Is jou gemeente ‘n vliegdekskip?

 

To pray is to accept that we are, and always will be, wholly dependent on God for everything. —Tim Keller

 

Is jou gemeente ‘n vliegdekskip?

Baie mense is verveeld in die kerk. Dit voel vir hulle dat hulle iets behoort te doen; dat daar ‘n betekenisvolle sending is waarvan hulle veronderstel is om deel te wees. Hulle is nie seker wat dit is nie en daarom sit hulle maar in die kerk, luister, gee hulle bydraes, gedra hulle so goed as wat hulle kan … Baie van hulle kan nie onthou wanneer laas ‘n volwasse bekeerling na Jesus in die gemeente gekom het nie. Hulle was beslis nie deel van iemand se persoonlike storie nie.

 

Meeste studies toon dat meeste Christene nog nooit hulle geloof met iemand anders gedeel het nie – behalwe miskien hulle familie. In die VSA groei net 20% van gemeentes en net 1% groei omdat hulle “verlore” mense bereik.

 

Hierdie twee probleme – Christene wat nie weet hoe om hulle geloof met ander te deel nie en gemeentes wat krimp – hou verband met mekaar. Tog dink gemeentes nie dat dissipels wat ander dissipels maak ‘n prioriteit vir die gemeente behoort te wees nie.

 

Ons moet weer nuut dink oor die sending van die kerk. J. D Greear vergelyk dit met drie soorte skepe:

  • Sommige Christene sien die kerk soos ‘n passasiersboot. Dit bied weelde vir die passasiers – die hele gesin. Dit gaan veral oor vermaak en die bediening van kinders. Preek die leraar boodskappe wat hedendaagse probleme en my behoeftes hanteer? Hoe lyk die fasiliteite vir kinders? Wat van die musiek? Die gemeente moet altyd onthou daar is nog baie ander passasiersbote beskikbaar.
  • Sommige Christene sien die gemeente soos ‘n oorlogskip. Die gemeente is gemaak vir sy sending. Sy sukses word beoordeel deur hoe hard en dramaties hy vir die sending veg. Die rol van die lidmate is om die leraars te betaal om die teikens te identifiseer en op hulle te vuur. Hulle sien die programme, dienste en bedienings as die primêre instrumente vir die sending van die gemeente.
  • Sommige Christene sien die gemeente soos ‘n vliegdekskip. Vliegdekskepe neem ook deel aan gevegte, maar op ‘n ander manier. Hulle rus vliegtuie toe om elders te gaan veg. Die vliegtuie moet die geveg na die vyand neem. Lidmate moet leer om die evangelie te deel – sonder die hulp van die leraar. Gemeentes moet fabrieke vir dissipels word wat dissipels toerus en dan uitstuur om teen die vyand te gaan veg.

 

As ons dit wil doen, moet ons ‘n ander meetinstrument behalwe grootte kry. Ons moenie net tel hoeveel mense inkom nie, maar ook hoeveel mense uitgaan. Ons moet opgewonde wees oor hoeveel mense uitgaan.

 

 




Die grootste les wat ek geleer het

 

If you walk closely with God forty years, you will have a much lower opinion of yourself than you have now. – John Newton

 

Die grootste les wat ek geleer het

Hoe meer jy waag, hoe groter is die moontlike resultate. Die hoofrede waarom baie kerke krimp, is omdat die leiers nie bereid is om te waag nie. Hoekom wil leiers nie waag nie? Is dit vrees? Of is dit omdat ons nie genoeg na God luister nie? Kerkleiers kies dikwels die maklikste pad vorentoe – en dit lei altyd tot mislukking.

 

Daar is een baie belangrike les om te leer: Gemeentes wat groei gee meer om vir die behoeftes van hulle gemeenskap as vir die behoeftes van hulle gemeente. As jy wil hê die gemeente moet groei, moet jy op die gemeenskap fokus en vra: “Hoe kan ek die gemeenskap dien en hulle tersefdertyd aan Jesus Christus bekendstel?” Die probleem is dat die antwoord op hierdie vraag jou sal dwing om te waag.

 

 




Waarhede aangaande uitreike

 

There are three stages in every great work of God: first, it is impossible, then it is difficult, then it is done. —Hudson Taylor

 

Waarhede aangaande uitreike

Daar is twee waarhede aangaande uitreike wat ons moet onthou anders gaan ons nie Jesus se goot opdrag om na al die nasies te gaan en die mense sy dissipels te maak, vervul nie (Matteus 28:20).

 

Waarheid #1: Vyandigheid

Mense is vyandig teen die evangelie. As ons met mense oor Jesus gaan praat, gaan ons seerkry. Daarom is die versoeking groot om op te hou om te getuig. Meeste Christene as hulle pas tot bekering gekom het, is entoesiasties om ander daarvan te vertel. Maar dan spot of beledig iemand jou en jy hou op om mense van jou geloof te vertel. Maar Jesus sê dit is normaal: Ek stuur julle soos skape tussen wolwe in (Matteus 10:16).

 

Ten spyte van hierdie vyandigheid moet ons almal getuies wees: Wees altyd gereed om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van julle ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in julle lewe (1 Petrus 3:15). Dit lyk goed: ek vertel vir hulle die evangelie; hulle bekeer hulle; hulle bedank my omdat ek hulle van Christus vertel het.

 

Maar dit is nie waaroor 1 Petrus gaan nie. Hierdie boek gaan oor Christene wat swaarkry omdat hulle Christene is. In net die volgende vers lees ons van mense wat julle oor julle goeie lewenswandel in Christus belaster. Vers 14: Maar selfs as julle sou ly omdat julle doen wat reg is, moet julle dit as ‘n voorreg beskou.

 

Evangelisasie lei tot vyandigheid. Daar is geen tegniek wat ons kan gebruik om dit te vermy nie. Daarom as ons seerkry, moet ons nie verbaas wees en stop nie.

 

Waarheid #2: Honger

Vyandigheid is net die helfte van die storie. Daar is toenemende vyandigheid, maar ook toenemende honger. Mense begin besef dat die sekulêre manier van leef leeg is. Meer en meer mense is honger om van die evangelie te hoor. Dit was nog altyd so – Paulus het dit in Korinte uitgevind.

 

Korinte was ‘n groot handelstad. Dit was ook ‘n stad wat godsdienstige pluralisme bevorder het. Paulus was in ‘n plek wat nogal baie soos die wêreld van vandag was. Hoe voel hy? Bewus van my swakheid, en met groot angs en huiwering, het ek na julle toe gekom.  Die boodskap wat ek verkondig, het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees (1 Korintiërs 2:3 – 4). Paulus kon baie maklik besluit het om nie met sy evangelisasie voort te gaan nie, maar die mense wat honger vir die boodskap.

 

Paulus het besef dat sy woorde nie genoeg was nie, maar deur die kragtige werking van die Gees, het sy boodskap vrugte gedra. Soos hy vir hulle die getuienis oor God verkondig het, werk die Here deur sy Gees en mense kom tot bekering al was Paulus verwerp. God werk deur Paulus om sommige wolwe in skape te verander.

 

As ons met ‘n ongelowige oor Jesus Christus praat, weet ons nie watter reaksie ons sal kry nie. Ons moet die vyandigheid waag om die honger te ontdek. Soms sal ons, soos Paulus, vyandigheid kry. Soms sal ons, soos Paulus, honger kry. Twee waarhede – vyandigheid en honger. Hou vas aan beide as ons mekaar wil help om dissiepels vir die Here te maak.

 

 

 

 

 




Kleingroepe in die gemeente

 

Right is right though all condemn, and wrong is wrong though all approve. —Charles Spurgeon

 

Kleingroepe in die gemeente

Kleingroepe is baie belangrik in gemeentes. Daar is ‘n groot verskeidenheid van groepe wat kan werk. Daar is egter sekere aspekte wat belangrik is as verandering van lewens een van die doelwitte van hierdie groepe is. Hier is vier belangrike fasette van kleingroepe:

  1. Verbind

Kleingroepe verbind mense in verhoudings. Dit is terloops ‘n rede waarom mense kerke verlaat – die feit dat hulle nie daarin geslaag het om verhoudings te bou nie. Kleingroepe moet ‘n gemaklike omgewing skep waarin mense verhodings kan aangaan.

 

  1. Vermeerder

As die mens groei vermeerder die selle – een sel word baie selle. Dit laat groei en verandering toe. Groei in die kerk vind net plaas as mense voortdurend groei en vermeerder. Kliengroepe moet vermeerder sodat al hoe meer mense dit kan ondervind.

 

  1. Assimileer

Kleingroepe assimileer lede vir bediening deur diens. Soos mense saam in verhoudings groei, sal hulle geredelik saam met ander dien. Of kleingroepe saam dien en of hulle lede help om op hulle eie te dien, moet kleingroepe mense help om te dien – binne en buite die kerk.

 

  1. Verander

Kleingroepe laat mense toe om dieper en vinniger persoonlik te verander. Met die fokus op Bybelstudie en die toepassing van God se waarhede in die lewe, help kleingroepe mense om ware lewensverandering te ondervind. Kleingroepe skep ‘n veilige omgewing om vrae te vra tussen mense wat ook sukkel. Hulle skep ook ‘n veilige omgewing waar mense met geloofsake kan worstel.

 

Kleingroepe met hierdie vier eienskappe verbind mense in ware verhoudings in ‘n omgewing waarin die Bybel gelees, bespreek, gewaardeer en uitgeoefen word. Dit is die plek waar mense in hulle geloof meer volwasse word. Hulle word ook bemoedig om meer gereeld die Bybel te lees