Hoe moet ons op lyding reageer?

The truth is a trap: you cannot get it without it getting you; you cannot get the truth by capturing it, only by its capturing you – Søren Kierkegaard

 

Hoe moet ons op lyding reageer?

Wat baie interessant is, is dat ons nooit lees dat Job tot God bid en Hom vra om hom te verlos nie. Dit beteken nie dat so ‘n reaksie misplaas is nie, maar as die boek strategieë aanbied, is hierdie besondere strategie, gebed, afwesig. Nêrens in die Bybel lees ons van ‘n standaard opeenvolging van lyding – gebed – genesing nie. Selfs in die Ons Vader gebed is daar geen gebed vir die verligting van lyding nie – net dat ons nie versoek sal word nie en dat ons die koninkryk van God sal soek.

 

Ons gebede moet fokus op hoe ons op lyding reageer – Here leer ons om meer te vertrou, meer afhanklik van U, geduldiger met ander, meer bewus van my swakhede, voller van genade en nie bitterheid te wees nie. Ons moet ons lyding gebruik om nader aan God te kom. Moenie na die verlede kyk om redes vir jou lyding te soek nie – dit beteken nie dat jy nooit redes sal kry nie. Soms ly ons as gevolg van slegte keuses. Ons moenie aanvaar dat omdat ons ly ons iets moes gedoen het om dit te verdien nie.

 

Mense wat ly vra dikwels: Waarom ek? Eintlik moet ons hierdie vraag vra as ons glad nie ly nie of as ons lyding opgelos word. As ons dan nie verduidelings vir ons lyding kan verwag nie, wat moet ons dan verwag? Ons moet verwag dat God ons tydens ons lyding sal onderhou en ons selfs deur ons lyding mag versterk. Ons prys en eer God deur in geloof op Hom te vertrou. Ons kry ‘n doel in lyding as ons toelaat dat ons lyding ons in afhanklikheid nader aan Hom trek. Ons eer en dien God deur ander wat ly, te help.

 

Bonhoeffer sê vir ons dat behalwe geloof en vertroue verlang God van ons nederigheid: nederigheid in ons vermoë om te onderskei hoe die heelal werk en nederigheid in ons vermoë om God en sy optrede volledig te verstaan.

 

 




Wie sal bly wees?

 

Never cease loving a person, and never give up hope for him, for even the prodigal son who had fallen most low, could still be saved; the bitterest enemy and also he who was your friend could again be your friend; love that has grown cold can kindle – soren Kierkegaard

 

Wie sal bly wees?

 “Take warning this day, that you never will be happy till you are converted. You might as well expect to feel the sun shine on your face when you turn your back to it, as to feel happy when you turn your back on God and on Christ.” J C Ryle

In sy bergrede belowe Jesus ‘n paar maal blydskap, maar Hy belowe dit nie aan almal nie. Hy identifiseer die kenmerke van diegene wat bly sal wees.

  • Hulle vind nie blydskap in hulleself nie. Hulle weet hoe afhanklik van God hulle is – “ek is niks nie.”
  • Hulle vind nie blydskap in hulle sondes nie – hulle treur daaroor.
  • Hulle vind nie blydskap in hulle prestasies nie – hulle is nederig en nie trots nie.
  • Hulle vind nie blydskap in hulle sonde en die begeerte daarna nie – hulle dors na geregtigheid.
  • Hulle vind nie blydskap om op hulle regte te staan nie – hulle is barmhartig.
  • Hulle vind nie blydskap in blote uitwendige bekering nie – hulle soek reiniging van hulle harte.
  • Hulle vind nie blydskap in die onderdrukking van ander nie – hulle vind blydskap deur in vrede met ander te lewe.
  • Hulle vind nie blydskap in gewildheid nie – hulle kry hulle blydskap deur God te dien al beteken dit persoonlike pyn en verlies.

 

Daar is geen blydskap daarin om selfgesentreerd te wees nie. Daar is slegs blydskap te vinde as ons van onsself  na die Verlosser in genade en die krag van die Heilige Gees draai.

Gelukkig is die volk met wie dit so gaan. Dit gaan goed met die volk wie se God die Here is (Psalm 144:15)

 




Ek lees nie net die Bybel vir myself nie

 

What precisely is profound in Christianity is that Christ is both our atoner and our judge, not that one is our atoner and another our judge, for then we would nevertheless come to be judged, but that the atoner and the judge are the same ― Søren Kierkegaard

 

Ek lees nie net die Bybel vir myself nie

Ek lees die Bybel nie net vir myself nie, maar ook vir die mense om my. Die doel van Christelike volwassenheid is nie net dat ek beter sal lewe nie, maar dat ek meer soos Jesus Christus sal liefhê. Ons lees die Bybel nie net om te lees nie, maar om te loop.

 

  1. Hoe werk hierdie loop/wandel?

Wandel is Paulus se gunsteling beeld vir die Christelike lewe. Om te wandel beteken om te beweeg, om aktief te wees, om op ‘n spesifieke pad te wees. Paulus het verskillende paaie in gedagte:

  • Die opstandingspad: Ons is dus met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel (Romeine 4:6 – OAV).
  • Die pad van geloof: Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie (2 Korintiërs 5:7 – OAV).
  • Die pad van die Gees: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie (Galasiërs 5:16 – OAV).
  • Wandel in liefde; wandel soos kinders van die lig; wandel as wyse (Efesiërs 5:2, 8, 15 – OAV).

 

Al die Bybelkennis in die wêreld beteken niks as ons nie getuig van waaroor die Bybel gaan nie. Wandel vir die heerlikheid van God is die doel, maar die deel wat die lees en wandel verbind is geloof. Dit is wat Paulus in 2 Korintiërs 5:7 bedoel.

 

  1. Die hart in die wandel

Om te lees en dan te wandel lei tot pragmatisme. Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde (Romeine 14:23 – OAV). Daar is ‘n manier – een van die hart – wat ons optrede moet vergesel. God verlang dit eerste en daarna ‘n lewe wat daarmee ooreenstem. Hoe meer ons die heerlikheid van God in die Bybel sien, hoe meer word ons harte deur sy majesteit oorweldig – en hoe meer sal ons lewe op sy karakter geskoei wees. Oppervlakkige gehoorsaamheid is onvoldoende.

Want vir my is die lewe Christus en die sterwe wins (Filippense 1:21 – OAV).

 

Die eerste plek waar die Bybel ons wil bring, is by Hom. Dan, verenig met Jesus Christus, met oë wyd oop kyk ons na die wêreld voor ons, na die mense in ons lewens … en ons wandel.

 




Die Christen se reaksie op natuurrampe

Faith is the highest passion in a human being. Many in every generation may not come that far, but none comes further – Soren Kierkegaard
Die Christen se reaksie op natuurrampe

Ons was geskok deur die vernietiging van die tsoenami van 26 Desember 2004. Die dodetal was amper 250 000. Was dit ‘n optrede van God? Baie mense glo dit was God se optrede; ander sê soos Abraham: U sal tog nie so iets doen en die regverdiges saam met die goddeloses om die lewe bring nie! U sal tog nie die regverdiges soos die goddeloses behandel nie! Sal die regter van die hele aarde dan nie reg laat geskied nie? (Genesis 18:25).

 

Dit mag wees dat God die ramp veroorsaak het om sy reg uit te oefen, maar ons kan nie langs Hom op die regterstoel sit en ons afkeuring uitspreek oor wat ons dink God se straf is nie. God se oordeel is dikwels verseël vir ons – ons weet nie wat die inhoud is nie. Ons taak is nie om te veroordeel nie, maar om in genade en barmhartigheid te reageer. Ons moet vergewe. Dit is die model wat Jesus vir ons gegee het. Ons sien dit duidelik in sy bergrede en sy optrede teenoor sy vyande.

 

‘n Merkwaardige illustrasie van hierdie balans tussen reg en barmhartigheid kry ons in die verhaal van die vrou wat op owerspel betrap is (Johannes 8:1 – 11). Ons het nie die vermoë om te besluit watter is optredes van God en watter nie. Dit is nie ons taak om onheil te verkondig nie. Dit is ons taak om langs mense wat seer het – al is hulle ons vyande – te kom en bystand aan te bied.