Hoe verdiep die Ou Testament ons liefde vir Jesus

Hoe verdiep die Ou Testament ons liefde vir Jesus

Christene gaan terug na die OT om ‘’n beter en groter prentjie van Jesus Christus te bou. Deur met sy verlede te verbind, verbind ons beter met Hom en verdiep ons liefde vir Hom. Hoe gebeur dit?

  1. Ons lees Jesus se Bybel

Die 39 boeke van die OT is die Skrif wat Hy gehoor en gelees het. Dit is die verse wat Hy gememoriseer het.

  1. Ons leer Jesus se taal

Hy het die OT gepraat en dit onderrig en dit toegepas. Hy het doelbewus en doelgerig die OT vervul.

  1. Ons sing Jesus se liedere.

Die psalms was Jesus se liedboek Hy het hulle gebruik om geloof, hoop en vertroue, maar ook vrees en angs en selfs verlatenheid uit te druk. Hy het hulle die aand voor sy kruisiging gesing en baie van sy laaste woorde kom uit die psalms.

  1. Ons voel Jesus se gevoelens.

Paulus het gebid: Al wat ek wens is om Christus te ken … deel te hê aan sy lyding (Filippense 3;10). Een van die beste maniere om dit te doen, is om die psalms wat Jesus se lyding, veral sy emosionele lyding, die worsteling met mense wat Hom verraai en verlaat het, kry ons in die psalms soos Psalm 22 en 69. Daar voel ons Jesus Christus se gevoelens.

  1. Ons hoor Jesus se stem.

Ons moet ophou dink dat God in die Ou en Jesus in die Nuwe Testament praat Dit is die stem van die Drie-enige God wat ons in die OT hoor. Dit sluit die stem van die Seun in. Jesus is die Woord van  God – die gewone manier waarop God met sondaars praat. Hy is die een Middelaar tussen God en die mens.

  1. On sien Jesus in aksie

Ons sien watter soort Verlosser in menslike vorm sou wees lank voor sy menswording. Hy het dikwels boodskappe van genade en hulp gebring aan behoeftige mense.

  1. Ons bewonder Jesus se trofeë.

Die OT gelowiges was in baie maniere meer verbasend as die gelowiges in die NT as ons dink aan hoe min waarheid hulle gehad het. Hulle het ook min van die Gees gehad. Daarom is dit verbasend dat hulle aan die Messias wat sou kom geglo het – en aanhou glo het.

 

Open die Bybel by Genesis en reis terug oor tyd in die OT en verdiep jou verhouding met Hom en laat jou liefde vir Hom toeneem.

 




Laster teen die Heilige Gees

Laster teen die Heilige Gees

Jesus sê dat laster teen die Heilige Gees ‘n sonde is wat nie vergewe kan word nie (Lukas 12:10; Matteus 12;32 en Markus 3:29). Jesus sê nie duidelik vir ons wat laster teen die Heilige Gees is nie. Baie mense glo dat hulle skuldig is en dus vergifnis verbeur het. Hulle verwys gewoonlik na ’n kombinasie van die verwerping van die Gees se aansporing, om iets van die Gees te sê wat nie respekvol is nie, of om een of ander afskuwelike sonde te doen.

 

Die algemene pastorale raad is dat as jy bekommer is dat jy die Gees belaster, het jy dit waarskynlik nie gedoen het nie Die idee van laster teen die Gees sluit in die afwesigheid van enige begeerte om met Jesus versoen te word. Dit is God wat in ons die begeerte plaas om na Hom te kom Hy sal niemand wat na Hom kom verwerp nie Ek sal hom wat na My toe kom nooit verwerp nie (Johannes 6:37).

 

Ed Welch definieer laster teen die Gees so: Blasphemy against the Spirit is any hardened and consistent stance against God. Ons almal het tye waartydens ons God ontken Daar kom egter ‘’n punt waar dit ‘n volgehoue uittarting van God is en hy/sy weier om na die Gees te luister. Dan sê God: ‘Jy wil dit op jou eie doen. Jy wil my uit jou lewe hê.” Anders gestel: ‘die enigste sonde wat nie vergewe kan word nie, is om te weier dat God jou verskoon.”

 

As ons twyfel of verward is, sê die Bybel nooit dat ons die boosheid van harte moet analiseer of om oor God se beskikking te spekuleer nie. Die Bybel sê eenvoudig dat ons ons moet bekeer. As jy God se stem hoor, moet jy dit vandag gehoorsaam Geen persoon in die Bybel is verwerp as hy hom bekeer het nie – hy is vergewe. Die keuse is ons s’n – maak nie saak wat jou verlede is nie Jy het die geleentheid en verpligting om jou te bekeer – nou. As jy daardie stem gehoorsaam sal God jou verlos. Daar is ‘’n ou lied:  “He breaks the power of canceled sin; he sets the prisoner free. His blood can make the foulest clean, his blood availed for me.”

 

 




Twee vrae wat nominale Christene nie kan antwoord nie

Twee vrae wat nominale Christene nie kan antwoord nie

Hierdie vrae gestel dur Tim Kelller fokus op ‘’n groeiende verhouding met God. Dit gaan oor bewyse van God se teenwoordigheid in jou lewe. Hoe werklik was God hierdie week in jou lewe? Hoe seker is sy versekering in jou lewe- sy versekering van vergifnis en vaderlike liefde? Voel jy Werklik sy teenwoordigheid in jou lewe? Voel jy dat Hy sy liefde aan jou gee?

  1. Bewyse dat die Skrif jou verander

Het jy bevind dat die Skrif lewend en aktief is? Vind jy die Bybelse beloftes waardevol en bemoedigend? Bevind jy dat God jou roep en uitdaag deur iets in sy woord.

  1. Bewyse van ‘’n toenemende waardering vir God se genade

Is God se genade heerliker in jou lewe as in die verlede? Is jy bewus van ‘’n groeiende sin van die bose in jou hart en in reaksie daarop ‘’n groeiende afhanklikheid en begrip van God se genade?

 

 

 




Psalm 36 (4)

TEOLOGIESE Implikasies

 

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

 

In die lewe kry ons twee partye:

  1. Mense wat in opstand teen die Here kom, wat ontrou aan Hom is, wat ander mense skade aandoen en wat hulle tyd spandeer aan die beplanning van mileiding. Hulle is in verhewe posisies wat hulle in staat stel om hulle planne uit te voer.
  2. Die Here  gekenmerk dur toewyding en trou en gesag. Hy het dus die vermoë om uitvoering aan sy planne te gee, te beskerm en oorvloedig te gee.

 

Die digter sê belangrike dinge in hierdie psalm:

  1. My verhouding met God. Hy sorg vir my; Hy beskerm my; Hy is vir my die bron van die lewe. Daarom, as my vyande op my afstorm; as hulle my wil breek; as hulle my dood soek … moet ek my toevlug tot God neem. Ek moet by Hom skuil. By Hom alleen is ek veilig; Hy alleen kan my red.
  2. My verhouding met die goddeloses. Hulle mag baie meer wees as ek; hulle mag sterker wees as ek; hulle mag my dikwels met vrees vervul … maar ek hoef nooit voor hulle te gaan lê nie. Hoekom nie? Want die God aan wie ek behoort, is groter as hulle; Hy is oneindig sterker as hulle; as Hy sy hand oplig om jou teen hulle te beskerm, sal hulle val net daar waar hulle staan en hulle sal nie weer opstaan nie.

 

Ons moet versigtig wees om nie die alledaagse implikasies nie raak te sien nie omdat ons die psalm in die lig van die Nuwe Testament herinterpreteer nie Die psalm verklaar dat God ryklik materieel voorsien en dat Hy ons liggaamlik beskerm. Hy nooi ons uit om daarvoor te vra.