Category: Coen Slabber se Blog

image_pdfimage_print

Moenie mense wat rou aanjaag nie

Kindness makes a person attractive. If you would win the world, melt it, do not hammer it. —Alexander MacLaren

 

Moenie mense wat rou aanjaag nie

Rick en Kay Warren se seun, Matthew, het ‘n jaar gelede selfmoord gepleeg. Sy het sterk gevoelens oor mense wat dit goed bedoel, maar wat dikwels baie onsensitiewe opmerkings maak. Ongelukkig is dit nie die uitsondering nie. Saddleback Kerk het dan ook as gasheer opgetree vir die Gathering on Mental Health and the Church. Hulle seun het sy hele lewe lank met ‘n geestesongesteldheid gesukkel. Hier is wat Kay Warren geskryf het:

Wen ten alle koste

“We do not regret that our religion does trouble certain people, for they ought to be troubled.” – Charles Spurgeon

 

Wen ten alle koste

“Om te wen is nie alles nie – dit is al wat tel” (Waarskynlik eerste gebruik deur Vince Lombardi). Vroeër was dit: “Dit maak nie saak of jy wen of verloor nie. Wat belangrik is, is hoe jy gespeel het.” Ben Witherington sê toe wen alles geword het, het etiek by die venster uitgevlieg. Dinge word toenemend erger soos sport meer professioneel word. Hierdie “wen ten alle koste” gesindheid beteken ons kan maar onbeskof, vulgêr ens wees solank as ons net wen.

 

Ons samelewing word in twee groepe verdeel: wenners en verloorders – nie eerbaar of skandelik of goed en slag nie, maar wenners en verloorders. Die media bevorder hierdie gesindheid. Hierdie het nie toevallig op die sportveld gebeur nie – die sportveld weerspieël die kultuur van die samelewing. Dit is ‘n siekte.

Ek slaap goed

Yet in our busy, noisy, overstimulating mission field of the world, it is one of the church’s high callings to give the gift of silence, of greater spaciousness to make room for contemplative encounters with the means of grace, so that the Spirit may most freely do the works of salvation to form us in faith. – Jonathan Linman

 

Ek slaap goed

As ek gaan lê, slaap ek goed; ek word ook weer wakker, want die Here sorg vir my (Psalm 3:6)

Spurgeon sê dat slaap die beste geneesheer is wat hy ken. Dit het al meer pyne en moeë harte en bene genees as enige bekende geneesheer. Dit is die beste medisyne wat daar is – beter as enigiets wat jy in ‘n apteek kan kry.

 

Daarom is dit ‘n gawe dat slaap aan almal behoort. God maak nie slaap vir die ryk man nie; hy gee dit nie net vir diegene uit die adelstand nie; niemand het ‘n monopolie op slaap nie – iets wat hulle net vir hulleself kan toeeien nie. God gee dit aan almal – ryk en arm; bekend en onbekend.

Leer deur jou voorbeeld

The religion that makes a man look sick certainly won’t cure the world! —Phillip Brooks

 

Leer deur jou voorbeeld

Ek gaan heelwat blogs oor dissipelskap skryf. Ek gaan onder andere van Francis Chan se boek Multiply gebruik maak.

Die slegste ding wat jy kan doen, is om waarhede wat jy self nie uitleef nie aan ander te leer. Dit is vandag ‘n baie algemene kritiek teen die kerk en gelowiges. Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself. Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in die spieël kyk: hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik wat hy gesien het (Jakobus 1:22 – 25). Ons leer ander ook deur die voorbeeld wat ons stel. Mense bestudeer die leermeester se lewe. Daarom, as jy ‘n dissipelmaker wil wees, moet jy jou hele lewe gee. Ons moet Jesus Christus in elke aspek van ons lewe volg; ons moet bereid wees om ons lewe vir Hom af te lê.

image_pdfimage_print