Hoekom het God jou gekies?

 

God eternal became a child so that through his life, death and resurrection, we would become the children of God. —Paul Tripp

 

Hoekom het God jou gekies?

Baie Christene voel dat daar nog iets is wat hulle behoort te doen, maar nie doen nie. Wat is dit? Hulle besef nie dat God hulle vir ‘n doel verlos het nie. Ons doel as gelowiges stem baie ooreen met dié van Abraham in Genesis 18. Hy sê vir ons hoe ons lewens in die lig van die evangelie verander.

 

  1. As ons die evangelie glo, word ons soos die evangelie – vol genade

God gee aan Abraham ‘n voorskou van die vernietiging van Sodom. Hierdie was ‘n gewelddadige stad wat reeds probeer het om Abraham dood te maak. Wat doen Abraham? Hy bid vir genade. Hy pleit by God om sy vyande te vergewe. Hoekom doen hy dit? Omdat hy besef het dat God hom as kanaal gekies het om die ander nasies te seën. Hy vervul hierdie roeping. Maak nie saak dat Sodom vol vyande was nie, want Abraham onthou dat hy op ‘n stadium ‘n vyand van God was. Ten spyte daarvan het God hom geseën. As ontvanger van onpeilbare genade kon hy nie anders nie – hy moes dit ook aan ander doen. Ons moet dit ook doen.

 

  1. Elkeen van ons is in ‘n gemeenskap te plaas om vir daardie gemeenskap te bid en op te offer.

Waar jy nou is, is nie toevallig nie. God het jou in jou familie of gemeenskap geplaas sodat jy vir seën en genade vir hulle kan bid. Hy het bepaal hoe lank hulle sal bestaan en waar hulle sal woon (Handelinge 17:26).  God bepaal in sy soewereiniteit waar mense sal woon en Hom sal soek. Jou bure mag dink hulle het daar ingetrek as gevolg van hule nuwe werk. Christene weet dat God hulle daarheen gebring het om my bure te wees, omdat Hy wil hê dat hulle van Jesus Chrstus moet hoor. Die kerk is ons goddelike bestemming om uit te reik in barmhartigheid na die gemeenskap om ons. Ons is dit aan ons bure en vriende verskuldig om vir hulle te bid en op te offer – Jesus het dit vir ons gedoen. Waar sou ons vandag sonder God se genade gewees het?

 

  1. Ons kan bid en in afwagting gee as gevolg van die offer van Jesus Christus

Toe Abraham bid onderhandel hy as ‘t ware met God. Miskien is daar vyftig regverdiges in die stad … Sal U dit nie spaar oor vyftig regverdiges  daarin nie?  toe 45, toe 40, toe 20, toe 10 … en uiteindelik net 1. Hierdie verhaal bring ‘n vraag na vore wat net die Nuwe Testament kan antwoord: Is daar nie een regverdig genoeg dat God die hele stad kan spaar nie? Daar is iemand: Jesus. Sy offer aan die kruis was voldoende. In Jesus se Naam kan ons God om vergifnis vra. As ons dit verstaan, kan ons groot gebede bid en groot dinge verwag – ons kan groot vir Christus waag. God het groot dinge aan sy kerk en die wêreld belowe, en as gevolg van Jesus is ek seker dat Hy sy beloftes sal nakom.

 

Baie Christene praat oor die toekoms asof hulle mismoedig is. Jesus het ‘n belofte om te vervul en Hy sal dit doen. Hy het nie gesterf sodat ‘n klomp bang Christene op ‘n hopie kan sit nie en wag vir iets beter nie. Nee, Hy het gesterf sodat ons vol moed na alle mense op alle plekke kan uitgaan en sy evangelie verkondig. God is nie vandag kleiner as wat Hy in Abraham se tyd was nie.

 

 




Jesus en Mohammed

 

Human Reason is offended, who although she is blind, deaf, stupid, impious, and sacrilegious with regard to all the words and works of God, is [believed to be] a judge of the words and works of God. — Martin Luther

 

 Jesus en Mohammed

Die verskil tussen Moslems en Christene word teenoor mekaar gestel as ons na die nalatenskap van hulle profete kyk. Dit word goed geïllustreer deur Jesus se intog in Jerusalem en Mohammed se intog in Mekka.

 

Mohammed ry Mekka binne op ‘n oorlogsperd omring deur 400 manskappe op perde en 10 000 voetsoldate. Diegene wat hom ontvang het, word deel van sy beweging. Diegene wat weerstand gebied het, word of doodgemaak of word slawe. Mohammed het Mekka oorwin en neem beheer oor as die nuwe godsdienstige, politieke en militêre leier. In die Topkapi paleis in Istanbul word Mohammed se beweerde swaard trots vertoon.

 

Jesus ry Jerusalem op ‘n donkie binne. Hy word van sy twaalf dissipels vergesel. Hy word deur mense verwelkom wat groen takkies afgebreek het en voor Hom op die pad gegooi het. Hierdie is ‘n tradisionele teken van vrede. Jesus huil oor Jerusalem, want die Jode het verkeerdelik gedink dat Hy ‘n aardse, sekulêre koning sou wees wat hulle van die juk van Rome sou bevry. Jesus het egter gekom om ‘n andersoorrtige koninkryk te kom vestig. Jesus kom nie met mag nie.

 

Wat ‘n verskil.

 




Leierskap, profesie en kritiek

“There is one prerequisite for managing the second half of your life: You must begin long before you enter it.” Peter Drucker

 

Leierskap, profesie en kritiek

Hoe lyk Bybelse profesie en is dit nog vandag van toepassing? Dit is die vraag wat Ed Stetzer antwoord.

 

In die Ou Testament as God iets betekenisvol wou doen, gebruik Hy ‘n profeet. God soek steeds mense wat na Hom sal luister en vir Hom sal praat. Profete het egter ‘n paar sleutelkenmerke.

 

  1. Profete kry hulle visie van God

Profete definieer nooit hulle eie visie nie. God plaas nie sy seël van goedkeuring op ons agenda nie. Visie is iets wat God aan ons openbaar. Ware profete spandeer tyd alleen met God om hulle visie te verfris. As ons dus iemand wil wees wat God kan gebruik, moet ons vir lank genoeg stil genoeg wees om te hoor wat God sê. Ons moet aanvaar ons kry ons visie by Hom.

 

  1. Profete daag die status quo uit.

‘n Ware profeet is dapper genoeg om teen die stroom te gaan. As ons ‘n visie wat die status quo uitdaag kommunikeer, gaan mense van ons verskil. Geen profeet word ooit 100% ondersteun nie.

 

  1. Profete aanvaar kritiek en verlies

As jy die status quo uitdaag, sal daar gou ‘n afvaardiging by jou kom om oor sake te gesels. Dit het met Nehemia gebeur. Sanballat, Tobija, die Arabier, Gesem en die res van ons vyande het berig gekry dat ek die muur klaar gebou het … Sanballat enGesem laat my toe weet: “Kan ons mekaar … ontmoet? Nehemia 6:1 – 2). Nehemia herinner ons dat elke profeet vyande en kritici het. Hoe reageer ons as mense ons leierskap kritiseer? Net soos Nehemia. Moenie te veel tyd spandeer om na hulle te luister nie. Ek is besig met ‘n groot werk. Ek kan nie kom nie. Hoekom moet die werk stilstaan terwyl ek dit laat lê om na julle te kom? (6:3 – 4). Hulle stuur dieselfde boodskap vier maal en elke keer gee Nehemia dieselfde antwoord. Dit beteken nie dat ons alle kritiek moet ignoreer nie. Kritiek kom ook van mense wat ons liefhet, in ons en in die roeping glo. Maar kritiek het ook ‘n alternatiewe agenda: dit ondermyn die roeping en my leierskap.

 

  1. Profete leef om die regte gehoor te gehoorsaam.

Moses maak sy besluit by die brandende bos; Jesus maak sy besluit in die woestyn; Jona neem sy besluit in ‘n groot vis; Paulus neem sy besluit op die pad na Damaskus. Ons moet steeds ‘n doelbewuste besluit neem. Watter gehoor gaan ek gehoorsaam? As ek nog steeds die guns van mense soek, sou ek geen dienaar van Christus wees nie (Galasiërs 1:10). Wie se guns soek ek?

 

Jesus soek steeds mense wat sy roeping sal antwoord en profete word. Is jy bereid om sy roeping te aanvaar?

 




Hoe bepaal ek my prioriteite?

 

We belittle God when we go through the outward motions of worship and take no pleasure in his person. —John Piper

 

Hoe bepaal ek my prioriteite?

Daar is elke dag baie wat jy kan doen, maar min wat jy kan voltooi. Daar is meer moontlikhede as vermoëns. Baie van jou produktiwiteit word deur jou prioritisering bepaal. Die besluit is soms baie moeilik, want daar is baie goeie dinge en baie goeie geleenthede. Hoe bepaal jy prioriteite?

 

  1. Beplan

Die beplannings fase of weeklikse oorsig is ‘n doeltreffende strategie om prioriteite te bepaal. My experience confirms that if I fail to attack my week with theologically informed planning, my week attacks me with an onslaught of the urgent. And I end up devoting more time to the urgent than the important (C. J. Mahaney).

 

  1. Gebed

Die Bybel sê dat gebed die manier is waarop God sy wil bekend maak. Soos ons bid, tree God op. Gebed is ‘n onvervangbare deel van Bybelse produktiwiteit, Dit laat ons erken dat God soewerein oor al ons planne is – dit pleit by God dat ons wyse besluite wat God eer, sal neem.

 

  1. Oorweeg jou afgode

Almal van ons soek bevrediging by iets of iemand anders as God. As jy oor prioriteite besluit wees bedag op afgode. Ons is geneig om take wat ons in ‘n goeie lig stel aan te pak en nie dié wat God verheerlik nie.

 

  1. Aanvaar die spanning

Prioritisering is meer ‘n kuns as ‘n wetenskap. Daar is hoë en lae prioriteite, maar die meerderheid pas iewers in die middel. Hierdie bemoeilik jou besluitneming. Aanvaar die spanning, want jy gaan nooit die spanning volledig oplos nie.

 

As jy beplan kyk jy na die dag wat voorlê en voorspel wat gaan gebeur. Jy voorspel dat jy ‘n sekere tyd beskikbaar gaan hê en jy beplan oor hoe om dit te gebruik. Maar dan gebeur die onverwagte. Jou dag verander en jy het nie eers seggenskap daarin gehad nie. Jy word kwaad of wanhopig. Maar as Christen vertrou ons op God se absolute soewereiniteit. Daarom kan ons met vreugde reageer al lyk dit onmoontlik. God het sy doelwitte en dit is nutteloos om daarteen in opstand te kom.

 

The truth is of course what one calls interruptions are precisely one’s real life – the life God is sending us day by day; what ons calls one’s “real life” is a phantom of one’s own imagination – C. S. Lewis.

 

Daar is ‘n ander tipe onderbreking waar jy moet besluit of jy tyd aan ‘n nuwe taak of projek gaan spandeer. Jy staan nou tussen twee sondes:

  1. Vrees vir mense

As dit vir jou belangrik is om ander mense te plesier sal jy vir alles ja sê. Jy reageer so, want jy hou van die ander persoon se reaksie as jy ja sê of jy is bang vir sy reaksie as jy nee sê.

  1. Trots

Trots mag jou oortuig dat jy reeds die beste vir jou dag weet. Daarom sê jy nee vir alles – selfs God kan nie jou planne onderbreek nie.