Wil God hê dat ek ongelukkig moet wees?

 

Mercy is God’s Benjamin; the last born and best beloved of His attributes. —C.H. Spurgeon

 

Wil God hê dat ek ongelukkig moet wees?

“If man were infinitely wise, and could draw up a code for himself, which would involve no hardship, and entail all that was happy, he could devise no regulations more healthful, more profitable, or more pleasant than those of the Savior.” Charles Spurgeon

Vir baie mense is die bestaan van die tien gebooie ‘n bewys dat God nie wil hê die mens moet gelukkig wees nie – as God regtig wou gehad het ek moet gelukkig wees, sou Hy nie al hierdie wette gemaak het nie. Daarom draai mense hulle rug op God se gebooie. Wat hulle nie besef nie, is dat hulle nie weghardloop van swaarkry nie, maar van vreugde.

 

Hoekom moet ons God se gebooie vertrou en gehoorsaam?

  • God ken ons. Hy is ons Skepper; Hy weet wat die beste vir ons liggame, verhoudings, lewenstyl, ens is. Hy weet wat werk en wat werk nie.
  • God ken ons wêreld. Hy ken hierdie wêreld beter as ons en sy wette is ontwerp as grense om ons in veilige plekke te hou – weg van die gevaarsones. Hy weet wat ons nadelig beïnvloed.
  • God ken die toekoms. As ons God se gebooie verander kan ons nie die gevolge voorsien nie God sien in die toekoms; Hy sien alle moontlike gevolge.
  • God ken die evangelie. Die wet wys nie alleen vir ons die beste manier om te leef nie, maar ook dat ons nie daardie lewe kan lei nie – ons het iemand nodig wat dit gedoen het.

 

Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie (1 Johannes 5:3).

 




Hoe behou ons jongmense vir die kerk?

 

If you are neutral in situations of injustice, you have chosen the side of the oppressor. If an elephant has its foot on the tail of a mouse and you say that you are neutral, the mouse will not appreciate your neutrality. -Desmond Tutu.

 

Hoe behou ons jongmense vir die kerk?

Jongmense het nie ‘n hoë siening van die kerk nie. Hulle is baie skepties oor godsdiens. As ons vir hulle sê dat hulle spesiaal is, sê ons maar net wat die opvoedkundiges, afrigters en ouers reeds vir hulle gesê het. Maar as ons vir hulle ‘n oortuigende visie van ‘n liefdevolle en heilige God gee, vang ons hulle harte.

 

Die huidige geslag is hulle hele lewe lank toegegooi met advertensies. As ‘n maatskappy nie eg met sy aansprake is nie, sien ons dit gou raak. As die kerk nie die hele storie vertel nie, as die kerk die evangelie afwater om meer “relevant” te wees, kyk die jongmense gou deur ons … en hulle verlaat die kerk. Jongmense het ‘n radar wat gou agterkom as ons nie eg is nie. “The days of the light and fog machines and overly produced church services are a gone era” (Tony Ranvestel). Jongmense ken Photoshop – hulle wil werklike mense sien.

 

Om verhoudings te bou en om oor Jesus te leer, is twee redes waarom jongmense nie die kerk verlaat nie.

 

 




Ek gaan nie meer kerk toe nie

 

Let us learn a lesson of humility from our Saviour; let us never court great titles nor proud degrees. —C.H. Spurgeon

 

Ek gaan nie meer kerk toe nie

In ‘n onlangse opname blyk dit dat die hoofrede waarom mense nie meer kerk toe gaan nie, is omdat dit vervelig is. ‘n Woord wat vandag baie algemeen deur jongmense gebruik word, is “awesome.” Maar dit is nie ‘n woord wat hulle oor die kerk en eredienste gebruik nie. Daar in geen gevoel meer dat ons in die teenwoordigheid van God is nie.

 

In sy boek The Holiness of God som R. C. Sproul dit soos volg op:

“more awe in church servives = less boredom in church = less people leave church”.

 

Maar wat kan ons doen om meer ontsag en respek in ons eredienste te kry? Is dit iets wat net God kan doen en daarom moet ons maar geduldig wag? Natuurlik is dit net God se teenwoordigheid wat ontsag en respek kan skep – ons is van Hom afhanklik om ons eredienste met sy teenwoordigheid te eer. Maar God werk deur mense en daarom het mense ook ‘n verantwoordelikheid. Wat verwag ons van die leier wat die aanbidding lei?

  • Dit geld nie net vir die preek nie, maar ook vir die gebed en liedere wat gesing word.
  • Die liedere wat hy kies, moet by die tema van die preek aanpas.
  • Daar moet orde in die erediens wees- die aanbidders moet weet wat om te verwag.
  • Dit kan natuurlik oordrywe word. Net so verkeerd is om die aanbidding soos ‘n robot te lei. As jy lyk en klink asof jy verveeld is, sal die aanbidders beslis verveeld wees.

 

 




Die stand van teologie

 

Satan wants to destroy our faith in God. God wants to destroy our faith in ourselves. —John Kimbell

 

Die stand van teologie

‘Where is God gone?’ he called out. ‘I mean to tell you! We have killed him, you and I! We are all his murderers! But how have we done it?” – Friedrich Nietzsche

In sy berugte toespraak “God is dood” beklemtoon Nietzsche die implikasies van ‘n wêreld sonder God – niks behalwe duisternis nie.

 

Hy verwys hier na die God van liberalisme – ‘n makgemaakte god wat uiteindelik ‘n god is wat ons self gemaak het. Hierdie mensgemaakte god het in sy tyd die God van die Bybel uitgedoof. Wat vind hy aan die einde? Niks. Sy filosofie van nihilisme [Ontkenning van al die bestaande; verwerping van alle stelsels – HAT] is die gevolg.

 

Paulus ondervind in Atene ‘n soortgelyke denkrigting: Toe hulle van die opstanding uit die dood hoor, het party hom uitgelag (Handelinge 17:32). Hierdie Epikureërs was skepties van enige melding van lewe na die dood. Wat wag dan, volgens hulle, na die dood? Niks nie. Die Epikureërs het geglo dat hierdie lewe al is wat daar is. Daarom, soek plesier. Nietzsche glo dat hierdie lewe al is wat daar is. Daarom wanhoop.

 

Kry ons nie beide hierdie denkrigtings in die kerk vandag nie? Baie min mense sal sê dat hulle glo dat daar geen lewe na die dood is nie. Hulle glo aan ewige bestemmings soos die hemel en die hel. Twee-derdes van Amerikaners sê daar is iets soos die hemel en 61%  sê daar is iets soos die hel.

 

Francis Chan som die denke van baie moderne mense op: “Hell, it seems, may be fitting for the Hitlers and Stalins of the world, but God–we assume–would never send mediocre sinners to hell.”

 

Om te glo dat die hemel ‘n werklikheid is, is een ding; om te weet wat die Bybel oor die hemel sê, is iets anders.

 

Hemel en hel is werklikhede – hulle is die enigste ewige eindbestemmings. Daarom is hulle belangrik.