Vreugde

 

A prayerless person is a disaster waiting to happen. —D.A. Carson

 

Vreugde

If man were infinitely wise, and could draw up a code for himself, which would involve no hardship, and entail all that was happy, he could devise no regulations more healthful, more profitable, or more pleasant than those of the Savior. Charles Spurgeon.

Vir baie mense is God se wet/voorskrifte ‘n bewys day Hy teen menslike vreugde is. Daarom probeer so baie mense daarvan ontslae raak. Ongelukkig werk dit nie. Hoekom moet ons God se wet/voorskrifte vertrou en gehoorsaam as voorskrifte wat vir ons vreugde ontwerp is?

  1. God ken ons

Hy is ons Skepper; Hy weet wat die beste vir ons liggame, verhoudings, denke, leefwyse, ens is. Hy weet wat werk en wat werk nie.

 

  1. God ken ons wêreld

Hy ken die gevare van die wêreld baie beter as wat ons dit ken. Sy opdragte is heinings wat ons in veilige plekke hou – weg van die gevaarsones. Hy weet wat ons kwaad sal aandoen.

 

  1. God ken die toekoms

As ons God se wet verontagsaam, kan ons nie die gevolge sien nie. God sien alle moontlike gevolge. Daarom was dit nog nooit vir Hom nodig om sy wette te verander nie.

 

  1. God ken die evangelie

God het sy wet so ontwerp dat dit ons van ons sonde bewus maak as ook van ons behoefte aan ‘n Verlosser. Die wet wys nie alleen vir ons wat die beste manier is om te leef nie, maar dat ons daardie lewe nie kan lewe sonder Iemand wat dit gedoen het nie.

 

Die liefde van God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie (1 Johannes 5:3).

 

.

 




Gebed

 

“Who delivered up Jesus to die? Not Judas, for money; not Pilate, for fear; not the Jews, for envy; — but the Father, for love!” –Octavius Winslow

 

Gebed

“My biggest concern for this generation is your inability to focus, especially in prayer.” (Francis Chan). Miskien is dit tyd om weer na ons private gegedslewe te kyk. Wat bedoel ons met private gebed en hoekom is dit so belangrik?

Verder, as julle bid, moet julle nie soos die skynheiliges wees nie. Hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die straathoeke te staan en bid sodat die mense hulle kan sien. Dit verseker Ek julle:  Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy bid, gaan na jou kamer toe, maak die deur toe en bid tot jou Vader wat jy nie kan sien nie. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon (Matteus 6:5 – 6).

 

Natuurlik moet ons in die openbaar bid. Die gevaar van openbare gebed is dat ons God na die kantlyn toe skuif net om onsself indrukwekkend te laat lyk. Ons private gebede is ‘n onfeilbare toets vir ons geestelike integriteit. Private gebed is ‘n belangrike toets of ons opreg is. Dit wys vir ons wie ons werklik geestelik is en dit is noodsaaklik om daardie plekke waar ons tekortskiet of opstandig is, te genees.

 

As private gebed dan so belangrik is, hoe kan ons dit verbeter?

  1. Skep jou “kamer”

Kry die plek waar jy gereeld kan bid. Dit moet genoeg lig en spasie hê sodat jy jou Bybel kan lees en skryf en kan kniel.

 

  1. Begin met die Bybel

Gebed is ‘n reaksie op God se inisiatief om met ons in sy woord te praat. Begin met die Bybel; dink na oor wat jy gelees het; bid.

 

  1. Aanbid; bely; dank; vra

Martin Luther het gesê dat ons die vorm van die Ons Vader gebed moet volg, maar met vars woorde elke dag. Een so ‘n form is:

  • Aanbid God; loof Hom vir die waarhede geopenbaar in sy woord.
  • Bely jou sondes en mislukkings.
  • Dank God vir sy genade en barmhatigheid.
  • Vra – versoeke vir jou en jou gesin en jou gemeente en ander.

 

  1. Maak jou begeertes bekend

Vertel vir God wat jou pla en waaroor jy bekommerd is. Wees eerlik met God en met jouself. Hy weet dit reeds, maar Hy wil dit graag van jou hoor. Dit is ‘n wonderlike voorreg.

 

  1. Hou dit vars

Skryf soms gebede uit waarin jy skerp fokus. Kombineer soms gebed en vas of onttrek jou na waar jy alleen stil kan wees.

 

Min dinge vestig jou aandag soos die voorreg en krag van private gebed – dit is ‘n goeie belegging.

 




Ek bekommer my

 

Light thoughts of sin breed light thoughts of the Saviour. —C.H. Spurgeon

 

Ek bekommer my

Moet ek dit of eerder dat doen? Wat sal gebeur as ek dit doen? Binnekort gaan ons bekommernisse oor in angs. Die probleem is ons onvermoë om resultate te bepaal. Wat kan ons onder hierdie omstandighede doen? Onthou God.

 

Reeds van vroegste tye af antwoord God die bekommernisse van mense. Ons moet besef dat ons nie alleen is nie, dat God hoor en dat God midde in ons bekommernisse werk

 

  1. Ons is nie alleen nie

Die psalms beklemtoon hierdie waarheid. Hulle wys vir ons weer en weer dat God omgee. Die psalmiste was gewone mense – net soos ons. As die psalmis dus sê Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig (23:4), kan ek dit glo. Werklike vyande wou hom probeer doodmaak.

 

Die psalms gaan oor die werklike lewe. Daarom help hulle ons. Ons omstandighede mag verskil, maar daar is tog wonderlike ooreenkomste. Kyk net na Psalm 37. Kyk hoe begin die psalm: Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie. En in vers 8: Moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende. Natuurlik is daar baie redes waarom God se kinders hulle ontstel, maar die opdrag om ons nie te ontstel nie, bly dieselfde. Maak nie saak watter bekommernisse ons het nie van ons broers en susters was reeds daar.

 

  1. God hoor ons

Die psalmis praat met God se mense oor onsteltenis. Dit beteken dat God weet wat besig is om te gebeur. Hy het toe sy mense gehoor en Hy hoor hulle nou. Wat egter duidelik is, is dat die psalmis sy volle vertroue in God se nabyheid stel – God luister na hom en Hy gee om. As ek na die Here roep, antwoord Hy my van sy heilige berg af (Psalm 3:4); Besef tog dat die Here wonders gedoen het vir dié wat aan Hom getrou is. Die Here hoor as ek na Hom roep (Psalm 4:4); Die Here het geluister na my smeking, die Here het my gebed aangeneem (Psalm 6:10). Te midde van ons ontsteltenis gee God om – Hy word nooit onverhoeds betrap nie.

 

  1. God werk vir ons

Die oproepe in Psalm 37 is vol verwysings na God se hulp in die verlede. Die skelms sal uitgeroei word (37:9); Nog ‘n rukkie en daar sal geen goddelose meer wees nie (37:10). God raak betrokke by ons vrae en ontsteltenis – en Hy doen iets daaraan. Die mag van die goddeloses sal verbreek word … Die Here sorg vir die lewe van die opregtes (37:17 – 18)

 

Hierdie is nie blote sentiment nie. Jesus sê: Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My (Johannes 14:1).

 

 




Die dwase najaag van rykdom

 

“No man ever went to heaven alone; he must either find friends or make them” (John Wesley)

 

Die dwase najaag van rykdom

Meeste van ons is maar soos Johannes en Jakobus toe hulle vir Jesus gevra het: Here, ons wil graag hê U moet vir ons doen wat ons U gaan vra (Markus 10:35). Baie van ons leef in ‘n materialistiese, verbruikersgeoriënteerde wêreld waarin sukses beskryf word as “ek het meer dinge wat my in staat stel om ‘n beter lewe te leef.” Kyk maar net na die advertensies waarmee ons gebombardeer word. Dit lei net tot ontevredenheid – ‘n oorvloed dinge lei tot ‘n oorvloed bekommernisse.

 

Die najaag van rykdom lei tot ‘n groter gevaar. Wanneer Ek vir Israel gebring het in die land wat Ek aan sy voorvaders met ‘n eed beloof het, die land wat oorloop van melk en heuning, sal Israel genoeg eet en lekker lewe en dan sal hy ander gode aanhang en hulle dien. Hulle sal My minag en my verbond verbreek (Deuteronomium 31:20). Hoekom gebeur dit? Jy kan dalk dink: My krag en my sterk hande het vir my hierdie rykdom verwerf (Deuteronomium 8:17).

 

Die ryk man in Jesus se gelykenis van die ryk dwaas (Lukas 12:13 ev) was iemand wat swaargekry het as gevolg van sy oorvloed. Luister net na Mark Twain: What is the chief end of man? To get rich. In what way? Dishonesty if he can; honesty if he must. In hierdie gelykenis veroordeel Jesus hierdie verbruikerskultuur. As dit nie was dat die opskrif die gelykenis van die ryk dwaas was nie, sou ons waarskynlik jaloers op hierdie man gewees het. Hy is tog nie ‘n dwaas volgens menslike wysheid nie – hy probeer net sy wêreldse rykdom beskerm.

 

Maar hierdie man mislei homself as hy dink dat hy die meester van sy lot is. Hy plaas sy vertroue in dit wat hy besit en nie op God nie. Hy het baie om van te lewe, maar niks om voor te lewe nie. Hierdie gelykenis kyk na die waarde wat geld in ons lewenshet vanuit ‘n ewigheidsperspektief. Vanuit so ‘n perspektief lyk inhaligheid beslis dwaas. Diegene wat net in hulleself, hulle sekerheid, hulle gemak en hulle plesier belê het, het ‘n swak belegging gemaak, want hulle is geestelik en moreel bankrot.

 

Die man in die gelykenis is ‘n dwaas want hy het nie sy besittings wyslik gebruik nie – hy was totaal onbewus van die sekerheid van die dood.