Die gemeente is irrelevant!

 

I’ve learned that people will forget what you said, people will forget what you did, but people will never forget hou you made them feel – Maya Angelou

Die gemeente is irrelevant!

“Everybody wants to be relevant. We want to be relevant personally. We want to be relevant in our businesses.” —Rick Warren

Hoe kan ‘n gemeente nou irrelevant word? Dit gebeur; dit is nie ‘n proses wat oornag plaasvind nie en daar is gewoonlik rooi ligte wat vir so ‘n gemeente flikker. Watter foute maak sulke gemeentes?

  • Irrelevante gemeentes weier om te verander. “If you don’t like change, you are going to like irrelevance even less.” (Generaal Erick Shinseki).
  • Irrelevante gemeentes het ‘n vals sin van sekuriteit. Baie kerkleiers glo dat so iets nooit met hulle sal gebeur nie. As jy nie daaraan werk nie, is die natuurlike rigting waarin gemeentes beweeg na gemak en irrelevansie – subtiel, maar onvermydelik.
  • Irrelevante gemeentes ignoreer die volgende geslag. Dit moet doelbewus teengestaan word.
  • Irrelevante gemeentes ignoreer hulle gemeenskappe wat vinnig verander. , “When the speed of change around an organization is faster than the speed of change within the organization, the organization becomes irrelevant.” (Rick Warren).
  • Irrelevange gemeentes weier om te waag. Hulle innoveer nie; hulle verwerp nuwe idees.
  • Irrelevante gemeentes dink hulle het meer tyd as wat hulle het. Alles word vinniger; niks gaan voort teen dieselfde spoed nie. Die neiging om irrelevant te word is vinniger as ‘n dekade gelede.

Loop jou gemeente die gevaar om irrelevant te word? Wat gaan jy doen om die afwaartse kurwe om te keer?




Wat is vergifnis?

 

Until Christ’s return, there is only a pilgrim church here on earth, not a perfected one. —Sinclair Ferguson

Wat is vergifnis?

I asked God for a bike, but I know God doesn’t work that way. So I stole a bike and asked for forgiveness.” (Al Pacino)

Hier is ‘n spanning: As God dan vergewe, waarom moet ons na ‘n heilige lewe strewe? As die skuld reeds betaal is, hoekom moet ons vooruitgaan? Hierdie spanning is die gevolg van ‘n verwarde siening van genade.

Wat is genade? Genade is nie ‘n ding wat God uitdeel en as dit op is, is dit op nie. God gee Homself wanneer ons dit nie verdien nie. Genade is ‘n gawe, maar God is nie net die Gewer nie … Hy Homself is die Gawe.

Maar wat doen genade? Hoe werk dit? Genade verander alles. Dit red en maak heilig. Ons ontvang genade, maar word nie daardeur verander nie, want ons verstaan dit nie.

Daar is vyf ernstige wanbegrippe oor genade:

  • Genade gee aan ons toestemming om te sondig. As God in sy genade sonde vergewe, waarom nog sukkel met reg lewe? Hierdie denke aanvaar dat dit God se werk is om ons sondes  te vergewe. Genade is nie toestemming om te sondig nie – dit is die krag om sonde te oorwin. Heiligheid is nie ‘n voorvereiste vir genade nie – dit is ‘n produk van genade.
  • Genade vul die gapings.”Doen jou bes en God doen die res.” Hiervolgens doen ons self meeste van die harde werk en God vul net aan waar ons sukkel. Die probleem met hierdie siening is dat ons die omvang van sonde totaal onderskat. Die Bybel sê nie dat ons mense is wat ‘n bietjie hulp nodig het om oor die wenstreep te kom nie – die Bybel sê dat ons geestelike lyke is wat nuwe lewe nodig het. As ons die Bybel se leer dat sonde elke deel van my lewe betrek aanvaar, sal ek besef ek het nie net so ‘n bietjie afronding nodig nie – genade is die begin, middel en einde van die Christen se lewe. Hoe eerliker jy oor sonde is, hoe meer sal jou hart hom in genade verheug.
  • Genade is God wat sy standaarde laat val. Genade beteken nie dat God sy wet afwater nie, maar dat Hy sy Seun stuur om dit te vervul – iets wat die mens vantevore nie kon regkry nie. Deur die vernuwende effek van die evangelie en die mag van die Heilige Gees kan die Christen ‘n lewe van liefde lei wat begin om in lyn te kom met die standaarde van God se wet.
  • Genade staan teenoor poging. Nie waar nie.Grace is not opposed to effort, it is opposed to earning.” (Dallas Willard). Christene moet hard werk en streef, maar ons doen dit nie om genade te ontvang nie, maar omdat ons genade ontvang het. Ons word nie deur skuldgevoelens gemotiveer nie, maar uit dankbaarheid. En die evangelie is die grootste motiveringskrag in die wêreld.
  • Genade is vir Goddelike mense. Hierdie siening berus op ‘n wanbegrip dat God van goeie mense hou en nie dat God se liefde mense goed maak nie. Die Bybel is nie die verhaal van God wat goeie mense soek nie, maar een van God wat sondaars vergewe. Genade is vir goddelose mense, maar genade maak hulle goddelik.

Daar is drie vyande van genade:

  • Trots.Ek wys ‘n gratis gawe van die hand, want as ek dit aanvaar, kry ek nie krediet daarvoor nie. Die grootste vyand van genade is egter dat ek dink dat ek dit nie nodig het nie. Genade verander my van binne na buite. Ons weerstaan genade, want ons wil voel ons het dit verdien.
  • Ek glo ek is daarop geregtig. Die oomblik wat ek dink dat ek genade verdien, verloor genade sy krag. Genade moet my dankbaar maak.
  • Selfbejammering. Ek is nie goed genoeg om so ‘n gawe te ontvang nie. Ons hoor dikwels: “Ek weet dat God my kan vergewe, maar ek kan myself nie vergewe nie.” God is ‘n groter Verlosser as wat jy ‘n sondaar is. Vertrou net – sy genade is voldoende.

God sien nie sonde oor nie, maar Hy vergewe en verander sondaars. God se liefde ontmoet ons daar waar ons is, maar dit los ons nie daar nie




Moet ons oor die duiwel praat?

 

Free will without God’s grace is not free at all, but is the permanent bondservant of evil, since it cannot turn itself to good  – Martin Luther

Moet ons oor die duiwel praat?

“Humanity falls into two equal and opposite errors concerning the devil. Either they take him altogether too seriously or they do not take him seriously enough.” C. S. Lewis

Ons kan nie voorgee dat die duiwel en demone nie ‘n werklikheid is nie. Maar ons moet  nou ook nie elke ongemaklike omstandigheid aan hulle toeskryf nie. ‘n Pap battery en ‘n verkeersknoop kan nie aan hulle toegeskryf word nie. Die vraag is: As Satan dan ‘n werklikheid is, as hy soos ‘n brullende leeu rondloop, wat kan Christene daaromtrent doen?

Luister na wat Lukas sê: Kyk. Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen. En tog moet julle nie bly wees net omdat die geeste hulle aan julle onderwerp nie, maar wees veral bly omdat julle name in die hemel opgeskryf is (10:19 – 20).

 

Wat doen Jesus hier? Hy erken die werklikheid van geestelike vyande,  maar sê ons moenie behep met hulle wees nie. Jesus lei mense voortdurend weg van ‘n beheptheid met die demoniese. Jesus het sy deel van demone gehanteer, maar nooit lees ons dat Hy hulle gaan soek het nie. Nee, Hy sê ons moet bly wees dat ons name in die hemel opgeskrywe is.

 

Hoe hanteer ons die demoniese? Deur op die evangelie te fokus – die goeie nuus dat ons name in die hemel opgeskryf is. In Efesiërs 6 praat Paulus van die wapenrusting van die gelowige wat hom teen die demoniese beskerm. Die evangelie moet ons denke beskerm (die helm van verlossing); die evangelie stel ons in staat om God se beloftes te glo (die skild van geloof en die waarheid as gordel); en die evangelie moet veroorsaak dat ons die goeie nuus aan ander verkondig (die skoene van verkondiging). Dus: glo in die evangelie; word bedek deur die evangelie; versadig jou met die evangelie, want as jy deur die evangelie bedek is, kan Satan jou nie raak nie.

 

Jesus wil hê dat ons moet fokus op iets sterker as Satan homself. Jy het iemand nodig wat kan keer dat Satan oorneem. As jy die demonies wil aanvat,  moenie op hulle fokus nie – laat Jesus dit doen. “The preaching of Christ is the whip that flogs the devil.” (Charles Spurgeon).

 

Gelowiges sê hulle veg vir ‘n oorwinning in hulle lewe. Die werklikheid is hulle veg vanuit die oorwinning en nie vir die oorwinning nie. Jesus het reeds vir ons die oorwinning behaal – Hy het elke mag wat ons bedreig reeds verslaan.




Bemoediging en Barnabas

 

This generation of Christians is responsible for this generation of souls on earth. —Keith Green

 

Bemoediging en Barnabas

Barnabas het hom egter oor Saulus ontferm en hom na die apostels toe gebring (Handelinge 9:27)

Een van die belangrikste funksies van ‘n leier is om die hoop lewend te hou. As ander verlore is in ‘n donker doolhof van wanhoop, moet leiers die donkerte met positiewe projeksies vir die toekoms verdryf. Hulle maak diegene om hulle weer optimisties oor hulleself, ander en die toekoms van die organisasie. Hulle kom langs ander staan; hulle weet of ‘n spanlid ‘n vinnige teregwysing of ‘n skouer om op te huil nodig het.

Daar is sekere geen karakter in die Nuwe Testament wat die vermoë om te bemoedig beter illustreer as juis Barnabas nie. Sy naam beteken “seun van bemoediging.” Die volgelinge in Jerusalem was bang vir Saulus – hy het immers ‘n reputasie vir ywer en wreedheid gehad. Geen wonder hulle betwyfel die geldigheid van sy belydenis van sy geloof nie. As toegewyde Fariseër het Saulus die volgelinge van Jesus vervolg.

 

As gevolg van hierdie agterdog lyk dit asof Saulus se bediening sou doodloop nog voor dit aan die gang kon kom. Dit kon dalk gebeur het as Barnabas nie ingetree het nie. Hy staan langs Saulus en bring hom na die apostels. Daar vertel hy vir die apostels van Saulus se bekering en dat hy reeds openlik in die Naam van die Here gepreek het. Barnabas moedig die apostels aan om Saulus te aanvaar – wat hulle dan ook gedoen het. Barnabas gee die nodige ondersteuning wat Saulus op daardie stadium nodig gehad het.

 

Barnabas, soos alle doeltreffende leiers, bied ondersteuning wanneer dit nodig is. Sê nou maar net dat Barnabas nie vir Paulus ingetree het nie. Wat sou dan met Paulus se bediening gebeur het? Sy optrede getuig van liefde en moed. Ons as gelowiges moet Barnabas se voorbeeld volg. ‘n Klein bietjie bemoediging kan diegene om jou weer motiveer.

 

Omdat God ons liefhet, wil Hy ons graag bemoedig. Bemoediging was ‘n sleutel tema in die openbarings van die profete – God het in liefde sy mense bemoedig. ‘n Goeie voorbeeld van wedersydse bemoediging is Dawid en Jonatan (1 Samuel 18:1 – 4).

 

Bemoediging vir ‘n mens is soos wind vir ‘n seil – dit beweeg mense na vore. Almal van ons het bemoediging nodig. Maar solank daar nog ‘n “vandag” is, moet julle mekaar elke dag aanspoor sodat niemand van julle deur die misleiding van die sonde verhard word nie (Hebreërs 3:13).