Soms weet ons nie

. —Thomas Brooks

Soms weet ons nie

Lees weer Genesis 6:1 – 4.

Scot McKnight sê dat toe hy hierdie gedeelte die eerste keer gelees het, het hy gewonder wat op aarde gaan hier aan. Ons lees hier van reuse. Dit is interessant dat die NIV praat van Nephilim – hulle vertaal nie die Hebreeus nie.

Ons kry ook ander verwysings na reuse in die Bybel. Toe die verkenners terugkom om verslag oor Kanaän te doen sê hulle: Ons het daar ook die reuse gesien (Numeri 13:33). Goliat was ook ‘n reus. Meeste Ou Testamentici vertaal Nephilin met “die gevallenes.” Sommige sien hulle as gevalle engele.

McKnight sê dat ons hier met baie spekulasie te doen het. Nou het ons twee keuses:

  • Raai wat dit beteken – reuse, gevalle engele … spekuleer.
  • Erken ons nie weet nie.

Soms weet ons nie en om nie te weet nie, is beter as spekulasie.

Levitikus: Moet ons die boek nog lees? (6)

. —C.H. Spurgeon

Levitikus: Moet ons die boek nog lees?  (6)

In die vorige blog het ons gekyk na hoe ons beginsels uit hierdie wette kan aflei. Ons sluit af met ‘n praktiese toepassing deur te vra: Wat sou Jesus en Paulus gesê het?

Die ryk jongman sê vir Jesus: Al hierdie dinge het ek van my kinderdae af onderhou (Lukas 18:21). Jesus antwoord hom dat hy vir Jesus moet volg en sy prioriteite reg kry – soek eers die koninkryk van God in jou lewe. Selfs die wet beskryf sekere prioriteite: Die Here jou God vra net dat jy Hom moet eer, sy wil moet gehoorsaam, Hom moet liefhê en dien met hart en siel (Deuteronomium 10:12). Die profete plaas sosiale geregtigheid bokant godsdienstige rituele: Ek verwag liefde eerder as offer, toewyding aan My eerder as brandoffers (Hosea 6:6).

Jesus sê presies dieselfde: Julle gee tiendes van kruisement, anys en koljander, maar wat volgends die wet van God die swaarste weeg, laat julle na: geregtigheid, barmhartigheid en betroubaarheid (Matteus 23:23). Hy konsentreer die hele wet in twee gebooie: liefde vir God en liefde vir jou naaste. Paulus het dieselfde siening: Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit (Romeine 13:8).

Paulus gaan selfs verder. Vir diegene wat glo dat om “Bybels te leef,” beteken om al die wette wat jy in die Bybel kan kry, uit te voer, sou hy gesê het: “Julle verstaan niks van die evangelie nie. Die Goeie Nuus is nie, ‘Hier is die reëls, kyk hoeveel jy kan onderhou’ nie”. Hy sou waarskynlik gesê het: “Hier is Jesus. Kyk wat God vir jou deur Hom gedoen het.”

Die goeie nuus is dat God wat die wêreld gemaak het en sy belofte om die wêreld te verlos, nagekom het. Hy het dit deur die dood en opstanding van Jesus Christus gedoen. Ons kan deel wees van daardie verhaal wat eindig met ‘n nuwe skepping waar Christus as koning regeer. Die goeie nuus verder is dat as ons in daardie verhaal gegaan het deur bekering en geloof, God sy Gees aan ons gee. Hoekom? Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, ons wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees (Romeine 8:4).

Daar is baie wat ons uit die Ou Testamentiese wette kan leer. Hulle kan steeds aan ons etiese en missionele denke en optrede rigting gee. Die tora was nog altyd veronderstel om dit te doen. Die hartklop van die Christelike lewe en vryheid is nie om reëls na te kom nie. Nee, dit is om te leef soos mense wie se hele lewe en karakter deur God se woord gevorm word – om meer soos Christus, wat ons vertrou en volg, te word en die vrug van die Gees te dra. Dit is om Bybels te leef.

Levitikus: Moet ons die boek nog lees? (5)

. —Rowland Hill

In die vorige blog het ons na die inhoud van die Ou Testamentiese wette gekyk. Die vraag nou is: Hoekom onderhou ons nie al die wette nie?

Natuurlik onderhou ons nie al die Ou Testamentiese wette nie – soos om klere wat van gemengde vesels gemaak is, te vermy; om mense wat hulle mans verneuk, te stenig; om te weier om seekosse sonder vinne en skubbe te eet. Baie van hierdie wette kan ons nie onderhou nie, want dit sou van die wette van ons tyd verbreek. Ons kan byvoorbeeld nie die wette oor die hantering van slawe nakom nie, want om ‘n slaaf te besit, is nou onwettig. Die geskiedenis het aanbeweeg … en God het geweet dit sou.

Ons mag egter nooit sê: ‘Ek steur my nie aan daardie dinge nie – dit is net Ou Testamentiese reëls.” Daar is redes waarom  ons nie hoef – nie behoort – sekere Ou Testamentiese reëls na te kom nie. Oor twee tipes wette gee die Nuwe Testament vir ons daardie redes:

·Die offerwette. Die Nuwe Testament maak dit duidelik dat die godsdienssisteem van tempel, altaar, diereoffers, priesters en die Dag van Versoening deur Jesus Christus se kruis en opstanding vervul is. Hy vervul eens en vir altyd dit waarna die ou sisteem verwys het.  Die Hebreërboek  beklemtoon dat ons nie na daardie sisteem moet terugkeer nie, want ons het reeds alles wat daardie sisteem verteenwoordig het deur Christus se offerdood en verhewe lewe in die teenwoordigheid van die Vader.

·Die voedselwette. Die onderskeid tussen rein en onrein diere en kos was simbolies van die onderskeid tussen Israel as God se heilige volk en die heidennasies. In die Nuwe Testament word daardie skeiding in Christus afgeskaf.  Deur die kruis maak God nou hierdie twee kulture een. Dit ontdek Petrus op pad na Kornelius deur sy visioen in Handelinge 10. Wat God rein verklaar het, mag ons nie onrein verklaar nie. Gelowiges is vry van die voedselwette.

Die feit dat ons nie meer hierdie wette onderhou nie, beteken nie dat hulle ons nie iets kan leer nie. Ons word gevra om ons liggame as lewende offers in diens van God te gee. Ons word gevra om lof aan Hom te offer. Ons word gevra om rein te lewe in ‘n korrupte wêreld. Die Nuwe Testament beklemtoon steeds die morele en geestelike andersheid van gelowiges.

Ons kry beginsels in Israel se wette wat selfs vandag van toepassing is. Toe Paulus vir die Korintiërs skryf, neem hy ‘n Ou Testamentiese wet – Jy mag nie ‘n bees waarmee jy gaan dors, se bek toebind nie (Deuteronomium 25:4) – en pas dit toe op Christenwerkers in Korinte (1 Korintiërs 9:8 – 10). Hy sien ‘n beginsel in die wet – oorspronklik bedoel vir diere – en pas dit toe op werkers. Die beginsel: Werk moet beloon word. Later gebruik hy ‘n ander opdrag oor hoe manna bymekaar gemaak moet word (ons dink van geen toepassing op Korintiërs nie) en pas dit toe: Moet julle wat nou oorvloed het, dié help wat gebrek ly (2 Korintiërs 8:13 – 15). Hierdie is voorbeelde van kreatiewe toepassing van Bybelse wette op ‘n nie-letterlike maar toepaslike wyse.

So ons moet kyk of ons nie sekere beginsels uit hierdie ou wette kan kry nie. Hoe kry ons hierdie beginsels? Daarna kyk ons volgende keer.

Levitikus: Moet ons die boek nog lees? (4)