Mites wat Christene oor depressie glo

 

I believe in Christianity as I believe that the sun has risen: not only because I see it, but because by it I see everything else –  C. S. Lewis

 

Mites wat Christene oor depressie glo

Daar is ‘n aantal mites oor depressie wat Christene ontslae van moet raak:

  • Ware gelowiges ly nie aan depressie nie.

Daar is baie mense met depressie.  Dit lei tot pyn. Dit voel asof jy in dryfsand vasgevang is – jy voel asof jy al dieper wegsink. Hierdie siening dat gelowiges nie depressie kry nie, vererger die situasie dramaties – dink aan die skuldgevoel en skaamte by iemand met depressie as hy so iets hoor.

 

  • Depressie is ‘n geloofsaak

Nêrens word dit beloof dat Christene ‘n lewe sonder pyn, sieke en stryd sal leef nie. Wat wel belowe word is dat ons ‘n Verlosser, Vertrooster en Vriend het. Die siening dat depressie ‘n geloofsaak is, is vals – dit het niks met ‘n gebrek aan geloof te doen nie. Baie depressielyers sê juis dat hulle depressie hulle geloof verdiep het, want geloof was al wat hulle gehad het. In hulle donkste oomblikke sien hulle vir Jesus reg langs hulle.

 

  • Depressie kan weggebid word

Ons glo in die krag van gebed; ons glo dat God alle dinge kan genees. Natuurlik genees hy ook depressie, maar dit beteken nie dat ons nie behandeling nodig het nie – ondersteuning, terapie en medikasie. God het aan ons wysheid en baie navorsing gegee om die vele fasette van depressie te verstaan. Bid beslis, maar wees bereid vir behandeling.

 

  • Depressie is nie fisies nie

Net soos kanker en diabetes is depressie ‘n stryd van die liggaam. Dit het ‘n impak op ons emosies, ons denke en selfs ons gees. Daar is baie oorsake vir depressie, maar dit affekteer feitlik altyd die liggaam.

 

  • Ons moenie oor depressie praat nie

Depressie is nie ‘n skande waaroor ons moet swyg nie. Ons moet daaroor praat; leraars moet daaroor bid. In die Skrif lees ons van mense wat gesukkel het met depressie. Wat doen hulle? Hulle roep uit – altyd die eerste stap na genesing. Depressie is ‘n siekte wat in isolasie floreer. Deur daaroor te praat, maak ons geleidelik die greep van depressie los

 

Gelowiges se gesindheid oor mense met depressie moet verander. Ons moet ‘n omgewing skep wat hierdie mense veilig kan voel. Moenie hierdie mense wegstoot nie. Onthou dat ons swakheid ons altyd sal rig op Hom wat ons krag gee.

 




Die kerk en die teater

 

The world is filled with God’s glory. You can’t turn without bumping into it. —R.C. Sproul

 

Die kerk en die teater

‘n Direkteur van ‘n teater sê dat die kerk meer soos die teater moet word. In die teater is die direkteur in beheer van die hele produksie – hy besluit wat opgevoer gaan word, watter akteurs gaan optree, hy gee insette oor die ontwerp van die stel, hy bepaal die akteurs se beweging op die verhoog – hy werk met elke akteur individueel om te verseker dat alles reg verloop. Hy is baie sigbaar tydens oefeninge, maar as die stuk lewend gaan, is hy onsigbaar. Die akteurs neem eienaarskap van die stuk. Na die tyd sal die direkteur vir elkeen terugvoer en voorstelle gee. Hy vertolk egter nooit ‘n rol nie.

 

Is dit nie hoe die kerk veronderstel is om te werk nie? In Efesiërs 4:11 – 12 praat Paulus van apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars wat aan die kerk as gawe geskenk is. Wat is hulle taakbeskrywing? Sy doel hiermee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die Liggaam van Christus. Hulle taak is om die gelowiges – die akteurs – toe re rus om hulle rol te vervul. Soos die direkteur moet hulle onsigbaar word as die spel begin.

 

Is dit wat vandag in ons kerk gebeur? Nee, die leraar, saam met ‘n paar vrywilligers, is die direkteut en akteurs. Meeste mense sit in die kerkbanke – toeskouers wat die stuk of toejuig of kritiseer. Dit is agterstevoor. Is dit nie een van die redes waarom baie gemeentes ondoeltreffend funksioneer nie? Van die verhoor word gelowiges opgeroep om deel van die bediening van die gemeente te word. ‘n Belangrike en noodsaaklike oproep, maar onvoldoende, want dit fokus net op die aktiwiteite binne die gemeente.

 

Die probleem is dat baie Christene vandag geen nie-Christene ken nie. Ons praat van uitreik in die gemeenskap, maar baie mense weet nie hoe nie. As ons mense by God se visie betrokke wil kry, moet ons hulle toerus – praktyke en gedrag wat tot die uitbouing van God se koninkryk sal lei. Weet ons hoe om mense by geestelike gesprekke betrokke te kry? Daarna moet hulle uitgaan en dit in die praktyk beoefen. Dit sal hulle passie en vertroue vermeerder. Oefen met aanspreeklikheid. So vorder ons van Christene wat kennis het na Christene wat aktief optree. Hulle kom op die verhoog en word deel van die aksie.

 

In jou gemeente is die mense op die verhoog of sit hulle in gemakstoele in die gehoor? Hulle sien alles wat gebeur, maar word nooit deel daarvan nie. God wil nie hê sy kinders moet net die storie ken, lees en liefhê nie. Hy wil hê almal moet deel van sy storie word. Leier, rus jy jou mense toe om deel van die storie te wees?

 




Ignoreer ons ons erfenis?

 

We entertain ourselves to death, and so become estranged from ourselves. – Soren Kierkegaard

Ignoreer ons ons erfenis?

In 1 Korintiërs 3:18 – 21a kyk Paulus terug. Hy kyk weer na die kontras tussen die wysheid van God en die wysheid van die wêreld. Omdat God vir sy tempel omgee en omdat hy diegene wat sy tempel beskadig aanspreeklik hou, begin hy met ‘n waarskuwing: Niemand moet homself mislei nie. Ons moenie dink dat ons die waardes van die wêreld kan aanvaar en dat hierdie keuses nie ernstige gevolge vir ons inhou nie. Die wêreld hou van mag en prestige; God openbaar Hom in swakheid. Die wêreld hou van sterk leiers, maar kerkleiers is dienaars van Christus. Ons kan nie vir God mislei nie: Hy vang die slimmes met hulle slinkse planne en: Die Here ken die gedagtes van die wyse mense en weet dit beteken niks. Die onmiddellike toepassing is ‘n afkeur van verdeeldheid en die vorming van faksies: Daarom moet niemand op mense roem nie.

Om met een of ander leier te spog, sny ons ons af van die erfenis waarop ons geregtig is. Jy spog omdat jy dink dat jy die beste deel het, maar in werklikheid beperk ons ons tot net een deel van die erfenis waarop ons in Jesus Christus geregtig is. Alles behoort aan julle: of dit Paulus of Apollos of Sefas of die wêreld of lewe of dood of hede of toekoms is, alles behoort aan julle, maar julle behoort aan Christus en Christus aan God. Om op een deel van ‘n projek te fokus asof dit alles is, is om jou van die projek as ‘n geheel af te sny. Om absoluut lojaal aan een leier te wees, beteken jy kry nie wat jy van al die ander leiers kan ontvang nie.

As ons aan Christus behoort en Christus behoort aan God behoort ons aan God. Hy is oppermagtig oor alles: die wêreld of lewe of dood of hede of toekoms.

 

 

 

 

 

 

 




Solidariteit

 

Moral Irony: In the ancient world, the Romans reviled Christians for rumors about orgies and killing their young. In the modern world, western Secularists revile Christians for refusing to hold orgies and for refusing to kill their young. – Mike Bird

 

Solidariteit

Vandag hoor ons dikwels dat mense van solidariteit praat. Dikwels vra mense hoekom daar so baie wreedhede in ons wêreld gebeur. Daar is twee redes daarvoor: mense in bereid om wreedhede te pleeg en dan is daar diegene wat stilbly. Daar gebeur dinge in ons wêreld en in ons land wat ons net nie kan ignoreer nie: geweld teen vroue en kinders, misdaad … Maar waar is die stemme wat daarteen praat?

 

Ons praat van “misdaad teen die mensdom.” Maar wat ons sien, is joernaliste wat onthoof word, driejarige kinders wat doodgeskiet word. Gelowiges kan in sulke gevalle nie neutrale toeskouers wees nie. Daar kom tye wanneer ons gewete ons verplig om die bose by name te noem en met oortuiging daarteen te praat.

 

Andrew White, die vikaris van die St. George’s Katedraal in Bagdad, skryf in sy boek (Father, Forgive) die volgende:

The sad fact is, religion is very much tied up with violence. As Archbishop William Temple said during the II World War, ‘When religion goes wrong, it goes very wrong.’ The apostle John, recording the words of Jesus in his gospel wrote, ‘the time is coming when anyone who kills you will think they are offering a service to God. They will do such things because they have not known the Father or me’ (John 16:2-3).

 

Is dit nie wat ons vandag in ons wêreld sien nie? Is ons deel van daardie groep wat net stil bly.Dietrich Bonhoeffer, wat aan die galg gesterf het, het gesê: “Silence in the face of evil is evil itself. God will not hold us guiltless. Not to speak is to speak. Not to act is to act.