Die God wat praat

Die God wat praat

‘’n Baie belangrike bewering wat die skrywer van die Henreër-brief maak, is dat God praat. Hebreërs 1:1 – 3 herinner ons daaraan dat God deur die geskiedenis gepraat het..  Nou het Hy sy finale openbaring in Jesus Chroistus gegee. God se openbaring is deel van sy genade vir ons. Ons dink gereeld an God se genade in die konteks van verlssing, maar ons moet ook aan sy genade in die konteks van sy openbaring dink.

As God Homself nie aan ons in sy Woord geopenbaar het nie, sou ons geen kennis van die betekenis van die kruis en Jesus se opstanding gehad het nie. Ons sou ook nie geweet het wat die toepaslike reaksie op die evangelie is nie. Ons kan God nie ken sonder sy openbaring nie. Daar is geen rede waarom God van sy persoonlike privaatheid afstand moet doen nie. Dit is net uit genade wat God met ons praat. Ons verdien nie sy lewegewende woorde nie. As God nie gepraat het nie was ons in duisternis en onkunde gelaat.

 

Die Bybel maak dit duidelik dat daar twee soorte openbaring is:

  •  Algemene openbaring: God praat met ons in die natuur.

Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend. Die een dag gee die berig deur aan die ander en die een nag deel die kennis aan die volgende mee (Psalm 19:2 -3). Romeine1 vertel ook van die aard, omvang en doel van hierdie algemene openbaring.

Van die skepping van die wêreld af kan ‘’n mens uit die werke van God uidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is (Romeine 1:20). Algemene openbaring is nie voldoende vir ons om die verlossing deur Jesus Christus te verstaan nie.

  • Spesiale openbaring. Hierdie openbaring is direk, verbaal wat uit die mond van God kom. Dit is wat ons in die Skrif het. As die Skrif praat, praat God.

 

 




Die Ons Vader-gebed

Die Ons Vader-gebed

One of the most liberating experiences of my life was when I learned to pray so that my experience conformed to the words of Jesus rather than trying to make his words conform to my impoverished experience- RICHARD FOSTER.

DIE Ons Vader-gebed is ‘n geskenk en wanneer ons hierdie gebed gebruik om ons gebede te rig, vryf ons die olie van Jesus se opsomming van die groot gebod in ons harte in.

Ons leer ten minste vier dinge as hierdie gebed ons gebedslewe mentor.

  1. Ons leer om God as Vader te nader.

Ons begin met: ons Vader. Om God lief te hê beteken dat ons hom in ons gebede as Vader aanspreek. Dit staan sentraal in Jesus se onderrig van God –liefde van God en vir God.

  1. Ons leer wat Jesus regtig wil hê.

As ek iemand liefhet, het ek lief wat Hy ook liefhet. God se liefdesplan is dat sy Naam geheilig moet word. En dat dit ‘n konkrete werklikheid op aarde moet word. Ons word daagliks herinner om te verlang vir dit waarna God verlang. Gebuik die Ons Vader-gebed as ‘n raamwerk vir hoe ons liefde vir God in gebed uitgedruk moet word. Ons kan elke dag hierdie gebed bid en ons eie woorde aan die hake hang ons sê: Laat u Naam geheilig word en dink daaroor na. Die gebed gee struktuur, dit is solied en help om selfsugtigheid te voorkom.

  1. Ons leer om aan ander te dink.

Die gebed is nie ‘n God-alleen ding nie. Di is ook nie ‘n ek-alleen ding nie. Die gebed leer ons om ook vir ander te bid. Dit beteken ons bid dat andeR voldoende voorraad (brood) sal hê asook geestelike reinheid (vergwing van oortredings) en morel stabiliteit (vergifnis) sal hê.

  1. Ons leer wat almal nodig het

Ons leer laat ons begeer dat almal voorraad sal hê, vergifnis sal ontvang en dat ons versoekings gespaar sal bly. Ons het die gebed begin met God se Naam, sy koninkryk en sy wil. Ons wil hê dat God in die geskiedenis moet inbreek en alles weer sal regmaak vir almal van ons.  Dit beteken dat almal genoeg het om te eet, geestelike reinheid sal hê asook morele stabiliteit. Ons begin met wat Hy vir alle mense verlang. Deur die Ons Vader-gebed te bid, sluit ons aan by sy gebed vir hulle.

 

Gebed stop nie met Amen nie. Dit gaan oor in optrede. The Lord’s Prayer is not a prayer to God to do something we want done. It is more nearly God’s prayer to us to help Him do what He wants done (Frank Laubach)

Bid vir wat jou Vader wil hê, bid vir wat ander nodig het en leef Jesus se grsoot Gebod.

 




Die Kaddis

Die Kaddis

[kaddis is ‘n antieke israelse gebed gebruik in die sinagoge. Oorspong: qaddish = heiligmaking in Aramees]

Gebed is nie altyd maklik nie. Soms sukkel ons om te bid – ons weet nie altyd wat om te sê nie. Richard Foster sê dat gebed is the cenral avenue God uses to transform us. Maar vir ons is gebed soms eerder ‘n bron van frustrasie as bemoeding. Roetine gebede is dikwels droog en vervelig.

Gebed is in wese liefdevolle kommunikasie met God. Al wat ons nodig het is ‘n oop hart. Maar tog is daar tye wat ons sukkel om te bid. Ons troos is dat dit juis die dissipels se stryd met gebed was wat aanleiding tot die Ons Vader-gebed was.

Wat was die kaddis?

MAG SY Naam verhoog en geheilig word in die wêreld wat Hy volgens sy wil geskep het. Mag Hy sy koninkryk vestig tydens jou lewe, en gedurende die lewe van die Huis van israel, spoedig en in die naby toekoms

En sê Amen.

Hierdie gebed het duidelike ooreenkomste met die Ons-Vader-gebed. Jesus maak dit sy eie en pas dit aan. Toe sy dissipels Hom vra: Here leer ons bid, neem Hy die Kaddis en pas dit aan:

 

Die Kaddis Die Ons Vader-gebed:

MAG SY Naam verhoog en geheilig word in die wêreld wat Hy volgens sy wil geskep het.

Mag Hy sy koninkryk vestig tydens jou lewe, en gedurende die lewe van die Huis van israel, spoedig en in die naby toekoms

En sê Amen.

 

Ons Vader

Laat u Naam geheilig word – nie ook verhoog nie.

Laat u koninkryk kom – nie spoedig nie

Brood

Vergifnis

versoeking

Geen Amen nie

 

Hier sien ons drie basiese veranderinge:

  1. Jesus se gebed begin met Ons Vader
  2. Jesus voeg drie lyne by brood, vergifnis en versoeking.
  3. In hierdie drie lyne verskuif die voorwerp van U na ons. Die Ons vader-gebed het twee dele: die U versoeke en die ons versoeke.

Daar is tog sekere voordele in ‘n liturgiese gebed:

  • Dit geen vir ons ‘n raamwerk vir gebed
  • Dit gee aan ons ‘n strukturele gesprek met God.
  • Dit herinner Jesus se volgelinge aan sy prioriteite. Jesus besef dat sy gebed sal verhoed dat hulle verval in selfgesentreerde gebede.

Hoekom verander Jesus ‘n heilige gebed? Onthou Hy het die Sjema verander deur liefde vir die naaste by te voeg. Die Ons Vader gebed het ook twee dele liefde vir God en liefde vir ander.

 




Jesus se belydenis

Jesus se belydenis

Een van hulle, ‘n wetsgeleerde, het Hom met ‘n vraag probeer vastrek. “Meneer, ”vra hy, “wat is die grootste gebod in die wet” Jesus antwoord hom: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en eerste gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan, is ‘ jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat. Matteus 22:35 – 40 (Matteus 22:35 – 40)

Jesus pas die Sjema van die Jode (Deuteronomium 6:4 – 9) aan deur Levitikus 19:18 by te voeg. Dit is duidelik dat geestelike vorming gaan oor die leifde vir God en vir ander. Die eerste beginsel van geestelike vorming is: hierdie persoon het God en ander lief. Geestelike vorming gaan oor verhoudings – met God en met ander. Weet ons hoe lyk ‘n persoon wat geestelik gevorm is?

Die Jood sê hardop ‘n belydenis as hy wakker word en voor hy gaan slaap. Hierdie belydenis kom uit Deuteronomium 6:4 – 9. Hierdie belydenis staan bekend as die Sjema –  dit begin so: Luister (sjema), Israel die Here is ons God, Hy is die enigste Here. Dit is die Joodse belydenis vir geestelike vorming. Jesus het daarvan gehou en dit vir sy volgelinge aangepas.

DIt sê vir ons wat belangrik vir geestelike vorming is: die Here is ons enigste God, israel is deur God uitverkies en israel moet Hom liefhê. As die Jode volgens die Sjema leef, sal hulle geseënd wees. Die belydenis van die Jode is: jy moet God liefhê deur die tora uit te leef. Waar staan Jesus in die wêreld van Judaïsme?

As goeie Jood het Jesus daagliks die Sjema opgesê. Toe die wetsgeleerde Hom vra wat die belangrikste gebod is. Vir die Jood is dit dié vraag oor geestelike vorming. Hy vra na die geestelike middelpunt van Judaïsme.

Jesus antwoord die man deur die Sjema aan te haal, maar voeg by dat jy jou naaste moet liefhê. Hiermee vorm HY die geestelike middelpunt van sy volgelinge. Vir Jesus is liefde vir God en liefde vir ander die kern. Liefde is moeilik om te definieer – dit is onvoorwaardelike agting vir ‘n persoon wat jou gedrag vorm om daardie persoon te help om te word wat God verlang. Liefde as dit reg werk is beide emosie en wil.

Hierdie amendement van Jesus is nie net ‘n subtiele verandering nie. Dit vereis moed om by die Sjema iets by te voeg. Maar hierdie toevoeging openbaar die hart van Jesus se belydenis. Ons gaan nie sommer iets by die Apostoliese geloofsbelydenis voeg nie. Dit wys vir ons dat Jesus liefde vir ander as iets wat sentraal tot geestelike vorming staan, sien.

Die Sjema word ook persoonlik om God lief te hê, beteken dat ons vir Jesus volg. Jesus sê ir die man om Hom te volg.sodoendde stel Hy liefde vir God gelyk aan ‘n persoonlike verhouding met Jesus.

Samevatiing: geestelike vorming vir Jesus, as Jood, begin by die Sjema van Judaïsme. Maat Jesus hersien die Sjema op twee maniere:

  1. Om jou naaste lief te hê word bygevoeg tot die liefde vir God; en
  2. Liefde vir God beteken om Jesus te volg

Is dit nie tyd dat ons begin deur daaliks Jesus se belydenis te memoriseer en daagliks te herhaal nie? Sodoende word ons herinner aan wat ons Here van ons verwag. Dit herinner my daaraan dat wat ek tydens die dag doen gevorm moet word deur my liefde vir God en vir ander.

[Uit: Scot Mc Knight; The Jesus Creed.]