Ek is te besig

 

Christ has no body on earth but yours, no hands but yours, no feet but yours. Yours are the eyes through which Christ’s compassion for the world is to look out, yours are the feet with which He is to go about doing good; and yours are the hands with which He is to bless us now – Teresa van Avila

 

Ek is te besig

Meeste mense is te besig vir een van twee redes:

  • Ek is besig, want ek is trots; ek wil belangrik voorkom – betekenisvol. Die ongelooflike ure, die besige skedule en die eise op my tyd is ‘n bewys vir myself en vir ander dat ek besig is. Ons leef in ‘n samelewing waar oorvol skedules die bewys van belangrikheid is. Hoe besiger ek is, hoe belangriker is ek.
  • Ek is besig, want ek is lui. Ek laat ander mense besluit wat ek moet doen; ek laat ander mense my agenda bepaal, want ek is te lui om dit te doen. Dit vereis ‘n poging van my kant om nee te sê. Ons doen nie meer die noodsaaklike werk van besluit en doelwitte stel nie – ander mense doen dit vir ons.

 

Die gevolg is dat ek nie tyd het om my eintlike werk te doen nie – die werk waarvoor ek geroep is. Hoe kan ek mense lei om in groen weivelde langs stille waters te rus as ek voortdurend aan die hardloop is?

The word busy is the symptom not of commitment but of betrayal – Eugene H. Peterson

 

 

 




Die Herder en sy Skape

 

We are saved by the gospel of God to worship the God of the gospel. —Fred Sanders

 

Die Herder en sy Skape

Leiding ontlok beide betowering en vrees. Betowering, want Christene wil deur God gelei word. Hulle weet ook dat daar baie plekke in die Bybel is waar leiding aan getroue gelowiges belowe word. Die vrees is omdat hulle bang is dat hulle nie die leiding reg sal verstaan nie. Hierdie betowering en vrees word gevoed deur ‘n onsekerheid oor God se leiding.

 

Die piëtisme het geglo dat onmiddellike leiding van God in die vorm van stemme, gedagtes en beelde en innerlike drange gereeld aan gelowiges wat hierdie leiding nodig gehad het en dit  in nederigheid gesoek het, gegee word.

 

God se leiding is een aspek van sy verbondsversorging. In Bybelse tye het God dikwels met mense op bostaande maniere gekommunikeer. Hy het nie gesê dat Hy daarmee gaan ophou nie. Ander sê dat God nie op hierdie manier gaan kommunikeer noudat ons die Bybel het nie. Ons kan tog nie beperkings op God plaas nie – Hy kan kommunikeer soos Hy wil.

 

Ons kan nie kategories sê dat “private openbarings” nie meer gebeur nie, maar ons weet dat selfmisleiding baie maklik is. Daarom  moet ons aansprake dat ons woorde van God ontvang het, toets. Dit moet ons objektief in die lig van die Skrif doen. In Deuteronomium 18:21 – 22 word God se mense aangesê om na sogenaamde profete te luister met onderskeiding: As ‘n profeet iets in die Naam van die Here aankondig en dit kom nie uit nie en dit gebeur nie so nie, dan het die Here nie met die profeet gepraat nie. Dan het die profeet hom dit aangematig en hoef jy jou nie aan hom te steur nie. Paulus sê basies dieselfde: Moenie profesieë geringskat nie, maar toets dit alles en behou wat goed is (1 Tessalonisense 5:21 – 22).

 

Teen hierdie agtergrond enkele punte:

  • Persoonlike boodskappe uit die hemel is nie en was nooit God se gewone manier van leiding gee nie. Sy gewone manier van leiding gee, is deur die woorde van die Bybel en die korrekte toepassing van hierdie waarhede.
  • Al sou sulke woorde voorkom as deel van die verhaal behels God se werk en bediening as rigsnoer altyd meer as dit. God sê nie net vir ons wat om te doen en dan staan Hy terug nie – Hy kyk wat ons met sy opdragte maak.

 

 




Slegs God se beeld gee aan ons ‘n maatstaf en betekenis.

 

An obsession merely with doing all God’s commands may be the very thing that rules out being the kind of person that he calls us to be – Dallas Willard

 

Slegs God se beeld gee aan ons ‘n maatstaf en betekenis.

Feitlik alle godsdienste het een of ander skeppingsverhaal. Maar slegs in die Bybel kry ons ‘n God wat dit alles self maak uit niks en met ‘n spesifieke doel. Maar Genesis 1:26 sê vir ons dat God die mens na sy beeld gemaak het. Daar is dus twee dinge wat ons net in God kan kry.

 

  1. Om na die beeld van God gemaak te word, gee aan ons die maatstaf van ons lewe

Met maatstaf word dinge soos goed en sleg, waar en vals, mooi en lelik bedoel. Sonder God kan ons nie ‘n maatstaf of doel vir ons lewe stel nie. Dan word goed en mooi en waar leë woorde. Sonder ‘n doel in die lewe kan daar nie reg en verkeerd wees nie  … net sterk en swak. Reg en verkeerd vereis ‘n eksterne standaard. As daar nie so ‘n staandaard is nie, verdwyn die fondament van enige etiese verklaring. Sonder God word reg en verkeerd waarde-oordele gebaseer op bruikbaarheid. Moderne mense soek die basis van reg en verkeerd in die meerderheid.

 

  1. Om na die beeld van God gemaak te word, gee aan ons die betekenis vir ons lewe.

Die menslike hart is so ontwerp dat dit net werk as God in die middelpunt is. as God nie daar is nie, plaas ons allerhande goed daar om aan ons lewens betekenis te gee … sukses, dwelms, geld, ens. Maar niks pas in nie. Dit sal nie. Luister na C. S. Lewis:

 “A baby feels hunger: well, there is such a thing as food. A duckling wants to swim: well, there is such a thing as water. Men feel sexual desire: well, there is such a thing as sex. If I find in myself a desire which no experience in this world can satisfy, the most probable explanation is that I was made for another world. If none of my earthly pleasures satisfy it, … earthly pleasures were never meant to satisfy it, but only to arouse it, to suggest the real thing.”

 

Ons sal nooit ons plek in die lewe kry voordat ons nie ons plek in God gekry het nie.

 




Die kerk en die kultuur

 

I am satisfied that when the Almighty wants me to do, or not to do, a particular thing, He finds a way of letting me know it – Abraham Lincoln

 

Die kerk en die kultuur

In meeste Westerse lande leef die kerk saam met kulturele onverskilligheid of spot of uitsluiting of vyandigheid. Hoe moet Christene hierop reageer? Die Christelike godsdiens is tans buite die hoofstroom van die kultuur. Die wêreldsiening en morele oortuigings van die kultuur bots toenemend met die wêreldsiening en morele oortuigings van die Bybel.

 

In 1 Petrus 4:12 – 19 lees ons van wat met Christene in hierdie lewe gaan gebeur en hoe ons daarop moet reageer. Die lyding van Christene staan voor Christene as ‘n teken van wat hulle kan verwag. As hierdie dinge met Christene gebeur, is dit normaal. Petrus verwys na ses reaksies.

  • Moenie verbaas wees nie. Moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan julle onderwerp word nie. Dit is nie iets vreemds wat met julle gebeur nie. Dit is waar ons begin – met die waarheid.
  • Vertrou op die Skepper. Jesus het vir ons gewys hoe om te ly sonder vergelding. Ons moet die reg van ons saak en onsself aan ons Skepper toeverteou.
  • Moenie skaam wees nie. Maar wanneer iemand ly omdat hy ‘n Christen is, moet hy hom nie daaroor skaam nie. Ons moenie skaam wees vir Christus nie al is Hy geskruisig .
  • Verheug julle. Inteendeel, as draer van daardie naam moet hy God verheerlik. Die vroeë kerk se reaksie op lyding was vreugde.
  • Doen goed. Daarom moet dié wat ly omdat God dit wil … aanhou goed doen. Help ander mense.
  • Verheelik God. As ons ly en ons is nie verbaas nie en ons vertrou ons Skepper; as ons nie skaam is nie en ons verheug ons in ons swaarkry; as ons goeie dade doen, wys ons dat ons skat nie in hierdie wêreld is nie. Ons wys God is ons skat en so verheerlik ons Hom.

Ons hoor dat ons in die wêreld maar nie van die wêreld is nie. Ons moet aanvaar dat die huidige kultuur teen Christene is, maar dit moet ons nie verhinder om anders te wees nie.