Die evangelie fokus my aandag

 

 “Before we can sing God’s song, we must fill our lungs with grace.” —Ray Hollenbach

 

Die evangelie fokus my aandag

Hoe sal jy in lyn met God se wil kom? Watter antwoorde verwag ‘n mens op hierdie vraag? Meer wilskrag? Meer teologiese kennis? Gereelde stiltetyd? Hierdie lys gaan net aan en aan. Wat sal gebeur as jy vir Paulus vra? Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenwoordige lewe te leef (Titus 2:11 – 12). Hoe doen die evangelie dit? Deur ons aandag in drie rigtings te fokus.

  1. Die evangelie wys na bo om ons aanbidding te rig

Probleme met sonde begin nie as sonde nie, maar as aanbiddingsprobleme. Paulus verduidelik: In die plek van die heerlikheid van die onverganklike God stel julle beelde wat lyk soos ‘n verganklike mens of soos voëls of diere of slange (Romeine 1:23). Dit beteken ons gee meer gewig aan dinge as aan God. Ons moet dit wat ons aanbid verander. Net die evangelie kan dit doen. Dit wys vir ons na bo – na God wat heerliker is as enige van ons patetiese afgode.

 

  1. Die evangelie wys na agter en herstel so ons dankbaarheid

Al weet hulle van God, sal hulle Hom nie as God eer en dank nie (Romeine 1:21) Ondankbaarheid. As jy ondankbaar is, ontneem jy iemand van die heerlikheid wat hom toekom. Jy is oortuig dat jy alleen net so goed sou kon regkom. Ondankbaarheid beteken dat ons God van sy heerlikheid ontneem en dat ons glo dat ons selfversorgend is. Ons vergeet dat alles wat ons het van God af kom. Hierdie ondankbare gees lei tot bitterheid, trots en nog ander sondes.

 

  1. Die evangelie wys na vore en verhoog ons verwagtings

In die evangelie sien ons die toekoms wat God vir ons beplan; dat ons Hom eendag van aangesig tot aangesig sal sien; dat ons sondes eens en vir altyd verwyder sal word.

 

Die evangelie wys ons na bo na ‘n God wat Homself vir ons gegee het; terug na die prys wat Hy vir ons sondes betaal het; vorentoe na wat Hy besig is om ons te maak. Godsdiens, daarenteen, wys na binne – na ons mislukkings. Godsdiens sê ons moet harder probeer.

“When I thought God was hard, I found it easy to sin; but when I found God so kind, so good, so overflowing with compassion, I smote upon my breast to think that I could ever have rebelled against One who loved me so, and sought my good.” (Charles Spurgeon).

 




My gebedslewe is teleurstellend

 

“Civility is not about dousing strongly held views. It’s about making sure that people are willing to respect other perspectives.“– Jim Leach

 

My gebedslewe is teleurstellend

Ons bid nie so gereeld soos ons graag wil nie. Ons kan bemoediging kry by Calvyn.

  1. Baie liedere gesing deur die gemeente is gebede

Volgens Calvyn is sang in ‘n sekere sin ‘n middel tot ‘n doel: dit is nie iets wat gedoen word nie, maar ‘n manier waarop hulle iets doen. So herinner ‘n aanbiddingslied ons aan God se heerlikheid en ‘n lied wat ons aan God se trou herinner is ‘n dankseggingsgebed. Nie alle liedere is gebede wat gesing word nie. Calvyn sê dat as jy sing vir God hou jy daarvan om te bid.

 

  1. Hoe help sing gebed?

Calvyn sê dat sing ons gebede op verskillende maniere help.

  • As ons ons gebede sing, help dit ons om as kerk verenig te wees – “met een gemeenskaplike stem, asof met dieselfde mond, verheerlik ons saam vir God.” Dit bemoedig ook die individuele gelowige.
  • As ons ons gebede sing, fokus dit ons wandelende gedagtes. Hy sê dat die mense se aandag maklik kan afdwaal as dit nie op allerhande maniere bevestig word nie.
  • Die laat ons kwynende liefde weer opvlam. Hy glo dat gebed en sang wat nie uit die hart kom nie van min waarde is – veral vir God. As ons sing is ons emosies betrokke.
  • As ons sing is ons hele liggaam betrokke. As ons sing sit ons nie net passief en luister nie. Calvyn verwys ook na die verhouding tussen sing en beweging.

 

As ons hierdie Sondag die erediens bywoon, moet ons onthou dat as ons sing ons eintlik vir God in gebed nader.

 

 

 




Verlos om gestuur te word

 

The best thing about ministry is the people.  The worst thing about the ministry is the people.” – Anoniem

 

Verlos om gestuur te word

Ons word nie verlos om verlos te word nie, maar om gestuur te word. Ons word verlos om in hierdie wêreld uitgestuur te word om God te verheerlik. Ons moet Jesus Christus aan die wêreld as ons Here en Verlosser bekend stel. Watter plan het Jesus ontwikkel om dit reg te kry? Hy begin met ‘n kleingroepie wat die pad saam met Hom geloop het. Jesus het die twaalf nader geroep en hulle twee-twee begin uitstuur (Markus 6:7). Wat leer ons uit hierdie episode waar Jesus die twaalf uitstuur?

  1. Gestuur deur Jesus vir Jesus

Hulle gaan uit en verkondig dat die mense hulle moet bekeer (6:12). Hulle word uitgestuur met ‘n spesifieke boodskap wat hier in een woord opgesom word: bekering, draai jou rug op sonde en ander gode. Hulle boodskap was dat daar ‘n Naam was wat die onwaardiges liefhet, die hopeloses verlos, die siekes genees en die bose oorwin. Hierdie Naam is Jesus.

 

  1. Gestuur met niks, maar tog alles

Jesus beveel hulle om niks met hulle saam te neem nie – net ‘n kierie. Geen kos, geen reissak, geen geld in die beursie nie. Hulle mag nie eers nog ‘n kledingstuk saamgevat het nie. Wat het hulle dan? Jesus het aan hulle mag oor onrein geeste gegee en die vermoë om siekes te genees. Hoekom moes hulle niks saamvat nie? Om hulle nederig en afhanklik van God te hou.

 

  1. Gestuur om te bly

Waar julle in ‘n plek kom en in ‘n huis ontvang word, bly daar totdat julle van die plek af weggaan. En as ‘n plek julle nie wil ontvang en die mense nie na julle luister nie, gaan dan daarvandaan weg en skud selfs die stof onderaan julle voete af as aanklag teen hulle (6:10 – 11). Hulle sal twee soorte mense ontmoet:

  • Mense wat luister – moenie hulle te gou verlaat nie; bly en belê in hulle. Ons moet ook tyd maak om by mense wat God se woord wil hoor te sit. Wees geduldig en belê in hulle.
  • Mense wat nie bereid is om te luister nie.

 

  1. Gestuur om te praat, nie om te verlos nie.

Party mense sal net nie luister nie. Ons moet dit verwag. Dit beteken nie noodwendig dat jy ‘n slegte tyd gekies het nie of dat jy die gesprek verkeerd benader het nie. Jesus het nie gesê hulle moet bly totdat hulle gehoor oorgegee het nie. Hy stuur sy dissipels om te praat; Hy alleen kan mense verlos.

 

  1. Gestuur om die wêreld te verander

Hulle was net twaalf – ses groepe. Ons weet nie hoe lank hulle weg was nie. Wat kon hierdie groepie nou vermag? Toe koning Herodes dit hoor (Markus 6:14 – OAV) – die Naam van Jesus het bekend geword. God sal die Naam van Jesus deur ons verheerlik. Hy stuur ons uit om die goeie nuus te verkondig, maar Hy belowe dat Hy saam met ons sal gaan en alles wat ons nodig het, sal voorsien.

 




Die profete in die Ou Testament

 

“We should not interpret Scripture in the light of our experiences, but rather, interpret our experiences in the penetrating light of Scripture” (D. Martyn Lloyd-Jones).

 

Die profete in die Ou Testament

Mel Lawrenz vra of die geskrifte van die profete nog van enige waarde vir ons is. Tipiese vrae as ons hierdie boeke lees, is:Waarvan praat hulle? Gaan dit oor hulle of oor ons? Gaan profesie oor die verlede of oor die toekoms?

 

As ons die Bybel interpreteer, is die eenvoudigste en mees natuurlike verduideliking gewoonlik die beste. Meeste van die gebeure waarvan die Ou Testamentiese profete praat, is vervul in die tyd waartydens hulle aangekondig is. Wat ons wel kan doen, is om sekere beginsels te identifiseer en hulle op vars maniere in ons lewens toe te pas.

 

In die Ou Testament was ‘n profeet ‘n persoon wat geroep is om God se woord aan die mense oor te dra. Hy was nie ‘n fortuinverteller nie, maar ‘n verkondiger. Hy bring woorde van gerusstelling en belofte, maar ook van konfrontasie en waarskuwing.

 

Daar is 16 boeke genoem “die profete” – vier groot (Jesaja, Jeremia, Esegiël en Daniël) en twaalf klein profete (Amos tot by Maleagi). Groot en klein verwys na die lengte van die boeke en nie na hulle belang nie. Hulle is geskryf tussen 760 en 460 vC.

 

Die waarheid van die Bybel is dat mense – selfs God se verbondsmense – in sonde verval het. Ons kry nimmereindige siklusse van gehoorsaamheid en ongehoorsaamheid. Daarom praat God deur die profete. Hulle konfronteer, waarsku en vertroos. Hulle wys dikwels op die gevolge van ongehoorsaamheid en ontrou.

 

Sekere gedeeltes word eers eeue later vervul; ander word vervul tydens die leeftyd van die profeet. Hoe moet ons dan hierdie boeke lees? Hier is ‘n paar aanbevelings:

  1. Lees hierdie boeke in segmente en nie vers vir vers nie.

Luister na die geestelike beweging in die profesieë en moenie in fyn besonderhede vasgevang word nie. Kry die groot prentjie van die geestelike dinamika in die gedeelte. Die beste wat ons uit hierdie boeke kry, is nie gebeure en tydskale nie, maar die groot geestelike werklikhede van die lewe – insluitend insigte in ongehoorsaamheid en sonde en oor die oordeel en genade van God.

 

  1. Gebruik hulpmiddels

Gebruik woordeboeke en kommentare.

 

  1. Pas die geestelike lesse van die profete toe op ons lewens vandag

Hierdie boeke is die woord van God aan ons. Ons moet die verskil tussen die ou en nuwe verbond verstaan as ons die lesse bepaal.

 

  1. Word deur die woord van die profete verryk

Moenie deur hulle ingewikkeldheid ontmoedig word nie. Dit is net omdat God die mensdom liefgehad het dat Hy deur die profete gepraat het.

 

Volgende keer gaan ons na die boodskap van die profete kyk.