Spreuke: Wat is dwaasheid? (3)

Spreuke: Wat is dwaasheid? (3)

Julle onkundiges, hoe lank gaan julle nog vashou aan julle onkunde, gaan die grootpraters hulle pratery geniet en die swape ‘n afkeer hê van kennis? (Spreuke 1:22).

Ons kyk vandag na die onkundiges. Dle dwaas is uit voeling met die werklikheid, maar elke soort op ‘n verskillende manier. Hulle is goedgelowig: Wie ervaring kortkom, glo alles wat gesê word (14:15). Hulle word te maklik gelei en beïnvloed. Soos kinders word hulle maklik deur die skouspelagtige en dramatiese beïndruk. Sommige het gedurig goedkeuring nodig en word misbruik deur mense met sterk persoonlikhede wat dit vir hulle gee. Hulle volg diktators wat vir hulle vrede en oorspoed belowe. Hulle is intellektueel lui en wil nie oor dinge nadink nie. Hulle glo maklik enige skema wat belowe dat hulle vinnig ryk kan word.

Hulle kan leer en verander: As jy ‘n ligsinnige mens klap, leer dié wat nog onervare is daaruit (19:25). Ons moet versigtig wees om nie goedgelowigheid en naïwiteit met ‘n gebrek aan sofistikasie geluk te stel nie. Jy kan sofistikasie soos die wêreld dit bepaal kortkom en steeds wys wees. Jy kan verfynd wees – welaf, goed opgevoed en met goeie verhoudings –  en steeds dwaas wees.

Meeste van ons het goedkeuring van ander mense te nodig. Ons is dikwels intellektueel ongeduldig – ek wil nie dinge uitdink nie. Ons moet God vra om ons ook van ons dwaasheid te genees.

[Ek maak onder andere van Tim en Kathy Keller se boek: God’s Wisdom for Navigating Life gebruik.]




Christene volg Jesus uit eie vrye wil

 

Christene volg Jesus uit eie vrye wil

Hy sê: “Kom, volg My.” Om ‘n Christen te wees beteken meer as dat ek moreel en intellektueel saamstem met die Christelike onderrig. Christus vra van ons liefde en lojaliteit. Om Hom te volg vereis bekering, wat lei na lidmaatskap van die kerk, die liggaam van Christus.  Om ‘n Christen te wees, beteken ek is ’n burger van ‘n stad met ‘n ryk erfenis en ‘n heerlike toekoms. Soos die psalmis sê: Gaan om Sion, trek reg rondom, tel sy torings, bewonder sy mure, bekyk sy versterkings, sodat julle dit aan die volgende geslag kan vertel! Dié God is ons God vir altyd; hy sal ons altyd lei (Psalm 48:13 – 15).

 

Die Christendom is ‘n geloofsgemeenskap gevorm deur die Heilige Gees, deur aanbidding en verkondiging, deur gebed en geestelike dissiplines, deur antieke rites en onderrig wat ontvang is van diegene wat vooraf gegaan het. In die geloofsgemeenskap ken en geniet ons God se teenwoordigheid. Die Christelike lewenswyse se wortels is in die mense van Israel. Christene deel met Jode ‘n erfenis wat teruggaan tot eeue voor Jesus van Nasaret geleef het op aarde. Dit begin met God se beloftes aan Abraham: Trek uit jou land uit, weg van jou mens en jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys. Ek sal jou ‘n groot nasie maak. Ek sal jou seën en jou ‘n man van groot betekenis maak, en jy moet tot ‘n seën wees. Ek sal seën, wie jou seën, en hom vervloek  wat jou vervloek. In jou sal al die volke van die aarde geseën wees (Genesis 12:1 – 3)

Trek uit jou land uit, weg van jou mense. Die soeke na God is aanhoudend. Godsdienstige oortuigings en rites kry ons in alle kulture. Die Christelike godsdiens het nie uit natuurlike menslike impulse, begeertes of instinkte ontstaan nie. Net soos God Abraham uit sy vader se huis en land geroep het, net so roep Christus ons om in ‘n nuwe werklikheid te leef. Ons besit ‘n natuurlike  godsdienstige sin, maar die goeie nuus dat God liefde is en begeer dat ons na Hom moet kom, is ‘n onverwagte en verbasende gawe. Ons kan onsself nie na God oplig nie – God kom n lig ons op na Hom. Die Christelike weg is bonatuurlik, gebaseer op die persoon en werk van Jesus Christus.

 

Jesus herhaal God se oproep aan Abraham as Hy vir sy eie dissipels sê: As iemand na My toe kom, kan hy nie my dissipel wees tensy hy afstand doen van sy eie vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs van sy eie lewe (Lukas 14:26). Jesus wil nie die natuurlike bande wat ons saambind ondermyn of vernietig nie, maar Hy beklemtoon hiermee sy eie gesag. Hy is die Here oor alle dinge. Geen geestelike magte of menslike magte kan Jesus se oproep vervang nie. Die Here Jesus heers oppermagtig oor die Christelike weg en oor alle skepsels. Diegene wat Hom volg, mag geen ander God hê nie.

.

Christus se Heerskap gee aan die Christelike weg ‘n karakter wat die hele wêreld in beroering bring (Handelinge 17:7). As beperkte mense leef ons in ‘n wêreld vol amptenare, goewerneurs-generaal. Goewerneurs, administrateurs, raadgewers, tesourie amptenare, regters, landdroste hoofamptenare van die provinsies (Daniël 3: 2). Vandag het die gesagte in die wêreld ander name soos kundiges, terapeute, bestuurders, burokrate, ens. Hulle heers en oefen hulle gesag uit in die verloop van die lewe –soms goed, soms sleg. Christene ontken dat hulle die finale gesag het: Jy mag naas My geen ander gode hê nie (Eksodus 20:3).

 

God is een en is die Skepper van alles. Hy oefen oppergesag uit. Hierdie oortuiging word uitgespreek in ‘n sentrale stelling van die Christelike geloof: God, die Vader, het die gekruisigde Jesus opgewek uit die dood deur die krag van die Heilige Gees.

 

 




Spreuke: Wat is dwaasheid? (2)

Spreuke: Wat is dwaasheid? (2)

Julle onkundiges, hoe lank gaan julle nog vashou aan julle onkunde, gaan die grootpraters hulle pratery geniet en die swape ‘n afkeer hê van kennis? (Spreuke 1:22).

Hier word na drie soorte dwase in hierdie vers verwys. Grootpraters wys dat dit nie verstandsvermoë nie, maar gesindheid is wat bepaal of ons wys of waas is. ‘n Ligsinnige mens is hovaardig en aanmatigend, sy hovaardige optrede het geen perke (21;22). Die fondament van hierdie mense se karakter is trots wat hom nie aan ander wil onderwerp nie. Hulle strategie is om alles aan die kaak te stel en om baie selfvoldaan en alwetend in die proses op te tree. In die oë van meeste mense kom hulle wêreldwys en baie gesofistikeerd voor.

Sekere dinge verdien uiteraard kritiek Dit gaan goed met die mens wat nie … met ligsinniges saamspan nie (Psalm 1:1). Dit beteken sinisme en ligsinnigheid kan nou ‘n gewoonte word. As ligsinnigheid en grootpratery ‘n gewoonte word, verhard dit jou hart en sal dit jou verhoudings vergiftig. Ons leef in die postmoderne tyd en ‘n Internet-era wat grootpratery maklik maak. Redelike gesprekke word moeilik. Vergelyk dit met Jesus se optrede: Hy sal nie twis nie en nie skreeu nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie. ‘n Riet wat geknak is, sal HY nie afbreek nie en ‘n lamppit wat rook, nie uitdoof nie; Hy sal die wil van God laat seëvier (Matteus 12:19 – 20).

Ons rol so maklik ons oë en verwerp iemand eerder as om by hulle betrokke te raak. Ek moet die wêreld se kortpaaie om wys te lyk, vermy. Ek moet niemand verag nie en almal respekteer al is ek besig om hulle reg te help.

[Ek maak onder andere van Tim en Kathy Keller se boek: God’s Wisdom for Navigating Life gebruik.]




Is dit onlogies om te glo?

Is dit onlogies om te glo?

Ateïste sê dat dit onlogies is om in God te glo te glo. Hierdie argument neem gewoonlik een van twee vorme aan:

  1. Alle filosofiese bewyse vir die bestaan van God is die inherente teenstelling. Almal vra die vraag: “Maar wie het dan vir God gemaak?”
  2. Die bestaan van die bose (pediatriese Vigs, die massamoord op die Jode deur Hitler, ens.) maak enige bewyse van die bestaan van God irrelevant. Hoekom? Enige God wat bestaan en wat nie die vermoë het om die bose te voorkom nie, is nie almagtig nie. As Hy wel in staat is om dit te doen, maar hy doen dit nie, is Hy nie goed nie.

 

 

Hoe reageer die Christen op hierdie argumente?

Die vraag oor wie God gemaak het, is nie besonder diepsinnig nie, alhoewel dit blykbaar vir Bertrand Russell gelei het na ateïsme. Niks in die wêreld bevat die verduideliking vir die heelal se bestaan nie. Ons moet buite die wêreld vir ‘’n antwoord kyk anders gaan ons die vraag gereeld vra en nie ‘’n antwoord kry nie.

 

Only by stopping with a God who is the final answer to the series do we avoid begging the question-and only then do we offer an adequate account for the contingent universe with which we began.” (Montgomery). Die ateïs stop by die heelal en weier om na God te beweeg. Die ateïs stop met sy verduideliking van die wêreld en sy klomp toevallighede wat uitskreeu vir ‘’n verduideliking.

 

Oor die probleem van die bose is daar ‘’n logiese probleem met die argument dat dit die bestaan van God weerspreek. Ludwig Wittgenstein het vasgestel dat daar nie so ‘’n ding soos etiek is tensy daar ‘’n oortreffende, transendente bron van die etiek is. Sonder hierdie oortreffende oordeel van wat reg en wat verkeerd is, is om te praat van boos bloot relatief of deur die kultuur gekondisioneer.

 

Selfs om die woord boos oor al die verskillende kulture te gebruik voorveronderstel ‘’n absolute morele standaard.  ‘’n Absolute standaard is slegs moontlik as God bestaan. As daar geen God bestaan nie, is goed en boos bloot relatiewe konsepte. En newe-produkte van kulturele en sosio-politieke en sielkundige faktore. As God nie bestaan nie, is daar geen probleem van die bose nie.

 

Die Christelike geloof is nie onverenigbaar met die bestaan van die bose in die wêreld nie. Die Bybel is duidelik dat die bose in die wêreld gekom het deur die optrede van God se skepsels en nie deur die Skepper nie. Die bose is die gevolg van ‘’n vrywillige morele keuse van die mens om hulle eie ding te doen in teenstelling met die plan en woord van God.

 

Sonde en sy gevolge is irrasioneel en gehoorsaam nie netjiese reëls van oorsaak en gevolg nie (dit is, die idee dat jy net kry wat jy verdien.).De Bybel skei nie net vir God en die oorsaak van boosheid nie. In die dood van Jesus Christus word die dood, die finale gevolg van sonde en boosheid, oorwin. In teenstelling met die gesindheid van goedaardige berusting in die bose (soos ons kry in baie Oosterse godsdienste) sien die Christelike geloof die verdorwenheid van die mens as iets waar en aaklig. Dit het vereis dat die Seun van God die menslike geskiedenis moes betree om versoening vir die sonde van die mens te maak. Nie alleen word die bose veroordeel nie, maar God neem die gevolge van daardie boosheid op Homself.

 

Die gevolg: niemand kan sê dat God nie menslike lyding en boosheid verstaan nie. Die kruis van Jesus maak daardie argument stil. Christene glo dat Jesus Christus weer sal kom en dan sal Hy alle sonde en menslike lyding uitwis en die trane van ons oë afvee.