Is Geestelike groei ‘n intellektuele proses?

The best time to plant a tree was 20 years ago. The second best time is now – Chinese spreekwoord

Is Geestelike groei ‘n intellektuele proses?

Meeste jong Christene fokus op die verstaan van hulle geloof. Ons moet egter oppas dat ons “kennis” van die Christelike geloof nie droog en intellektueel word nie. Dikwels voel ons dat ons geloof geen diepte het nie – asof ons emosies nie geraak word deur dit wat ons glo nie. Iewers is iets nie lekker nie.

 

Alister MvGrath  sê dat ons ons geloof kan verdiep deur oper vir God te wees. Hoe doen ons dit? Hy gee drie beginsels wat hom gehelp het.

  • As ons ‘n Bybelse beeld hanteer, moet ons stil staan en toelaat dat die gedeelte ‘n prentjie in ons denke vorm. Ons moet in die wêreld van daardie beeld kom; ons moet onsself in die beeld projekteer en deel daarvan word; ons moet die rykdom en implikasies van die beeld ondervind.  Ons geloof stimuleer ons verbeelding en ons verstand. Rede en emosie is belangrik.
  • As ons ‘n evangelieverhaal hanteer, moet ons diep ingaan – ons moet langs  diegene staan wat  die Verlosser gesien het. Ons moet nadink oor hierdie verhale asof hulle nou besig is om plaas te vind.
  • As ons ‘n Bybelse idee of tema hanteer, is dit nie voldoende om dit te verstaan nie – ons moet dit in ons lewens toepas. Dit moet vir ons ‘n lewende werklikheid word en nie ‘n abstrakte, lewelose siening nie. Die Christelike geloof gaan nie net oor idees nie – dit gaan oor transformasie. Dit moet ‘n werklikheid in ons word.

Hierdie is natuurlik nie melkkos nie en gebeur nie vanself nie – ons moet hard daaraan werk.




Alweer die pous

The most likely man to go to hell is the man who has nothing to do on earth. Idle people tempt the devil to tempt them. —C.H. Spurgeon

 

Alweer die pous

Die pous is besig om dinge in die Vatikaan te roer. Op 6 Julie 2013 sê hy aan ‘n groep jong priesters, priesters in opleiding en nonne van oor die wêreld dat om die nuutste smartphone en mode bykomstigheid te besit nie die pad na geluk is nie. “Dit maak my seer as ek ‘n priester of non met die nuutste model kar sien rondry. Julle kan dit nie doen nie.”

Hy beveel aan dat hulle iets “nederiger” kies.  Dit is alles deel van sy plan om die kerk meer eenvoudig te maak met ‘n fokus op die armes.

“’n Kar is nodig  vir julle werk, maar, asseblief, kies ‘n nederiger een. As jy die spoggerige een verkies, dink net aan hoeveel kinders in die wêreld besig is om van honger dood te gaan.”

Sedert hy by Pous Benedictus in Maart oorgeneem het, het hy van die meer spoggerige uiterlike tekens van sy amp vermy. Hy leef in ‘n gastehuis in die Vatikaan en nie in die weelderige pouslike woonkwartiere nie. Die kar wat hy gebruik om in de Vatikaan rond te beweeg, is ‘n Ford Focus.




Stel jou doelwitte

Training is everything. The peach was once a bitter almond; the cauliflower is nothing but cabbage with a college education.”   – Mark Twain

         

Stel jou doelwitte

Frank Viola sê dat sy doelwitte ook sy gebedsversoeke is.. Hulle bevat ook sy drome:

Doelwitte = Gebedsversoeke = Drome.

Hulle is almal dieselfde. Maar hoe doen jy dit?

 

  1. Hy skryf 10 – 15 doelwitte neer op ‘n enkele bladsy – nooit meer as 15 vir die jaar nie.
  2. Die doelwitte is baie spesifiek.
  3. Die doelwitte is nie onrealisties nie, maar ook nie maklik bereikbaar nie
  4. Daar moet ‘n voltooiingsdatum vir elke doelwit wees.
  5. Hersien dieelke week en bid oor hulle – vra God om hulle te vervul.
  6. Soms moet jy ‘n datum aanpas – geen probleem nie.
  7. Plaas datum wanneer elke doelwit voltooi is.

 

Natuurlik is dit slegs ‘n voorbeeld. Daar is baie ander metodes. Die belangrikste is dat ons doelwitte moet stel.

No wind is favourable for a ship that know’eth not its destination.




Die ongerieflike Here

“In and through its evangelistic mission to the world, the church is to enunciate and implement the revealed principles that God addresses to the human race by exemplary Christian leadership to the whole realm of public affairs.” – Carl F. H. Henry.

Die ongerieflike Here

Die siening dat God net liefdevol en verdraagsaam is; gewillig is om ‘n ander pad te kyk as ek ongehoorsaam is omdat Hy ‘n God van liefde is, is verkeerd. Hierdie ongerieflike Jesus wat ons so graag ignoreer, is die Jesus wat die handelaars en geldwisselaars uit die tempel gedryf het; dit is Hy wat die Fariseërs witgepleisterde grafte genoem het; dit is Hy wat gereeld van die hel praat. Jesus en sy padbereider, Johannes die Doper,  het geen plek gehad vir godsdienstige skyn nie.

 

Mense hou van die gerieflike Here vir slegs een rede: hulle hou nie daarvan dat hulle sondes bevraagteken word nie en hulle wil nie aanspreeklik gehou word vir hulle verkeerde dade nie. Hierdie gemaklike Here vra hulle nooit om hulle te bekeer en die evangelie te glo nie. Maar hierdie gemaklike Here is ‘n Here wat nooit bestaan het nie. Die ongerieflike Jesus bestaan wel.

Die Here het ons lief en Hy aanvaar ons, maar Hy wil nie hê dat ons in die sonde bly rondploeter nie. Die gerieflike Here haat sondaars, aanvaar hulle oortredings en gee nie om of hulle veroordeel word nie. Die ongerieflike Here het sondaars lief, roep hulle op om na God terug te keer en vereis dat hulle beter doen.

Ons kan die gerieflike Here aanbid en bewonder, maar dit is nie die antwoord nie. Aanbid en bewonder die ware Here – al is dit ongerieflik.