Vrees, verlies aan beheer en konflik

Doubt is the refusal to pay the rent to the owner of the vineyard: unwillingness to give up usurped rights over property; the assertion of the autonomy and sovereignty of reason in opposition to the summons to return to dependence on the God who gives and who demands. – Emil Brunner

Vrees, verlies aan beheer en konflik

Vrees vir die verlies aan beheer is dikwels die oorsaak vir teologiese konflik. David G. Brenner, ‘n sielkundige, skryf oor gebeure waar daar verskille oor idees, ideologieë en wat ons van God dink, is. Teologiese verskille is nie noodwendig verkeerd nie – dit moet nie te alle koste vermy word nie. Maar as konflik gesoek, of selfs geskep word, en die verdelings wat volg as die wil van God beskryf word, mag vrees ‘n rol speel. Hierdie vrees is dat jy dalk teologies verkeerd mag wees en dus beheer oor jou persoonlike en groepsverhaal mag verloor.

 

Ons moet egter versigtig wees: die teenwoordigheid van verskille is nie ‘n teken van vrees nie. Dinge soos woede, wen-ten-alle koste, aggressie is wel tekens van vrees. In sy boek, Surrender tot Love: Discovering the Heart of Christian Spirituality, sê Benner onder andere dat een van die dinge wat vryheid van vrees verhoed, is dat mense nie dink hulle is bevrees nie – hulle besef nie die ware aard van hulle innerlike nood nie. Vrees vir eksterne dinge, daarenteen, word maklik herken. Dit is moeilik om hierdie innerlike vrees te identifiseer. Sommige mense vrees intimiteit; ander mense vrees afsondering. Sommige mense vrees verlies aan beheer; ander mense vrees verlies van hulle beeld. Sommige vrees aandag, ander vrees verontagsaming. So kan ons aangaan.

Diegene wat goed is om die bron van hulle vrees te vermy, mag tot die gevolgtrekking kom dat vrees nie deel van hulle storie is nie. Verkeerd. Alhoewel die vrees dalk nie ondervind word nie, is dit steeds teenwoordig en bind ons steeds.

Die voorwerp van vrees is feitlik irrelevant. Mense met vrees stem baie ooreen. Vrees kry ‘n lewe van sy eie. Mense met vrees leef in beperkte grense. Hulle is of baie versigtig en konserwatief of hulle vernou die horisonne van hulle lewens deur vermyding en gedwongenheid.  Hulle is baie waaksaam en sorg dat die lewe nie buite die grense waarbinne hulle gemaklik is, beweeg nie. Daarom lei vrees tot beheer. Mense wat in vrees leef, voel dat hulle in beheer moet bly. Hulle probeer hulleself en die wêreld beheer. Dit spoel dikwels oor na die beheer van ander. Hulle kan hulle nie in ‘n lewe sonder beheer indink nie. Vrees veroorsaak ook dat ons nie teenoor ander reageer nie – vrees onderdruk die impuls vir liefde. Energie nodig om veiligheid en gemak te verseker, put energie benodig vir liefde vir ander uit.

Moenie aanhoudend vrees nie.




Oordeel: waar ons fouteer

No soldiers of Christ are ever lost, missing or left dead on the battlefield. —J.C. Ryle

Oordeel: waar ons fouteer

Die waarheid maak seer. Dit is iets wat ons nogal dikwels hoor. Is dit waar? Die waarheid mag seermaak vir ‘n beperkte tyd, maar uiteindelik genees die waarheid. ‘n Deel van die lewe van ‘n Christen is om die waarheid van sy tekortkominge te hoor, sodat hy dit kan hanteer. As ons meer en meer soos Jesus wil wees, is dit noodsaaklik. Maar ons is weerstandig hierteen.

Een van die wonderlike aspekte van die geloofsgemeenskap is wanneer ander ingeroep word om ons te help met hierdie vorming. Dit is egter ook iets wat baie maklik misbruik kan word.

 

Oordeel. Hierdie is ‘n woord wat dikwels misverstaan word. Mense voel feitlik onmiddellik ongemaklik en wil net verdedig as hulle hierdie woord hoor. Tog as ons die Bybelse betekenis van die woord aanvaar, bring dit eenheid en heiligheid in die kerk.

Ons hou daarvan om ander te oordeel – dikwels op verkeerde maniere – maar ons haat dit as ander ons oordeel. As dit egter op die regte manier gedoen word, is dit ‘n noodsaaklike deel van die proses om meer soos Christus te word. As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is (Matteus 18:5). Dit is nie alleen my plig om my broers en susters wat verkeerd optree, tereg te wys nie, ek moet ook my broers en susters wat my kom teregwys oor iets wat ek verkeerd gedoen het, ontvang en na hulle luister.

Hierdie is ‘n verskriklike gedagte. Ons bou baie vinnig skanse om ons as dit gebeur. Hoekom is dit so verskriklik? Daar is baie verhale waar broers en susters hierdie opdrag teenoor ander broers en susters misbruik het. Let wel: Christene teenoor Christene.

Een van die bekommernisse is wie ek moet nader – wie moet ek teregwys. Kan ek dit doen teenoor iemand met wie ek geen persoonlike verhouding het nie? Nee, ek moet mense wat saam met my deel van die liggaam van Christus is, teregwys. Verhoudings is die konteks waarbinne teregwysing moet geskied.

Hier is twee belangrike vrae waarna ons moet kyk:

  • Wat is die Christen se rol in die teregwysing van ander Christene? Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie (Matteus 7:1). Maklik. Maar in vers 20 sê Jesus dat ons vals profete aan hulle vrugte sal ken. Dit beteken ons sal na ander kyk en sien wat hulle is. Is dit nie ‘n teenstelling nie? Jesus is bekommerd oor die hart en nie soos ons net oor die optrede van mense nie. Christene moet ander Christene teregwys as hulle ‘n verhouding met mekaar het en as die doel is om te herstel en nie te veroordeel nie.
  • Wat is ‘n Christen se reaksie as hy deur ander tereggewys word? Niemand wil hoor dat wat hy doen, verkeerd is nie. Ons sien dit as vernederend en ons word kwaad. Net so dikwels as teregwysing misbruik word, net so dikwels word dit vermy. Kyk weer na Matteus 18:15: As hy na jou luister … Luister is die kernwoord. Moenie onmiddellik begin verdedig as iemand jou teregwys nie … luister. Dit vereis moed om iemand te konfronteer. Baie doen dit met goeie bedoelings. Ons moet luister en nadink oor wat gesê word as ons tereggewys word. Onthou altyd: ek mag verkeerd wees.

Die belangrikste eienskap as ons ander teregwys of self tereggewys word, is nederigheid.

 




Beweeg mense

It must not be expected that the devil will let those rest who are laboring to destroy his kingdom. —Thomas Watson

Beweeg mense

Tydens die Amerikaanse burgeroorlog kom ‘n bewonderaar by Abraham Lincoln en sê: “Almal stem saam dat die welstand van die volk van God en van u afhang.” Dan Lincoln se antwoord:”You are half right.”  Lincoln besef dat die toekoms van die volk in die hande van Iemand wat veel groter as hy was, is. Ja, hy het ‘n belangrike taak gehad om te doen, maar die toekoms van die volk kon hy nie bepaal nie.

 

Lincoln, soos elkeen wat in ‘n bediening werk, besef dat die gang van die mens se gebeure  bepaal word deur ‘n krag wat veel groter as hy is. Geen geestelike oorwinning kan net met menslike pogings behaal word nie. Mense kan nie transformasie van lewens produseer nie. Maak nie saak hoe talentvol of kreatief ons is nie, ons kan dit nie doen nie. Ons kan ‘n deel tot die proses bydra, maar sonder God gebeur daar niks nie.

Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur die Gees, sê die Here die Almagtige (Sagaria 4:6). As ons in die krag van die Gees loop, dra God ons. Maak nie saak wat die omstandighede is nie, maak nie saak hoe swak ons is nie, ‘n krag veel groter as onsself dra ons.

Bediening is om die krag van God te herken en te erken en om ons sterkpunte te erken en te gebruik.




Drie dinge wat ons minder kan sê

Those sins that seem most sweet in life will prove most bitter in death. —Thomas Brooks

Drie dinge wat ons minder kan sê

Jayson Bradley sê dat daar drie dinge is wat Christene dalk minder kan gebruik.

  • God gee nie vir my meer as wat ek kan hanteer nie

As iemand deur ‘n moeilike tyd gaan, wil ons graag iets sê. Dikwels is dit beter om niks te sê nie. Paulus sê: Treur saam met dié wat treur (Romeine 12:15). Dit beteken nie dat ons woorde moet gebruik nie. Om egter te sê God sal jou nie meer gee as wat jy kan hanteer nie, gaan nie help nie. Hoekom nie:

  1. Dit is nie Bybels akkuraat nie – ons kry dit nêrens in die Bybel nie.
  2. Dit is ontoepaslik. As iemand na jou toe kom met sy diepste probleme is dit nie iets wat hy wil hoor nie.
  3. Dit is dom. Iemand wie se kind besig is om te sterf as gevolg van kanker gaan hy deur dinge wat te moeilik is om te hanteer. Kan jy vir diekrygsgevangenes in Buchenwald sê: God sal nie vir jou meer gee as wat jy kan hanteer nie.
  • God het vir my gesê.

Natuurlik praat God met ons. Baie van dit wat ons aan God se praat met ons toeskryf, is ons eie interne dialoog. Daar is baie probleme met hierdie stelling:

  1. Dit verhoed enige gesprek. Wat kan ek nou sê as iemand sê: God het vir my gesê? Jy kan tog nie sê: Nee, Hy het nie.
  2. Dit is hipergeestelik – dit impliseer jy het ‘n gespreksverhouding met God.
  3. Dit verbreek die vertroue – God praat met jou persoonlik.
  • Ek sal vir jou bid.

Gebed is een van die belangrikste dinge wat ‘n gelowige kan doen, maar soms pas dit nie.

  1. Dit is ‘n belofte. Jou aanbod om vir iemand te bid, is heilig. As jy dit nie bedoel het nie, moet dit nie sê nie.
  2. Dit vervang nie optrede nie. Mense wat nie kos het nie, het ons gebede nodig, maar nog meer – hulle het kos nodig. Bid, maar moenie optrede nalaat nie.
  3. Bid later, maar bid ookAs jy na iemand wil uitreik, bid vir hom … nou. Natuurlik gaan jy later weer vir hom bid. Kom uit jou gemaksone en bid nou.

Wees baie versigtig met wat jy sê, veral vir mense wat swaarkry.