Digitale detoksifisering

Digitale detoksifisering

Onmiddellik dink ons aan kinders, maar ‘’n onlangse opname het interessante bevindings opgelewer

  • Meer as ‘’n derde van 2 000 tieners het hulle ouers gevra om op te hou om hulle toestelle te kontroleer.
  • 14% van tieners sê hulle ouers is tydens maaltye besig met hulle toestelle.
  • 82% van tieners glo maaltye moet toestel-vry wees.
  • 22% sê die gebruik van mobiele toestelle veroorsaak dat hulle familie nie meer mekaar se geselskap kan geniet nie.
  • #6% sê dat hulle hul ouers gevra het om hulle fone neer te sit. 46% van ouers het die versoek geïgnoreer en 44% van die ouers was ontsteld.
  • Net 10% van ouers glo dat hulle gebruik van mobiele toestelle ‘’n bekommernis vir hulle kinders was. Tog glo 43% dat hulle te veel tyd op hulle toestelle spandeer. Ouers sê dat hulle oor naweke tussen 3 – 5 uur aanlyn was.

 

Mobile toestelle is vandag ‘’n integrale deel van ons lewe by die skool, die werk en ontspanning. Kinders is bewus van baie van die risiko’s geassosieer met die te veel/in oordaad/in oormaat/oordadig/oormatig gebruik van hierdie toestelle, maar hulle verwag dat die volwassenes in hulle lewens duidelike grense moet neerlê vir die gebruik van hierdie toestelle en dat hulle rolmodelle moet wees. [Lees gerus Tony Reinke se nuwe boek: Twelve ways your phone is changing you.]

 

In ‘’n artikel van BBC sê ‘’n terapeut in Houston dat mense wat hulp soek vir verslawing aan digitale toestelle amper 50% van sy pasiënte is. Die sielkundige impak van Facebook en ander digitale platforms is dikwels baie moeiliker om te behandel as ander verslawings. Hoekom? Daar is geen stigma verbonde aan hierdie tipe verslawing nie.

 

Hoe meer jy Facebook gebruik, hoe slegter voel jy. Blootstelling aan die versigtig geredigeerde beelde van ander se lewens lei dikwels tot ‘’n negatiewe selfvergelyking en die blote hoeveelheid van sosiale media interaksie mag die tyd vir betekenisvolle lewensondervindings beperk. Wat egter baie duidelik is, is dat sosiale interaksie aanlyn is geen plaasvervanger vir ware interaksie nie.

 

Andy Crouch (The Tech Wise Family. Everyday steps for putting Technology in its Proper Place) vra die vraag: rig ek my lewe so in dat dit wysheid ontwikkel? Hy noem ses kerk geestelike dissiplines: afsondering, stilte, vas sowel as gesprekke, feesvier en gemeenskap met ander gelowiges. Nie een van hierdie ses het iets met tegnologie te doen nie, behalwe dat tegnologie hulle belemmer.

 

 




God gebruik gemiddelde mense

God gebruik gemiddelde mense

Adam Weber sê dat as kind was een van sy gunsteling liedere

“Here I am Lord

WHO will bear my light to them

I will gô Lord, if you lead me.

Hy het nie noodwendig die woorde verstaan nie, maar die lied het in sy kop bly maal.

 

‘’n Algemene probleem by baie Christen is ‘’n gevoel dat hulle nie goed genoeg is nie.

Ons voel ons is nie gekwalifiseerd om belangrike werk vir God te doen nie.

As jy gemiddeld of onbevoeg voel, speel jy veilig. Jy steek nie jou hand op nie, moenie aanbied om iets te doen nie. Moenie enige kanse waag nie.

 

As jy gewoon voel, speel jy veilig. Abram was re oud, Moses kon nie goed praat nie. Jy ken hulle stories. Kragtige stories van hoe God gewone mense gebruik in sy diens. Hulle klink na gemiddelde mense, maar hulle was alles behalwe gemiddeld.

 

“Here I am Lord

WHO will bear my light to them

Wie sal Ek stuur om my woorde aan ander oor te dra? Stuur iemand anders God. Ek is onbekwaam. Maar dan die woorde: I will gô Lord, if you lead me.

God is getrou. Vir jare berei Hy ons voor; Hy praat met ons; Hy lei my; Hy wil my gebruik. Op ons eie is ons onbekwaam. Dit gaan nie oor wat ek is nie, maar oor wie God is. Dit gaan oor sy Gees, sy krag, sy vermoëns, sy potensiaal – nie myne nie.

 

Wat word van ons verwag as God ons roep. Ons moet net “ja” sê. Doen ons dit sal Hy die onmoontlike deur ons doen – dine waaraan ons nooit kon dink nie

 

As ons begin om vir Hom ja te sê sal Hy onmoontlike dinge in en deur ons doen dit. Dinge wat ons nooit kon dink ons kan doen nie.  Wat ons sprakeloos sal laat. As ons begin ja sê vir die klein dingetjies sal hy ons geleenthede gee met groter dinge.

 

 




Ons neem nie meer die Heilige Gees ernstig op nie

Ons neem nie meer die Heilige Gees ernstig op nie

Volgens J. I. Packer is dit omdat hulle nie die Heilige Gees as ‘’n persoon sien nie. Daar word dikwels gedink die Heilige Gees is ‘’n ding. Hier is ‘’n paar redes om die Heilige Gees ernstig op te neem.

 

  1. Die Vader, Seun en Heilige Gees leef as die Drie-eenheid. Elkeen is net so ‘’n Persoon soos die ander twee.
  2. Die Heilige Gees is deur Jesus gestuur om sy werk te voltooi – die maak van dissipels. Hoe doen die Gees dit? En wanneer die Vader die Voorspraaak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê hetI (iJohannes 14;60.
  • Die Heilige Gees bly buite sig. Hy word gesien as die verwaarloosde Persoon van die Drie-eenheid. Sy bediening is om ons te rig op die persoon en werk van Jesus. Sy taakomskrywing is om die hele tyd die spreiligte op Jesus te fokus.
  • Wanneer on Jeus Christus in die evangelie waarneem, werk die Heilige Gees in ons om ons in ‘’n nouer verhouding met Jesus te bring.

Neem die Heilige Gees ernstig op. Leer meer van sy werk en Persoon.

 




Hoekom is mense so kwaad vir hulle leraars?

“When you take risks you learn that there will be times when you succeed and there will be times

when you fail, and both are equally important.” – Ellen DeGeneres

 

Hoekom is mense so kwaad vir hulle leraars

As Wayne Cordeiro en Francis Chan (Sifted) saam ‘n boek skryf, kan jy dit maar lees. Baie leraars voel dat amper elke dag iemand in die gemeente vir hulle kwaad is. Hoekom het die gemeente nie ‘n beter jeuggroep nie, want dan sou my kind nie die verkeerde pad geloop het nie? Mense gee geld en skryf voor hoe dit gebruik moet word. Wyk net daarvan af en alles ontplof. Ons kan baie sulke voorbeelde noem.

 

Hoe hanteer ons mense se verwagtings? Leer om na God te luister Soms beteken dit dat ons ‘n dik vel moet ontwikkel terwyl ons sensitief bly vir mense se pyn en behoeftes. Jy moet leer om saam met mense wat jou frustreer te leef. Die uitdaging is om gebalanseerd te bly as jy gekritiseer word, om nie kritiek persoonlik op te neem nie en moenie sinies word nie. Wat ‘n paradoks: sensitief, maar nie maklik gekrenk nie; deernisvol, maar nie swak nie; buigsaam, maar met vaste oortuigings.

 

Die tema wat deur al die stories loop, kan met een woord opgesom word – teleurstelling. Dit is die basis vir al die ongegronde verwagtings en kritiek. Iemand soek hulp en kry dit nie; iemand soek die oplossing van die probleem, maar dit gaan nie weg nie; iemand kry seer, maar kry geen verligting nie. Opgesom: ‘n gevoel van teleurstelling.

 

Die probleem is dat nie die leraar of die kerk kan aan alle verwagtings van mense voldoen nie. Kerkleiers dink dikwels dat dit hulle werk is om mense gelukkig te maak. Daarom hardloop hulle die hele dag rond. In ‘n sekere sin bestaan die kerk nie om mense te help nie. Dit is nie die kerk se taak om probleme op te los nie. Die primêre rede waarom die kerk bestaan is om God te aanbid en om mense na Christus te lei. Hy is dié oplossing van ons probleme. Ons werk moet die aandag vestig op Hom wat ons verlos het- – Hy wat vir ons hoop in plaas van teleurstelling gegee het. Ons is nie die antwoord op al die mense se probleme nie. Die groot gevaar is dat ons beloftes maak wat ons nie kan uitvoer nie.

 

Hoe kry ons mense so vêr om realistiese verwagtings van die kerk en die rol en vermoëns van die leiers te ontwikkel.

  • Die kerk sal jou nie altyd gemaklik laat voel nie.
  • Die kerk is nie die antwoord op al jou behoeftes nie.
  • Soms sal jy nie hou van dit wat in die kerk gebeur nie.
  • Jy sal nie met almal in die kerk oor die weg kom nie.

Die oplossing vir al die probleme wat mense ondervind is om hulle na Christus te lei – laat Hy die groot Geneesheer in hulle lewens wees. Mense moet sien wie God is; dat Hy goed is ten spyte van jou huidige probleme; dat Hy hulle opreg liefhet.