Aanbidding is geestelik … nie ‘n opvoering nie

 

You need to stop talking to yourself in categories of condemnation and begin talking to God in categories of confession. —Heath Lambert

 

Aanbidding is geestelik … nie ‘n opvoering nie

Ons kry vandag die idee dat aanbidding nie belangrik is nie, solank as wat die vertoning goed was. Bill Easum sê dat gemeentes versigtig moet wees, want daar is maar ‘n dun lyn tussen aanbidding en ‘n opvoering. Dit is een ding om ‘n goeie vertoning aan te bied; dit is iets heeltemal anders om mense in die teenwoordigheid van God te bring. Daar is altyd mense wat kyk en leer wat dit beteken om ‘n Christen te wees. Dit doen die uitvoering nie. Die erediens is ‘n geestelike oomblik en moenie met ‘n goeie “konsert” verwar word nie. Ons moet altyd onthou dat daar ‘n verskil is.

 

Dit is belangrik vir ongelowiges om te sien hoe gelowiges aanbid en hulle lewens uitleef. Onthou: iemand hou jou dop – hoe jy praat en hoe jy optree. Sommige maak ‘n waarde-oordeel oor geloof oor dit wat hulle sien en hoor. Moet dit nooit vergeet nie.

 

 

 

 




Mededingendheid

 

Where others see but the dawn coming over the hill, I see the soul of God shouting for joy. —William Blake

 

Mededingendheid

Mededingendheid kan toksies vir enige verhouding wees. Maar wat is mededingendheid? Mededingendheid is die soort verhouding waar die doel van die verhouding is om beter as die ander persoon te wees. Hoe weet ons ‘n verhouding is mededingend?

  1. Ons meet alles

Wat ons doen, is dat ons baie sê oor ons suksesse, dat ons ons mislukkings wegsteek, ons verloor die vermoë om iets mooi van ander te sê en ons probeer alles in ons vermoë om ons reputasie te verbeter.

 

  1. Vergelyking

It is not familiarity but comparison that breeds contempt (G. K. Chesterton)

Dit beteken nie noodwendig dat ek die beste moet wees nie, maar ek moet beter as hy/haar wees. Dit is waarvoor ek veg.

 

  1. Jaloesie

As ek sukses behaal, proe dit soos gif vir die ander persoon. Elke sukses in ‘n ander se lewe kommunikeer: “Jy is slegter.” Elke sukses voel soos verraad; elke seëning wat die ander persoon ontvang, voel soos ‘n mes in jou rug.

 

  1. Voorgee

The name of it is Presumtion and the image of its twin brother is Despair (G. K. Chesterton). Genadewoorde teenoor mekaar is verbode. Ek mag nie iets positief oor ‘n ander persoon sê nie.

 

  1. Wanhoop

Mededingendheid verag aanmoediging. Dit verwerp die liefde van ‘n vriend. Om liefde te verwerp is ‘n teken van wanhoop.

 

Kompetisie is nie sleg nie, maar dan moet ons nie onsself mislei nie. Ons moet eerlik in ons selfevaluereing wees. Ons moet eerlik oor ons swakhede wees

What a minister is on his knees in secret before God Almighty, that he is and no more (John Owen).

 




Moses maak ‘n keuse

 

No one has ever become poor by giving. -Anne Frank

 

Moses maak ‘n keuse

Toe Moses al ‘n volwasse man was, het hy op ‘n keer na sy eie mense toe gegaan en gesien dat hulle dwangarbeid verrig. Hy sien toe hoe een van sy eie mense, ‘n Hebreër, deur ‘n Egiptenaar geslaan word. Nadat Moses rondgekyk het en niemand gewaar het nie, het hy die Egipenaar doodgeslaan en hom onder die sand toegekrap (Eksodus 2:11 – 12).

Moses was ‘n prins in die paleis van die farao, maar diep in sy hart was hy steeds ‘n Israeliet. Hy glo in die God van Abraham, Isak en Jakob. Hy sien hoe sy mense as slawe deur die Egiptenare mishandel word. Hy was in ‘n bevoorregte posidie, en kon dit geïgnoreer het.

 

Maar Moses se hart gaan uit na sy mense; Hy wil iets vir hulle doen. Wat hy gedoen het was die verkeerde ding. Maar sy hart was reg. Omdat Moses geglo het, het hy toe hy groot geword het, geweier om die seun genoem te word van die farao se dogter. Hy het verkies om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om die kortstondige genieting van sonde te hê (Hebreërs 11:24 – 25).

 

God se slegste is steeds beter as die wêreld se beste. Wat is die moeilikste ding van Christen wees? Vervolging? Wat is die beste wat die wêreld ons kan bied? Sukses of roem of plesier? Dit is steeds slegter as wat die Christelike lewe vir ons kan bied.

 

Daar is kortstondige genieting in sonde – opwinding. Maar daar is gevolge. Moses besluit om die moeilike pad te loop eerder as om die beste wat Egipte vir hom kon aanbied te aanvaar.

 

 

 




Die verhaal van die donkie

 

“When I give food to the poor, they call me a saint. When I ask why the poor have no food, they call me a communist.” Dom Helder Camara, Katolieke aartsbiskop van Olinda en Recife, Brasilië

 

Die verhaal van die donkie

Die donkie word wakker. Hy dink terug aan die opwindendste dag in sy lewe. Nooit tevore het hy so trots gevoel nie. Hy loop dorp toe en kry ‘n groepie mense by die put. “Ek sal myself aan hulle wys,” dink hy. Maar hulle sien hom nie raak nie. Hulle gaan maar voort om water te skep en gee geen aandag aan hom nie.

 

“Gooi julle klere neer,” sê hy. “Weet julle nie wie ek is nie?” Hulle kyk na hom in verbasing. Iemand slaan hom op sy boud en sê hy moet aanbeweeg. “Treurige heidene!” sê hy vir homself. “Ek sal na die markplein toe gaan waar al die goeie mense is. Hulle sal my onthou.”

 

Hy stap na die markplein. “Die palmtakke! Waar is die palmtakke?´skreeu hy. “Gister het julle palmtakke voor my gegooi.” Daar gebeur dieselfde ding. Niemand gee enige aandag aan hom nie.

 

Seergemaak en verward gaan hy huis toe – na sy ma. Sy sê vir hom: “Dom kind. Besef jy nie dat sonder Hom jy net ‘n gewone donkie is nie?”

[Hierdie is ‘n storie Palm Monday van Rice.]