Ontwikkel jou Bybelse woordeskat

 

A sermon is not over when the minister says ‘Amen.’ Rather that is when the true sermon begins. —Joel Beeke

Ontwikkel jou Bybelse woordeskat

Hierdie is deel van Mel Lawrenz se reeks  oor hoe om die Bybel te lees.

Individuele woorde is boustene, maar ons ontdek nie die ryk betekenis en waarhede van God se woord deur na individuele woorde te kyk nie. Ons kry die betekenis in stellings – sinne of ‘n groep sinne – wat die skrywers maak. Ook hierdie idees kan net verstaan word deur na hulle in die breër konteks van die boek waarin hulle ingebed is, te kyk.

 

Nogtans moet ons woorde bestudeer om by die hele betekenis uit te kom. Daarvoor moet ons vertroue in ons vertalings hê (behalwe as jy ‘n student van Grieks en Hebreeus is). Letterlike vertalings gee aan ons die woordkeuse van die skrywer, maar dit is moeilik om te lees, want  dit vloei nie soos die taal waaraan ons gewoond is nie.

 

As ons ‘n gedeelte bestudeer, is daar sekere sleutelwoorde wat belangrik is vir ons verstaan van die teks. Hoe kan ons die betekenis van hierdie woorde verstaan?

  1. Kyk na verskillende vertalings.
  2. Gebruik ‘n konkordandie.
  3. Soek die woord op in ‘n Bybel woordeboek of ensiklopedie.
  4. ‘n Gedetailleerde kommentaar sal die betekenis van die woord verduidelik.

 

As lewenslange studente van die Bybel sal ons Bybelse woordeskat voortdurend groei. Ons doen dit om God beter te leer ken en om sy weë en wil beter aan ander te verduidelik. Mag ons nooit die woorde ken, maar nie die betekenis nie.

 

 




Twyfel en ongeloof

 

Watching church on tv and calling it worship is like watching a cooking show and calling it eating – Jim West

 

Twyfel en ongeloof

Twyfel jy ooit aan wat die Bybel van God sê? Twyfel jy aan die evangelie? Is dit wat ons as Christene glo, waar? As jy met twyfel in jou lewe gestry het, moet jy nie moed verloor nie, want jy is nie alleen nie. Doubt is natural within faith. It comes because of human weakness and frailty – Alister McGrath. Ons moet dit van ongeloof onderskei. Ongeloof is ‘n besluit om jou lewe te leef asof daar geen God is nie. Dit is ‘n doelbewuste besluit om Jesus en alles wat Hy verteenwoordig te verwerp. Twyfel ontstaan in die konteks van geloof. Dit is ‘n verlange om seker te wees van die dinge waarop ons vertrou.

 

As die Nuwe Testament oor twyfel praat, fokus dit hoofsaaklik op gelowiges. Jy moet iets glo voor jy daaraan kan twyfel. Twyfel is daarom ‘n unieke probleem van gelowiges. Selfs vir diegene wat baie getrou voorkom, is geloof soms swaar veral as die laste van die lewe swaar is. Die goeie nuus is dat selfs in ons twyfel sal die God van wie ons seker wil wees ons ontmoet net daar waar ons is. Hy wil ons van sy trou verseker.

Doubting does not prove that a man has no faith, but only that his faith is small. And even when our faith is small, the Lord is ready to help us – J. C. Ryle

 

Johannes die Doper, die grootste profeet wat ooit geleef het, het met twyfel gestry. Die profeet wat Jesus as die grootste man ooit gebore beskryf het, het oor die identiteit van Jesus getwyfel (Matteus 11). Jesus nooi ons uit om in Hom te rus wanneer geloof moeilik en die las swaar is.

 

 

 




Om besig te wees, is nie ‘n geestelike gawe nie

 

I am not unaware how difficult it is to persuade the world that God rejects and even abominates everything devised for worship by human reason. The grounds for this error are numerous. “Every one thinks highly of his own,” as the old proverb expresses it. Hence the offspring of our own brain delights us more.  — Johannes Calvyn

Om besig te wees, is nie ‘n geestelike gawe nie

Sekerlik een van die moeilikste woorde in vandag se besige wêreld is: Wag. Baie van ons gaan oorboord met besig wees. Om te besig te wees, trek ons aandag af van die dinge wat werklik belangrik is – mense. Ons weet goed dat om te besig te wees ‘n strategie van die vyand is om my aandag weg te trek van dit wat werklik kosbaar vir my is.

 

Wees eerlik. Ons leer meer in daardie kalm tye wanneer my hart, siel en gedagtes verenig om God se wil te soek. Een ding wat ons moet leer, is dat wag nie ‘n lelike woord is en dat besig wees nie ‘n geestelike gawe is nie. Bedaar en erken dat Ek God is (Psalm 46:11). Vir sommige mense is dit moeilik om te bedaar. Maar dit is net tydens daardie stil tye alleen met God wat ‘n mens waarlik vrede ondervind. Besigwees is die vyand van vrede; besig wees steel van ons kosbare tyd.

 

In die lewe vandag verwag ons onmiddellike resultate. Ons is so besig dat ons nie eers kan onthou wanneer laas ons saam met ons gesin geëet het nie. Ons moet tyd inruim om te wag en te bedaar. Maar om ou gewoontes te breek, is nie maklik nie. Maar ek kan alle dinge doen deur Christus wat vir my krag gee.

Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle … Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie (Johannes 14:27).

 

 




Uit die modderige slyk (3)

 

Hell will be full of people who thought highly of the Sermon on the Mount. You must do more than that. You must obey it and take action – John MacArthur

 

Uit die modderige slyk (3)

Psalm 40 leer vir ons baie van ons optrede as dinge in die lewe vir ons baie moeilik word. Ek gaan drie blogs aan hierdie psalm wy. Ek maak baie van die Ou Afrikaanse Vertaling gebruik

 

3. Ons kry God se verlossing nou

Wat sê hierdie psalm, geskryf meer as 3000 jaar gelede vir ons? Ons staan tog in ‘n ander geskiedkundige konteks. Ons het in werklikheid meer rede om op Hom te vertrou. Na sy opstanding sê Jesus vir die Emmausgangers dat daar selfs meer skatte in die psalms is: Jesus lê vir hulle al die  Skrifuitsprake  wat op Hom betrekking het,  uit. Jesus leer vir ons dat die Ou Testament nie net vir ons van God leer en hoe ons op Hom moet reageer nie – dit wys ook vooruit na wat Hy deur sy Seun gaan doen. Jesus is die Een wat uiteindelik God se verlossing bring.

 

Ons het dus meer rede om God te vertrou. Sy barmhartigheid misluk nooit nie. Sy verlossing kom deur die dood en opstanding van Jesus Christus. In die lig hiervan moet ons drie dinge doen:

  • Ons moet God se verlossing in die verlede onthou en vir Jesus dank. Aan die kruis het God ons sonde hanteer en ons vir alle ewigheid verlos. Die stryd met die sonde is steeds ‘n werklikheid, maar die straf vir daardie sondes is reeds betaal – eens en vir altyd aan die kruis.
  • Op grond van sy verlossing in die verlede moet ons vir sy verlossing in die hede bid. Ons kan op Hom vertrou. Maar dit is eers in die nuwe skepping wat ons vry van alle lyding sal wees. Ons weet egter ons toekoms is seker en dat ons eendag die ewigheid in sy teenwoordigheid sal geniet.
  • Ons moet die Here wat ons verlos, loof. Ons het ook ‘n nuwe lied om te sing. Hierdie lied fokus op God se goedheid in Christus. Terwyl ons die lied sing, bevestig ons ons geloof in Hom en wy ons ons lewens aan hom toe en verkondig die goeie nuus aan ander.

 

Luister na die stem van God as Hy met ons in Psalm 40 praat. Dank Hom vir die verlossing in Jesus Christus.