Mislukking

 

One of the most beautiful qualities of true friendship is to understand and to be understood. -Lucius Annaeus Seneca

 

Mislukking

Mislukking maak ons nie bly nie. Dit is pynlik, vernederend en ‘n verleentheid. Ons reaksie op mislukking kan ons lewens verander. Mislukking kan ons bitter of beter maak. Ons kan uit mislukking leer – ons kan harder werk of besef dat ons hulp nodig het.

In Markus 9:14 – 29 lees ons die interessante storie van Jesus se dissipels wat nie ‘n seun wat met ‘n bose gees besete was, kon genees nie. Hoekom kon hulle die seun nie genees nie? Hulle moes eers ‘n belangrike les leer – hulle moes besef dat hulle hulp nodig het.

 

Daaris nog ‘n les wat ons moet leer: Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee (Filippense 4:13). Ek kan niks wat werklik saakmaak sonder Hom doen nie. Dit dryf my voortdurend na Hom vir hulp. Ek moet toelaat dat my swakheid my na sy sterkte dryf. Ek moet toelaat dat my beperkings my na sy onbeperkte hulpbronne dryf. Die dissipels moet nog hierdie les leer. ‘n Vader met ‘n seun wat lei gaan die dieptes van hierdie waarheid peil.

 

 




My doel in die lewe (1)

 

The gospel frees us from our addiction to ourselves – Tony Merida

 

My doel in die lewe (1)

Ons kan almal beter in die lewe doen. Dit beteken nie dat ons meer moet doen  of langer ure moet werk en nog minder tyd by ons gesinne deurbring nie Dit gaan oor meer doen van dit wat werklik saakmaak – en om dit beter te doen. Die probleem is dat baie van ons skuldig voel omdat ons sekere verantwoordelikhede verwaarloos. Jy voel soos die ou wat die borde draai – jy hardloop vorentoe en agtertoe en in sirkels.

 

Dit hoef nie so te wees nie. Jy kan ‘n kalm en rustige lewe leef met volle vertroue in jou vooruitgang. Jy kan saans rustig slaap. Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite ‘n bestaan te maak. Vir dié wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap (Psalm 127:2). Hoekom sukkel ons dan so om ‘n rustige lewe te leef?

 

Die probleem is dat die fondament waarop ons ons lewens bou nie sterk genoeg is nie. Wat is hierdie fondament? Ek moet seker wees oor die doel van my lewe – waarom leef ek? Kom ons probeer hierdie vraag antwoord deur ‘n paar vrae te vra en antwoorde te gee.

 

Daarna gaan ons volgende keer kyk.

 

 




Ek is geroep – wat beteken dit?

 

Divisions in the church always breed atheism in the world. —Thomas Manton

 

Ek is geroep – wat beteken dit?

As ek geroepe is, beteken dit iemand moes my geroep het. Vir sommige beteken dit ‘n saak waaraan jy jou lewe wy. Vir sommige is dit net ‘n ander manier om van sy werk te praat. Maar in die Skrif is roeping nie ‘n pad wat ek in my beroep kies nie of ‘n saak wat ons kies nie of ‘n kode wat ons gebruik om God se wil te ontsluit nie. Roeping is iets wat vir ons gedoen word. Dit is ‘n oproep wat van God kom. Dit staan op twee bene.

 

  1. Die oproep na die Verlosser

Dit is die dag wat jy aangetrek is om Jesus persoonlik te volg. Dit mag dramaties wees; dit mag stadig met verloop van tyd wees. Maak nie saak wat jou storie is nie, maar God het jou geroep. Verbasend. Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars (Matteus 9:13). Hierdie roeping is persoonlik en passievol. Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne (Jesaja 43:1). Die doel van hierdie roeping is nie om ons belangrikheid te beklemtoon nie: Voor God het geen mens dus iets om op re roem nie (1 Korintiërs 1:29). God se roeping sê meer van Homself as van my. Hy roep ons met ‘n boodskap – die evangelie. Ook julle is geroep om aan Jesus Christus te behoort (Romeine 1:6). Hierdie oproep bepaal wie ons is – kinders van God verlos deur die bloed van sy Seun. Nou dat ons ons identiteit vasgestel het, gaan die tweede oproep oor die rigting van ons lewens. Dit is ‘n oproep vir diens.

 

  1. God roep ons op vir sy diens

Sy gesindheid teenoor ons is een van voortdurende roeping en uitnodiging. Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het (Efesiërs 4:1). God sê vir ons: “Dit is wie jy is.” Dan open Hy ons oë oor hoe ons in reaksie tot sy roeping moet lewe. God het ons gemaak wat ons nou is: In Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het (Efesiërs 2:10). Daar is werk om te doen. Dit begin by God. Ons is deur ons Skepper gemaak om ‘n plek en bestemming te vul. Ons word geroep om ‘n doel te dien.

 

 

 




Is konflik altyd sleg?

The Son of God became man that the children of men might become children od God – Martyn Lloyd-Jones.

 

Is konflik altyd sleg?

Daar is dikwels konflik tussen Christene. Ons glo dit gebeur nie, maar ons mislei onsself. Een vraag wat dikwels na vore kom as daar konflik is, is: Wat in die rol van die Heilige Gees as gelowiges verskil? Kom ons kyk na twee beskrywings van konflik in Handelinge – 6:1 – 7 en 15:36  – 41.

 

Die klagte was dat Griekssprekende weduwees in die daaglike versorging afgeskeep word (Handelinge 6). Die skema was goed – dit bewys deernis en versorging en maak mense daarvan bewus dat die kerk ‘n familie is. Dit is positief. Maar selfs goeie dinge kan verdeel. Dit word gou duidelik dat die Griekssprekende weduwees afgeskeep word.

 

In Handelinge 15 lees ons van die verskil tussen Barnabas en Paulus oor hoe om te reageer op Johannes Markus se vroeë verlating tydens hulle vorige sendingreis. Hier kry ons die klassieke persoon teen organisasie konflik. Barnabas is vir die persoon – gee hom ‘n tweede kans. Paulus is ‘n man vir die organisasie – dit is ‘n eer om ‘n sendeling te wees en daarom moet jy die standaarde hoog hou.

 

So wat leer ons uit hierdie konflikte?

  • As konflik jou laat vries …

Meeste mense hou niks van konflik nie. As hulle net daaraan dink, vries hulle. Maar God kan iets goeds uit die slegste omstandighede voortbring. Dit is die Josef-beginsel van Genesis 50:20: Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen. Hierdie twee situasies werk beide ten goede. Handelinge 6:7 som die eindresultaat van die konflik so op: Die woord van God het verder versprei, en die getal gelowiges in Jerusalem het geweldig toegeneem. Selfs ‘n groot aantal priesters het gelowig geword.

 

In die Paulus-Barnabas dispuut oor Johannes Markus is daar nou twee in plaas van een sendingreis. Paulus, Barnabas en Markus het suksesvolle bedienings gehad. Markus skryf die evangelie en word later ‘n vertroueling van Paulus. Die konflik tussen Barnabas en Paulus lei ook daartoe dat Silas Paulus se metgesel word.

 

Hoe gebeur sulke positiewe uitkomste? Dit is tog nie altyd die geval nie. In konfliksituasies is beide Satan en die Gees aan die werk. Satan soek ‘n eindresultaat wat vernietig; die Gees soek versoening. Satan se motiewe is altyd negatief. Satan se doel in Handelinge 6 sou gewees het om die kerk op ‘n syspoor te stuur – almal fokus op die konflik en baklei onder mekaar. Maar ons lees: Dit is nie reg dat ons die verkondiging van die woord van God verwaarloos om die versorging te kan behartig nie. Paulus en Barnabas hou ook die groter prentjie in gedagte – daar is geen sprake om die sendingreise af te stel nie.

 

Hoe kan goed uit die bose kom? Die Gees maak dit moontlik. Maar ons gesindheid moet ook reg wees: Maak nie saak wat gebeur nie God moet steeds geëer word. Daar is oplossings, maar dan moet ons bid dat die Gees  ons sal help om vorentoe te beweeg.

 

  1. Hanteer die sake wat regtig saakmaak

Hier is ‘n paar baie praktiese lesse in hierdie twee gedeeltes:

  • Toe die kerkleiers hoor dat die Griekssprekende weduwees kla, het hulle nie hulleself verdedig nie – hulle het geluister. Luister is ‘n sleutelaspek in die hantering van konflik. Hulle luister en reageer. As jy ‘n klagte hoor, luister met ‘n oop gemoed en nederigheid. Onthou jy mag verkeerd wees.
  • Onthou die klein dingetjies. Die apostels het die groter prentjie in gedagte gehou – wat hulle moes doen – maar dit het hulle nie verhoed dat hulle nie geluister en opgetree het nie. Hulle herorganiseer die hele barmhartigheidsdiens. Hulle soek manne wat vol van die Heilige Gees is en wysheid het. Geen taak is te klein om nie geestelike voorvereistes te hê nie. Klein dinge is belangrik
  • Aanvaar verskille. Almal sien nie alle dinge eenders nie. Paulus voel dat Markus nie ‘n tweede kans verdien nie; Barnabas voel anders. Net omdat iemand iets anders as ek sien, beteken nie dat hy my vyand is nie. Daarom het ons verskillende gawes.
  • Onthou die groter prentjie – die dinge wat werklik saak maak. Die apostels gee hulle aandag aan gebed en die bediening van die woord.
  • Onthou biede die Gees en Satan is aan die werk. Bid, bid, en bid nog meer.
  • Bly naby aan die kruis. Jesus was ‘n bedreiging vir die status quo. As gevolg van ons onsekerheid en kleinheid, ons sondige trots en kleinlike vrese het Jesus aan die kruis gesterf. Wonderbaarlik bring sy dood en opstanding verlossing