Wat is die evangelie?

 

The root cause of anxiety is a failure to trust all that God has promised to be for us in Jesus. —John Piper

 

Wat is die evangelie?

Die kern van die evangelie is die mens se herstelde verhouding met God. Maar wat hoor ons vandag? Soms hoor ons ‘n terapeutiese oproep – God sal ons beter laat voel en ons sal voorspoedig wees. Soms klink dit soos ‘n transaksie – ons skuld word betaal. Soms klink dit asof ons iets moet vermy. Soms klink dit asof Jesus gekom het om die politiek van die wêreld te verander.

 

Wat sê die Bybel oor die evangelie? As die kerk nie die evangelie reg verstaan nie, kan hy sy bestaansrede verloor. As die evangelie verlore gaan, ly die kerk en God se mense raak die pad byster. Tragies, want wat die wêreld veral nodig het, is om God se teenwoordigheid te ondervind. Die kerk wat weet wat die goeie nuus is, kan die goeie nuus bring aan ‘n wêreld wat ‘n behoefte daaraan het.

 

Die kruis is die spilpunt van die evangelie, maar Jesus wat vir ons sondes gesterf het, is nie die hele evangelie nie. Maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit ‘n aanstoot en vir die ander is dit onsin (1 Korintiërs 1:23). In 1 Korintiërs 15:3 – 5 som Paulus de evangelie op: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte Weerens is die kruis die kern van die evangelieboodskap. As Paulus hier praat van die kruis gebruik hy dit as ‘n sinekdogee  vir die hele evangelie. [ = ‘n geheel word deur ‘n deel aangedui.] Dit is baie belangrik; die evangelie kan nie sonder die kruis oorleef nie.

 

Ons sien dit in 1 Korintiërs 1:30 waar Paulus sê dat om met Christus verenig te wees, beteken dat Hy vir ons die wysheid wat van God kom: die vryspraak, die heiligmaking en die verlossing, geword het. Hoekom is dit so belangrik? As die evangelie net die kruis is, beteken dit dat dit as ‘n transaksie wat op ‘n spesifieke tyd ondervind word, gesien word. Die gevaar daarvan as ons die evangelie net as ‘n transaksie sien, is dat ons dan glo as hierdie transaksie afgehandel is jy klaar met die evangelie is – jy het sy verlossing verkry en die hel vermy. Hierdie is egter net die beginpunt van God se goeie nuus.

 

 




Verbruikersgeloof

The essence of God’s action in wrath is to give people what they choose, in all its implications. —J.I. Packer

 

Verbruikersgeloof

Daar kom oomblikke in die lewe van gelowiges wanneer wat God vir ons wil hê en wat ons vir onsself wil hê, verskil. Die apostel Petrus het met dieselfde spanning gesukkel – en aanvanklik het hy maar gesukkel. In Markus 8:27 – 38 lê Jesus drie elemente van ‘n verbruikersgeloof bloot.

  1. Jy het verbruikersgeloof as jy verwag dat Christus alle swaarkry uit jou lewe sal verwyder

Wie sê julle is ek? Petrus het pas hierdie vraag van Jesus korrek geantwoord. Dit is sekerlik een van die belangrikste vrae wat enige mens ooit kan antwoord. Jesus leer daarna sy dissipels dat Hy  baie sal ly en verwerp sal word. Petrus neem vir Jesus opsy en berispe Hom! Jesus wys vir Petrus tereg deur vir Petrus Satan te noem. Hoekom was Jesus so ontsteld oor wat Petrus gesê het? Dit is om Petrus geglo het dat die Messias gekom het om alle swaarkry uit sy lewe weg te neem.

 

Jesus sê in werklikheid vir Petrus dat Hy hom nie van swaarkry gaan verlos nie, maar deur swaarkry. Jesus het gekom om sy kruis te dra en wie Hom wil volg, moet sy eie kruis dra. Almal kom by so ‘n punt in hulle lewens – as die kanker nie genees word nie, as die huwelik nie gred word nie … Dan vra God vir ons: “Hoekom volg jy My? Is dit vir die voordele wat Ek kan gee of omdat Ek so waardevol in jou lewe is.”

 

  1. Jy het ‘n verbruikersgeloof as jy aan dissipelskap in terme van selfvervulling in plaas van opoffering dink

Almal van ons het sekere verwagtings van Christus. Ons verwag dat daar sekere dinge is wat Hy vir ons moet doen. Hy sê: “Ek is op pad na die kruis om te sterf. Wie gaan saam met My?”

 

Dietrich Bonhoeffer sê: “When Jesus bids a man to follow him, he bids him come and die.” Jesus het ons verlos sodat ons kan dien. Daarom roep Hy ons om Hom te volg.

 

  1. Jy het ‘n gebruikersgeloof as daar perke is aan jou gehoorsaamheid aan God.

Petrus was baie opgewonde om Jesus te volg toe dit genesing en mag en gewildheid beteken het. Maar hierdie pratery van swaarkry en opoffer en diens besef Petrus dat om Jesus te volg iets kos. Hy sê vir ons om iemand van wie ons niks hou nie te vergewe; Hy vra jou om Hom op ‘n sending te volg na waar jy nie wil wees nie, ens. Nou moet jy besluit hoe waardevol Hy vir jou is. Wil jy iets van Jesus hê of wil jy vir Jesus hê?

 

Jesus kom nie om ‘n deel van my lewe te wees nie – Hy kom om die middelpunt van my lewe te wees. Terwyl ons gehoorsaamheid aan Hom nog perke het, staan ons nog self in die middelpunt van ons lewens. Ons moet met oop hande na Jesus toe kom en sê: “Alles wat ek is, alles wat ek het, alles wat ek hoop om te wees … alles behoort aan U.’

 

 

 




Hoekom deel ek nie die evangelie met ander nie?

 

Want die woord van God word nie werklik in geloof ontvang wanneer dit bo-in ons brein rond-dobber nie, maar wanneer dit wortelskiet in die diepte van ons hart. Dan word dit ‘n onoorwinlike skans wat alle vorms van versoeking afweer en verdryf.” – Johannes Calvyn

 

Hoekom deel ek nie die evangelie met ander nie?

Almal van ons wil graag getroue ambassasdeurs van Christus wees. Ons wil die verlossingsboodskap oordra aan die mense om ons. Maar ons doen dit nie. Dan rasionaliseer ons ons ongehoorsaamheid met allerhande verskonings. Kom ons kyk na ‘n paar van hierdie verskonings.

  1. Ek is bang ek doen meer skade as goed. Party glo dat as hulle foute maak hulle mense net verder van Christus dryf. Natuurlik is daar evangeliste wat meer skade as goed doen, maar dit sal nie met die gewone Christen gebeur nie. Dit is diegene wat sonder respek vir ander is wat skade aanrig.Jy sal nie iemand wegdryf as jy hulle met liefde, sagtheid en deernis benader nie. Jy kan sukkel om die regte woorde te kry, maar jy moet altyd onthou dat verlossing van die Here kom.
  2. Ek weet nie wat om te sê nie. As jy genoeg weet oor hoe jy verlos is, weet jy genoeg om iemand anders daarheen te lei. Die evangelie is nie so ‘n ingewikkelde boodskap nie. Dit is ‘n eenvoudige boodskap, maar dit het ‘n ewigheidsimpak. Vetrel vir mense hoe God die evangelie gebruik het om jou lewe te verander.
  3. Ek wil nie my verhouding verbreek nie. Mense is bang om oor die evangelie te praat, want hulle is bang hulle verloor ‘n vriend. Die skade wat die evangelie aan ‘n verhouding kan aanrig, is niks in vergelyking met die skeiding tussen mens en God nie.
  4. Ek weet nie hoe om die moeilike vrae te beantwoord nie. Dit is nie nodig dat ek al die vrae moet kan beantwoord nie. Bly net by die evangelie.
  5. Dit is die leraar se werk. Almal in die gemeente moet die evangelie deel. Jou leraar kan nie jou werk vir jou doen nie. Jy is dikwels die enigste Christen met wie sommige nie-Christene ooit sal praat. Wees getrou in daardie kringetjie waar God jou geplaas het.
  6. Ek het nie tyd nie. Ons mors so baie tyd. Ons sit ure voor die TV; ons spandeer lang tye op ons selfoon en op Facebook. Ons moet weer dink oor ons skedule. Daar moet altyd tyd vir ‘n gesprek oor die evangelie wees. Jou doel in die lewe is om God te verheerlik en om die evangelie met ongelowiges te deel. Maak tyd daarvoor.
  7. Ek is bang. Jy weet nie vooraf hoe mense gaan reageer nie. Jy is bang mense spot met jou of verkleineer jou. Onthou: Wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het (Johannes 14:26)

 

As jy een van hierdie verskonings gebruik, vra die Here om jou die moed te gee om sy evangelie met ongelowiges te deel.

 

 

 

 




Die evangelie

 

If your heart doesn’t ache for people who don’t know Christ, you may not know Christ yourself. —Burk Parsons

 

Die evangelie

Ons praat oor die evangelie, maar is maar versigtig om dit met ander te deel. Persoonlike evangelisasie is nie meer ‘n prioriteit vir baie Christene nie. Vandag is baie gemeentes na binne gekeer. Gemeentes wat na buite gekeer is, beperk hulle dikwels tot diens, maar nie die verkondiging van die evangelie nie. Beide is problematies:

  • ‘n Gemeente wat na binne gekeer is praat baie oor die evangelie, maar deel dit nie.
  • Gemeentes wat na buite gekeer is, bedien ander, maar deel nie die evangelie met diegene wat hulle bedien nie.

 

Persoonlike evangelisasie het vandag baie uitdagings. Hier is ‘n paar:

  1. Die ou formules vir evangelisasie is nie meer so doeltreffend in ons pluralistiese samelewing nie. Ons kan nie almal op dieselfde wyse hanteer nie. Maar ons het die ou formules gelos, maar niks in hulle plek geplaas nie.
  2. Die beste manier om die evangelie met ander te deel. Persoonlike evangelisasie is dikwels ‘n reis en nie ‘n gesprek nie. Mense kom na die Here deur verskillende ondervindings en omstandighede. “Jesus may be the only way to God, but there are as many ways to Jesus as there are people who come to Him.” (Os Guinness)
  3. Persoonlike evangelisasie vereis tyd. Dit vereis die bou van verhoudings. Pasgebore babas vereis baie versorging – so ook diegene wat onlangs besluit het om Jesus te volg.
  4. Mense onttrek in verenigings wat soos hulle voel oor sake of dieselfde belangstellings het. Daarom gebeur dit dat ons dikwels nie kontak het met baie ongelowige mense nie.

 

Om die evangelie te deel moenie vir ons ‘n verpligting wees nie. Ek moet dit doen omdat ek Jesus liefhet en wil hê dat ander Hom ook moet ken. Ons voel dikwels dat ons nie die evangelie goed deel met ander nie. Die krag is in God se Woord en nie in ons aanbieding nie.