Ek het God vergeet

Ek het God vergeet

Die Isaraeliete het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here (Rigters 3:7). Wat beteken dit?

  • Hulle het van die Here af weggedraai – hulle het Hom vergeet; en
  • Hulle het afgode gedien.

In die Bybel het om die Here te onthou en te vergeet ‘n geestelike betekenis. As mense in die Ou Testament  God gevra het dink aan u barmhartigheid en troue liefde, Here (Psalm 25:6) en moenie ons sonde vir altyd teen ons hou nie, onthou tog ons is almal u volk (Jesaja 64:9) het hulle nie gedink God sou letterlik vergeet het wat iemand gedoen het nie of dat Hy sou vergeet wie Hy is nie. As God gevra word om in sy liefde en barmhartigheid aan hulle te dink, vra hulle Hom om volgens sy karakter op te tree. As iemand vra dat God nie sy sondes moet onthou nie, vra hulle dat God nie sal optree volgens wat Hy weet nie.

 

Die Israeliete het geweet wie God is en wat Hy wou gehad het, maar dit was nie vir hulle ‘n werklikheid nie. Dit is steeds vandag ‘n geestelike probleem. Wat ons in ons “koppe” weet is nie ‘n werklikheid in ons harte en hele wese nie. Ons erken intellektueel dat iets waar is, maar dit beheer ons nie in ons harte nie. Die Israeliete, soos ons, het voortdurende herlewing nodig, want waarhede aangaande God wat eens lewenskragtig en werklik was, word onwerklik. Ons ken die waarhede aangaande God, maar dit is geen werklikheid in ons harte nie. – ons proe en voel en sien dit nie. Daarom word afgode meer werklik in ons harte.

Die geneesmiddel is om te verseker dat ons hart onthou, is: En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense (2 Petrus 1:5 – 7). As iemand nie hierdie kenmerke het nie, hoekom nie. Het hy nie hard genoeg probeer nie. Nee. Iemand wat hierdie dinge nie sy eie gemaak het nie, is kortsigtig; nog erger hy is blind en het vergeet dat hy van sy vroeëre sondes gereinig het – hy het vergeet. Daarom:  om hierdie rede sal ek julle altyd aan hierdie dinge herinner al weet julle dit (2 Petrus 1:12). Petrus sê dat as die vergifnis en verlossing van Christus vir jou ‘’n werklikheid is, sal jy dit in jou karakter en lewe uitleef. Jy moet herinner word aan wat jy reeds weet; hierdie waarhede moet in jou hart werk en dit moet ook in jou verstand verstaan word. Die probleem wat die Israeliete gehad het, het ons ook.  Hoe kan ons seker maak dat ons onthou. Hier is drie voorstelle.

  1. Jesus het vir ons ‘n visuele beeld gegee van wat Hy vir ons gedoen het – die Nagmaal. As Hy sê: Gebruik dit tot my gedagtenis (Lukas 22:19). Moet hierdie waarhede in jou hart werk en in jou verstand verstaan word. Maar ons vergeet steeds. Met die Nagmaal hernuwe die werklikheid van die evangelie in ons harte.
  2. As ons die Bybel lees, moet ons dit nie net vir inhoud bestudeer nie ons moet leer om na te dink sodat ons nie net die waarhede erken nie, maar hulle onthou en deur hulle geroer word.
  3. Jesus het die Nagmaal gesien as ‘n gemeenskapsgebeurtenis. Ons moet herinner word om God se waarhede te leer en toe te pas in groepe. As verskeie mense na ‘’n waarheid kyk, kan ten minste een persoon sê sjoe, Dit kan dan na die ander versprei. Daar is nie iets soos ‘’n Christen wat in isolasie werk en lewe nie. Ons moet deel wees van die geloofsgemeenskap.

 




Voordele van oud word

Voordele van oud word

Ons wêreld baklei teen ouderdom. Kyk na al die advertensies wat sê hoe ons jonger kan lyk. Ons soek voortdurend na maniere om jonger te lyk. Ons lyk en voel nie meer soos vyf jaar gelede nie. ‘’n Paar kilogram swaarder, gryser, ‘’n bietjie stadiger om soggens op te staan.

 

Selfs Christene is bewus van die werklikheid van die ouderdom wat sy tol eis. Maar Christene het die vermoë om veroudering nie as slegte nuus te sien nie. Ouderdom is ‘’n sierlike kroon; dit word bereik deur dié wat reg lewe (Spreuke 16;31).  Hoe kan Christene nou los staan van ‘’n kultuur wat jonger word en aanvaar dat hulle oud word – en dit nie as slegte nuus beskou nie? Hier is ‘’n paar redes.

  1. Ons sien hoe ons kinders hulle eie persoonlikhede ontwikkel

kyk na die kinders waarmee God jou geseën het.. Dieselfde ouers, grootgeword in dieselfde huis en sien hoe hulle van mekaar verskil. Elkeen het sy eie unieke persoonlikheid. Wat ‘’n vreugde om te sien.

  1. Ons het meer perspektief

Soos jou lewe aangaan en jy dinge sien gebeur in die wêreld seën die Here jou met meer perspektief. Jou temperament is meer gelykmatig Jy het selfs meer geduld. Dit alles lei na ‘’n beter lewe.

  1. Ons belê in ander

Ons het nou die geleentheid en tyd om ander mense te ontmoet en veral saam met jonger mense te loop. Hierdie is ‘’n vreugde om in ander mense te kan belê. Hierdie geleenthede neem toe met ouderdom.

  1. Ons word meer gemaklik met ons eie liggame

Jy word gemakliker met wie jy is.

 

Om oud te word, is nie net negatief nie. Ouer mense kan steeds sout en lig wees. Ons beweeg nie meer so vinnig nie, maar ons kan steeds toenemende ouderdom met ‘’n evangelies-gesentreerde perspektief aanvaar. Dit beteken ons baklei nie teen die ouderdom nie, maar aanvaar die geleenthede wat ons het om die koninkryk verder uit te bou – geleenthede wat met die ouderdom kom.

 

 




Vyf kenmerke wat God nie deel nie

Vyf kenmerke wat God nie deel nie

God hou daarvan om ding met ons te deel – lewe en die hele skepping is voorbeelde. Daar is sekere dinge dat net Hy het, want Hy is God. Ons dink soms God is net soos ons – net groter en magtiger. God is nie net meer as ons nie – Hy is in ’m klas van sy eie. Hy alleen besit onsterflikheid; Hy woon in ontoeganklike lig. Geen mense het hom gesien of kan Hom sien nie. Aan Hom kom oë eer en ewige mag (1 Timoteus 6:15 – 16). God is oneindig groot. Hier is vyf maniere waarop ons dit sien.

  1. God is selfversorgend

God besaan as die Drie-enige God van altyd af in volkome liefde en gemeenskap. In liefde het God die wêreld gemaak. Hy doen dit vanuit sy liefde en vryheid, nie omdat Hy moes nie. Sy begeerte was dat ons in daardie liefde sou deel. Terwyl ons van Hom afhanklik is, is Hy nie van ons afhanklik nie.  Nogtans is dit vir Hom ‘’n vreugde om ons te skep vir gemeenskap met Hom.

 

  1. God is Gees

God het nie liggaamsdele soos ‘’n mens nie: God is Gees en dié wat Hom aanbid, moet Hom deur die Gees en in waarheid aanbid (Johannes4:24). Hy is volmaak. Hy kan nie verander nie, want HY is volmaak in liefde planne, doelwitte en majesteit.

 

  1. God weet alles

U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore (Psalm 139:16). Selfs Jesus se dood het God nie onverhoeds betrap nie: God het dit besluit en vooruit bepaal om Hom uit te lewer en julle het Hom deur heidene aan die kruis laat spyker en Hom doodgemaak (Handelinge 2:23). Omdat sy kennis allesomvattend is, kan ons vertrou dat die bose, sonde en dood nooit die finale oorwinning sal behaal nie of sy beloftes aan ons ongedaan sal maak nie.

 

  1. God is altyd teenwoordig

Omdat God Gees is word Hy nie deur ruimte -wat ons woorde, optredes en teenwoordigheid beperk – beperk nie. God het afgebuig na ons, sy skepsels, om besondere plekke en tye toeganklik vir sy teenwoordigheid te maak. Daar kan ons God in sy verlossende liefde vind.

 

  1. God is almagtig

God is nie net kwantitatief groter as ons nie, Hy is ook kwalitatief groter as ons. God alleen is ewige Gees, met vryheid wat van ons vryheid verskil

 




Afgode in ons lewens.

Afgode in ons lewens.

Vir Israel was die teenoorgestelde van prostitusie dat hulle na hulle leiers moes luister (Rigters 2:17). Elke Israeliet moes kies wie hy gaan volg: sal hulle die gode van die nasies om hulle gehoorsaam, volg en dien of die rigter wat God gestuur het. Hulle moes besluit waar hulle vir verlossing sal kyk: die leier wat God vir hulle na vore laat kom het of na valse gode. Dieverlossing van die rigters was deur die genade en deernis van God. God stuur die verlossing omdat die mense se harte stukkend was en omdat Hy vir hulle omgee. Ten spyte van hulle ontrou aan Hom, red Hy hulle. Nêrens lees ons van enige deernis by die Kanaänitiese gode nie vals gode belowe baie, maar daar kom niks van nie.

 

Die Israeliete het ander gode aangehang – die Baäls en die Astartes (2:13). Mense kan baie gode terselfdertyd aanbid. Israel se geestelike lewe was meer ingewikkeld as ‘n eenvoudige besluit om op te hou om die Here te aanbid en dan begin om ‘n ander God te aanbid. So lees ons in Rigters 17:3: ek wy die silwer in belang van my seun aan die Here. Jy moet daarvan ‘n afgodsbeeld maak.  Wat Israel gedoen het was om die aanbidding van die Here met die aanbidding van afgode te vermeng.

 

Die heidene het geglo dat daar baie gode was elkeen met ‘n besondere sfeer van invloed Die Here heers oor elke gebied van my lewe. Jy het dus afgode gehad volgens jou behoeftes. Die aanbidder is soewerein. Heidene kon die bestaan van die Here aanvaar, maar nie sy eksklusiewe oppermag nie – Hy is een van baie.

 

Dit was hierdie geloofsisteem wat gelei het tot ISRAEL se onvermoë om die hele Kanaän in te neem. Die voortdurende saamleef van Israeliete en Kanaäniete het hierdie geloofsisteem aangemoedig en gefasiliteer. Die beloofde land word die land van aanbidding van die Here plus ander gode. Ons leef in ‘’n heidense wêreld met ‘’n hele reeks alternatiewe gode. Dit is so ‘’n subtiele versoeking wat toelaat dat ons kerklidmate is en ook hierdie ander gode  aanbid. Ons word nie ateïste nie, maar vra God om saam met ander gode in ons hart te bly. Hoe kan ons weet of J.C. die Heer van ons hel hart is?

  1. Identifiseer die vals gode in die samelewing om ons. ‘’n Beeld wat vrugbaarheid belowe sal nie baie Westerlinge trek nie. Maar ons kan leef in ‘’n stad waar besigheid ‘’n funksionele god is. Dit gee aan mense identiteit en sekuriteit. Nou kan die Christen sy aanbidding verdeel tussen die Here en geld/beroep.
  2.  Ons moet na elke gebied in ons lewe kyk: familie, beroep, besittings, ambisies, tyd, ens. – en vra:
  •  Is ek bereid om te doen wat God ook al van my in hierdie gebied vra?
  • Is ek bereid om alles te aanvaar wat God vi my op hierdie gebied stuur?

Waar die antwoord nee is, is daar ‘’n gebied van my lewe wat ek reeds oopgemaak of oorgegee het aan ‘’n alternatiewe god.