Gebed en dissipline

 

If your god never disagrees with you, you might just be worshiping an idealized version of yourself. —Tim Keller

 

Gebed en dissipline

Calvyn het geglo dat jy nie sonder dissipline kan bid nie. Hy waarsku: “Unless we fix certain hours in the day for prayer, it easily slips from our memory.” Hy beskryf dan verskeie reëls om gelowiges te lei in gebed.

 

  1. ’n Diepgevoelde sin van eerbied

In gebed praat ons met God en ons moet gebed dienooreenkomstig benader. Calvyn vra vir ‘n gedissipilneerde hart en denke.

 

  1. ‘n Diepgevoelde sin van behoefte en berou

Ons bid uit ‘n opregte gevoel van behoefte en berou. Ons moet God met die gesindheid van ‘n bedelaar nader altyd bewus van sy heerlikheid.

 

  1. ‘n Diepgevoelde sin van nederigheid en vertroue in God

Ons moet alle vertroue op onsself oorgee en nederig pleit vir vergifnis. Ons moet net op God se genade vertrou vir seëninge – geestelik en fisies. Enige ander benadering tot God bevorder trots.

 

  1. ‘n Diepgevoelde sin van hoop

Die vertroue dat ons gebede beantwoord sal word, is die gevolg van die Heilige Gees wat in ons werk. In die gelowige se lewe oorwin hoop en geloof vrees. Ware gebed glo dit sal suksesvol wees. Gelowiges nader God met vertroue en hoop.

 

Hierdie reëls klink oorweldigend – selfs onbereikbaar. Calvyn erken ons gebede is vol swakhede en mislukkings. Maar God verdra ons stameling en verskoon ons onkunde.

 

 




Leiding deur my roeping: Elemente (2)

 

If money be not thy servant, it will be thy master. The covetous man cannot so properly be said to possess wealth, as that may be said wealth possess him – Sir Francis Bacon

 

Leiding deur my roeping: Elemente (2)

Ons kyk nou na twee verdere elemente.

 

Volhoubaarheid van verbintenis

Moses, Nehemia en Paulus se bediening gaan gepaard met stryd, swaarkry, ontmoediging, die uitdaging van hulle gesag, ens.

Moses: Hy word direk deur Nadab en Abihu (Levitikus 10), Korag, Datan en Abiram (Numeri 16) en selfs deur Aäron en Mirjam, sy oudste suster (Numeri 12), uitgedaag. Daar was ook die eindelose murmurering van die volk.

Nehemia: Hy ondervind voortdurend teenstand tydens die bou van die muur. Toe hy Jerusalem verlaat verval die morele en geestelike orde wat hy met soveel moeite gevestig het. Toe hy terugkeer, moes hy alles weer regstel.

Paulus: Behalwe al sy fisiese ontberings sê hy ook: Behalwe dit alles was daar nog die daaglikse bekommernisse, die besorgdheid oor al die gemeentes (2 Korintiërs 11:28).

 

Maar God het hulle onderhou.

Moses: Hy word 120 jaar oud: sy oë was toe nog goed en sy krag het nog nie ingegee nie (Deuteronomium 34:7).

Nehemia: Hy kon alles wat tydens sy afwesigheid skeef geloop het weer regstel.

Paulus: Die Here sal my red van elke onheil en my behoue in sy hemelse koninkryk bring. Aan Hom kom te eer toe tot in alle ewigheid (2 Timoteus 4:18).

Ten spyte van al hulle swaarkry was die laaste woorde positief. God los nie sy getroue dienaars nie.

 

Moed en regstelling

Daar kom tye wanneer God intree om dit wat ons doen aan te pas of te verbeter. Sulke tye moet ons gewillig wees om te verander. ‘n Hardkoppige weiering om te verander  is ‘n teken van trots. Dit sal God se roeping van ons benadeel.

Moses: Hy aanvaar koersaanpassings. Toe Jetro, sy skoonpa, voorstel dat hy sy werkwyse moet verander, doen hy dit. Hy was nederig genoeg om aan te pas.

Paulus: In Handelinge 16 lees ons dat die Heilige Gees hulle verhinder om God se woord in die provinsie Asië te verkondig. In Troas sien Paulus ‘n gesig van ‘n Masedoniese man wat hulle smeek om na Masedonië te kom. So kom die evangelie in Europa.

Koersaanpassings bevestig en brei die aanvanklike roeping uit. Ons moet altyd bereid wees om uit te vind of God nie dalk iets beter en groter in gedagte het nie.

 

 




Leiding deur my roeping: Elemente

 

The first Reformation … was about creeds; this one’s going to be about our deeds. The first one divided the church; this one will inify the church – Rick Warren

 

Leiding deur my roeping: Elemente

As ons besluite moet neem ooreenkomstig ons roeping weet ons dat God ons deur ons denke en gebede lei- mits ons Hom toelaat om ons te lei. Deur ‘n proses lei God ons om te besluit – Hy is die Herder wat sy skape lei en versorg. Watter metodes gebruik God om dit te doen? Die neem van groot/belangrike besluite word voorafgegaan deur voorbereiding en iets wat dit veroorsaak. Dit word gevolg deur volhoubaarheid en koersaanpassing. Ons gaan na die voorbeelde van Moses, Nehemia en Paulus kyk.

Voorbereiding vir diens

Oor die langtermyn berei God mense voor vir die doel wat Hy vir hulle bepaal het,

Moses: Hy word groot in die paleis van die farao. Hy het waarskynlik die geloof en identiteit van die Jode by sy moeder geleer. Daarom het hy toe hy groot geword het, geweier om die seun genoem te word van die farao se dogter (Hebreërs 11:24). Hy was ontsteld deur Israel se slawerny. Hy slaan ‘n Egiptenaar dood omdat hy ‘n Israeliet geslaan het. Hy vlug na die woestyn. Dit alles berei Moses voor om die farao in die openbaar teen te staan en om 40 moeilike jare as Israel se leier te dien.

Nehemia: Hy was ‘n Jood aan die Persiese hof. Hy was die koning se skinker. Dit was ‘n gevaarlike beroep, maar ook ‘n beroep met baie voorregte. Konings gebruik dikwels skinkers as vertrouelinge en raadgewers. Artasasta, die koning, het van Nehemia gehou en hom vertrou. Deur hierdie verhouding tussen koning en Nehemia berei God vir Nehemia voor om sy roeping – die herbou van Jerusalem – te vervul.

Paulus: Hy was ‘n Fariseër wat die vroeë volgelinge van Jesus vervolg het. Hy was geleerd en toegerus vir ‘n bediening onder Jode, Grieke en Romeine. Hy was selfs ‘n Romeinse burger. So is hy ook toegerus om uiteindelik ongeveer ‘n kwart van die Nuwe Testament te skryf.

 

God se langtermyn voorbereiding vir ons diens is steeds ‘n werklikheid. Ons sien dit egter dikwels eers as ons bediening begin.

 

Veroorsakende faktore

God orkestreer al die omstandighede wat lei na ons verpligting in hierdie lewe. Daarom kry ons dikwels ‘n beslissende gebeurtenis wat in die persoon se gedagtes die werklikheid van sy roeping beklemtoon.

Moses: Sy ontmoeting met God by die brandende bos en God se bevel dat hy na Egipte moes terugkeer. Dit was ‘n gebeurtenis wat hy nooit sou vergeet nie.

Nehemia: Die koning vra vir Nehemia: Hoekom lyk jy so bedruk? Is jy dalk siek? Nie? Hartseer dan? (2:2). Nadat Nehemia die nuus van Jerusalem se verval ontvang het, wag en bid hy vir ‘n geleentheid om met die koning te praat. Oënskynlik het niks gebeur nie Nou, uit die bloute, word sy gebed vervul en God open vir hom ‘n deur.

Paulus: Wat met hom op pad na Damaskus gebeur het, sal Paulus nooit vergeet nie.

 

Volgende keer kyk ons na twee verdere elemente van ons roeping: volhoubaarheid en regstelling.

 

 




Emosie kan nie aanbidding ondersteun nie

 

Beware of despairing about yourself; you are commanded to place your trust in God, and not in yourself – Augustinus

 

Emosie kan nie aanbidding ondersteun nie

There are times when it is really easy to follow Jesus, and then there are times when it is really difficult – Perry Noble

As ek in die erediens sit en ons sing ‘n kragtige lied is dit maklik om Jesus te volg. As ek op die strand sit en na die branders luister, is dit maklik om Jesus te volg. As ek in die Wildtuin sit en die sonsondergang sien, is dit maklik om Jesus te volg. Maar: as die taxi voor my inry? As ek in die verkeer vassit? As ek familielede verloor? Dan is dit nie meer so maklik nie.

 

Om Jesus te volg word nie bepaal deur hoe ek voel nie – dit is ‘n daagllikse besluit om Hom te volg al is dit moeilik. As ek probleme ondervind, beteken dit nie dat ek ongelowig is nie. Dit beteken net dat ek menslik is. As dit gebeur, is die beste ding om te doen om ‘n psalm oor en oor in ons gedagtes te sing. Moeilike tye moet ons nie van Jesus Christus wegstoot nie, maar ons nader aan Hom trek.