Die brein van die vrou verskil werklik van die brein van die man

“Suffering is unbearable if you aren’t certain that God is for you and with you.”  Tim Keller

Die brein van die vrou verskil werklik van die brein van die man

‘n Baie interessant stuk navorsing gepubliseer in die Proceedings of the National Academy of Sciences. Hulle het die MRI (breinskanderings) van 949 mense tussen 8 en 22 jaar oud ontleed. Hulle bevinding is dat die manlike brein meer verbindings in elke hemisfeer (halwe bol of sfeer) het, maar dat die vroulike brein meer verbindings tussen die twee helftes het. Daar is dus verskille in die brein se strukturele argitektuur tussen mans en vroue.

 

In mans loop die bane heen en weer in elke hemisfeer. In vrouens sigsag hulle tussen die linker (die logiese) en die regterkant (die kreatiewe) kante van die brein. Wat beteken dit? Mans is geneig om sake te sien en op te los, want daar is sterk verbindings tussen die “waarneming” en “aksie” dele van die brein. Vroue, daarenteen,  is meer geneig om logika en intuïsie te kombineer as hulle ‘n probleem moet oplos.

Verandering in die wêreld

 “Suffering is actually at the heart of the Christian story.”  -Tim Keller

Verandering in die wêreld
Daar is ‘n teenstrydigheid in feitlik elkeen van ons se lewe: ons hou nie van verandering nie en tog vind verandering feitlik voortdurend plaas. Al hou ons nie van verandering nie, besef ons dat as ons ‘n verskil in die wêreld wil maak, is verandering onvermydelik. Verbetering vereis verandering, maar  ware verandering is meestal moeilik en pynlik. Hier is ses aksiomas oor verandering:

 

  • Die moeilikste model om te verander is die een wat werk

As iets werk waarom moet ons dit verander. Bill Hybels glo dat dit hierdie gesindheid is wat verhoed dat organisasies hulle volle potensiaal bereik. As die mure besig is om inmekaar te stort is almal gereed vir verandering. Dit is juis nie die beste tyd om te verander nie – die goeie mense het reeds gevlug en geld is skaars. As dinge goed gaan, is dit die beste tyd om te verander – en die moeilikste.

  • Mense sal ‘n wêreld wat hulle help maak het, steun

Niemand hou daarvan dat verandering op hulle afgedwing word nie – elkeen wil ‘n stem hê. As jy groot veranderinge oorweeg, dink hieraan. Die sleutel is om mense toe te laat om te help om die wêreld te maak – die skyn van samewerking werk nooit nie. Niemand hou daarvan om gemanipuleer te word om dieselfde gevolgtrekking as die leier te maak nie. Change created in isolation breeds revolt.

  • Niemand is so slim soos almal saam nie

Tensy God die antwoord in klip uitbeitel en dit aan die leier op die bergtop oorhandig, verbeter  alle verandering met insette. Nie groepdenke nie, maar terugvoer en insette uit ‘n wye verskeidenheid van bronne. Met die sosiale netwerke is dit vandag maklik om insette te kry.

  • Die mag van klein wen

Groot veranderinge verlam ‘n organisasie; kleiner, bereikbare veranderinge bemagtig mense. Die groot prentjie is radikale verandering. Ons moet onsself egter afvra: Wat kan ek oor die volgende vier weke doen wat ‘n impak sal hê? Klein oorwinnings kan lei tot groot veranderings.

  • Alles is ‘n eksperiment

Jy moet altyd aanpas en verander. Voeg hier iets by; neem daar iets weg. Toets gedurig – miskien ‘n nuwe tyd vir die erediens, miskien ‘n addisionele erediens elders.

Hierdie ses aksiomas kom van Greg Sturratt. Ek sal eers meer moet dink oor party van hulle.




Skaapwagters

 “The best people often have terrible lives. Job is one example, and Jesus—the ultimate ‘Job,’ the only truly, fully innocent sufferer — is another.”  – Tim Keller

Skaapwagters

 Daar was skaapwagters in daardie omgewing wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het (Lukas 2:8).

As jy die aankoms van die Verlosser van die wêreld moes aankondig, sou jy jou boodskappers na skaapwagters in die veld gestuur het? Hoekom nie eerder die engele na die Joodse Raad in Jerusalem stuur nie? Of na koning Herodes? Of selfs na die keiser?

 

God kies die skaapwagters. Nou nie juis ‘n gesiene groepie mense nie. Arbeiders. Hulle verrig ‘n taak wat min mense bereid was om te doen. Hulle voorkoms is verslons; hulle ruik na skaap; hulle is gewoond om op die harde, koue grond te slaap. Volgens ons standaarde nie juis ‘n goeie keuse nie.

Die Bybel vertel vir ons van buitengewone skaapwagters. ‘n Duisend jaar vantevore was Dawid die koning. Hy het vir sy mense gesorg net soos hy vir sy skape op die velde buite Betlehem gesorg het toe hy nog ‘n seun was. Dawid kon die ongelooflike Psalm 23 skryf, want hy het geweet wat dit beteken om ‘n goeie skaapwagter te wees.. Hy het ook geweet dat God sy goeie Herder was:

Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Dit is egter nie al nie: My Herder  lei my op die regte paaie; Hy beskerm my: In u hande is ek veilig.

Jesus, die afstammeling van Dawid, kom en word vir ons die goeie herder. In die Evangelie volgens Johannes sê Jesus:  Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, net soos die Vader My ken en Ek die Vader; en Ek lê my lewe af vir die skape (10:14 – 15).

Kom ons dink weer. Op die nag van Jesus se geboorte word ‘n onkeerbare proses in werking gestel. Hierdie proses eindig toe Jesus aan die kruis vir die wêreld gesterf het. Hy is waarlik die goeie herder. Die besoek van die engele aan die skaapwagters – mense wat leiding en redding verstaan het –  was die beste manier om die storie van Jesus te begin.

Ons gebed vir vandag is Psalm 23.

Die Here is my herder

23 ’n Psalm van Dawid.

Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.

2Hy laat my rus in groen weivelde.

Hy bring my by waters waar daar vrede is.

3Hy gee my nuwe krag.

Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.

4Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie,

want U is by my. In u hande is ek veilig.

5U laat my by ’n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk.

U ontvang my soos ’n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.

6U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly

en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.




Nelson Mandela

  “Only in Jesus Christ do we see how the untamable, infinite God can become a baby and a loving Savior. On the cross we see how both the love and the holiness of God can be fulfilled at once.”  – Tim Keller

Nelson Mandela

Ons eer die lewe van ‘n groot man. Hiermee ‘n paar aanhalings van hom:

  • “Difficulties break some men but make others. No axe is sharp enough to cut the soul of a sinner who keeps on trying, one armed with the hope that he will rise even in the end.”
  • “It always seems impossible until it’s done.”
  • “Real leaders must be ready to sacrifice all for the freedom of their people.”
  • “A fundamental concern for others in our individual and community lives would go a long way in making the world the better place we so passionately dreamt of.”
  • “Everyone can rise above their circumstances and achieve success if they are dedicated to and passionate about what they do.”
  • “I learned that courage was not the absence of fear, but the triumph over it. The brave man is not he who does not feel afraid, but he who conquers that fear.”
  • “For to be free is not merely to cast off one’s chains, but to live in a way that respects and enhances the freedom of others.”