Die misleier en die misleide

Do not praise the rich man who has no money to offer the poor, for he is poorer.” ~ Joodse Spreekwoord

 Die misleier en die misleide

In Matteus 7:15 – 23 lees ons van iemand wat ander mislei en van mense wat mislei word.

Die misleier

Jesus beskryf hulle hier as vals profete en waarsku sy dissipels teen hulle: Pas op vir die vals profete. Vals profete staan tussen God en sy mense. Hulle sê dat hulle namens God praat, maar hulle is nie deur God aangestel nie. Hulle volg ook nie vir Jesus Christus nie. Hulle lyk op die oog af soos God se mense, maar in werklikheid is hulle verskeurende wolwe. Hoe herken ek hulle? Aan die vrugte wat hulle dra. Jesus gebruik hier twee illustrasies om te verduidelik wat Hy daarmee bedoel: Kry ‘n mens dan druiwe aan doringstruike of vye aan dissels? Elke goeie boom dra tog goeie vrugte. Die vrugte is die bepalende faktor. Die goeie boom word versorg, maar die slegte boom word uitgekap en in die vuur gegooi – ‘n beeld wat algemeen vir die finale oordeel gebruik word.

 

Maar wat beteken vrugte in hierdie geval? Die doen van God se wil. As iemand daarop aanspraak maak dat hy namens God praat, moet ek na sy lewe kyk. As hy nie God se wil doen nie, is hy ‘n vals profeet.

Wat moet Jesus se volgelinge met vals profete doen? In hierdie gedeelte sê Jesus niks daarvan nie. Jesus se volgelinge moet na die vrugte kyk en as dit nie goeie vrugte is nie, draai weg van hulle.

 

Dié wat mislei word

Hierdie vals profete mislei hulleself omdat hulle dink dat hulle burgers van God se koninkryk is. Hulle verwys dan ook na hulle prediking, uitdrywing van geeste en wonders wat hulle gedoen het. Jesus sê egter dat hulle hulleself mislei, want hulle doen nie God se wil nie. Ware volgelinge van Jesus volg Hom en doen wat Hy hulle geleer het. Ons is nogal beïndruk dat hulle wonders gedoen het. Ons moet onthou dat die farao se towenaars ook sekere kunsies gedoen het (Eksodus 7 – 8). Wat opvallend is, is dat hulle drie maal sê in/deur u Naam.

 Tog sê die Here vir hulle: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree. Wat God verwag is dade van liefde, deernis en barmhartigheid – nie groot charismatiese magsvertonings nie.

 ‘n Vals profeet mag ‘n begaafde leier wees, maar  hy doen nie die wil van die Here nie. Hy doen ook nie die gewone dinge van die lewe nie – gee ‘n beker water vir iemand wat dors is, gee kos aan iemand  wat honger is.

 




Josef – die held

Anyone who wants to go to heaven must first go to the cross. —Philip Ryken

Josef – die held

In die sesde maand van Elisabet se swangerskap het God die engel Gabriël gestuur  na ‘n maagd in Nasaret, ‘n dorp in Galilea. Sy was verloof aan Josef, ‘n man uit die geslag van Dawid. Die naam van die maagd was Maria (Lukas 1:26 – 27).

Josef is eintlik ‘n held in die Kersverhaal. Baie min word van hom gesê, maar hy was ‘n regverdige man. Verlowing destyds was anders as wat dit vandag is. Volgens die rabbi’s was daar twee stadia in die Joodse huwelik:

  • Die verlowing. Dit was wetlik net so bindend as die huwelik self. As enigeen sy beloftes verbreek, was ‘n formele egskeiding nodig om die huwelik nietig te verklaar. Hierdie verlowing duur 12 maande. In hierdie tyd het hulle geen fisiese verhouding met mekaar nie en slaap in afsonderlike huise.
  • Daarna volg die huwelik. Die huwelikseremonie het sewe dae geduur.

 

Dit was tydens die verlowingstadium wat Maria swanger geword het. Hiervoor kon Josef ‘n egskeiding verkry. Sy hart was gebreek, maar hy wou nie vir Maria in die openbaar tot skande maak nie. Toe verskyn daar ‘n engel van die Here aan hom in ‘n droom en sê vir hom: Josef, seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees (Matteus 1:20).

 

Josef het geweet dat die mense na hom sou verwys as die eggenoot van die vrou wat haar belofte verbreek het. Maria het inderdaad deur die lewe met daardie reputasie gegaan Die Fariseërs het een maal vir Jesus gesê: Ons is nie uit owerspel gebore nie Ons het net die een Vader, naamlik God (Johannes 8:41). Hulle sê eintlik vir Jesus dat Hy ‘n buite-egtelike kind is.

 

Josef het dit alles verduur en aanvaar. Hy het Maria liefgehad; hy het God gehoorsaam. Josef en Maria het God se plan aanvaar.

 




Time se Persoon van die Jaar

 

No time is so well spent in every day as that which we spend upon our knees. —J.C. Ryle

Time se Persoon van die Jaar

Op 11 Desember 2013 wys Time Pous Franciskus as sy Man van die Jaar aan. Kort daarna word hy as dié nuusstorie van die jaar aangewys deur die Religion Newswriters Association. Die reaksie was voorspelbaar. Sekere groepe wens hom geluk; ander groepe kritiseer die benoeming.

 Ed Stetzer voel dat hierdie benadering ons nie gaan help nie. Die vraag wat ons eerder moet vra, is: Wat kan ons uit hierdie gebeurtenis leer? Ja, Protestante kan by hom leer. Stetzer noem drie dinge wat ons by die Pous kan leer:

  • Die wêreld sien ‘n geloof wat vir armes omgee raak

Pous Franciskus het die reputasie dat hy die pous is wat die meeste op sosiale geregtigheid fokus. Dit gaan nie vir hom net oor welsyn nie, maar oor geregtigheid. Moet ons nie almal bekend staan as mense wat diegene wat seergekry het, bystaan nie? Die wêreld staan verward as hulle sien dat Jesus vir die armes omgee en sy volgelinge … nie so veel nie.

 

  • Die wêreld herken nederigheid

Net ‘n paar weke gelede het Vinicio Riva, ‘n Italiaanse man met erge letsels oor sy hele gesig, beroemd geword toe Pous Franciskus hom omhels het.  Dit pas nie in nie. Normaalweg sit die pous op ‘n goue troon – letterlik. Hierdie pous omhels diegene wat die wêreld probeer vermy. Die pous, een van die belangrikste en magtigste mense in die wêreld, vermy nie diegene wat die gemeenskap verwerp het nie. en ons? Is ons bekend daarvoor dat ons die wêreld se uitgeworpenes met nederigheid en genade omhels?  Mag ons sy gesindheid van nederigheid aanneem.

 

  • Die wêreld herken eerlikheid

Een kenmerk van die pous is sy klem op eerlikheid veral waar dit by finansies kom. Kort na hy as pous verkies is, inisieer hy ‘n ondersoek na die Vatikaan Bank bekend vir sy korrupsie. In sy kommer oor die armes en swakkes het hy sterk standpunt ingeneem teen onnodige uitgawes en luukses. Hy woon nie eers in die pouslike kwartiere in die Vatikaan nie. Sy reaksie was eerlik: hy ignoreer nie korrupsie en die finansiële probleme in die kerk nie. Hy hanteer die probleme in die kerk. Hy het pas ‘n kommissie aangestel om die probleem van seksuele mishandeling van kinders te ondersoek. Is ons in ons gemeente altyd bereid om probleme te ondersoek en te hanteer.

 

Wat kan ons hieruit leer? Versorging van die armes, ‘n nederige gesindheid en eerlikheid met ons eie foute word deur die wêreld raakgesien. Hierdie keuse van Time wys vir ons dat die mense aandag gee. Die feit dat ons van die pous oor dinge verskil beteken nie dat ons nie by hom kan leer nie. Die wêreld kyk en is duidelik beïndruk deAur geloof wat tot optrede lei.

 

 

 




Ek bekommer my oor alles

I have learnt silence from the talkative, toleration from the intolerant, and kindness from the unkind; yet strange, I am ungrateful to these teachers. -Kahlil Gibran (1883-1931)

Ek bekommer my oor alles

Almal van ons is op een of ander tyd onder een of ander omstandigheid bekommerd. Ed Welch (Running Scared) maak vier waarnemings oor mense wat gedurig bekommerd is:

  • Mense wat hulle bekommer leef in die toekoms

 

  • Mense wat hulle bekommer sien die toekoms in klein, aaklige besonderhede

Worriers are visionaries minus the optimism.” (Ed Welch).’n Visioenêre persoon het ‘n optimistiese siening van die toekoms, want hy sien huidige patrone en voorspel ‘n beter alternatief. Iemand wat hom gedurig bekommer sien die toekoms in besonderhede Hulle sien die toekoms, maar altyd bleek en teleurstellend.

 

  • Mense wat hulle bekommer is vals profete

Mense wat hulle bekommer kyk altyd na die toekoms – ‘n tragiese toekoms. Hy speel ‘n soort profetiese rol. Sy enkele suksesse in voorspelling word gebruik om sy reputasie op te bou – hy verstaan wat ander nie raaksien nie. Hy glo dat hy weet wat die toekoms inhou en staan verbaas as ander dit nie ook raaksien nie. Hy bekommer hom sommer ook vir diegene wat hulle nie wil bekommer nie.

  •  Mense wat hulle bekommer is immuun teen oorreding

Om jou te bekommer los niks op nie – dit verbeter nie die situasie nie. Omdat bekommernis irrasioneel – weerstandig teen oorreding is – kan dit soms in die korttermyn hanteer word, maar dit kom altyd weer terug. Jy kan nie ‘n persoon uit ‘n onredelike standpunt redeneer nie.

 ake a hard look at yourself instead of your circumstances when worry is blaring. Ask yourself what you are trusting in. Consider your poor track record for predictions, yet recognize that all these steps, while they may give some hope, still don’t push back the boundaries of fear and worry. Reason alone can’t do it. Face the reality that we have to go outside ourselves for an answer and seek the God who is in control (Ed Welch)