My vriend kry swaar

Never work just for money or for power. They won’t save your soul or help you sleep at night – Marian Wright Edelman

 

My vriend kry swaar

Weer een van Henri Nouwen se stukkies:

Om samehorigheid met ‘n persoon wat swaar kry, te betoon, beteken nie dat ek met hom oor my eie swaarkry moet praat nie. Om oor jou eie pyn te praat, is baie selde van waarde as jy met iemand wat swaarkry praat.

  ‘n Gewonde geneser is iemand wat na ‘n persoon in pyn kan luister sonder om oor sy eie wonde te praat. As ons deur ‘n pynlike situasie geleef het, kan ons met aandag en liefde luister na ‘n ander persoon wat swaarkry sonder om ons eie probleme te noem. Moenie ‘n persoon wat swaarkry se aandag op jouself fokus nie. Vertrou dat jou eie wonde jou in staat sal stel om na ander met jou hele wese te luister Dit is genesing.

Ons voel so dikwels dat as ons by iemand wat swaarkry kom, ons iets moet sê. Nouwen sê vir ons dat dit onnodig is. Wat wel belangrik is, is om te luister.




‘n Nuwe Kategismus: Vraag 29

Far and away the best prize that life offers is the chance to work hard at work worth doing – Theodore Roosevelt

‘n Nuwe Kategismus: Vraag 29

Vraag:

Hoe word ons gered?

Antwoord:

Slegs deur geloof in Jesus Christus en sy plaasvervangende versoeningsdood aan die kruis.

Al is ons dus skuldig dat ons ongehoorsaam aan God was en al is ons steeds tot die verkeerde geneig, nogtans, sonder enige meriete van ons kant, maar suiwer uit genade, dra God aan ons die volkome geregtigheid van Christus  oor as ons ons bekeer en in Hom glo. [Onderstreepte gedeelte is die antwoord vir kinders.]

Skrifgedeelte

Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie (Efesiërs 2:8 – 9).

Kommentaar

Omdat ons deur God vrygekoop is, het ons nou vrede met God … Oordeel besluit nou ten gunste van die sondaar, nie teen hom nie. Die geheue kyk terug na die sondes van die verlede met hartseer, maar sonder vrees vir die straf wat kom; Christus het die skuld van sy mense volledig betaal, en het die goddelike kwitansie ontvang; tensy God so onregverdig kan wees en dubbele betaling vir een skuld eis, sal geen siel vir wie Jesus as plaasvervanger gesterf het ooit in die hel gegooi word nie. Dit is een van die beginsels van ons verligte aard om te glo dat God regverdig is – ons voel dit moet so wees. Die feit dat God regverdig is, maak ons bang, maar is dit nie wonderlik dat hierdie selfde geloof dat God regverdig is later die pilaar van ons vertroue en vrede word nie.

 God is regverdig. Ek as sondaar sonder ‘n plaasvervanger moet gestraf word, maar Jesus staan in my plek en word gestraf vir my. As God regverdig is, kan ek as sondaar wat in Christus staan nooit gestraf word nie. God moet sy wese verander voor een siel vir wie Jesus ‘n plaasvervanger was, gestraf kan word. Jesus het die plek van die gelowige ingeneem – Hy het ten volle betaal vir dit wat mense as gevolg van hulle sonde moes gely het. Nou kan die gelowige uitroep: “Wie kan enige aanklag lê teen dié wat God verkies het?” Nie God nie, want Hy het vrygekoop; nie Christus nie, want Hy het gesterf en opgestaan. My hoop lewe, nie omdat ek nie ‘n sondaar is nie, maar omdat ek ‘n sondaar is vir wie Christus gesterf het. My vertroue is nie omdat ek heilig is nie, ek is onheilig, maar Hy het my vrygekoop. My geloof berus nie op wat ek is of sal wees of weet nie, maar in wat Christus is, in wat Hy gedoen het en wat Hy nou besig is om vir my te doen Op die leeu van geregtigheid ry die mooi dame van hoop soos ‘n koningin.

 Hierdie kommentaar is deur Charles Haddon Spurgeon (1834 – 1892), ‘n Engelse Baptiste prediker geskryf. Spurgeon word die pastor van New Park Street Church (later die Metropolitan Tabernacle) toe hy slegs 20 jaar oud was. Hy preek dikwels vir meer as 10 000 mense sonder enige klankversterking. Hy skryf baie en sy gedrukte werke is baie. Toe hy sterf het hy amper 3 600 preke gelewer. Hy het 49 volumes kommentare, liedere en dagstukke geskryf.

 Hierdie kommentaar kom uit  Morning & Evening, Daily Reading by C.H. Spurgeon (Scotland: Christian Focus Publications, 1994).

 

Verdere leesstof

 “Mediation” en “Sacrifice” in Concise Theology, deur J. I. Packer.

 

Gebed

Almagtige. Ek staan onder die doodsvonnis en moet sterf, maar U is regverdig … Maar is daar niks in u geopenbaarde karakter wat ‘n skepsel en skuldige boosdoener  laat kyk vir genade en hoop en aanvaarding nie?  Is U nie ‘n deernisvolle Verlosser sowel as ‘n regverdige God nie? Is Jesus nie U enigste Seun nie? Het U Hom nie gestuur as versoening deur geloof in sy bloed nie? Na Hom, my enigste toevlug van God se toorn, sal ek vlug … Ek kan nie op u genade aanspraak maak nie. Maar as U dit goedgedink het om die grootste sondaar te verlos; as U dit goedgedink het om oneindige genade aan iemand te gee wat oneindige ellende verdien, hoeveel  groter sal die heerlikheid van U deernis wees … onbeperkte genade sal die heerlikheid hê.

 

Hierdie gebed is deur Abraham Booth (1734–1806), ‘n Engelse Baptiste prediker, geskryf. Hy was die leraar van Prescot Street Church in Whitechapel, London vir 35 jaar. Hy is ook die stigter van wat nou Regents Park College vir die opleiding van leraars in Oxford is. Hy is veral bekend vir sy werk The Reign of Grace.

Hierdie gebed kom uit “The Reign of Grace” in Works of Abraham Booth: Late Pastor of the Baptist Church, Volume 1 (London: Button, 1813), 87–88.

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Ek het slegs die gedeeltes vertaal.




Kyk terug na die verlede

Success is peace of mind which is a direct result of self-satisfaction in knowing you did your best to become the best you are capable of becoming – John R. Wooden

Kyk terug na die verlede

Dit is belangrik om terug te kyk na die geskiedenis van die kerk. Daar is baie redes daarvoor. Een daarvan is om die kerk te beskerm teen individualisme wat vandag so algemeen onder Christene voorkom. Baie faktore – ‘n verbruikersmentaliteit, die aandrang op individuele regte, die klem op persoonlike outonomie, die gevoel dat ons op sekere dinge geregtig is – skep ‘n atmosfeer waarbinne baie Christene hulle leer kies en keur net soos hulle doen met hulle kos en klere.

As hulle ongemaklik voel oor die oppermag van God of ontsteld is oor die idee van God se toorn of die hel, verwerp hulle dit. As hulle wêreldse lewenstyl deur die eise van heiligmaking gekonfronteer word, word hierdie leer eenvoudig as minder belangrik beskou.

Die geskiedenis kan hierdie situasie regstel. Ons word daaraan herinner dat ons geloof ‘n korporatiewe geloof is wat nog altyd God se oppermag, sy toorn, heiligheid en die gesag van die Bybel beklemtoon het. Hierdie ryk erfenis beskerm ons teen die neiging om te kies en te keur wat ons aanvaar en wat ons verwerp.




Evangelicals – Wie is hulle?

Dream big and dare to fail – Norman Vaughan

Evangelicals – Wie is hulle?

Hierdie is ‘n woord wat ons dikwels in die Amerikaanse literatuur raakloop. Ongelukkig beteken die woord verskillende dinge vir verskillende mense.

1.Dit verwys na die Lutheraanse kerke wat na die Hervorming ontstaan het. Hier word op die sentraliteit van die evangelie gefokus.

Daarmee saam word die klem op die Skrif as norm gelê.

    2.Die herlewingsbewegings van die 18de eeu wat met John Wesley, Jonathan Edwards, George Whitefield, ens geassosieer word. Al hierdie bewegings beklemtoon bekering, vroomheid, evangelisasie en sosiale hervorming.

3.Dit is ‘n insluitende woord vir konserwatiewe Protestante van enige denominasie wat ‘n aantal beginsels deel:

  • Die Bybel staan sentraal.
  • Verlossing deur genade alleen deur geloof in Christus. Die verlossing word deur die evangelie gekommunikeer en deur die Heilige Gees bemagtig.
  • Die heiligheid van lewe.
  • Sosiale betrokkenheid.

4.Die beweging wat teen die middel van die 20ste eeu uit fundamentalisme ontstaan het.

5.Dit verwys na ‘n etos gekenmerk deur sosiale en kulturele faktore tot dieselfde mate as teologiese en geskiedkundige faktore. Daar is selfs mense wat glo dat die sosiale en kulturele faktore oorheers – iets wat kommerwekkend is. Hierdie mense is baie betrokke by die Republikeinse Party in die VSA,.

Meeste mense aanvaar dat evangelicals by 3 en 4 inpas. Hulle is konserwatiewe Protestante wat ons in verskeie denominasies kry.