Hoe moet ek haat?

 

“There is nothing dreary or doubtful about (the life). It is meant to be continually joyful…We are called to a settled happiness in the Lord whose joy is our strength.” ~ Amy Carmichael

 

Hoe moet ek haat?

In ‘n vorige blog het ons na heilige haat verwys: Julle het die Here lief, haat dan wat sleg is (Psalm 97:10). Hoe kan jy op ‘n Christelike wyse haat?

  1. Haat Bybels. Persoonlike voorkeure en vooroordele mag geen rol speel nie. Ons moet ook net haat wat die Bybel sê ons moet haat. Ons haat die bose in die algemeen, maar die Bybel identifiseer ook sekere spesifieke sondes. U bevele gee my insig, daarom haat ek elke verkeerde pad (Psalm 119:104); Om die Here te dien, is om te haat wat verkeerd is. Daarom haat ek hoogmoed en hovaardigheid, ‘n verkeerde lewe en slinkse woorde (Spreuke 8:13); Die regverdige haat leuens; die goddelose maak hom gehaat en veragtelik (Spreuke 13:5); ens.
  2. Haat proporsioneel. Ons kan nie dieselfde graad van haat vir alle oortredings hê nie. Jou haat moet die erns van die sonde weerspieël
  3. Haat toepaslik. Dit gaan altyd met gebed en God se woord gepaard.
  4. Haat onpersoonlik. Probeer die sonde van die persoon skei. Dit is nie maklik nie. Jesus Christus het elkeen van ons persoonlik lief, maar haat die sonde wat ons doen.
  5. Haat in liefde. Omdat ek die persoon se sonde haat, is daar geen verskoning om onbeskof te wees nie. Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense (Romeine 12:17 – 18). Luister na hulle siening; moenie hulle beledig nie; soek geleenthede om praktiese dade van liefde te bewys.
  6. Haat evangelisties. Ons moet wys dat ons ‘n persoon se sonde veroordeel, maar dit moet nie die eindpunt wees nie. Die eindpunt is om vir hulle Jesus Christus se volle en vrye vergifnis te wys. Ons wil hulle nie verkeerd bewys nie, maar op die regte pad help.

 




Ek is ten gunste van haat!

 

“Jesus first, others next, and yourself last spells J-O-Y.” ~ Linda Byler

 

Ek is ten gunste van haat!

Vandag kan ons feitlik enigiets doen mits ons net nie haat nie. Nou sê die psalmis vir ons: Julle het die Here lief, haat dan wat sleg is (Psalm 97:10). Die psalmis verwys hier na ‘n heilige haat. Dit is ‘n haat wat alles wat God se eer aantas, verag. Maar Jesus Christus het tog alle mense lief. Korrek, maar Hy het beslis die sonde gehaat. U het die reg lief en haat die onreg (Hebreërs 1:9)

 

God het ‘n heilige haat vir dubbele standaarde. Daarom het sy Seun ‘n sweep geneem en die handelaars uit die tempel verjaag. Dit was ‘n haat vir slawerny wat Wilberforce gemobiliseer het. Dit is haat vir  alkoholisme, dwelmverslawing, handel in kinders, ens wat ons moet motiveer.

 

Haat het ‘n morele doel. Daarsonder is dit nie heilige haat nie. Moraliteit vereis liefde vir wat reg is en haat dit wat verkeerd is.

 

Die vraag is nie of morele haat reg is of nie. Die vraag is: Wat is moreel? Hoe moet ons besluit wat verkeerd is. Die alternatiewe is duidelik: dit is die waardes van Jesus Christus teenoor die waardes van die wêreld.

 

 




Ontsag vir die Here

 

Repentance which has no tear in its eye, and no mourning for sin in its heart, is a repentance which needs to be repented of – C.H. Spurgeon.   

 

Ontsag vir die Here

Die volk was vervul met ontsag vir die Here (Haggai 1:12). Wat beteken ontsag?

  • ’n Gevoel van onderwerping aan die gesag van God in reaksie op sy karakter as God. Hulle word intiem bewus van wie God is – sy heiligheid sy almag, ens. Daarom buig hulle in  gehoorsaamheid en onderwerping voor Hom. Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging: U sal ‘n hart vol ootmoed en berou nie gering ag nie, o God (Psalm 51:19). Buig ons nog in gehoorsaamheid voor God neer?
  • ’n Gevoel van eerbied en respek vir God se mag en krag. Die idee dat God magtig is en in staat is om te verlos, is ’n sleutelelement in ons verstaan van wie God is. Ons moet weer daaraan herinner word dat God voldoende is.

 

 

Is ons nog met ontsag vir die Here vervul?

 

 




Die Christen se grootste reis

 

Our works are God’s masks, behind which he remains hidden, although he does all things –Martin Luther.

 

Die Christen se grootste reis

Jy word wakker in ‘n onbekende bed. Jy wonder waar jy is. Jy kyk om jou vir leidrade. Uit jou omgewing besef jy waar jy is. Het jy al ooit wakker geword en gewonder: Waar is ek op my geestelike reis? Jy kyk om jou en soek leidrade van jou geestelike status. Een so ‘n leidraad is 1 Johannes 3:14: Ons weet dat ons klaar  uit die dood na die lewe oorgegaan het, want ons het ons broers lief. Wie nie liefhet nie, bly in die dood.

 

Johannes gebruik hier die beeld van reis van een plek (die dood) na ‘n ander plek (die lewe). Kom ons kyk van nader na hierdie reis.

  1. Ons tuiste = die dood

Die beginpunt van almal van ons se reis is die dood. Ons is geestelik dood. Wat beteken dit? Ons is van God geskei; ons geestelike sintuie werk nie; kommunikasie met God is onmoontlik. Geestelike dood is ons natuurlike tuiste.

 

  1. Ons reis

Johannes sien ‘n pad uit hierdie dilemma. Dit is egter ‘n reis wat ons nie alleen kan onderneem nie Ons het Jesus Christus as reisgenoot nodig. Jesus Christus is die beproefde reisgenoot. Hy misluk nooit nie; Hy verdwaal nooit nie.

 

  1. Ons bestemming = die lewe

Hier is ons met God versoen. Ons groei geestelik. Hoe weet ons dat ons hierdie reis suksesvol afgelê het? Ons het ons broers lief. Johannes beklemtoon dit weer in die volgende twee verse.

 

Hoekom moet ons ons broers liefhê?

  • Ons het dieselfde Vader.
  • Ons is lede van dieselfde familie en huishouding.
  • Ons dra almal dieselfde beeld.
  • Ons deel in die familienaam, vooregte en beloftes
  • Ons gaan eendag almal saam in ons hemelse huis lewe.

 

Hierdie liefde is prakties. Ons moet hierdie liefde iets konkreet maak deur dit in die alledaagse lewe uit te leef. Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid (vers 18).