Dien geloofsgemeenskappe as katalisator van die plaaslike kultuur

 

Sin has been pardoned at such a price that we cannot henceforth trifle with it. —C.H. Spurgeon

Dien geloofsgemeenskappe as katalisator van die plaaslike kultuur

C. Christopher Smith en John Pattison het onlangs ‘n boek, Slow Church, geskryf wat besig is om baie aandag te geniet. Ek gaan ‘n aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

Die ryk en oorvloedige lewe van God vloei uit ons geloofsgemeenskappe en help die omliggende gemeenskap om ‘n beter plek te word. – plekke wat saakmaak en uiteindelik vooruitgaan. Gemeentes word kataliste van die plaaslike kultuur. Met die gawes wat God aan ons gegee het, werk ons in ons plekke.

 

Ontwikkeling van ons gemeenskappe beteken nie net dat ons aandag aan die ritmes gee nie, maar ook aan die alledaagse keuses wat ons maak en die soort ritmiese orde wat ons op daardie plekke oordra. Soos ons wortels dieper in die plek ingaan, wil ons sien dat dit vooruitgaan. Dit beteken nie net versorging van ons plek nie, maar ook omgee vir die mense wat daar saam met ons woon. Ons kan dit byvoorbeeld deur kuns en kultuur doen.

Volgende keer gaan ons na gasvryheid en stabiliteit kyk.




Ontwikkel kennis van ‘n plek

Let us not suppose that, apart from Christ, we have a drop of rectitude – Johannes Calvyn

Ontwikkel kennis van ‘n plek

C. Christopher Smith en John Pattison het onlangs ‘n boek, Slow Church, geskryf wat besig is om baie aandag te geniet. Ek gaan ‘n aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

Hoe ontwikkel/kweek ons as gemeente of individue stabiliteit? Een manier om dit te doen, is om jou buurt waarlik te leer ken. Plek is ‘n gawe van God – soos alle ander dinge. Ons roeping is om ons plekke op so ‘n wyse te ken dat dit God se gawes aan ons openbaar en in ons ‘n diepe dankbaarheid en vreugde ontketen – dit is aanbidding.

 

Hoe kan ons ons plek leer ken op so ‘n wyse dat ons die mettertyd liefhet? Om dit te doen, moet ons die ritmes van die plek wat ons wil liefhê, leer. Ritme is noodsaaklik vir leer. Ritmes word met tyd geleer – as ons daaraan aandag gee. Dit is moeilik ten opsigte van plek as ons gedurig rondskuif of as ons nie ‘n poging aanwend om met die mense wat daar woon te vebind nie – veral mense wat die wysheid en oorleweringe van die plek ken, want hulle woon al lank daar. Mense het natuurlike ritmes, maar hulle het ook siviele, ekonomiese en sosiale ritmes – verkiesings, skoolkalenders, vakansiedae, ens. Die uitdaging is om die ritme van ons plekke te verstaan en daarby betrokke te raak. Die krag van stabiliteit is die geleentheid om onder die oppervlak te kom, om patrone te herken, om meer sensitief te word vir die werk wat God besig is om ons te doen.

Wat veroorsaak dat ons ons plek ken en liefhet?

  • ‘n Gemeente wat by die gemeenskap betrokke is en waarde aan die gemeenskap heg as ‘n gawe van God. Die gemeente moet aktief sy bure leer ken, tyd met hulle spandeer – dit moet die buurt help om vooruit te gaan.
  • Leer die storie van jou plek. Soos die stories ontdek word, gee dit betekenis aan jou plek en jou plek in jou plek.
  • Gee aandag aan alle fasette van die menslike en natuurlike lewe in jou buurt. Ontdek jou buurt, luister en kyk om jou.

Gemeentes moet lidmate help om hulle buurt beter te leer ken. Verandering is moontlik. Neem die gemeentes die leiding hierin? Ons kan ons siening van ons plek verander as ons doelgerig probeer. Ons moet net nie so haastig wees nie en net daar bly. Mettertyd sal ons baie meer spesifiek raak as ons praat van verandering in ons buurt.

Volgende keer kyk ons na geloofsgemeenskappe as katalisator vir die plaaslike kultuur.




Die mobiliteit van kerke

 

Each one of them is Jesus in disguise ~ Moeder Teresa

Die mobiliteit van kerke

C. Christopher Smith en John Pattison het onlangs ‘n boek, Slow Church, geskryf wat besig is om baie aandag te geniet. Ek gaan ‘n aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

Baie kerke het maar vlak wortels in hulle gemeenskap. Daarom die vraag: As die kerk skielik sou verdwyn, sal die gemeenskap dit agterkom? Nog erger: Gaan ons as lidmate die verskil agterkom? Westerse kerke staan so los van hulle eie plekke dat hierdie vraag ernstig ondersoek moet word. Gemeentes vandag beweeg weg van die middestede na groener voorstedelike weivelde.

Hoekom? Ambisieuse bouprojekte, baie parkering, ens. Volgende vraag: Watter getuienis gee ons aan ons bure wat ons agterlaat? Het ons nog ‘n sin van verantwoordelikheid vir ‘n plek? Bejoort ons nog aan ‘n plek en mense?

En as die gemeente te groot vir sy huidige fasiliteite word? Is nuwer en groter (en baie duurder – fasiliteite die antwoord? Hoekom nie ‘n nuwe kerk in verskillende plekke met ‘n kern van mense wat reeds in daardie gebied woon nie? Dit was immers die patroon van die vroeë kerk en toe het die kerk vinnig versprei. Die moedergemeente gee raad en sommige hulpbronne, maar die nuwe gemeente groei en word volwasse.

Volgende keer kyk ons hoe ons kennis van ‘n plek ontwikkel.




Geloof wat misplaas is

 

O Lord, what am I to myself without you, but a guide to my own downfall. — Augustine

Geloof wat misplaas is

C. Christopher Smith en John Pattison het onlangs ‘n boek, Slow Church, geskryf wat besig is om baie aandag te geniet. Ek gaan ‘n aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

Willie James Jennings praat in sy boek The Christian Imagination van “disembodied” godsdiens en die skadelike gevolge van so ‘n vorm van godsdiens. Dit verbeel ‘n Christelike identiteit wat bo die land, diere, plek en ruimte sweef. Hierdie tipe godsdiens ontken die werklikhede van plek.

Dit verseker dat ons interaksie met die skepping deur materialisme, kapitalisme en individualisme dikteer sal word – iets anders as die Skrif. Dit lei tot baie sosiale en ekologiese ongeregtigehde.

Hierdie toename in mobiliteit lei tot ‘n verandering in die organisasie van die kerk. In die verlede het die mense die kerk naaste aan hulle bygewoon. Nou is keuse primêr. Die gevolg is dat gemeentes gou deur hulle homogeniteit gedefinieer word. Vooruitgang in tegnologie en infrastruktuur, saam met die etos van verbygaandheid, maak dit baie maklik om net ‘n nuwe gemeente te kry as konflik ontstaan. Ons bly nie meer en werk deur die konflik nie. As ons voorkeur aan ons storie eerder as aan die storie van God se werk in die kerk gee, verloor ons die motivering en later die vermoë om deur moeilike omstandighede te werk.

Soos ons dieper in ons geloofsgemeenskappe groei – meer gewortel in ‘n plek word – is dit belangrik om ruimte te skep waar ons openlik kan praat. Ons moenie weghardloop van konflik nie, ons moenie dit vir die teenstanders so moeilik maak dat hulle sommer net oorgee nie – ons moet saam deur ons probleme werk. Gesprekke lei nie altyd tot ‘n ooreenkoms nie, maar dit bou vertroue – veral met diegene van wie ek verskil het.

Volgende keer kyk ons na die mobiliteit van kerke.