). Vir die beswil van ons eie siele, vir die eenheid van die gemeente en vir die goed van ons getuienis voor die wêreld, moet ons weet hoe om in nederigheid te groei.

 

  • Groei in nederigheid deur oor die kruis na te dink.

Daar is geen plek vir trots by die kruis nie. Daar sien ons duidelik die heiligheid van God, die sondigheid van die mens en die genade van die Here.

 

  • Groei in nederigheid deur oor die heerlikheid van Jesus Christus na te dink

In Filippense 2:9 – 11 herinner Paulus ons daaraan dat Christus nou heers en elkeen  wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig. Laat Christus se soewereine Heerskappy nederigheid in my laat groei.

 

  • Groei in nederigheid deur oor God se woord na te dink.

Hoekom? Dit openbaar Christus se nederigheid en verheerliking vir ons. Om die Bybel te bestudeer, kan in sigself ‘n nedrige optrede wees as ons dit doen met die gesindheid dat ons dit meer nodig het as brood. Dit is die trotse mens wat dink dat hy nie God se woord hoef te hoor nie. Ek slaan ag op die mens in nood, op dié een wat berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord (Jesaja 66:2). Soos jy studeer dink na aan God se grootheid. Hy heers oor alles.

 

  • Groei in nederigheid deur gebed

Gebed is moeilik, want dit lyk asof ons niks doen nie. Dit is ook moeilik, want dit is ‘n nederige optrede.. Ons moet ons voor God verneder en ons sorge aan Hom gee.

 

  • Groei in nederigheid deur ander te dien

Deur nederig op te tree soos om te dien as niemand ons sien nie, groei ons in nederigheid. Ons moet altyd aan die belange van ander dink. As jy mense in nederigheid dien, moet jy bid dat God in jou ‘n gees van nederigheid sal ontwikkel.

 

Hoe het die vroeë Christene hierdie wêreld omgekeer? Hulle het ‘n ander Koning gedien en hulle lewens het die waardes van hierdie koninkryk weerspieël. Hulle het saamgestaan teen eksterne teenstand en mekaar met nederige deernis gedien. Kom ons doen dieselfde in nederige afhanklikheid van ons Verlosser.

 

 

 




Voordele van swakheid

 

Do not try to make the Bible relevant. Its relevance is axiomatic. Do not defend God’s word, but testify to it. Trust to the Word. It is a ship loaded to the very limits of its capacity – Bonhoeffer

 

Voordele van swakheid

Jou sterkpunte sal jou verder neem as jou swakhede, maar as ons ons swakhede ignoreer beperk ons ons potensiaal. Ons kan nie die voordele van ons swakpunte ignoreer nie. Leiers wat dink hulle het geen swakpunte nie mislei hulle self; hulle is arrogant en gevaarlik.

 

Is daar dan voordele in ons swakheid? Dan Rockwell identifiseer ‘n paar.

 

  1. As jy jou swakhede ken, beskerm dit jou

Leiers wat nie hulle swakhede erken nie, gaan nie ver vorder nie. Jou swakhede vertel vir jou wat jy nie moet doen nie Ons moet diegene met sterkpunte wat ons dikwels frustreer, maar wat ons swakhede aanvul, aanvaar

 

  1. As jy jou swakhede ken, maak dit jou hart oop om hulp te ontvang

Om hulp van ander te ontvang, brei jou lewe en leierskap uit.

 

  1. As ek my swakhede ken, eer ek die sterkpunte van ander

Ons eer mense wat ‘n doel vervul Om ‘n doel te vervul, versterk betekenis. Jou swakhede laat ander weet dat jy omgee. Jy word meer aanvaarbaar vir ander mense as jy jou swakhede teenoor ander erken, aanvaar en hanteer.

 

  1. Sommige swakhede versterk sterkpunte

Mense met baie sterkpunte neem dikwels onnodige risikos. Jou swakhede balanseer jou benadering.

 

Elke mens het swakhede. Aanvaar hulle; herken en erken hulle.

 

 




Die Bybel aanvaar formele toewyding

 

At every stage of our Christian development and in every sphere of our Christian discipleship, pride is the greatest enemy and humility our greatest friend (John Stott).

 

Die Bybel aanvaar formele toewyding

Is lidmaatskap van die gemeente ‘n noodsaaklike deel van die Christen se lewe? In 1 Korintiërs 5 roep Paulus die gemeente op om die tug toe te pas. Ons lees: Per slot van rekening is dit nie vir my om oor mense buite die gemeente te oordeel nie. God sal hulle oordeel (5:12). Hier onderskei Paulus tussen dié binne en dié buite die gemeente. Later (in Hoofstuk 14:23 – 25) aanvaar Paulus dat ongelowiges ook saam met die gemeente vergader.

 

In Matteus 18 praat Jesus oor die hantering van ‘n broer wat sondig. In hierdie gedeelte aanvaar Hy dat sy volgelinge deel van ‘n gemeente sal wees. Hy aanvaar ook dat die gemeente ‘n mate van gesag het oor die individu. Die gelowige verstaan dat hy ook aan die gemeente aanspreeklik is; die gemeente verstaan vir wie hy aanpreeklik is.

 

Dit is veral oor tug waar die Skrif baie duidelik is oor die formele verband met die gemeente. Formaliteit is gewoonlik nie sigbaar as alles glad verloop nie. Sodra verskille ontstaan word die kontrak belangrik. Maar ons sien hierdie formele aard ook in die onderrig oor leierskap: Julle voorgangers hou wag oor julle lewe en moet aan God rekenskap gee. Wees gehoorsaam en onderdanig aan hulle, want dan sal hulle hulle werk met vreugde kan doen en nie kla nie; anders het dit vir julle geen nut nie (Hebreërs 13:17). Na watter leiers verwys die skrywer hier? Na die leiers van die gemeente waaraan hulle behoort. Die leiers is ook verantwoordelik vir die spesifieke lidmate van hulle gemeente.

 

Elke gelowige moet betekenisvol en doelgerig deel van ‘n spesifieke liggaam van gelowiges wees. Daar moet hulle tot die welstand van die gemeente bydra. Hulle kan nie net verbruikers wees van wat die gemeente aanbied nie. Lidmaatskap verskil afhangende van die verskillende kontekste. Maak nie saak hoe jy dit doen nie, maar mense moet verstaan waartoe hulle hulle verbind. Die res van die gemeente moet ook hulle verantwoordelikheid teenoor nuwe lidmate verstaan.

 

Baie gemeentes is teen enige vorm van formaliteit. Maar die gemeente moet Christene tot ware dissipelskap oproep. Hierdie dissipelskap sluit in ‘n betekenisvolle toewyding aan die gemeente. Daar is geen ander konsep vir ‘n Christen in die Skrif nie.

 

 

 




Is ons nuttelose kinders van God?

 

A humble Christian studies his own infirmities, and another’s excellencies. —Thomas Watson

 

Is ons nuttelose kinders van God?

As ‘n wingerd nie druiwe produseer nie, waarvoor is dit goed? Skaduwee? Brandhout? Beide hierdie voordele is nie die primêre doel waarvoor hierdie bome gemaak is nie. In Esegiël 15 lees ons dat ‘n wingerdloot vir een doel bestaan. Ons kan nie meubels daarvan maak nie; ons kan nie ‘n pen daarvan maak om goed aan op te hang nie. As hy nie druiwe dra nie, dan het hy net een nut: Dit  word in die vuur gegooi om te brand.  As die loot eers verbrand is, het dit nog minder nut.

 

Hoekom was Israel nutteloos vir God? Hulle was troueloos. Hulle het afgode aanbid; hulle was ongelowig en ongehoorsaam. Petrus wou ten alle koste vermy dat diegene vir wie hy lief was onvrugbaar moes wees. Daarom sê hy vir hulle: En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar  en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense (2 Petrus 1:5 – 8).

 

Selfs tydens die ballingskap wou God nie gehad het dat sy mense nutteloos en onvrugbaar moes wees nie. God het altyd ‘n doel met waar Hy ons plaas – selfs in ballingskap. Hulle moenie passief wees nie,  maar moet die welstand van die mense in Babilon bevorder. Maar ons kan nie gelyktydig die welstand van ons stede soek en by hulle in hulle afgodery aansluit nie.

 

Die beste wat gelowiges vir ons stede kan doen, is om die evangelie te verkondig. Maar die evangelie sal nie deur ons groei as dit nie ook in ons groei nie. Ons beteken niks vir ons stede as ons die mure van die geloofsgemeenskap so hoog maak dat dit ‘n fort word waarin ons skuil nie. God kies nooit dat sy mense nutteloos moet wees nie – dit is ‘n keuse wat ons vir onsself maak.

 

Soek jou gemeente die welstand van die stad? Is jou stad ‘n beter plek om in te woon, omdat die gemeente bestaan? Hoe dikwels bid die gemeente vir die welstand van die gemeenskap? Sonde het geen voordele nie. In plaas van sonde te soek en nutteloos vir die stad te word, moet ons die welstand van ons stede bevorder en vir hulle bid.