Genade

 

In service we must experience the many little deaths of going beyond ourselves. Sevice banishes us to the mundane, the ordinary, the trivial – Richard Foster

 

Genade

Daar was ‘n groot en bekende kerk in Engeland wat verskeie kerksale in die arm gedeeltes in die middestad onder sy sorg gehad het. Die tradisie was dat die eerste Sondag van die jaar kom almal saam om saam deel te neem aan ‘n nagmaalsdiens. By een so ‘n geleentheid sien die pastoor ‘n persoon wat kniel om die brood te ontvang. Hy moes vantevore tronkstraf uitdien. Hy is daarna bekeer en het eredienste in een van die sale in die middestad bygewoon.

 

Op daardie besondere dag was die man wat langs hom gekniel het die regter wat hom tronk toe gestuur het. Die pastoor was diep geraak oor hoe genade hierdie man se lewe verander het en die verandering wat dit teweeg gebring het.

Na die diens gaan die pastoor na die regter en vra vir him: “Het jy gesien wie langs jou gekniel het?”

“Ja,´sê die regter, “Dit is werklik ‘n wonder van God se genade.”

Die pastoor antwoord: “Dit is wonderlik om te dink hoe hy uit ‘n lewe van misdaad bekeer is”.

Die regter antwoord: “Nee, ek praat nie van hom nie. Ek praat van myself. Dit is nie vir my ‘n groot verrassing dat ‘n dief tot bekering gekom het nie. Hy het die omvang van sy nood besef. Maar kyk na my. Van kleins af is ek geleer om soos ‘n heer te lewe, my woord was my woord; ek moet gereeld bid en die eredienste bywoon. Ek gaan na Oxford en kry my grade. Ek word tot die balie toegelaat en uiteindelik word ek ‘n regter. Ek was seker dat ek alles gehad het wat ek nodig het. Maar ek was ook ‘n sondaar. Vir my om te sien dat ek Christus nodig het was ‘n wonderwerk van God se genade.”

 

 




Verwerping

 

For the essence of sin is man substituting himself for God, while the essence of salvation is God substituting himself for man – John Stott

 

Verwerping

In 1985 verlaat Henri Nouwen sy pos aan die teologiese fakulteit van Harvard om  by L’Arche, ‘n bediening vir verstandelik gestremde mense, te dien. Gou ontdek hy dat selfs sy beste vriende hom verwerp het. Toe hy hierdie gevoel van verwerping ondervind het, sê hy vir homself: If you really want to be less visible, less known, try to use this event to become more forgotten, more passed over; be grateful for the occasion. Trust that hiddenness will give you new eyes to see yourself, your world, and your God. People cannot give you new eyes; only the one who loves you without limits.

 

Hier sien ons hoe Nouwen op verwerping reageer:

  1. Hy dink eers na oor wat om daarmee te doen Hy was seergemaak en verward, maar nogtans was hy eerlik oor sy emosies. Hy het hulle nie onderdruk nie.
  2. Hy bring sy emosies en pyn na God en vra hulp sodat hy kon weet wat om te doen – vergewe en nie bitter wees nie.
  3. Met verloop van tyd besef hy sy swakheid om die pyn deur vergifnis te oorwin. Hy vra weer God se hulp.
  4. Hierdie gebeure maak hom bewus van hoe hy ander laat voel het toe hy hulle verwerp het. Daarom wys hy sy liefde deur briewe te skrywe.

 

Wat duidelik is, is dat Nouwen baie tyd beskikbaar gemaak het vir nadenke. Die gevoel van verwerping is pynlik. Nouwen het nie sy gevoelens onderdruk nie. Hy het ook nie sommer dadelik die verwerping as ongeregverdig beskou nie. Nee, hy bring sy gevoelens na God en werk met God deur hulle. Hy doen dit nie haastig nie. Hy gee spasie en tyd vir die Here om te genees.

 

Wat ons ondervindings en die psalms vir ons leer, is dat vergifnis en genesing moeilik en duur is. Volgens die psalms het ons maar min beheer oor ons emosies. Wat egter belangrik is, is waarheen ons ons emosies neem. In die proses word Nowen nie iemand wat op ‘n hopie gaan sit en homself jammer kry nie – hy dink oor hoe hy ander dalk seergemaak het en hoe hy dit kan regstel.

 

Maande later skryf Nouwen in sy joernaal:

It is hard for me to forgive someone who has really offended me, especially when it happens more than once. I begin to doubt the sincerity of the one who asks forgiveness for a second, third, or fourth time. But God does not keep count. God just waits for our return, without resentment or desire for revenge. God wants us home. . . . Maybe the reason it seems hard for me to forgive others is that I do not fully believe that I am a forgiven person. If I could fully accept the truth that I am forgiven and do not have to live in guilt or shame, I would really be free. My freedom would allow me to forgive others seventy times seven times.

 

Wat ons pyn en verwerping nodig het, is tyd – tyd om te kla, tyd om te vra vir hulp, tyd om te bely. Ons het tyd nodig om te genees.

 

 

 




Bly Positief

 

Childlike confidence makes us pray as none else can. It makes a man pray for great things, which he would never have asked for if he had not learned this confidence – Charles Spurgeon

 

Bly Positief

Craig Groeschel sê dat daar baie goeie redes vir Christene is om optimisties te wees. Daar is vandag ‘n epidemie van negatiwiteit – ook hier in Suid-Afrika. Daar is mense wat van nature meer optimisties as ander is. Natuurlik is daar dinge wat skeef loop, maar daar is ook baie om oor optimisties te wees. Jy sal altyd kry waarna jy soek: Wie die goeie nastreef, kan goedkeuring verwag; wie op die kwaad uit is, kry dit (Spreuke 11:27).

 

Hoekom kan ons optimisties wees? Kom ons kyk net na Romeine 8:

  1. My sondes is vergewe en my ewigheid is seker. Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van die sonde en dood (8:1 – 2). Dit moet ons optimisties maak.
  2. Jesus is aan die regterhand van God en Hy pleit vir ons (8:34). Hy weet waardeur ons gaan. Dit moet ons baie vertroue gee as ons weet dat Jesus vir ons pleit.
  3. My toekomstige oorwinning is groter as die pyn wat ek tans ondervind. Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie (8:18).
  4. My gedagtes is vol van die vrede van God. Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede (8:6). God se woord vernuwe ons gedagtes en help ons om sy vrede te ondervind.
  5. As God vir my is, kan niemand teen my wees nie. God is vir ons, wie kan dan teen ons wees? … Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons (8:31, 34). Mense mag jou spot en selfs vervolg, maar aangesien God by jou is, maak dit nie saak nie.
  6. God se Gees help my in my swakheid. Die Gees staan ons ook in ons swakheid by (8:24 – 26). As ek swak is, leer ek God op ‘n meer intieme wyse ken, want dit is sy krag wat my dra.
  7. Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is (8:28).
  8. Niks kan ons van die liefde van God skei nie – die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here (8:38 – 39).

 

Ons God is so groot en goed. Hoe kan ons dan negatief in die lewe wees.

 




Hoekom moet ek die eredienste bywoon?

 

Jesus isn’t an escape from life’s trials, but he’s our closest friend through them. —Burk Parsons

 

Hoekom moet ek die eredienste bywoon?

Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede (Handelinge 2:42).

Die kerk leef in moeilike tye. ‘n Groot behoefte is dat die kerk weer sy identiteit en karakter herwin. In hierdie vers word die vroeë kerk, net na die uitstorting van die Heilige Gees, beskrywe. Petrus verkondig die boodskap van Christus aan die skare. Baie glo en hulle vergader saam as die kerk. Hoekom het hulle kerk toe gekom? Hoekom moet ons kerk toe kom?

 

  1. Hulle is verander deur die evangelie van Jesus Christus

Petrus het verkondig: God het hierdie Jesus, wat julle gekruisig het, Here en Christus gemaak (2:36). Die hoorders is diep getref deur sy boodskap en vra: Wat moet ons doen, Petrus? Toe antwoord Petrus hulle : “Bekeer julle en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus, en God sal julle sondes vergewe en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang. Hier sien ons die sondaar se behoefte om hom te bekeer, sy sonde te bely, in Christus te glo vir sy verlossing en dan deur die doop deel van Christus se kerk te word. Ook ons moet kerk toe kom, omdat ons deur Christus gered is.

 

  1. Hulle kom om geleer te word in die waarhede van God se woord

Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels. Ware Christene hou van God se woord en wil graag meer daarvan weet. Hulle moet teen onkunde beskerm word en deur kennis bemagtig word. Dit word van Christene verwag om God se woord uit te dra, maar hoe kan hulle dit doen as hulle nie die nodige kennis het nie?

 

  1. Gemeenskap met ander gelowiges

Hulle het hulle heelhartig toegelê op … die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede. Ware Christene word na mekaar aangetrek.

 

Hierdie verslag van die vroeë kerk eindig deur te sê dat hulle elke dag getrou by die tempel bymekaargekom … Die hele volk was hulle goedgesind.  Ons moet die eredienste met bly en vrygewige harte bywoon om Hom te verheerlik. Wat sal gebeur as ons in die gees van die vroeë kerk bymekaarkom? En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.