Is Jesus werklik die enigste weg na God?

 

When we stare into the spotlight of success, sin sits comfortably in the front row cheering us on. —D.A. Horton 

Is Jesus werklik die enigste weg na God?

Is dit nie bekrompe om te sê dat Jesus die enigste weg na God is nie? Nee, want hierdie idee het nie by een of ander teoloog ontstaan nie, maar by Jesus self: Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie (Johannes 14:6). Mense wat probleme het met hierdie idee argumenteer nie met Christene nie, maar met Jesus self.

 

In die bergrede sê Jesus: Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie. Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min (Matteus 7:13 – 14).

Ons soek benaderings wat nou is solank as wat hulle op die waarheid gebou en vir ons die rigting aandui wat vir ons die beste is. Ons kan glo dat Jesus die waarheid praat en dat Hy ons sal lei na vergifnis, die lewe en ‘n ewige lewe saam met Hom. Voor die Joodse Raad sê Petrus:Hy bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gege waardeur God wil dat ons verlos moet word nie (Handelinge 4:12).

(C. S. Lewis).




Ons eie Areopagus

 

“…when there’s something in the Word of God that I don’t like, the problem is not with the Word of God, it’s with me.” — R.C. Sproul

 

Ons eie Areopagus

Paul Copan en Kenneth D. Lidwak ( The Gospel in the Marketplace of Ideas) gebruik Paulus se besoek aan Atene (Handelinge 17) om gelowiges te help om in so ‘n multikulturele wêreld die evangelie te verkondig. Hulle vergelyk Atene in Paulus se tyd met ons eie wêreld en vind heelwat ooreenkomste.  Ons gaan ‘n paar blogs hieraan spandeer.

Watter lesse kan ons uit Paulus se toespraak leer? Hoe kan ons ons eie Ateners bereik? Ons kan ook filosofiese en wetenskaplike hulpbronne gebruik wat uit God se algemene openbaring voortspruit. Daar is egter ‘n paar ander oorwegings gebou op Paulus se benadering.

  • Onderskei tussen persone en geloof

Toe Paulus al die afgodsbeelde in Atene sien, was hy baie verontwaardig. Hy val nie sommer weg deur die Ateners te kritiseer nie. Hy was afgemete, vol respek en innemend. Sy hele toespraak was respekvol al het hy die filosowe gekritiseer. Paulus kon tussen persone gemaak na die beeld van God en dit wat hulle geglo het, onderskei. Baie mense glo as jy nie dit wat hulle glo aanvaar nie, aanvaar jy hulle ook nie. Ons moet leer om welwillend saam te stem en te verskil. Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly (Efesiërs 4:15).

  • Hoe beskryf ons God

Op die Areopagus was daar gereeld advokate wat die saak van spesifieke gode gestel het. Paulus bied nie ‘n nuwe God aan nie. Hy gebruik die “onbekende god” en bou daarop uit. Ons moet ook leer om oor die “onbekende God” in ons hedendaagse kultuur te praat. Baie mense is tot ‘n mindere of meerdere mate aan die Christelike geloof blootgestel. Maar hulle is doodtevrede met ‘n godsdiens wat geen persoonlike aansprake op hulle maak nie. Ons kan iets van hierdie God bevestig in die lig van die heelal wat Hy gemaak het. Die boosheid in die wêreld herinner ons dat alles nie reg is nie en dat ons bystand van buite nodig het om dit reg te stel. In Atene wys Paulus na Christus as God se agent in hierdie wêreld om die orde te herstel; om vergifnis aan te bied as ons berou het; om hoop te gee selfs anderkant die graf.

  • Tekens van oortreffing/Transendensie

Paulus leer ons om alle tekens of indikatore van transendensie te gebruik. Hy praat van mense wat rondtas om God te vind. Intellektuele en teologiese argumente is belangrik, maar ook sekere praktiese oorwegings soos diep menslike behoeftes en verlangens: die soeke na sekuriteit en betekenis, die vrees vir die dood, die verlange na geregtigheid, ens. Hierdie eienskappe van ons lewe laat ons na iets meer verlang – iets wat geen aardse ding kan bevredig nie.

  • Evangelisasie en apologetiek as ‘n proses

Ons dink dikwels aan evangelisasie as ‘n gebeurtenis. Daarom gebruik ons dikwels ‘n een-grootte-pas-almal. Dit skep dikwels hindernisse in plaas van brûe bou. Ons moet baie versigtig dink oor die toegangspunte vir die evangelie. Dit kan ons net doen as ons ons gehoor beter verstaan. Kyk net hoe verskil Paulus se toesprake aan Jode en dié aan heidene. Dikwels word ‘n hele reeks van klein treetjies benodig. ‘n Kort gesprek of preek is nie genoeg om ongeloof te verdryf nie. Waar ons begin, hang af van waar die persoon is.

Afgesien van die proses moet Christene geloofwaardigheid en vertroue bou. Paulus het begin deur eers rond te loop en te luister om sy feite bymekaar te kry. Dit is noodsaaklik om die boodskap wat jy wil oordra in konteks te plaas. Gelowiges moet ‘n veilige plek vir skeptici en ongelowiges wat die waarheid ontken, wees. Geloofwaardigheid is die gevolg van goeie waarneming en luister. Christene praat dikwels te gou en luister maar sleg. Ons is gereed met ons antwoorde voor ons weet wat die persoon se spesifieke vraag is. As ons goed luister verdien ons die voorreg om na geluister te word. Om goed te luister beteken nie dat ons op elke punt moet antwoord nie.

  • Daag die afgode van ons dag uit

Paulus was bewus van die Jode se sterk afkeer van afgode en heidense invloede. Paulus was nie bang om die Ateners se afgode en vals teologie uit te daag nie. Om na Jesus Christus se opstanding te verwys, het hy besef hy gaan geen simpatie kry nie. Hy het nie gehuiwer om die tekortkominge van hulle gode uit te wys nie. Hy bevestig ook dat Jesus Christus en nie die keiser God se agent op aarde is nie. Afgodery is as ons van God se goeie gawes God se plaasvervangers maak. Vandag se afgode sluit in seksuele vryheid, politiek, geld, tegnologie, verhoudings waarop ons al ons hoop plaas, ens.

  • Jesus: Die hoogtepunt van die geskiedenis en die vervulling van ons hoogste ideale

Paulus sluit sy toespraak af deur na Jesus te verwys as God se agent in die wêreld. Hy beklemtoon dag die historiese, opgestane Jesus die hoogtepunt van God se openbaring aan die mens is.

Paulus se toespraak in Atene is ‘n ryk hulpbron wanneer ons met hedendaagse Ateners praat. Pauks se toespraak se kern is die evangelie; hy plaas die toespraak in die konteks van die Ateners.




Reaksie op Paulus se benadering

 

Let the wife make her husband glad to come home, and let him make her sorry to see him leave.” -Martin Luther

Reaksie op Paulus se benadering

Paul Copan en Kenneth D. Lidwak ( The Gospel in the Marketplace of Ideas) gebruik Paulus se besoek aan Atene (Handelinge 17) om gelowiges te help om in so ‘n multikulturele wêreld die evangelie te verkondig. Hulle vergelyk Atene in Paulus se tyd met ons eie wêreld en vind heelwat ooreenkomste.  Ons gaan ‘n paar blogs hieraan spandeer.

 

Paulus se benadering – inhoud en styl – het die gehoor se aandag vasgevang totdat hy iets gesê wat vir sy gehoor onaanvaarbaar was. Liggaamlike opstanding was vir die filosowe ondenkbaar – die liggaam was immers boos – ‘n tronk wat die siel gevange gehou het. Geen wonder Paulus het drie reaksies op sy toespraak nie.

 

  • Party het hom uitgelag.
  • Party wou meer hiervan hoor.
  • ‘n Paar mense het egter gelowig geword.

In sy toespraak bied Paulus kern Bybelse leer aan – die bestaan van een ware God; hierdie God was die Skepper en Onderhouer van alles; die dwaasheid van afgode; die waardigheid van mense wat na die beeld van God gemaak is; God se oordeel van almal wat vals gode aanbid; die noodsaaklikheid om hulle te bekeer van misplaasde godsdiens en praktyke. Dit alles  kry ons in die Ou Testament. Hy huiwer nie om dit aan te bied in die terminologie van die filosowe wat daar teenwoordig was nie. Hy gebruik ook die klassieke retoriese benadering.

Paulus bou brue waar hy kon deur sy kennis van die wêreldsienings van sy gehoor. Hy gaan egter geen kompromieë oor die evangelie aan nie. Paulus druk kern Bybelse idees uit op ‘n manier wat kultuur relevant is. Terselfdertyd daag hy sy gehoor uit en bied die oplossing vir hulle onkunde aan.




Reageer op die waarheid

 

He counts the stars and calls them by name, yet he heals the broken in heart and binds up their wounds. —C.H. Spurgeon

Reageer op die waarheid

Paul Copan en Kenneth D. Lidwak ( The Gospel in the Marketplace of Ideas) gebruik Paulus se besoek aan Atene (Handelinge 17) om gelowiges te help om in so ‘n multikulturele wêreld die evangelie te verkondig. Hulle vergelyk Atene in Paulus se tyd met ons eie wêreld en vind heelwat ooreenkomste.  Ons gaan ‘n paar blogs hieraan spandeer.

Ons moet ander mense se wêreldsiening verstaan. Christene word dikwels van anti-intellektualisme beskuldig – nie altyd sonder rede nie. Wat Paulus hier demonstreer, skryf hy van in 2 Korintiërs 10:4 – 5: Die wapens van ons stryd  is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies van elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.

 

Paulus gebruik die taal van die filosowe en digters om dit wat sy gehoor glo, uit te daag. Daarna daag hy hulle uit om op hierdie nuwe kennis van God te reageer. Hierdie God kan nie deur dooie beelde verteenwoordig word nie. Dit is tog ontoepaslik om te dink dat God wat alles gemaak het deur goud of silwer of hout verteenwoordig kan word. God kan tog nie deur die handewerk van mense wat Hy gemaak het, verteenwoordig word nie. Mense kan immers sien en praat en loop terwyl hierdie beelde wat hulle gemaak het niks hiervan kan doen nie.

Paulus verwerp die mense se vals sienings van gode – hulle het tempels nodig en word deur beelde verteenwoordig. In die verlede het God die mense se onkunde oorgesien, maar nou roep Hy al die mense oral op om hulle te bekeer. Die feit dat Paulus praat van die Atyeners se onkunde moes hulle ontstel het, want hulle het hulle beslis nie as onkundig gesien nie. Hulle moet berou hê oor hulle vals sienings en hulle optrede wat daaruit voortgevloei het. Die Ateners moet hulle denke oor wie en wat God is en wat Hy van mense verwag, verander.

Paulus se mees kontroversiële punt kom in die laaste vers van sy toespraak (17:31). Hy sê twee dinge wat geen Atener sou sê nie.

  • God gaan oor die hele wêreld oordeel. Die Ateners het geglo dat die dood die einde van alles is.
  • God gaan die wêreld oordeel deur ‘n Man wat Hy uitgekies het. As bewys daarvan vir almal, het Hy Hom uit die dood laat opstaan. Die Ateners sou enige idee van liggaamlike opstanding onmiddellik verwerp het.

Wat Paulus hier sê pas nie in by sy gehoor se wêreldsiening nie. Dit staan wel binne die tradisie van die Bybel. Paulus sien die opstanding van Jesus as bewys van al sy aansprake aan die Ateners.