Category: Coen Slabber se Blog

image_pdfimage_print

Die koninkryk van God in die Nuwe Testament: Jesus se gelykenisse (2)

Every saint has a past and every sinner a future. -Oscar Wilde, skrywer (1854-1900)

Die koninkryk van God in die Nuwe Testament: Jesus se gelykenisse (2)

Die koninkryk van God is ‘n baie algemene tema in die Bybel. Ek gaan ‘n hele aantal blogs gebruik om te probeer vasstel wat dit is en hoekom dit belangrik is. Ek gaan onder ander gebruik maak van The Kingdom of God: Christopher W. Morgan en Robert A. Peterson (reds) 2012.

 

Ons gaan voort om na Jesus se gelykenisse wat met die koninkryk te doen het, te kyk

  • Die gelykenis van die amptenaar wat nie vergewe het nie (18:23 – 35)

Petrus probeer ‘n perk plaas om hoeveel keer jy diegene wat teenoor jou oortree het, moet vergewe. Hier plaas Jesus ‘n koninkryksbeginsel op die tafel. ‘n Amptenaar wat baie geskuld het, word deur die koning vergewe. Onmiddellik daarna gryp hy een van sy medeamptenare  wat hom ‘n paar rand geskuld het, wurg hom en eis dat hy moet betaal.

Die koninkryk van God in die Nuwe Testament: Jesus se gelykenisse (1)

The surest way to corrupt a youth is to instruct him to hold in higher esteem those who think alike than those who think differently. -Friedrich Nietzsche, filosoof (1844-1900)

Die koninkryk van God in die Nuwe Testament: Jesus se gelykenisse (1)

Die koninkryk van God is ‘n baie algemene tema in die Bybel. Ek gaan ‘n hele aantal blogs gebruik om te probeer vasstel wat dit is en hoekom dit belangrik is. Ek gaan onder ander gebruik maak van The Kingdom of God: Christopher W. Morgan en Robert A. Peterson (reds) 2012.

 

Jesus se gelykenisse hou dikwels verband met die koninkryk van God. Kom ons kyk kortliks na ‘n paar van hulle:

  • Die gelykenis van die saaier. Koninkryk is die middelpunt van hierdie gelykenis (13:1 – 9),  Jesus se gesprek met sy dissipels (13:10 – 17) en die verklaring (13:18 – 23). Jesus beskryf kennis van die koninkryk as ‘n gawe van God: Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van die hemel te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie (13:11).

Die koninkryk van God in die Nuwe Testament: Matteus (5)

Keep praying, but be thankful that God’s answers are wiser than your prayers! —William Culbertson

Die koninkryk van God in die Nuwe Testament: Matteus (5)

Die koninkryk van God is ‘n baie algemene tema in die Bybel. Ek gaan ‘n hele aantal blogs gebruik om te probeer vasstel wat dit is en hoekom dit belangrik is. Ek gaan onder ander gebruik maak van The Kingdom of God: Christopher W. Morgan en Robert A. Peterson (reds) 2012.

 

Ons kyk vandag na die sesde waarneming oor die koninkryk in die Matteus-evangelie.

 

6.Koninkryk vat die gewigtigheid en belofte van Jesus se bediening en verlossingsboodskap saam in Matteus

Die laaste twee verwysings na die koninkryk in Matteus hou verband met die eindtyd. In Matteus 25:31 – 46 kry ons Jesus se beskrywing van die laaste oordeel – die skape word van die bokke geskei.

image_pdfimage_print