Sefanja (2)

. —Rhett Dodson

Sefanja (2)

Mike Bullmore het onlangs ‘n artikel geskryf waarin hy ‘n kort oorsig van Sefanja gee – God se groot liefdeshart teenoor sy eie mense. Hierin beskryf hy hoe God mense verlos. Hy beskryf ‘n proses bestaande uit drie stappe.

Stap 1: Geen hoop nie

Ek gaan ‘n einde maak aan alles op aarde, sê die Here, Ek gaan ‘n einde maak aan mens en dier, aan voëls en visse, Ek gaan ‘n einde maak aan dié wat mense laat struikel het, en aan die goddeloses; Ek gaan die mense van die aarde af uitroei, sê die Here (1:2 – 3).

Dramaties. Die volk wat hierdie uitspraak gehoor het, was sekerlik stomgeslaan. Hoekom sou God so iets wou doen? Dié wat op die dakke die hemelliggame aanbid, dié wat die Here aanbid en aan Hom trou sweer, maar terselfdertyd ook aan Milkom (1:5) Hierdie is mense wat aan die druk van die kultuur toegegee het: Hoe kan Israel se God nou die enigste god wees? Daarom aanbid hulle die son, maan en sterre en ook vir Milkom, die God van die Moabiete.

 

Om niemand aanstoot te gee nie, aanbid hulle darem ook die Here. Dit is ‘n belediging vir God. Hy het baie duidelik vir sy volk gesê dat Hy die enigste, ware God is en dat hulle net vir Hom moet aanbid. As ons God plus iemand/iets anders aanbid, aanbid ons nie vir God nie. Soos Sefanja sê: ons draai ons rug op die Here, ons vra nie na sy wil nie en raadpleeg Hom nie. Sulke mense gee net voor dat hulle in God glo, maar in werklikheid leef hulle soos ateïste.

Ons is deur en vir God gemaak; ons is gemaak om met Hom in ‘n verhouding te leef; ons is van Hom afhanklik; ons is gemaak om Hom te vertrou, te erken en Hom te soek. Maar vers 6 stel dit duidelik dat dit nie is wat ons doen nie. Wat gaan God hieraan doen? Daardie tyd sal Ek Jerusalem met lampe deursoek en die mense straf wat in hulle selftevredenheid dink: die Here doen nie goed of kwaad nie (1:12).

Die volk verwaarloos God – hulle marginaliseer Hom. Ons doen dit ook. God is nie meer ‘n faktor in die mens se lewe nie. Wat belangrik is, is my reputasie en my gemak. God, as Hy bestaan, is in ieder geval nie betrokke by ons lewens nie. Ons hoef Hom nie meer in aanmerking te neem nie.

Hier word van Jerusalem, die opstandige, besoedelde stad waarin daar soveel onderdrukking is, gepraat (3:1). Die mense van Jerusalem was trots en selfversorgend en het niks van ander mense, of God, nodig gehad nie. Sefanja ‘n profeet van God gestuur deur God, sê vir hulle: Die groot dag van die Here is naby, dit kom gou. Luister hoe bitter, hoe skril klink die geskreeu van die soldate dié dag! Die dag is ‘n dag van toorn, ‘n dag van nood en benoudheid, ‘n dag van storms en verwoesting, ‘n dag van donkerte, van duisternis, ‘n dag van wolke, van swaar onweer, ‘n dag waarop die ramshoring sal blaas en die krygsgeskreeu sal klink teen die vestingstede, teen die hoë hoektorings (1:14 – 16). Die dag van God se toorn is op pad en dit sal ‘n verskriklike dag wees.

God is regverdig en heilig. As Hy hierdie trots, afgodery en opstand sien, is Hy kwaad en sal Hy oordeel. ‘n Paar jare later word dit ‘n werklikheid en sy volk word in ballingskap weggevoer. Jerusalem se mure word platgeslaan, die tempel word afgebreek. Hierdie is ‘n voorsmaak van die verskriklike dag van die Here wat sal kom vir diegene wat nie in Hom glo nie. Almal van ons sal geoordeel word.

Hoekom maak Sefanja hierdie aankondiging? Die eerste waarheid van God wat in die Bybel ontken word, kry ons reeds in Genesis 3:4 toe die slang vir Eva sê: Julle sal beslis nie sterf nie. Ons glo dat ons sondes maar klein en onbelangrik is en nie permanente gevolge sal hê nie. Maar God se oordeel kom vir alle mense: Die hele aarde sal verteer word in die vuur van my woede (3:8).

Waar het ek God in my lewe geplaas? Verwaarloos ek Hom? Vertrou ek op myself? Nog hulle silwer nog hulle goud sal hulle kan red op die dag wanneer die toorn van die Here losbreek … Hy bring vernietiging en skrik oor al die inwoners van die land (1:18). Op daardie dag sal niks my kan red nie; ek sal nie kan wegkruip nie; ek sal alleen voor God staan.

As ek glo dat Stap 1 nie waar is nie, sal ek nooit Stap 2 en 3 sien nie. Dan eindig ek my lewe sonder hoop.




Sefanja (1)

A Christian isn’t a man who never goes wrong, but a man who is enabled to repent. CS Lewis

Sefanja (1)

Mike Bullmore het onlangs ‘n artikel geskryf waarin hy ‘n kort oorsig van Sefanja gee – God se groot liefdeshart teenoor sy eie mense.

Sefanja is nie ‘n boek wat ons dikwels lees nie – hy is immers een van die “kleiner” profete. Maar hierdie boek begin met: Die woord van die Here wat gekom het tot Sefanja. Daarom is daar baie belangrike lesse wat ons uit hierdie boek kan leer. Dit begin met ‘n sobere evaluering van die toestand van die mens wat teen God sondig. Daarna volg God se regverdige oordeel oor sondaars. Maar midde in hierdie sombere aankondiging met sy oordeel, wanhoop en angs, skyn ‘n klein liggie – ‘n woord van hoop. Dit is goeie nuus – ‘n woord van verlossing. Dit is goeie nuus vir ‘n sondige mensdom wat onder die oordeel van God staan. Ten spyte van God se regverdige oordeel en as gevolg van sy genade, is daar tog hoop vir die mens.

 

Sefanja sê vir ons dat God verlossing voorsien. Ons ontsnap nie net God se oordeel nie, maar word deel van sy vreugde. Hierdie proses verloop in drie stappe:

Stap 1: Daar is geen hoop nie. God gaan die hele mensdom oordeel.

Stap 2: Daar is ‘n klein vlammetjie van hoop wat brand – iewers hoor ons veraf ‘n woord van hoop.

Stap 3: Hierdie klein vlammetjie van hoop word ‘n groot vuur – God verlos sy mense.

In die volgende blogs gaan ons na hierdie drie stappe kyk.




Is God se woord duidelik en verstaanbaar?

A musician must make music, an artist must paint, a poet must write, if he is to be ultimately at peace with himself. What one can be, one must be. -Abraham Maslow, sielkundige (1908-1970)

Is God se woord duidelik en verstaanbaar?

Daar is mense wat sê dat God se woord nie verstaan kan word nie. Dan gebruik hulle die beeld van die blinde mans en die olifant. Die eerste man voel die sy van die olifant en sê dit is ‘n muur; die tweede man voel die olifant se oor en sê dit is ‘n waaier; die derde man voel die olifant se stert en sê dit is ‘n tou. So kan jy aanhou. In die oorspronklike storie was daar ses blinde mans.

 

Net so is dit met die mens en die Bybel – ons weet nie werklik wat ons voel nie. Hierdie mense beweer dat as ons by die Bybel kom die mens in werklikheid blind is. Die mens ken net ‘n deel van God, want die mens kan Hom nooit volledig ken nie. Niemand van ons is meer reg as ander nie; almal van ons tas in die donker en dink ons weet meer as wat ons in werklikheid weet.

Is hierdie beeld korrek?  Hier is twee probleme met hierdie storie.

  • Hierdie storie word vertel deur iemand wat presies weet dat ‘n olifant ‘n olifant is. Vir die storie om trefkrag te hê, moet die verteller ‘n akkurate kennis van God hê anders gaan die storie platval.
  • Hierdie storie is ‘n goeie beskrywing van die mens se onvermoë om God te ken en te verstaan. Ons kan God nie op ons eie ken nie. Wat sou gebeur as die olifant kan praat en vir die mense presies vertel wat hulle voel? Is dit nie wat God gedoen het nie? In sy woord vertel Hy vir ons wie Hy is en wat sy eienskappe is.

Ons kan God nie op ons eie ken nie, maar omdat Hy Hom in sy woord geopenbaar het, kan ons Hom ken.




Die regverdige spruit (4)

In New York they preach about virtually everything, only one thing is not addressed, or is addressed so rarely, that I have as yet been unable to hear it, namely the gospel of Jesus Christ, the cross, sin and forgiveness, death and life –  Dietrich Bonhoeffer

Die regverdige spruit  (1)

Conrad Mbewe het onlangs na aanleiding van Jeremia 23:1 – 8 ‘n artikel oor leierskap geskryf. Hier is enkele belangrike idees uit hierdie artikel.

God se verlossing

Dit wat hierdie nuwe Koning kom doen, sal selfs die uittog uit Egipte oorskadu:

 

78In plaas daarvan sal hulle sê: ‘So waar as die Here lewe wat die mense van Israel na hulle eie land toe teruggebring het uit die land in die noorde en al die lande waarheen hulle weggevat was.’ Dan sal hulle in hulle eie land voortgaan met hulle lewe.”

Wat kan hierdie Koning – Jesus Christus – bring wat selfs die uittog oorskadu? Want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle herder wees en hulle na die fonteine met die water van die lewe lei; en God sal al die trane van hulle oë afdroog (Openbaring7:17). Dit sal gebeur as Jesus Christus weer kom.

Opsomming:

1.Leiers moet altyd onthou dat God self wil hê dat hulle ware leiers moet wees; Hy wil hê dat ons sy skape uit verre lande moet bring en getrou oor sy skape die wag hou.

2.God het in Jesus CHristus persoonlik op die verhoog verskyn. Ons leef in ‘n nuwe tyd – die tyd van die Heilige Gees. Hy loop tussen sy mense en nie een van die mense wat Hy gekies het, sal verlore gaan nie.

3.Hierdie is die boodskap van iemand wat in ‘n verre land sit met die sondeboeie om sy enkels. Roep op Jesus Christus om jou te verlos; Hy is hier; Hy wil jou verlos; hou op self probeer en vertrou net op Hom.

4.Mag jou oë die Koning van die konings sien en jou op die pad van geregtigheid lei.