Werk: Werk saam met God se versoeningsending (2)

The Christian must surely be so disposed and minded that he feels within himself it is with God he has to deal througout his life – Johannes Calvyn

Werk: Werk saam met God se versoeningsending (2)

C. Christopher Smith en John Pattison het onlangs ‘n boek, Slow Church, geskryf wat besig is om baie aandag te geniet. Ek gaan ‘n aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

Wat het dit nou met die kerk te doen? Hoe kan ons werk van betekenisloos na betekenisvol verander soos God dit beplan het? Hoe kan die gemeente weer werk as ‘n instrument van God se vrede herwin? Elke gemeente moet met sy eie strategieë wat by sy konteks pas na vore kom. Hier is ‘n paar idees:

  • Help mense om goeie bo slegte werk te herken en te verkies

Slegte werk is betekenloos en buit mense uit; die plaas die sisteem voor die mens. Goeie werk is goed vir die gemeenskap en goed vir die persoon wat dit doen. Die kerk moet langs mense wat vrae oor roeping en werk het, kom. Die gemeente moet mense help om hulle gawes te onderskei en dan daardie gawes te ontwikkel en uit te oefen.

  • Ondersoek die moontlikhede en beperkings van werk as aanbidding

Werk is nie die hoofdoel van die mens se lewe nie. Maar goeie werk wat goed gedoen word, kan ‘n vorm van aanbidding wees. God is teenwoordig selfs in die alledaagse take. God wat so baie vir ons omgee dat Hy in alles wat ons doen teenwoordig wil wees, is waarlik ‘n God van liefde. Werk is moeilik; werk is altyd daar. Selfs te midde van dit alles kan ons ons werk doen ter verheerliking van God. Op hierdie punt verkrummel die grens tussen sekulêre werk en werk vir God.

  • Bevorder geregtigheid wat met werk verband hou

Dit is verbasend hoe baie van vandag se sosiale ongeregtighede met werk verband hou. Dink maar aan dinge soos kinderarbeid.

  • Identifiseer die menslike hulpbronne in die gemeente en gebruik hulle vir die versoeningswerk van die koninkryk

Elke lidmaat het vaardighede wat gebruik kan word. Ons gemeentes moet die bron vir goeie werk in ons buurt wees. Dit kan gebeur deur werkgewers wat vir goeie werkers soek en werkers wat vir goeie werke soek met mekaar te verbind. Gemeentes moet lidmate help om hulle vaardighede en talente te ontdek en te gebruik om hulle gemeenskappe te help om volwasse en gesond te wees.

Gemeentes kan hulle lidmate en hulle Godgegewe gawes beter leer ken en dan soek vir geleenthede om hulle vaardighede te verbeter op so ‘n wyse dat dit tot voordeel van die plaaslike gemeenskap is.

Volgende keer kyk ons na Sabbat: Die ritme van versoening.




Die geduldige mense van God in die wêreld

 

There is a big difference between an eager man who wants to read a book and a tired man who wants a book to read –  G. K. Chesterton

Die geduldige mense van God in die wêreld

C. Christopher Smith en John Pattison het onlangs ‘n boek, Slow Church, geskryf wat besig is om baie aandag te geniet. Ek gaan ‘n aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

Ek is die weg en die waarheid en die lewe (Johannes 14:6). Wat beteken dit as ek sê dat Jesus die weg is?

Ons gemeentes moet die beliggaming van Jesus Christus wees en is noodsaaklik vir God se werk in hierdie wêreld. Gemeentes is die primêre weg waardeeur Christus se volgelinge in hierdie wêreld moet werk. Kloostergemeenskappe beskou die uitdaging om  die weg van Christus te beliggaam ernstig op – op hulle besondere plekke. Om die lewe saam as gemeenskap te leef en nie die gemeente as ‘n weeklikse bymekaarkomplek vir individue te beskou nie, moet elke faset van die lewe –  huis, werk, aanbidding, ens –  ondersoek word om seker te maak dit voldoen aan die versoenende weg van Jesus Christus. Ons moet Jesus Christus saam op ‘n spesifieke plek beliggaam.

 

Om Jesus Christus te volg daag ons uit om aandag te gee aan God se versoeningswerk met sy hele skepping. Ons het ruimte in ons gemeentes nodig waar ons saam hierdie rigting kan bespreek en onderskei. Ons besluite moet aandag gee aan God se liefde vir en versoening met die hele skepping

Ons moet al Jesus Christus se onderrig ernstig opneem – selfs om jou ander wang te draai, jou vyand lief te hê, jou kledingstukke met ander te deel, ens. Oppas as ons eers begin rasionaliseer oor wat ons maar kan uitlaat. Ons moet ‘n diep kennis hê van wie Jesus was en wat Hy vir ons geleer het. Ons moet die Bybelverse oor versoening in ons gemeentes bespreek, sodat ons Jesus Christus beter kan ken.

Ons maak aanspraak daarop dat ons Jesus Christus volg, maar die manier waarop ons getuig van sy versoeningswerk lyk nie juis soos die manier wat Jesus Christus geleef het nie. Ons moet Jesus se weg volg al is dit ongemaklik – al lyk dit onmoontlik. Maar dan moet ons bely dat ons toegegee het aan die Westerse kultuur van ongeduld. Ons moet ons weer in ons plaaslike gemeentes aan God onderwerp. Daar moet ons leer om in sy weg te volg – met deernis en geduld.

Volgende keer begin ons kyk na die tweede beginsel van die stadige kerk: ekologie.




Verbind ons doelwitte met ons middele

 

The surest way of spoiling a pleasure is to start examining your satisfaction. — C.S. Lewis

Verbind ons doelwitte met ons middele

C. Christopher Smith en John Pattison het onlangs ‘n boek, Slow Church, geskryf wat besig is om baie aandag te geniet. Ek gaan ‘n aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

Die doelwitte regverdig dit wat ons doen. Jesus leer ons presies die teenoorgestelde – as ons leef deur die swaard sal ons sterf deur die swaard. Dit beteken die goeie doelwitte waarna ons streef kan nie van die middele geskei word nie As gemeente moet ons met deernis deel word van die lyding van ander.

 

Ons deel graag kos en klere uit. In noodgevalle is dit noodsaaklik, maar dit sal nie lewens radikaal verander nie. In sommige gevalle rig ons meer skade aan – mense word van ons afhanklik. Ons moet persoonlik met mense met behoeftes ontmoet. Wat nodig is, is gemeenskapsontwikkeling. Ons is te ongeduldig en glo in die logika van enige moontlke manier is reg solank as wat ons net ons doel bereik. Om ons kruise op te neem en Jesus te volg,  is pynlik en stadig, maar die moeite werd.

Volgende keer kyk ons verder na die geduldige mense van God.




Leer geduld in die plaaslike gemeente

 

Every time the gospel has been proclaimed boldly and accurately in church history, there has been persecution. —RC Sproul

Leer geduld in die plaaslike gemeente

C. Christopher Smith en John Pattison het onlangs ‘n boek, Slow Church, geskryf wat besig is om baie aandag te geniet. Ek gaan ‘n aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

Die plaaslike gemeente is die smeltkroes waarbinne ons gevorm word as die geduldige mense van God. Ons is met mekaar verenig in Jesus Christus. Soos ons volwasse word –  so volmaak en vlowasse soos Christus (Efesiërs 4:13) –  leer ons geduld deur te vergewe en met ander versoen te word. Ons toewyding aan ons geloofsgemeenskap is noodsaaklik as ons geduld wil leer en stabiliteit wil beoefen. Geduld kan ons bymekaar hou terwyl ander kragte dreig om ons uitmekaar te skeur.

Hierdie kragte van fragmentering kom dikwels na vore in:

 

  • Die lyding van ander;
  • Vervreemding as gevolg van ras, ouderdom, seksuele oriëntasie, ens;
  • Vrese wat lei tot verdelende gedrag – soos skinder en die gryp van mag.

Ons leer geduld nie deur van hierdie probleme weg te hardloop nie, maar deur betrokke te raak en saam met diegene wat swaarkry, te loop. Dit is maklik om raad te gee en te oordeel as jou vriend se huwelik uitmekaar val; dit is ingewikkelder en veeleisend om saam met hulle te sit, te luister en stadig na genesing te werk.

Ons groei na geduld word elke keer wat ons ons uit die vrugbare grond van plaaslike gemeenskap ontwortel, afgestomp. Soos  ons geduld leer deur die uitoefening van deernis in die plaaslike gemeente, vloei dit na buite – ons word meer geduldig met ons bure, medewerkers, ander kerke, ens. Die belangrike is om net daar te wees – nie om te bombardeer met godsdienstig clichés nie.

Volgende keer kyk ons na die verbinding van ons doelwitte en middele.