Category: Coen Slabber se Blog

image_pdfimage_print

Het Jesus bloed gesweet in die tuin van Getsemane?

 

“People need to be reminded more than they need to be instructed.”   Samuel Johnson

 

Het Jesus bloed gesweet in die tuin van Getsemane?

‘n Leser vra vir Lee Strobel of Jesus werklik bloed gesweet het toe Hy in die tuin van Getsemane gebid het of is dit maar net beeldspraak?

 

Lee Strobel antwoord: Dr Alexander Metherell is ‘n geneesheer en kundige oor Jesus se kruisiging. Hy sê daar is ‘n bekende mediese toestand wat as hematidrose bekend staan. Dit is nie algemeen nie, maar kom voor in gevalle van erge sielkundige stres. Die oorsaak is dat onder erge spanning die liggaam chemilalië vrystel wat die klein bloedvaatjies in die sweetkliere afbreek.

Churchill en die huwelik

Avalanches of evil begin with a single pebble of sin. —John Piper Churchill en die huwelik Winston Churchill woon by geleentheid ‘n formele banket in Londen by. Al die hoogwaardigheidsbekleërs moes ‘n vraag antwoord. Die vraag was: “As jy nie kan...

Hoekom wil mense nie in die gemeente betrokke raak nie?

If a man is drunk on wine, you’ll throw him out. But if he is drunk on money, you’ll make him a deacon – Os Guinness

 

Hoekom wil mense nie in die gemeente betrokke raak nie?

Hoekom sit meeste lidmate in die kerkbanke as toeskouers? Hoekom wil hulle nie êrens betrokke raak nie? Daar is veral vier redes hiervoor:

  • Daar is niks wat ek kan doen nie

Mense fokus dikwels op hulle beperkings.

Kanale waardeur die liefde vloei

The role of a pastor is not to grow a big church. The pastor’s role is to grow mature disciples who make disciples. — Rick Howerton

 Kanale waardeur die liefde vloei

Die doel van hierdie opdrag is om liefde te wek wat uit ‘n rein hart, ‘n goeie gewete en ‘n opregte geloof kom (1 Timoteus 1:5).

In 1 Timoteus 1:5 antisipeer Paulus sy hantering van die vals onderrig van die wet (vs 7 – 11) deur die wet se ware doel op te som.  Die lesers weet van watter liefde Paulus hier praat en daarom sê hy niks meer hieroor nie.  Hy wys egter op die drie kanale waardeur die liefde vloei: hart, gewete en geloof.

image_pdfimage_print