Julle het tog altyd armes by julle

G. W. F. Hegel

 

Julle het tog altyd armes by julle

 

In beide gevalle kry ons ‘n stelling: daar sal altyd armes by hulle wees. In beide gevalle word dit egter met ‘n opdrag opgevolg: doen goed aan hulle, wees vrygewig teenoor hulle. Jesus onthef ons allermins van ons plig om armes en behoeftiges te help. Ons sal nie alle armoede in ons tyd kan uitwis nie, maar dit beteken nie dat ons maar niks kan doen nie.

Daar is mense wat sê dat daar altyd armes sal wees, want daar sal altyd korrupte onderdrukkers wees wat hulle uitbuit. Om armes te help sluit dus in om hierdie korrupte onderdrukkers te weerstaan – hulle vererger net die lot van die armes.

 

 




Bevoordeel vrygewigheid vir my?

 

As the wicked are hurt by the best things, so the godly are bettered by the worst. —William Jenkyn

 

Bevoordeel vrygewigheid vir my?

Deur God se genade is dit nie net ander wat bevoordeel word as ons gee nie. Hier is ‘n paar voordele vir ons as ons vrygewig is.

  1. Ons word meer soos Christus

Ons vrygewigheid is ‘n reaksie op God se genade in ons lewens – dit is as gevolg van God se transformerende werk in ons. God se genade is die optrede; ons vrygewigheid is die reaksie. Ons gee, want Hy het eerste aan ons gegee. Ons dank God vir sy onuitspreeklike gawe (2 Korintiërs 9:15).

 

  1. Ons kom los van materialisme

Hoe meer ons besit, hoe sterker is die greep van ons besitiing op ons. Uiteindelik word ons deur ons besittings ingesuig. Vrygewigheid verander dit alles. Ons kom los van die aantrekkingskrag van ons besittings. Ons ontsnap die swaartekrag van ons besittings en konsentreer op ons skatte in die hemel.

 

  1. Ons ondervind vreugde

Jesus vertel die gelykenis van ‘n man wat ‘n skat in die saailand ontdek. Hy gaan verkoop alles wat hy het en koop die skat. Ons lees: Uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het (Matteus 13:44 – OAV). Die skat kos hom alles wat hy gehad het, maar hy kry alles wat hy wou gehad het. Dit vul hom met blydskap.  Die voordele weeg swaarder as die koste. Hoe meer ons gee, hoe meer blydskap ontvang ons. Maar dit maak ook vir God bly: God het die blymoedige gewer lief (2 Korintiërs 9:7). As ons nie gee nie, word ‘n groot bron van blydskap van ons weggeneem.

 

  1. Ons stoor ‘n ewige beloning in die hemel

Julle weet tog dat die Here elkeen sal beloon as hy iets goeds gedoen het (Efesiërs 6:8); Hy sal elkeen vergeld volgens sy dade (Romeine 2:6). Maar Jesus gee ook ‘n beloning vir vrygewigheid. In die verhaal van die ryk jongman lees ons: As jy volmaak wil wees, gaan verkoop jou besittings en gee die geld vir die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê (Matteus 19:21). Ons taak is om Christus te volg en om die beloning aan Hom oor te laat.

 

Ons moet ons bates van die aarde na die hemel toe oordra. Gee vrygewig vir God se werk; dien ander. Jy sal vry voel; jy sal blydskap ondervind; jy sal God se glimlag aanvoel.

 

 




Gesprekke: ‘n verlore kuns?

With all our technological expertise and intellectual arrogance, we have become the cleverest fools in world history – J. I. Packer

Gesprekke: ‘n verlore kuns?

Sherry Turkle  is ‘n professor in sielkunde aan MIT. Haar belangstelling is die verhouding tussen mense en masjiene – iets wat in ons tegnologiese tyd van groot belang is. Haar nuutste boek het ‘n baie interessante titel: Alone Together: Why We Expect More From Technology and Less From each Other. Daarin ondersoek sy ons vertroue op toestelle wat ons kan isoleer.

 Sy sê dat wat haar opval is dat families in ‘n restourant sit en nie met mekaar praat nie; dat moeders met hulle kinders in ‘n parkie sit en nie met hulle praat nie; sy kan nie sien dat moeders besig is om teksboodskappe te stuur terwyl hulle hulle kinders in ‘n stootwaentjie stoot nie. Die bewyse is oral om ons. Twee skoolmeisies wat stap elkeen met haar selfoon besig. Hulle is Alone Together.

 

 Haar bevinding is nie dat ons nie met mekaar praat nie – ons praat die hele tyd met mekaar. Die wêreld praat nou meer as ooit tevore. Ons praat ten koste van gesprekke: . Gesprekke oor die Internet bevorder vertoon ten koste van woordewisseling. Turkle voel dat dit nie gesprekke is nie.

Miskien besef ons nie wat ons mis nie.




Die psalms en lofprysing

If knowing God is our greatest priviledge, then knowing his gospel – “Good News” – is our greatest joy – Michael Horton

Die psalms en lofprysing

Baie psalms verwys na die gebruik van die psalm in aanbidding. Daarom kry ons verwysings na aanbiddingsgeleenthede, tempelpriesters, kore, koorleiers – party verwys selfs na die manier van sing (Voorbeeld: Met snarespel; met basstem – Psalm 6) of na die wysie (Voorbeeld: Op die wysie van “By die dood van die seun – Psalm 9) of die instrument.

 In hulle aanbidding gee die skrywers uitdrukking aan hulle verhouding met God – daar ondervind hulle God wat na hulle uitreik. Hulle skryf wie God is en wat Hy alles gedoen het vir hulle. Hierdie danksegging is ‘n openbare oefening – dit getuig in die openbaar van wat God gedoen het.

 

 In die psalms kry ons gewoonlik twee formele eienskappe van lofprysing:

Juig tot eer van die Here, almal op aarde! Dien die Here met blydskap! Kom voor Hom met gejubel (100:1 – 2. Ons kry dieselfde in Psalm 95).

  • Die rede vir die lofprysing

Want die Here is die magtige God, die groot koning oor al die gode. Die dieptes van die aarde behoort aan Hom, die kruine van die berge is Syne. Die see is Syne, Hy het dit gemaak; sy hande het die land gevorm (95:3 – 5).

Die redes vir die lofprysing is meestal ook die inhoud van die lofprysing. Tipiese redes om God te prys is sy grootheid en goedheid; sy heerskappy oor die wêreld omdat Hy die Skepper van alles is; God se trou aan Israel.

 Ons kla so baie – die regering, my finansies, veiligheid … Kom ons gebruik in 2014 die psalms om weer in dankbaarheid vir God te loof.