My selfbeeld

“Just to feel joy is simplicity itself. That is what the children of this world do all the time. But to rejoice in God is impossible until we experience the love he has for us, and until we know that he will not desert us but will lead us on to the end.” – Johannes Calvyn

 

My selfbeeld

Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het (Romeine 12:3).

Wat ons wêreld dikwels ‘n lae selfbeeld noem, sal Paulus waarskynlik sien as ‘n ander manier om te veel van jouself te dink.

 

Heilige en onheilige maniere om baie van jouself te dink

As jy ‘n gelowige is, is jy ‘n uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig (1 Petrus 2:9). In Christus is ons nuwe mense en God wil hê dat dit deel van ons selfbeeld moet wees.

 

Maar daar is ook ‘n onheilige, trotse manier om baie van jou te dink. Moet niks uit selfsug en eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoë ag as homself (Filippense 2:3). Dit moenie deel van my selfbeeld as Christen wees nie. Dit lei tot twis, naywer, onbeheerstheid, selfsug, kwaadpratery, nuusdraery, verwaandheid en wanordelikheid (2 Korintiërs 12:20).

 

Heilige en onheilige maniere om min van jouself te dink

As jy jouself sien as dat jy die voorste sondaar was en wat jy nou is, is net as gevolg van die genade van God en as jy kyk vir die agterste sitplek by die banket, want jy beskou ander as belangriker as jouself en as die uitroep van jou hart is Hy moet meer word en ek minder (Johannes 3:300) is dit heilig.

 

As jy egter ly aan ‘n chroniese gevoel van mislukking, onderprestasie en skaamte oor jy by ander afsteek; as jy voel jy is nie mooi of slim of suksevol of ryk genoeg nie, is dit onheilig. Hoe kan ons dit beveg? Almal van ons word aan versoekings blootgestel. Paulus herinner ons dat ons almal verskil – ons het verskillende funksies en gawes (Romeine 12:4 – 5). Ons is bedoel om te verskil, want ons is vir verskillende funksies gemaak. Dit verhoed dat ons jaloers word en bevorder ‘n sin van rentmeesterskap.

 

Hierdie verskille tussen mense is so deur God bepaal. Ons moet ophou om onsself met ander te vergelyk. Wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” (Hebreërs 13:5).

 

 

 




Wat kan ek vir God sê wat alles weet?

 

“So however many troubles and trials may beset us, whatever sorrows and vexations we may feel, God’s peace is bound to prevail. Nothing should stop us rejoicing in him.” – Johannes Calvyn

 

Wat kan ek vir God sê wat alles weet?

Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene ‘n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik.  Moet dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit vir Hom vra (Matteus 6:7 – 8)

Hier word ons beveel om nie sinlose, herhalende sinne te gebruik nie. God word nie met sulke breedsprakerigheid beïndruk nie. God word nie beïndruk deur dieselfde dinge wat die mens beïndruk nie.

 

Hoekom moet ons nie baie woorde gebruik nie? God weet wat ons nodig het nog voor ons dit vra. Hoekom moet ons dan hoegenaamd vra? In die algemeen sal God nie ons behoeftes hanteer voordat ons Hom vra om dit te doen nie. Gebede is die manier waardeur God dit wat ons nodig het voorsien – dit wat Hy vooraf geweet het dat ons nodig het.

 

Wat kan ek vir God vertel wat alles weet? Enigiets. God se alwetenheid vereis dat ons absoluut eerlik in gebed moet wees. Jy kan nie voorgee of manipuleer of selfs jok nie. God se alwetenheid vereis eerlikheid in gebed.

God does not ask us to tell him our needs that he may learn about them, but in order that we may be capable of receiving what he is preparing to give.” – Augustinus

 




Wat is my verantwoordelikheid teenoor die armes?

 

Pride leads to every other vice: it is the complete anti-God state of mind – C. S. Lewis.

 

Wat is my verantwoordelikheid teenoor die armes?

Volhens R. C Sproul is daar vier tipes armes:

  1. Mense wat arm is omdat hulle lui en onverantwoordelik is. God se reaksie teenoor hierdie groep is dat hulle na die miere moet gaan en leer. Paulus sê: As iemand nie wil werk nie, moet hy ook nie eet nie (2 Tessalonisense 3:10). Die basiese benadering tot hierdie groep is teregwysing en ‘n oproep om te verander.
  2. Ons moet baie versigtig wees om nie te veralgemeen nie. Alle mense wat arm is, is beslis nie lui nie. Daar is baie mense wat arm is al is hulle nie lui nie Hulle is arm as ‘n direkte gevolg van ‘n ramp, siekte, ‘n ongeluk, ens. Hulle is die verantwoordelikheid van die kerk en gelowiges. Ons moet bystand verleen waar moontlik. Hulle kry swaar deur geen fout van hulle eie nie.
  3. Hierdie mense is arm as gevolg van uitbuiting deur diegene met mag of korrupte regerings. Hier sien ons God aandring dat geregtigheid teenoor hierdie mense moet geskied. Hy is verontwaardig teenoor die uitbuiters. Gelowiges moet advokate en verdedigers van die armes wees.
  4. Hulle kies vrywillig om arm te wees – hulle offer alle wêreldse wins op as persoonlike toewyding. Hulle verdien ons ondersteuning.

 

Moenie sommer alle arm mense as lui beskou nie. Daar is geldige redes waarom sommige mense arm is en hulle verdien ons hulp.

 




Verstaan die bedoeling van die skrywers

 

I do believe we slander Christ when we think we are to draw the people by something else but the preaching of Christ crucified. ~Spurgeon

 

Verstaan die bedoeling van die skrywers

Ons gaan voort met Mel Lawrenz  se reeks oor hoe om die Bybel te lees.

Elke persoon wil gerespekteer word. ‘n Volwasse persoon verwag nie dat almal met hom sal saamstem of dieselfde dinge sal glo wat hy glo nie. Ons wil hê dat ander ons moet respekteer – verstaan wie ons is, wat ons waardes is en wat ons motiveer. Daar is net een manier hoe mense ons so kan respekteer – deur te luister en te weet.

 

‘n Ernstige benadering tot die Bybel vereis juis dit: ‘n respek vir die Bybel en die bedoeling van sy skrywers. Dit is nie iets wat ons sommer kan aanvaar nie. Baie van ons benader die Bybel soos ‘n geheime kode – ons lees ‘n stukkie en hoop dit sal ‘n vlammetjie veroorsaak. Maar wat die Skrif bied is lewensverandering. Dit hang af van die bedoeling van die skrywers.

 

Die waarheid van die woord van God word aan ons oorgedra deur die storie en onderrig van sy verkose spreekbuise. Of ons nou na geskiedkundige vertellings of wysheidonderrig of profesie of die evangelies of briewe kyk – die woorde is geskryf deur mense wat deur die Heilige Gees geïnspireer is. Hierdie mense wou boodskappe oor die waarheid van God oordra – direk. Duidelik.

 

Ons Bybelstudie na al die eeue sluit in eerbied vir die Bybel as die woorde van die lewende God wat oorgedra is deur die woorde (en die lewens, ondervindings en toewyding) van die skrywers. As ons, as voorbeeld, 1 Korintiërs lees, sien ons in die openingswoorde wie dit geskryf het, aan wie hy geskryf het en hoekom hy geskryf het. Soos jy verder lees loop jy verskillende sake raak: die huwelik, egskeiding, sedelikheid, leierskap in die kerk, geestelike gawes en sosiale verhoudings. Voortdurend vra jy vir jouself: “Wat bedoel Paulus hiermee? Hoekom skryf hy oor hierdie saak? Wat vra die gelowiges in Korinte van hom? Wat was Paulus se bedoeling – wat wou hy hê hulle moes verstaan?”

 

Sommige antwoorde kom maklik – ons kry dit in die teks. Ander vereis ‘n dieper studie. Ons gesindheid moet wees: Wat het hierdie skrywer bedoel toe hy hierdie besondere woorde aan hierdie besondere gehoor op hierdie besondere tyd geskryf het? Ons moet eers op die oorspronklike betekenis fokus. Dit het met die bedoeling van die skrywer te doen.

 

In 1 Korintiërs wou Paulus ernstige probleme in ‘n Christelike gemeenskap geleë in ‘n onsedelike kultuur regstel. Jeremia waarsku sy mense om tot geloof en toewyding tot God terug te keer. Handelinge is die werk van Lukas  om ordelik te vertel wat met die bediening van Jesus gebeur het na sy lewe wat in die evangelie beskryf is. Die psalms is modelle vir aanbidding en gebed. Spreuke is ‘n doelgerigte stel riglyne  vir ‘n lewe van wysheid.

 

Dit is ‘n voorreg om hierdie woord te bestudeer. Dit vereis egter werk en ‘n oor wat noukeurig luister. Maar dit is wat respek vereis. As ons uitvind wat dit beteken het toe dit geskrywe is, kan ons aanbeweeg en vra wat dit in terme van tydlose beginsels beteken. Eers dat kan ons vra wat dit vir ons lewens vandag beteken. Dit sal jy nooit kry deur die Skrif oppervlakkig te lees nie.