Die vyfde kolom bedreig die kerk van binne

Life is not measured by the number of breaths we take, but by the moments that take our breath away – Maya Angelou

Die vyfde kolom bedreig die kerk van binne

In 1939, aan die einde van die Spaanse Burgeroorlog staan die rebelleleier, Generaal Mola, buite die mure van Madrid gereeld om die stad in te val. Toe hy gevra is watter van sy vier kolomme eerste die stad gaan binneval antwoord hy: “Die vyfde.” Hy verwys na ‘n groep simpatiseerders  in die stad. Hierdie woorde “vyfde kolom” word sedertdien gebruik vir die beskrywing van ‘n verraaier – iemand wat die vyand van binne help.

Die Skrif waarsku die kerk teen ‘n soortgelyke “vyfde kolom.”  Maar daar was ook vals profete onder die volk, en so sal daar dan ook onder julle vals leraars kom. Hulle sal verderflike dwaalleer insmokkel en die Here wat hulle vrygekoop het, verloën (2 Petrus 2:1). Gedeeltes soos hierdie moet ons op ons hoede stel

. Daar is mense in die kerk wat die Christelike geloof bely en hulleself gelowiges noem, maar in werklikheid is hulle dwaalleraars.

Hoe kan ons hulle uitken? Hulle word gewoonlik gekenmerk deur:

  • Hulle ontken die gesag van die Bybel in alle geloofsake.
  • Hulle vervang die leer van die veranderende krag van die evangelie met een of ander leer.
  • Die belydenis wat hulle beklemtoon lyk baie soos die egte Christelike belydenisskrifte, maar een of meer kernstellings word weggelaat – soos die Drie-eenheid, die Goddelikheid van Jesus, die liggaamlike opstanding van Christus, ens

Oppas vir ‘n vyfde kolom in die kerk.




Die boeke wat die minste gelees word

You can’t use up creativity. The more you use, the more you have – Maya Angelou

Die boeke wat die minste gelees word

Bible Gateway het gekyk na die boeke in die Bybel wat die minste gelees word. Die laaste tien is:

  • Obadja
  • Nahum
  • 2 Johannes
  • 3 Johannes
  • Haggai
  • Filemon
  • Sefanja
  • Judas
  • Joël
  • Jona

Nuttelose inligting, maar min or meer wat ek verwag het.




Ek het chronies pyn

Hate, it has caused a lot of problems in the world, but has not solved one yet – Maya Angelou

Ek het chronies pyn

Daar is baie mense wat oor ‘n lang tyd met chroniese pyn sukkel. Maar wat van mense wat saam met sulke mense moet leef? Hier is ‘n paar riglyne wat mag help.

  • Daar is iets goeds in sug

Die skepping is immers nog aan verydeling onderworpe, nie uit eie keuse nie, maar omdat God dit daaraan onderwerp het. Daarby het Hy die belofte van hoop gegee … Ons weet dat die hele skepping tot nou toe sug in die pyne van verwagting. En nie net die skepping nie, maar ook ons wat die Gees ontvang het as die eerste gawe van God, ons sug ook. Ons sien daarna uit dat God sal bekend maak dat Hy ons as sy kinders aangeneem het: Hy sal ons van die verganklikheid bevry (Romeine 8:20, 22 – 23).

 

Ons sug omdat die wêreld nog aan verydeling onderwerp is – dinge is nie soos dit behoort te wees nie. Dit beteken:

Een: Om te sug is nie verkeerd nie.Ons leef in ‘n gebroke wêreld en pyn is ‘n produk van hierdie wêreld. God se oppermag in situasies soos hierdie beteken nie dat ons nie kan erken dat dit moeilik is nie. Ons kan soos Paulus pleit dat God die doring in ons vlees verwyder.

Twee:  Die sug van Romeine 8 verwys na die sugte van ‘n vrou tydens geboorte Vrouens kan sug en kreun tydens kindergeboorte en so ook Christene wat chroniese pyn het. Christene besef dat iets beter vir hulle voorlê – om vir altyd saam met Jesus te wees sonder pyn. Ons sug in hoop wanneer die pyn verby sal wees.

 

  • Afhanklikheid in wanhoop

Dit is bevrydend om in hoop te sug. Maar om te sug, is net deel van die antwoord op pyn. God belowe nie net dat Hy ons deur lyding gaan verlos nie, maar ook in lyding werk Hy vir ons beswil. Die swaar wat ons moes verduur, het ver bo ons kragte gegaan, sodat ons selfs die hoop om te bly lewe, laat vaar het. Trouens, dit vir ons gevoel asof die doodsvonnis klaar oor ons uitgespreek is (2 Korintiërs 1:8 – 9). Mense met chroniese pyn voel dikwels soos Paulus. Paulus se interpretasie van hierdie pyn is lewensveranderend: Maar dit het gebeur, sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dooies opwek tot die lewe (1:9).

 

Die doel van Paulus se pyn is om hom meer afhanklik van God te maak. Afhanklikheid van God is nie net die gevolg van lyding nie, maar ook die doel daarvan. God wil alle vertroue op onsself afstroop sodat ons meer op Hom kan vertrou. Meer as sug, is daar ‘n desperate afhanklikheid van God.

 

  • Aanbid in swakheid

Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my ‘n doring in die vlees gegee … Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word.. Sy antwoord was: “ My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie eerder oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees … want as ek swak is, is ek sterk (2 Korintiërs 12:7 – 10). Ons kan nie net oorleef nie, maar ons kan in ons swaarkry vir God aanbid – as ek my swakheid besef. Ons kan selfs in ons swakhede roem.

 

  • Vennote in pyn

In werklikheid is dit nie my pyn nie maar ons –  familie en geloofsgemeenskap – se pyn. Ons gaan saam daardeur. Dit is steeds moeilik, maar ons moet leer om aan Jesus Christus – ons enigste bron van ware troos vas te klou. Hy ken die diepte van ons swaarkry; Hy is ons genadige Hoëpriester.

 

Voldoen ons aan God se visie? Die mens skiet ver tekort by God se ideale visie van die skepping wat vernuwe is. Hierdie sonde is nie iets waarmee ons gebore is nie, maar is ‘n leefwyse wat ons aanleer. Maar, terselfdertyd, het die mens die vermoë om oneindig goed te doen. Die mens is nie net goed nie, maar beslis ook nie net sleg nie.

 

Sonde is nie die oortreding van ‘n morele kode nie – nee, dit is die geneigdheid tot selfsugtige optrede – optrede wat die verhoudings tussen mense en mens, mense en die skepping en mense en God, nie in ag neem nie. Maar die mens het die potensiaal vir grootheid: The greatness of man is great in that he knows himself to be miserable. A tree does not know itself to be miserable. It is then being miserable to know oneself to be miserable; but it is also being great to know that one is miserable” (Blaise Pascal).

Jesus Christus dien as Middelaar tussen ‘n genadige God en ‘n sondige mensdom. Hierdie versoeningswerk van Jesus Christus behels die hele evangelieverhaal – van sy bediening, onderrig, opstanding en hemelvaart. Hans Küng sê dit sluit oordeel in. Ontkenning van hierdie element van oordeel lei tot ‘n godsdiens wat H. Richard Niebuhr so beskryf: “…a God without wrath brought people without sin into a kingdom without judgment through the ministrations of a Christ without a cross.” Om oordeel te ontken, beteken ‘n ontkenning dat daar iets met die mens verkeerd is wat oordeel mag vereis.




Lewenslesse geleer

If you don’t like something, change it. If you can’t change it, change your attitude – Maya Angelou

Lewenslesse geleer

Bill Easum gee ‘n lys van lewenslesse wat hy geleer het:

  • God is alles; volg sy lyding in jou lewe en jy sal nooit teleurgesteld wees nie Bou ‘n soliede fondament van geloof in ‘n liefdevolle God.
  • Verhoudings is noodsaaklik vir ‘n vervulde lewe. Bespreek gereelde tyd om met familie en vriende te spandeer. Moenie dat enigiets hierdie tyd van jou steel nie.
  • Begin spaar sodra jy jou eerste salaris kry.
  • Gaan jaarliks na jou geneesheer as jy ouer as 40 jaar is. As jy jou gesondheid oppas as jy jonk is, lei dit tot ‘n langer en meer produktiewe lewe.
  • Jy moet een of ander stokperdjie of afleiding van jou werk hê – en jy moet gereeld daaraan deelneem.
  • Drink twee glase wyn elke dag. Mense leef langer as hulle matig wyn drink.
  • Moet nooit rook nie – niks nie. Die enigste ding wat in jou longe mag kom is lug – niks meer nie.
  • Moenie jouself te ernstig opneem nie. Niemand is so belangrik as wat hulle dink nie. Ontspan; moenie tob oor wat voorlê nie. Geniet die oomblik.
  • Jy moet ‘n mentor hê na wie jy kan opkyk en van wie jy kan leer.
  • Wees altyd ‘n student – maak nie saak hoe oud jy is nie. As jy ophou leer, gebeur die lewe ook nie meer nie. Probeer elke dag iets nuut leer. Hou jou oë oop vir die moontlikhede om jou.
  • Betaal elke uitstaande skuld so gou as moontlik.
  • Neem baie foto’s van jou geliefdes. As jy hulle verloor, sal jy wens jy het meer foto’s – ‘n baie goeie manier om hulle te onthou. Later sal jy baie bly wees dat jy dit gedoen het.

 As jy nalaat om een van bogenoemde te doen, sal jy ‘n minder produktiewe mens wees.