Jamerte teenoor bekering

Jamerte teenoor bekering

TOE DIE Israeliete tot God roep om hulp stuur Hy vir hulle ‘n profeet (Rigters 6:7) God herinner die Israeliete aan twee dinge: wat Hy gedoen het en wat Israel gedoen het. Maar julle het nie na My geluister nie (6:10). God stuur ‘n profeet om hulle van hulle sonde te oortuig voor Hy ‘n rigter stuur om hulle te red van die onderdrukking. Hoekom? Die mense is jammer, maar hulle bekeer hulle nie. Die Bybel onderskei tussen die twee: Want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei en daaroor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood. (2 Korintiërs 7:10). Beide word deur droefheid en nood gekenmerk. Maar hulle verskil.

  • Wêreldse droefheid bring geen ware verandering nie terwyl bekering dit wel doen. Hoekom? Droefheid is hartseer oor die gevolge van die sonde, maar nie oor die sonde self nie. As daar geen gevolge was nie, sou daar geen hartseer gewees het nie. Daar is geen droefheid oor die sonde self nie – van wat dit is en hoe dit God bedroef nie en hoe dit ons verhouding met Hom skade aandoen nie. Die fokus is alles wêrelds. Dit is nie droefheid oor die sonde wat ons verhouding met God beïnvloed nie. Sodra die gevolge verdwyn keer die gedrag terug
  • Wêreldse droefheid bly jammer, terwyl bekering alle jammerte oor die verlede verwyder. Ware bekering fokus op die ware en permanente gevolg van sonde – die verlies aan die Here. Bekering laat ons  verby dinge wat gebeur het beweeg. As ons besef dat God ons vergewe het en dat ons Hom nie verloor het nie besef ons die wêreldse resultate is klein in vergelyking.
  • Na ware bekering en ons versoening met God haat ons nie onsself en ons lewens nie. As iemand ontroosbaar is, beteken dit dat hy iets anders as God sy god en verlosser gemaak het. Dit is ‘n afgod.

Jammerte gaan oor ons – hoe ek seergekry het; hoe my lewe verwoes is; hoe my hart gebreek is. Bekering gaan alles oor God: hoe Hy seergekry het; hoe ons sy herhaalde verlossingsoptrede afmaak. God stuur sy profeet na Israel om hulle verby jammerte na bekering te beweeg.

Wat kan ons hieruit leer. Belangrik: waaroor is ons jammer? Die sonde of die gevolge van sonde; die verlies van dit wat ‘n afgod bied of die skade aan ons verhouding met God?

Hier is twee ander implikasies:

  1. Ons moet na God se woord luister. Die mense roep uit vir ‘’n dramatiese wonderwerk en God stuur vir hulle ‘n profeet met ‘’n preek. Ons moet die Bybel bestudeer daar leer ons wie ons is – dit is hoe God geestelike vernuwing in ons droefheid en lewens bring.
  2. Ons moet onderskei tussen die normale terugvalle op die pad na toenemende Christelike volwassenheid en waar jy vashaak – ‘n gereëlde patroon van terugvalle en geen vordering nie. As jy gereeld in dieselfde geestelike put val en die terugvalle verminder nie, reageer jy met droefheid en jammerte. Jy is nie bereid om die afgod in jou lewe te identifiseer en te verwerp nie- die sonde is nog te aantreklik vir jou. Die probleem hier is dat ons dikwels sukkel om die regte perspektief op ons harte te kry. Daarom het ons verskeie sterk Christene nodig wat vir ons kan help en vertel wat die verskil is.

 




Hoe kry ek leiding van God as ek besluite moet neem?

Hoe kry ek leiding van God as ek besluite moet neem?

The Christian life is not the common sense life – john Eldredge
As ons werklik besig is, sê ons maklik nee vir geleenthede om ons te geniet en te ontspan. Maar juis as ons baie besig is, het ons sulke geleenthede nodig om ons van ons besig wees te red.
as die lewe ons wil oorweldig is die eerste ding wat ons doen, is om van die vrag oorboord te gooi sodat ons nie verdrink nie. Die probleem is dat ons maklik die verkeerde dinge oorboord kan gooi. Ons gooi ons vreugde oorboord en hou daardie dinge waat ons oorweldig.

As ons duidelikheid by God soek en dit nie kry nie, moet ons eerstens na ons gesindheid kyk. Wat voel ons? Wat is ons begeertes? Daar waar ons is, beïnvloed ons vermoë om God te hoor. Hoeveel kosbare dinge laat ons net gaan, want ons lewens is te besig. Dit is net moeite om daarvoor te veg of ons aanvaar ons eet wat is die beste of is onvermydelik. Ons vra nie eers vir God nie.

Ons moet stop en vra. God mag net dink dit is nie onvermydelik om dit maar net te los nie. Ons probeer vasstel wat die regte ding is. Dit is nie dieselfde as om saam met God te loop. Ons sien nie alles wat God sien nie: My gedagtes is nie julle gedagtes nie en julle optrede nie soos Myne nie, sê die Here (Jesaja 55:8).

Die Here weet wat vir ons voorlê; Hy weet wat ons nodig het. Vra vir Hom. As die antwoord nie duidelik is nie, skryf jou vrae neer. Plaas dan die vraag voor God en bid. Luister spesifiek na een saak op ‘n slag sonder dat al die ander sake my denke verwar Ons probeer nie ‘n antwoord uitwerk nie – ons luister na God.

Let op jou reaksie as jy dink jy hoor God se antwoord: Vreugde. As dit vrees of hartseer of teleeustelling produseer, gaan staan doodstil en vra: Waarom?

 




Ritme em Grense

Ritme en Grense

Uitputting word deur baie mense as ‘’n ereteken gesien: “Ek is so aan God uitverkoop dat ek die hele tyd uitgebrand is.” Dit is nie hoe God ons ontwerp het nie. Dit is moontlik en verkieslik, om ons liggame en denke op te pas, om gesonde lewens te leef.

Om gesond te wees het jy twee dinge nodig: ritme en grense.

Ritme

God het die wêreld volgens ritmes gemaak. Ritmes bevredig ons begeerte na  nuwe dinge. Ritmes is gelyktydig gemaklik en opwindend. in Genesis 1 skep God die heelal in ‘’n pragtige ritme. So volg die seisoene mekaar. Ons liggame weerspieël hierdie ritme – ons longe en harte volg herhalende patrone. Musiek volg ‘’n ritme. Die alternatief tot die volg van ‘’n ritme is dat jy van die een ding na die volgende jaag. Die gevolg is uitputting. Baie mense glo dat as hulle ‘’n ritme in hulle lewe aanvaar, is alles net ‘’n roetine.  Ons is nie meer eg en opreg nie. As ek nie doelbewus sekere dinge doen nie, word hulle nie gedoen nie. As jy nie doelbewus tyd maak om boeke te lees nie, gaan jy dit nooit doen nie. Dit moet deel van jou daaglikse ritme word. As jy ‘’n ritme in jou lewe wil vestig moet jy doelgerig wees. Wys ‘’n spesifieke tyd vir die belangrike dinge in jou lewe aan en vorm ‘’n patroon. Meeste mense kan baie spanning verwerk as hulle weet wat om te verwag. Dit is wat ritme bereik.

 Grense

Grense en ritme hoort bymekaar. Grense beteken dat ons doelbewus keer dat ons nie die hele tyd in die “rooi” leef nie. Vra wat in die komende week gedoen moet word. maak seker dat jy tyd vir hierdie groot “rotse” het. hou die perifere items op die periferie. Jy moet jou dagboek beheer, anders gaan iemand anders dit vir jou doen.

 “ “By prioritizing what matters most, you end up with more time. Well, maybe not more actual time, but more margin. You cut the clutter out of your life. You begin to sort through the issues that both positively and negatively affect your capacity. You’ll tend to learn what’s most important because you’re doing more important things.”  (Reggie Joiner: Parenting Beyond your Capacity),

Meer grense beteken meer energie. Vra eenvoudige vrae om vas te stel of jy jou batterye herlaai Doen ek gereeld oefeninge? Weet ek hoeveel slaap ek nodig het en kry jy dit? Ken ek my liggaam se dieetbehoeftes vir maksimale energie. Onttrek ek my gereeld en vind rus in die natuur, die literatuur. Een belangrike afbreker van grense is die sosiale media. Skeduleer jou tyd

dit is nie sonde om uitgeput te wees nie. Baie van ons is egter onnodig uitgeput. Beplan ‘’n lewe van ritme en grense en vertrou op God om te werk terwyl jy rus.

 




SELFAHOLISME EN DIENSAHOLISME

SELFAHOLISME EN DIENSAHOLISME

Ek neem aan daar is nie sulke woorde nie. Die selfaholis het ‘n probleem:  jy is verslaaf aan jouself.Ons word so gebore, maar meeste van ons leer om dit weg te steek. Ons besef ‘n 100% fokus op jouself is nie ‘n goeie manier om jou doelwitte in die lewe te bereik nie. Dit is ‘n selfsugtige motief, maar dit is hoe ons samelewing werk.

Soos meeste verslaafdes besef jy waarskynlik nie eers dat jy ‘n probleem het nie. Jy dink voortdurend aan jouself, maar jy weet eintlik baie min van jouself.

Selfaholisme word gekenmerk deur self-gesntreerdheid,selfvoldaanheid,selfbevordering, selfstandigheid, slf aanbidding, liefde vir joudelf en selflof ens. Hierdie simptome manifesteer hulle op verskillende maniere. Tieners is dikwels selfaholiste – sterk, onafhanklik. ens, maar nie wys genoeg om te besef dit is selfvernietigend nie. Jy verstaan nie waarom jou ouers nee sê vir jou nie. Jy dink nie eers oor jou broers en susters se behoeftes nie. Dit krap as jou pa wil hê jy moet bed toe gan op die tyd wat al die ander mense gaan slaap.

Maar eintlik voel jy beroerd. It is die probleem van verslawings; hulle belowe baie maar lewer maar min. Jy glo dat as jy jou agenda volg, sal jy geluk en tevredenheid ondervind. Jy dink jou ellende kan aan al die “nees” in jou lewe toegeskryf word – nee van jou ouers, onderwysers, leraars. DIt voel vir jou almal sê net nee. Niemand sê ooit ja vir jou nie.

Die probleem is eenvoudiger en korter as wat jy dink. Dit is EK – in hoofletters – in die middelpunt van jou hart. As hierdie woordjie nie gebreek word nie, sal jy aanhou treurig voel. Jy beweeg van verhouding tot verhouding, van huwelik tot huwelik, van werk na werk, van kerk na kerk van die een blink ding na die volgende blink ding. Dit is altyd hulle fout en nooit joune nie. As hulle maar net na jou wil luister sal alles regkom.

 Diensaholiste

Baie vreemd. Die gelukkigste mense in die wêreld is dienaars. Hulle mag miskien nie baie geld in die bank hê nie, maar hulle luister goed, hulle gee hulle geld en tyd weg, hulle werk as vrywilligers in die kerk, hulle doen meer as wat vsn hulle verwag word. Dit klink maar ellendig, maar dit is die pad na geluk.

Jeus Christus, die Dienaar kan selfaholiste in diensaholiste verander. Bestudeer Jesus se lewe en vra hoe jy kan dien eerder as om gedien te word. As jy voor sy kruis staan, sal jou EK begin verkrummel. Paulus sê: Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.  Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word (Filippense 2:3 – 7). As ons Jesus se optrede vr ons verstaan, sal ons wil dien uit onselfsugtige motiewe

Die brief aan die Filippense is een van diens, maar ook van blydskap. Kom leer die blydskap van diens: julle weet van Stefanas en sy huisgesin wat die eerste  bekeerlinge in Agaje was, dat hulle hulle tot diens van die gelowiges gestel het, stel julle onder die leiding van sulke mense en van elkeen wat saam met julle werk en arbei (1 Korintiërs 16:15 – 16).