Godsdienstige Pluralisme (3)

The heart will not long rejoice in what the mind knows is not true – Tom Trevethan

 

Godsdienstige Pluralisme (3)

Godsdienstige pluralisme is vandag ‘n ernstige probleem vir die kerk. Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie probleem spandeer.

 

Vandag gaan ons na informele pluralisme kyk.Informele pluraliste glo dat geen enkele godsdienstige perspektief of figuur normatief vir mense van alle godsdienste kan wees nie – elke godsdiens in geldig vir sy volgelinge. Omdat alle godsdienste aansprake op die waarheid maak wat van mekaar verskil, kan hulle tog nie almal waar wees nie. Die  mens het egter die behoefte om in iets groter as homself te vertrou. Daarom klou mense aan een of ander geestelike orde vas.

 

Informele pluralisme word deur sekere elemente gekenmerk:

Godsdienstige verdraagsaamheid. Dit word gekenmerk deur die aanname dat alle godsdienstige paaie na dieselfde eindbestemming lei. Dit mag verskillende vorms aanneem: alle godsdienste leer basies dieselfde ding; alle godsdienste is op een of ander manier met dieselfde werklikheid verbind; alle godsdienste lewer dieselfde resultate.

Godsdiens moet aan die sielkundige en sosiale behoeftes van die mense voldoen. As dit die doel van godsdiens is en godsdiens voldoen aan hierdie doel dan kan ons tog nie sê dat een godsdiens waar en die ander een vals is nie.

Godsdienstige waarheid is ‘n metafoor. Godsdienstige waarhede verskil van die waarhede van die geskiedenis en die wetenskap. Eintlik is hulle kragtige simbole en beelde en hierdie simbole en waarhede moet nie as feite geïnterpreteer word nie.

Opregtheid – wat belangrik is, is nie wat mense glo nie, maar dat hulle opreg is in wat hulle glo.

Die ontoepaslikheid/onmoontlikheid om ander godsdienste te oordeel of te evalueer. Hierdie aanname kan verskillende vorms aanneem:om ander godsdienste te evalueer, is verkeerd; godsdiens behoort net volgens sy uitwendige morele vrugte beoordeel te word; of daar is geen objektiewe manier om godsdienste te evalueer nie – alle evaluerings is relatief.

Maar hoe moet ons op hierdie informele pluralisme reageer? Vooraf ‘n paar belangrike punte:

Ons moet groei in ons verstaan van kontemporêre godsdienstige pluralisme – ons kan nie doeltreffend reageer op iets wat ons nie verstaan nie.

Om doeltreffend te reageer moet ons die basiese verskille tussen godsdienstige tradisies verstaan:

  1. oWat leer die godsdiens oor die uiteindelike werklikheid?
  2. oWat leer die godsdiens oor die lot vanas hulle die dag sterf?
  3. oWatter universele probleem is dié uitdaging vir die mensdom?
  4. oWatter oplossing bied hierdie godsdiens vir hierdie probleem aan?

Ons moet dikwels ons beginpunt aanpas. In plaas van begin by Jesus Christus as die enigste weg na God is dit dikwels beter  om die aanname van die pluralis, dat alle paaie na dieselfde bestemming lei, te hanteer. As hulle besef dat alle godsdienste nie terselfdertyd waar kan wees nie, is hulle meer geneig om die bewyse vir ‘n spesifieke godsdiens te oorweeg,

Ons moet die evangelie in die raamwerk van die Bybel se storielyn aanbied. Sonder hierdie storielyn maak die inhoud van die evangelie nie sin vir persone wat Bybels ongeletterd is nie

Hanteer pluraliste met vriendelikheid, deernis en respek.

Volgende keer gaan ons kyk hoe ons hierdie informele pluralisme moet hanteer.




Godsdienstige Pluralisme (2)

 

A Christian sermon is one that will cause you to be thrown out of a synagogue or a mosque – Jay Adams

Godsdienstige Pluralisme (2)

Godsdienstige pluralisme is vandag ‘n ernstige probleem vir die kerk. Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie probleem spandeer.

Die onderliggende intellektuele en sosiale transformasie van die afgelope eeue lei tot ‘n kultuurverskuiwing waarin pluralisme aanvaarbaar is. Die ooglopendste faktor is die bewustheid in die Weste van godsdienstige diversiteit.  Ons word meer en meer aan ander godsdienstige tradisies blootgestel – reise oorsee en die Internet.

Globalisering is besig om die manier waarop ons ander wat godsdienstig en kultureel van ons verskil, waarneem te verander. Soos die aantal godsdienstige opsies toeneem, word die relatiewe gesag van enige individuele tradisie verminder.

Daar is ook die neiging om godsdiens pragmaties te benader. Ons verwag nie dat godsdiens objektiewe, ware antwoorde op die groot lewensvrae sal gee nie. Godsdiens word beoordeel op grond van hoe goed hulle ons begeertes en behoeftes hanteer.

In die moderne wêreld is daar ‘n neiging om te onderskei tussen die openbare wêreld van feite en die private wêreld van menings, waardes en voorkeure – en godsdiens is deel van hierdie private wêreld.

Pluralisme is die gevolg van ‘n begeerte om die toenemende kulturele diversiteit van ons tyd te bevestig. Daarom die klem op verdraagsaamheid in godsdiens. Dit is egter baie moeilik om kulturele en godsdienstige sake te skei. Vir baie is die aanvaarding van kulturele diversiteit ononderskeibaar van die aanvaarding van godsdienstige diversiteit.

We have a problem of belief, and it not only raises the question of why we should believe in God, but why we should believe in this God. There are others, after all, and today they are made available in an unprecedented way through the religious supermarkets of modern pluralism (Peter Berger).

 

Volgende keer gaan ons na informele pluralisme kyk.




Godsdienstige Pluralisme (1)

Our death as a church – as with any church – comes only by separating ourselves from His Headship. If we remember the gospel faithfully then nothing can destroy us. If we forget the gospel, then nothing we do can save us, or should – – Timothy Tennent

Godsdienstige Pluralisme (1)

Godsdienstige pluralisme is vandag ‘n ernstige probleem vir die kerk. Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie probleem spandeer.

Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie (Johannes 14:6)

Hy bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie (Handelinge 4:12)

Verse soos hierdie maak mense ongemaklik. Hoekom? Hoe kan mense vandag nog glo dat daar net een ware godsdiens is? Kyk net na al die goeie mense in ander godsdienste. Selfs gelowiges het probleme met hierdie eksklusiewe benadering. Die kerk moet ‘n teologies gesonde en kultuur sensitiewe reaksie oor pluralisme ontwikkel.

 

Voordat ons toepaslik kan reageer, moet ons eers verstaan wat die aard van die uitdagings is en die faktore wat aanleiding gee tot ‘n kulturele konteks waarin pluralisme so aanvaarbaar is. Die tradisionele perspektief van die Christelike geloof tot die middel van die 20ste eeu was eksklusiwiteit. Ons kan hierdie benadering teologies definieer in terme van die volgende beginsels:

  • Die Bybel is God se unieke openbaring – waar en gesagvol. Waar die aansprake van die Skrif dus bots met dié van ander godsdienste moet hierdie godsdienste verwerp word.
  • Jesus Christus is God se unieke Seun wat mens geword het- volledig God en volledig mens.
  • Net deur die persoon en werk van Jesus Christus is verlossing moontlik.
  • God se verlossende genade word nie deur ander onderrig, praktyke of instellings of ander godsdienste bemiddel nie.

Dit beteken nie dat mense wat hierdie benadering aanhang nie kultureel sensitief en verdraagsaam kan wees teenoor mense van ander godsdienstige tradisies nie. Dit beteken ook nie dat daar niks van waarde in ander godsdienste kan wees nie.

Teen die 1970’ en 80’s begin sekere teoloë vra dat ‘n kritiese aanname – dat verlossing net in Jesus Christus verkry kan word – verwerp moet word. Pluralisme verwerp die siening dat daar iets uniek of normatief oor Jesus Christus en die Christelike geloof is. Verlossing is teenwoordig in alle godsdienste op sy eie unieke manier. Geen godsdiens is uniek of beter as ander nie. Pluraliste glo dus dat Christene kan glo hulle Christus is uniek en normatief vir hulle. Jesus Christus is die Verlosser vir Christene, maar nie noodwendig die Verlosser vir alle mense nie. Hier is vier aannames van belang:

Mense dwarsoor die wêreld is inherent godsdienstig

Dit wat ons glo en dit wat ons in godsdienste ondervind, is nie ‘n waanbeeld nie.

Daar is ‘n enorme diversiteit in godsdienstige geloof en praktyke

Daar is ‘n algemene element in al die belangrikste godsdienstige tradisies – die transformaasie van mense wat op hullelself gesentreerd is na mense wat op die werklikheid gesentreerd is.

Alle tradisionele godsdienste is basies geldig. Gelowiges kan hulle dus volledig aan hulle spesifieke godsdiens toewy terwyl hulle ander godsdienstige tradisies ook aanvaar. Hierdie tradisies moet dus as geldige alternatiewe verlossingswyses aanvaar word.

Pluralisme bied ‘n tweeledige uitdaging vir die Christelike geloof:

Die idee dat een besondere godsdienstige perspektief universeel geldig en normatief vir alle mense is, is intellektueel onaanvaarbaar.

As ons glo dat een godsdiens universeel normatief is, hoekom moet die Christelike geloof en Jesus Christus in hierdie bevoorregte posisie wees? Hoekom Jesus en nie Boeddha nie?

Wat is die faktore onderliggend aan die hedendaagse aanspraak van Pluralisme? Daarna kyk ons volgende keer.




Joseph Damien van Molokai

The search for a “suitable” church makes the person a critic where God wants them to be a pupil. (C.S. Lewis)

Joseph Damien van Molokai

Damien was ‘n Belg. Hy verlaat sy geboorteland om op Molokai te gaan werk. Hierdie eiland is een van die mooiste plekke op aarde. Hoekom gaan Damien daarheen? Hy wou onder die inwoners wat daarheen verban is, gaan werk. Hoekom is hulle verban? Hulle was melaats. Op daardie stadium was daar geen genesing vir melaatsheid beskikbaar nie. Hier, in ‘n plek van onoortreflike skoonheid, word mense gevange gehou.

 

Damien het sy lewe vir hierdie mense gegee. Hy het hulle omhels, want hy het hulle liefgehad. Hy het letterlik sy lewe vir hulle gegee. Een oggend was hy besig om kookwater in ‘n koppie te gooi. Van die water val op sy voet – en hy voel dit nie. Hy neem nog kookwater en gooi dit op sy ander voet … hy voel niks nie. Hy weet onmiddellik wat dit beteken – geen sensasie nie = melaatsheid.

Hy het altyd sy preke met die woorde: “My medegelowiges” begin. Daardie oggend begin hy met: “My medemelaatses.” Hy was nou een van hulle. Damien, tot die ontsteltenis van die inwoners van Molokai, is in België begrawe. Die Belge wou sy liggaam gehad het, want hy was een van hulle helde. Die inwoners skryf weer vir die regering in Blegië met die versoek: “Would you consider sending some part of his body, some memory of his physical presence, that we can bury him here?” Die owerhede het sy regterarm afgesny en dit is in Molakai begrawe. Dit was die arm wat na mense wat die wêreld verwerp het, uitgereik het.

Melaatsheid veroorsaak dat jy nie meer kan voel nie, maar dit beteken nie jy kan nie in liefde uitreik nie. Hoekom word mense na Jesus Christus getrek? Dikwels is dit omdat ‘n Christen na hulle uitgereik het.