Toerusting in die gemeente

Blog11a

There are many questions that we may put to the Gospels, but the most searching questions are those that the Gospels put to us (Colin Brown).

 

Toerusting in die gemeente

Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus (Efesiërs 4:12).

Die toerusting van gelowiges is ‘n belangrike bediening in enige gemeente. Maar daar is ‘n paar vrae oor hierdie bediening. Eintlik is dit meer mites as vrae.

  1. Sal dit my werklading vermeerder? Ja. Om mense toe te rus, vereis tyd. Maar die eindresultaat – doeltreffende bedieners wat betekenisvolle ondersteuning gee aan diegene wat leiers is – is belangrik. Om mense toe te rus is harde werk, maar die resultate is verreikend en duur lank.
  2. Plaas dit my taak in gevaar? Gemeentes het die gawes van al sy lidmate nodig sodat hulle ‘n gesonde liggaam kan vorm. As leiers wat ons toegerus het ons vervang, maak God ander deure vir ons oop.
  3. Is nie-teoloë in staat om bediening te doen? Beslis. Lidmate is in staat om ongelooflike dinge te doen. Hulle het die tyd, energie, ondervinding en vermoëns om take te verrig wat leiers gewoonlik nie tyd het om te doen nie.
  4. Sal ek beheer oor my bediening verloor as lidmate betrokke raak? Ja, maar eintlik is ons nie in beheer van die bediening nie … God is.

 

Toerusting van gelowiges is nie iets waarvoor ons bang moet wees nie – dit is ons plig. Jy sal verbaas wees oor die langtermyn positiewe resultate.

 




Twyfel – is dit sonde?

 

There is a budding morrow in midnight -John Keats, digter (1795-1821)

 

Twyfel – is dit sonde?

As ons die geskiedenis nagaan sal ons baie prominente Christene kry wat getwyfel het. Os Guinness (In Two Minds: The Dilemma of Doubt & How to Resolve It) skryf: “If ours is an examined faith, we should be unafraid to doubt. If doubt is eventually justified, we were believing what clearly was not worth believing. But if doubt is answered, our faith has grown stronger. It knows God more certainly and it can enjoy God more deeply.”

 

Op een of ander stadium mag ons twyfel al is ons geloof ook hoe sterk. Dit is nie ‘n teken van swakheid nie, maar twyfel maak dat ons dieper grawe in ons verhouding met God. Dit kan selfs ons geloof versterk. Kom ons kyk na ‘n paar bekende Christene wat getwyfel het.

 

  • S. Lewis

Hy het soms met die intellektuele sy van geloof geworstel. Hy waarsku mense oor die gevare om op die intellek te vertrou in plaas van geestelikheid. Hy word veral onthou vir sy skrywes oor geloof. Hy moes egter dikwels ‘n gevoel van onsekerheid wegskuif.

 

  • Moeder Teresa

In briewe wat na haar dood gepubliseer is, is dit duidelik dat sy met twyfel gestry het. Sy skryf dikwels van eensaamheid, dat sy God nie hoor nie en twyfel oor haar geloof.

 

  • Martin Luther

Luther se primêre twyfel was nie die vraag of God bestaan nie, maar oor sy karakter. Sy vrees was dat sy sonde hom van God sou skei. By geleentheid skryf hy: “For more than a week I was close to the gates of death and hell. I trembled in all my members. Christ was wholly lost. I was shaken by desperation and blasphemy of God.’”

 

  • Charles Spurgeon

Sekerlik een van die grootste predikers van alle tye. Luister wat skryf hy: “I think, when a man says, ‘I never doubt,’ it is quite time for us to doubt him, it is quite time for us to begin to say, ‘Ah, poor soul, I am afraid you are not on the road at all, for if you were, you would see so many things in yourself, and so much glory in Christ more than you deserve, that you would be so much ashamed of yourself, as even to say, ‘It is too good to be true.'”

 

  • Johannes Calvyn

Hy het geglo dat Christene nie twyfel moes vrees nie, maar iets is wat ons moet verwag.

 

Almal van ons twyfel op een of ander stadium. Ons moet dit nie sien as ‘n teken van swakheid nie, maar as iets wat elke Christen moet verwag.




Verlossing as herstel na heelheid

 

No one who is a man-pleaser preaches the whole counsel of God. —R.C. Sproul

 

Verlossing as herstel na heelheid

In Lukas 8:28 – 39 lees ons van Jesus wat ’n man van bose geeste bevry. Hierdie man dra nie klere nie en bly tussen die grafte. Sy mense het hom met hand- en voetboeie vasgemaak in ’n poging om hom in bedwang te bring – sonder sukses. Ten einde laaste gooi hulle die handdoek in en los hom daar tussen die grafte. Hy word egter verlos deur Jesus wat die geeste beveel om hom te verlaat. Hy word weer ‘n heel mens.

 

Dit het al met baie mense gebeur. Miskien was hulle toestand nie so ooglopend soos hierdie man s’n nie. As ons aan die gelykenis van die saaier dink, sal ons sê dat hierdie man se hart soos harde en onproduktiewe grond was – jy mors net saad as jy daar saai. Maar die krag van God se woord kan selfs sulke grond verander. Dit kan verlossing bring – verlos van die legio persoonlike demone wat ons teister – en ons verander in ‘n produktiewe verkondiger van die evangelie.

 

Die probleme is dat Christene die donker plekke waar verlore en desperate mense bly, vermy. Hulle gedrag maak ons bang. Ons glo dat hulle nie verlos kan word nie. Daarom hoor hulle nooit die boodskap van verlossing nie. Jesus was egter bereid om na enige plek te gaan om die evangelie te verkondig. Die hele wêreld en nie net ’n klein deeltjie daar van moet na heelheid herstel word.

 

Die ongelooflike van hierdie verhaal is watter mense Jesus gebruik om sy boodskap uit te dra. Hier bevry hy ’n man van baie bose geeste. As alles verby is, gee Jesus aan hom ’n opdrag: Gaan terug na jou huis toe en vertel alles wat God vir jou gedoen het – en hy het dit gedoen!

 




Die kerk vandag

 

And though this world with devils fill’d
Should threaten to undo us,
We will not fear, for God hath will’d
His truth to triumph through us.

Martin Luther.

 

Die kerk vandag

Die kerk word vandag deur verskeie interne en eksterne bedreigings gekonfronteer. Ons moet bid dat ons plaaslike gemeentes versterk sal word sodat hulle steeds bakens van lig in ‘n donker wêreld kan wees. Maar wat maak ‘n gemeente sterk? Jy kan dit nie sê deur na die gebou of die aantal mense wat eredienste bywoon, te kyk nie.

 

Hoe kan ons ons plaaslike gemeentes die plekke maak waardeur Christus sy werk kan doen?

  1. Gesonde leer.

Verkondig die woord; hou daarmee vol, tydig en ontydig; weerlê, bestraf, bemoedig deur met alle geduld onderrig te gee, want daar sal ‘n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie (2 Timoteus 4:1 – 3). Daar is genoeg waarhede in die Bybel wat duidelik is. Stem dit wat ons leer ooreen met God se woord? Oppas vir gevoelens, persepsies, voorkeure en menings.

 

  1. ‘n Sterk gemeente beklemtoon geloof en gebed

Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges (Efesiërs 6:18). As daar lidmate is wat God se woord ken en glo dat Hy sal doen wat Hy belowe het, word hulle gebede doeltreffend en kragtig.

 

  1. In ‘n sterk gemeente kry ons aanbidding wat God verheerlik

Ons kan privaat aanbid, maar dit is iets spesiaal as gelowiges bymekaar kom en saam aanbid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing (Kolossense 3:16). Ons moet vooraf ons harte voorberei en die erediens met ‘n gesindheid wat bereid is om te leer, bywoon – gereed om te hoor wat die Here vir ons wil sê.

 

  1. In ‘n sterk gemeente dien mense volgens hulle gawes

Die Heilige Gees gee spesiale gawes aan gelowiges om hulle in staat te stel om in die liggaam van Christus te dien. Ons het mekaar nodig as ons werklik wil dien. As ons ons geestelike gawes ontdek en daarvolgens dien, sal ons doeltreffender wees – en meer vreugde ondervind.

 

  1. ‘n Sterk gemeente is verenig

Die liggaam van Christus bestaan uit mense met verskillende voorkeure en oortuigings. So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God (Efesiërs 4:13). Ons mag nooit toelaat dat individuele verskille ons verdeel nie.

 

  1. ‘n Sterk gemeente het ‘n visie vir ‘n verlore wêreld

God gee aan sy kinders geleenthede om die boodskap van verlossing met ander te deel en hulle dissipels van Hom te maak.

 

Soos ons nadink oor ons doelwitte vir 2015 moet ons ons gemeentes versterk deur hierdie beginsels na te volg. ‘n Sterk gemeente gebeur nie sommer vanself nie – dit begin by individue soos ek en jy.