Is wettisisme besig om jou vreugde in bediening dood te maak?

 

Outside the church there is no salvation – Ciprianus

 

Is wettisisme besig om jou vreugde in bediening dood te maak?

Wettisisme maak die vreugde wat jy ondervind as jy ander dien, dood. Maar wat is wettisisme? Wettisisme gebeur wanneer ons ons verhouding met Jesus Christus vervang met ons eie reëls en rituele. Dit verwyder die fokus van wat God vir ons gedoen het met wat ons vir God doen.

 

In Filippense 3 vertel Paulus vir ons dat hy op ‘n stadium ‘n wettisis was. Hy wys op vyf manier waarop hy ‘n wettisis was – iets wat nog by van ons spook.

  1. Wettisisme beteken jy plaas jou vertroue in rituele

Ek is op die agste dag besny (3:5a). Vandag sê ons: “Ek is gedoop,” of “Ek is ‘n lidmaat,” of “Ek gebruik nagmaal.” Alles goeie dinge, maar daarmee kry ek nie God se goedkeuring nie.

 

  1. Wettisisme beteken dat ek my vertroue op ‘n ras plaas

Van geboorte ‘n Israeliet, uit die stam van Benjamin (3:5b). Vandag sou ons sê: “Ék het die stamboom – my pa was ‘n sendeling/predikant.” Nou glo hulle hulle het ‘n verhouding met God. Dit werk nie so nie. Elkeen moet self besluit om Jesus Christus te volg.

 

  1. Wettisisme is om jou vertroue in ‘n godsdiens te plaas

‘n Egte Hebreërs (3:5c). Ons wys nog steeds na ons denominasie wanneer mense vra oor ons verhouding met God. God gaan nie eendag vra aan watteer denominasie ons behoort het nie, maar oor hoe ons gereageer het op sy Seun – Jesus Christus.

 

  1. Wettisisme is om jou vertroue in reëls te plaas

In wetsopvatting was ek ‘n Fariseër. Die Fariseërs was die geestelike elite Hulle verander die tien gebooie in 613 reëls. In wese sê Paulus hier: “As julle oor reëls wil praat, ek kan saampraat.”

 

  1. Wettisisme is om jou vertroue op jou reputasie te bou

In my ywer ‘n vervolger van die kerk, in onderhouding van die wet van Moses om vryspraak te kry, onberispelik (3:6). Vandag spog ons dalk oor hoe lank ons gebid het, hoeveel mense ons tot bekering gelei het … Nie een van hierdie dinge sal God gelukkiger met ons maak nie.

 

Niks is met enige van hierdie dinge verkeerd nie. Die probleem is as ons dink deur hulle te doen, verdien ons punte by God. Hy het ons onvoorwaardelik lief. As jy op hierdie dinge begin vertrou, verloor jy jou vreugde. Die teenmiddel teen wettisisme is genade. Genade beteken dat ek nie God se liefde hoef te verdien nie.

 

Die probleem is dat in bediening skuif ons subtiel ons perspektief van dit wat God vir ons gedoen het tot dit wat ons vir Hom in bediening doen. Gevaarlik. Die Christelike lewe is nie ‘n ritueel of reëls nie – dit gaan oor verhoudings. Die fondament van godsdiens is nie prestasies nie, maar Jesus Christus.

 




Betrokke by die kultuur

 

A loving God who has no wrath is no God. He is an idol of our own making as much as if we carved Him out of stone. —R.C. Sproul

 

Betrokke by die kultuur

Kultuur is nie een ding nie, maar bestaan uit honderde dinge: goed en sleg. Dit vereis ons aandag. Ons moet ‘n drievoudige benadering tot die kultuur volg: verwerp alles wat verkeerd is – alle vorme van ongeregtigheid; aanvaar dit wat goed is;  herstel dit wat verkeerd is – volg God se plan vir die wêreld.

 

As ons hierdie model aanvaar vereis kulturele betrokkenheid ‘n paar dinge van ons:

  1. Wees teenwoordig

Dit beteken ek moet deel wees van die gemeenskap waar God my geplaas het. Ken jy die mense? Ken jy die plaaslike probleme? Geen kulturele interaksie is moontlik as jy nie self daar is nie. Waar begin ek? By my bure; neem deel aan plaaslike gebeurtenisse.

 

  1. Oefen onderskeidingsvermoë

Wees versigtig met jou betrokkenheid. Sommige dinge moet jy onmiddellik verwerp. God roep ons nie om geestelike passifiste te wees nie – soms moet on teen iets veg, maar altyd met die doel om te genees.

 

  1. Ontwikkel jou teologie

As ek met die gemeenskap oor sonde, die evangelie en die karakter van God wil praat, moet ek hierdie dinge verstaan. Natuurlik kan God my tekortkominge oorwin. Lees goeie boeke, praat met ander wat jou passie deel oor die taak.

 

  1. Kry moed

Betrokkenheid by die kltuur vereis persoonlike oortuiging. Verkondig die evangelie in woord en daad; dien ander. Ek sal in die proses bang word.  Vertroosting en moed sal ek net by God kry – Hy het dit immers belowe.

 

  1. Praat duidelik

Jy moet die taal van die kultuur kan praat. Jy mag dalk die taal van jou gemeenskap verstaan, maar jy praat dit nie – veral as jy die evangelie aan mense moet verduidelik. Ons moet die evangelie in woorde verduidelik wat die mense verstaan. Gesprekke wat vooraf beplan en geoefen word, is van min waarde. Begin ‘n dialoog met mense, bou vriendskappe met hulle. Daar is nie ‘n maklike resep nie. Dit is doen, misluk en weer probeer.

 

  1. Liefde

Die belangrikste reël. Dit gaan nie net oor idees nie, maar veral oor mense gemaak na God se beeld. Dit is mense met gevoelens vir wie God ons geroep het om hulle te dien. Liefde vir God en ons naaste moet ons aktiveer om te praat en op te tree.

 




‘n Gebrek aan moed

 

Because He’s the living God, He can hear. Because He’s a loving God, He will hear. —C.H. Spurgeon

 

‘n Gebrek aan moed

Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou (Jesaja 41:10)

Dit lyk asof daar ‘n tekort aan moed is vandag. Wat is moed? “Courage is resistance to fear, mastery of fear, not absence of fear.” (Mark Twain) Hy gaan verder: “A courageous person is someone who can control his or her fear and then do the right thing. It is overcoming the fear that you naturally have.”

 

Mense wat in ons oë baie moed het, is wetstoepassers, soldate, brandweermanne, ens. Ons lees ook gereeld van dade van moed in ons samelewing. Maar daar is ook ander vorme van moed soos morele moed. Dit beteken ek veg ten spyte van teenstand en ontmoediging; dit beteken ek het integriteit. Ons het meer morele moed nodig vandag.

 

Almal van ons het moed in ons lewens nodig. Paulus was nie bang vir die dood of swaarkry nie. Die een ding waarvoor hy bang was, was dat hy God sou teleurstel. Hoe stop jy so iemand? Antwoord: jy stop hom nie. Dit is hoekom God hom op so ‘n verbasende manier gebruik het.

 

Ook Paulus se moed was soms laag. Paulus was vasberade om na Jerusalem te gaan, alhoewel mense hom daarteen gewaarsku het. Daar is hy gevang en in die tronk gegooi. Daar het Paulus hom op die trap van die kaserne verdedig. Dan lees ons: Daardie nag het die Here by Paulus gestaan en vir hom gesê: “Hou moed! Hier in Jerusalem het jy vir My getuig. So moet jy dit in Rome ook doen (Handelinge 23:11). Hier kom die Here en beur vir Paulus op. Nou kan Paulus moed hou in ‘n koue, nat, donker tronk.

 

Maar die Here sê nie net vir Paulus om moed te hou nie. God doen sy deel en ons moet ons deel doen. Hy gee vergifnis en ons moet daardie vergifnis aanvaar. Dit wys ook vir ons dat God se krag vir ons moed gee. Sy krag sal daar wees om ons in tye van nood te help. God gee aan Paulus ‘n nuwe opdrag – Rome. Paulus weet dat as God aan hom ‘n opdrag gee, sal Hy vir hom die krag gee om dit te doen.

 

Wat is Paulus se siening? Ek is eerder in die tronk saam met Jesus as op enige ander plek sonder Jesus. Wat die Here hier vir Paulus sê, sê Hy ook vir ons: “Ek sal met jou wees waar jy ook al gaan.” God is met ons in goeie tye, maar ook in slegte tye.

 

 

 




Die ouer vroue

 

Hope can see heaven through the thickest clouds. —Thomas Brooks

 

Die ouer vroue

Ons het reeds na die ouer mans gekyk, maar Paulus praat ook met die ouer vroue: Net so moet jy ook vir die ouer vroue sê hulle gedrag moet dié wees van mense wat ‘n heilige lewe lei. Hulle moenie kwaadpraat of aan drank verslaaf wees nie. Hulle moet goeie raad kan gee (Titus 2:3). Die direkte vertaling lees soos volg: Die ou vroue moet net so in hulle gedrag toegewy wees, nie kwaadpraters nie …

Ouer vrouens kan soms ophou om om te gee wat ander mense dink – hulle verloor hulle filters as hulle praat. Hierdie is natuurlik nie uniek aan ouer vroue nie. Soms gee ons filter in en ons sê iets wat ons nie moes gesê het nie. Wat gebeur dan? Ons probeer onsself regverdig: “Dit is nie die ware ek nie.”

 

Luister na C. S. Lewis: “If you turn the lights on in a basement and see mice scurry away, the lights didn’t create the mice. They just revealed them.” Jy mag dinge goed wegsteek 99% van die tyd, maar as jy werklik onder druk is, kom die ware jy na vore. Hoe ouer jy word, hoe meer gebeur dit. Mense sien dit raak. Maar ouderdom het nie die lelike gees geskep nie – dit het dit net geopenbaar.

 

Dit hoef nie so te wees nie. Met verloop van tyd word hulle ouer en mooier, want hulle mooi karakter kom meer en meer na vore. Karakter is mooier as fisiese skoonheid. Ons moet hierdie karakter deur die evangelie voed – om meer te fokus op wat jy met jou gees as met jou liggaam doen.

Because you can’t really take credit if you’re beautiful at 20; just about everyone is. But you have no one but yourself to blame if you’re ugly at 80 (J. D. Greear)