‘n Nuwe Kategismus: Na die dood

The dogmas of the quiet past are inadequate to the stormy present. The occasion is piled high with difficulty, and we must rise with the occasion. As our case is new, so we must think anew and act anew – Abraham Lincoln

‘n Nuwe Kategismus: Na die dood

Vraag:

Wat gebeur na die dood met diegene wat nie met Christus in geloof verenig is nie?

Antwoord:

By die oordeelsdag sal hulle die vreeslike, maar regverdige, straf van veroordeling teen hulle kry. Hulle sal uit die gunstige teenwoordigheid van God  in die hel gewerp word waar hulle ernstig maar regverdig vir altyd gestraf sal word.

[ Onderstreepte gedeelte is die antwoord vir kinders.]

Skrifgedeelte:

 God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. God het nie sy Seun na die wêreld toe gestuur om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur Hom gered kan word. Wie in Hom glo, word nie veroordeel nie; wie nie glo nie, is reeds veroordeel, omdat hy nie in die enigste Seun van God glo nie … Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom (Johannes 3:16 – 18 en 36).

Kommentaar:

Al is die onderwerp van die hel pynlik is dit iets waaroor ek nie durf of kan of moet stilbly nie … Ek weet dat sommige glo dat daar glad nie ‘n hel is nie … Hulle sê dit pas nie in by die genade van God nie … Ek weet dat ander glo dat die hel nie ewig is nie. Hulle sê dit is ongelooflik dat ‘n deernisvolle God mense vir ewig sal straf … Ander glo dat daar wel ‘n hel is, maar niemand gaan daarheen nie … Daar is net een punt waaroor ooreengekom moet word: “Wat sê die woord van God?” Glo jy die Bybel? Dan moet jy aanvaar dat die hel ‘n werklikheid is. Dit is net so ‘n werklikheid soos die hemel; so waar soos verlossing deur geloof; so waar soos die feit dat Christus aan die kruis gesterf het … As jy die feit van die hel nie glo nie, is daar geen feit of leerstelling wat jy nie met reg kan betwyfel nie. Ontken hel en jy gooi die hele Bybel omver. Jy kan maar net so wel jou Bybel weggooi. Van “geen hel” na “geen God” is maar ‘n paar stappe. Glo jy die Bybel? Glo dan dat die hel inwoners sal hê … Dieselfde God wat nou op ‘n troon van genade sit, sal eendag op die troon van oordeel sit, en mense sal sien dat daar so iets soos die toorn van die Lam is … Glo jy die Bybel? Vertrou dan op die Bybel – die hel sal intens wees, onuitspreeklike ellende … Die put, die tronk, die wurm, die vuur, die dors, die donkerte, die geween, die gekners van tande, die tweede dood, alles. Bybelse beelde beteken iets. … Glo jy die Bybel? Glo dan dat die hel ewig is. Dit moet ewig wees, anders het woorde geen betekenis nie. Vir altyd en altyd, ewigdurend, onblusbaar – almal uitdrukkings wat oor die hel gebruik word en uitdrukkings wat ons nie weg kan verduidelik nie … As mens die hel sonder geloof in Christus of die heiligmaking van die Gees kan ontsnap, is sonde nie meer boos en is daar nie nodigheid vir Christus om ons met God te versoen nie Waar is daar ‘n waarborg dat die hel ‘n hart kan verander of die mens geskik vir die hemel kan maak? Dit moet ewig wees of die hel is nie meer die hel nie … Opvallend is die baie verse oor die hel in die Skrif. Dit is opvallend dat niemand so baie oor die hel sê as juis ons Here Jesus Christus – ons genadige en barmhartige Verlosser – en Johannes, wie se hart vol liefde is,  nie.

Hierdie kommentaar is deur John Charles Ryle (1816 – 1900) geskryf. Hy was die eerste biskop van Liverpool. Sy aanstelling was op aanbeveling van die destydse eerste minister, Benjamin Disraeli. Hy was ‘n skrywer en pastor, maar ook ‘n atleet wat vir Oxford Universiteit geroei en krieket gespeel het. Hy was ook verantwoordelik vir die bou van meer as veertig kerke.

Hierdie kommentaar kom uit Consider Your Ways (London: Hunt & Son, 1849), 23–26.

Verdere leesstof

 “Hell” in Concise Theology, deur J. I. Packer.

Gebed:

Ons Vader … ons wil hê dat U na die duisende en miljoene om ons wat U nie ken nie, moet kyk. Here, kyk na die massas wat nêrens heen gaan om te aanbid nie. Kry hulle jammer, Vader, en vergewe hulle … Gee in hulle die begeerte om u woord te hoor. Gee in hulle ‘n begeerte na hulle God. O Here neem sondaars in u hand. O, kom en bereik hardkoppige en onversetlike denke; laat die ligsinnige en  onbesonne mense oor ewige dinge begin dink. Mag daar ‘n ongemak van die hart wees, mag God se pyle hulle lende tref en mag hulle na die groot Geneesheer soek en nog vandag genesing kry. U sê: “Vandag sal julle sy stem hoor.” Verlos mense vandag. Bring hulle u Gees sodat hulle gewillig word on in Christus te rus. Here, hoor, vergewe, aanvaar en seën. Om Jesus se ontwil. Amen.

Hierdie gebed is deur Charles Haddon Spurgeon (1834 – 1892), ‘n Engelse Baptiste prediker geskryf. Spurgeon word die pastor van New Park Street Church (later die Metropolitan Tabernacle) toe hy slegs 20 jaar oud was. Hy preek dikwels vir meer as 10 000 mense sonder enige klankversterking. Hy skryf baie en sy gedrukte werke is baie. Toe hy sterf het hy amper 3 600 preke gelewer. Hy het 49 volumes kommentare, liedere en dagstukke geskryf.

Hierdie gebed kom uit   “Prayer XI: Under the Blood” in Prayers from Metropolitan Pulpit: C. H. Spurgeon’s Prayers (New York, Revell, 1906), 65.

Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church

We encourage you to use and share this material freely—but please don’t  charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Ek het slegs die gedeeltes vertaal.




‘n Teologie van aanbidding

. —Thomas Brooks

‘n Teologie van aanbidding

Ek is besig met Deuteronomium as Bybelstudie. Ek staan elke keer verbaas oor betekenisvol die Ou Testament steeds vir mense is.

Deuteronomium 12:1 – 14 bied vir ons ‘n teologie van aanbidding.

  1. Hierdie gedeelte verklaar dat die Here, die Skepper van hemel en aarde, die God van Israel en die Verlosser van die mensdom wat aan ons verskynas mensgeworde Seun, Jesus Christus, die enigste wettige voorwerp van aanbidding is. Of dit nou die handgemaakte afgode van die antieke mense of die afgode van die moderne mens is, hulle is onwettig en afskuwelik.
  2. Aanbidding moet Hom wat aanbid word en nie die aanbidders tevrede stel nie. Moenie doen soos ons nou hier doen deurdat elkeen aanbid waar hy wil (Deuteronomium 12:8). Dieselfde geld vandag. Wat God van ons aanbidding dink, is al wat tel. Ware aanbidding is ‘n oudiëmet God en gebeur by God se plek, op sy uitnodiging, op sy voorwaardes. Die uitnodiging om in die teenwoordigheid van God te kom, word gerig aan diegene wat Hom met hulle hele lewens in verwondering en nederigheid aanbid. Wie het die reg om in u woonplek te kom, Here? Wie mag op u heilige berg vertoef? Hy wat onberispelik wandel en doen wat reg is … (Psalm 15 – eintlik die hele Psalm. Ook Psalm 24 en ander.)
  3. In aanbidding is die plek nooit so belangrik soos die teenwoordigheid van die Here nie. Luister na Jesus se woorde aan die Samaritaanse vrou: Glo My, Mevrou, daar kom ‘n tyd wanneer julle die Vader nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem sal aanbid nie … Maar daar kom ‘n tyd, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader deur die Gees en die waarheid sal aanbid, want die Vader wil juis hê dat die mense wat Hom aanbid, dit so moet doen. God is Gees, en dié wat Hom aanbid, moet Hom deur die Gees en in waarheid aanbid (Johannes 4:21 – 24). Aanbidding deur die Gees is aanbidding gedryf deur die werking van die Heilige Gees; aanbidding in die waarheid is aanbidding met integriteit – optrede en lewens wat die Here verheerlik.
  4. Verlostes kyk vooruit na aanbidding met nugterheid en vreugde. Diegene wat God opreg aanbid, besef die ongelooflike genade dat God aan hulle gegee het – eers deur sy verlossing en dan deur sy uitnodiging om in sy teenwoordigheid in teDiegene wat God opreg aanbid staan verwonderd oor die verantwoordelikheid. Aanbidding is nooit ligsinnig en onverskillig nie.
  5. Ware aanbidding is kommunaal eerder as privaat. Vir gelowiges is hulle hele lewe aanbidding; om privaat in die teenwoordigheid van God te wees, is ‘n groot voorreg en vreugde. Maar as gelowiges as geloofsgemeenskap bymekaar kom, kom hulle bymekaar om God te loof. As God se mense oor enigiets verenig is, behoort dit te wees oor die voorreg en vreugde om Hom te aanbid … saam.



Liefde: Wat is dit? (5)

The problems of the world couldn’t be resolved by the same kind of thinking that created them in the first place – Albert Einstein

Liefde: Wat is dit? (5)

Hierdie klink na ‘n dom vraag – ons weet tog almal wat liefde is. Op 15 September 2007 lewer Dallas Willard ‘n referaat by die American Association of Christian Counselors se konferensie. Sy onderwerp was: Getting Love Right. Dallas Willard was Professor aan die University of Southern California’s School of Philosophy. Hy was ‘n leraar in die Southern Baptist Church. Sy bekendste werke is In Search of Guidance en the Divine Conspiracy. Met sy sterk filosofiese en sielkundige agtergrond het hy ‘n baie interessante aanslag op die  onderwerp.  Kom ons kyk na ‘n paar gedagtes uit hierdie referaat.

As ons dit alles verstaan, is liefde nie meer ‘n intimiderende en onpraktiese ideaal nie, maar iets waarin ons elke dag vordering kan sien. Dit is iets wat ons in ons leer kan integreer; ons kan ons praktyk in ons gemeentes hierom organiseer.

Ons kan die hindernisse vir liefde in die verskillende dimensies van onsself verwyder. Die basis van al die weerstand teen liefde is die wil. – ons wil ons eie wil doen, ander beheer en verheerlik word. Die wêreldse dinge – alles wat die sondige mens begeer, alles wat sy oë sien en begeer, al sy gesteldheid op besit – kom nie van die Vader nie, maar uit die wêreld (1 Johannes 2:16). Hierdie mense is sekerlik op pad na ‘n lewe van teleurstelling. Om uit so ‘n lewe te ontsnap moet hulle hulle wil oorgee – daardie begeerte om jou eie wil te doen. Hulle moet hulle wil aan God en die goeie onderwerp. Hulle moet leer om te soek dit wat goed vir ander en hulleself is. Hierdie beginsel kom mooi in Johannes 12:24 na vore: As ‘n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe bring hy ‘n groot oes in (Johannes 12:24).

Kyk na ‘n eenvoudige opdrag van Jesus: Seën die mense deur wie julle vervloek word; bid vir die mense deur wie julle sleg behandel word. As iemand jou op die een wang slaan, bied hom ook die ander een aan (Lukas 6:28 – 29). As dit deel word van die mens wat liefde leef, word dit dinge wat ons kan leer om in die praktyk te beoefen – en vind dit is beter vir ons en ander mense as die manier van die wêreld. Ons moet leer presies wat hierdie praktyke (seën diegene wat jou vervloek) behels en hoekom hulle goed en moontlik is. Die gewoontes en sosiale patrone wat gevorm is om te vervloek as jy vervloek word, moet hervorm word deur doelbewus teenoorgestelde, liefdevolle reaksies te beoefen

As jy eers weet wat hierdie liefde is, kan jy daarin begin beweeg as ‘n praktiese en realistiese lewensopsie – en kan ander daarin lei. Liefde is nou nie meer die hopelose taak om liefdevolle dinge te doen nie. Dit berus in die liefde van God vir ons – ons gee ons laste aan Hom en Hy versorg ons. Dit beteken dat ons – die kinders van Jesus en God –  diegene wat na Hom toe kom, kan leer hoe om in liefde te lewe.

Do all the good you can, by all the means you can, in all the ways you can, in all the places you can, at all the times you can, to all the people you can, as long as you ever can (John Wesley).




Liefde: Wat is dit? (4)

The two greatest failures of leaders are indecisiveness in times of urgent need for action and dead certainty that they are right in times of complexity – Michael Fullan

Liefde: Wat is dit? (4)

Hierdie klink na ‘n dom vraag – ons weet tog almal wat liefde is. Op 15 September 2007 lewer Dallas Willard ‘n referaat by die American Association of Christian Counselors se konferensie. Sy onderwerp was: Getting Love Right. Dallas Willard was Professor aan die University of Southern California’s School of Philosophy. Hy was ‘n leraar in die Southern Baptist Church. Sy bekendste werke is In Search of Guidance en the Divine Conspiracy. Met sy sterk filosofiese en sielkundige agtergrond het hy ‘n baie interessante aanslag op die  onderwerp.  Kom ons kyk na ‘n paar gedagtes uit hierdie referaat.

Kom ons kyk nou weer na van Paulus se stellings waarna ons vantevore gekyk het:

 

  • 1 Timoteus 1:5: Die doel van hierdie opdrag is om liefde te wek wat uit ‘n rein hart, ‘n goeie gewete en ‘n opregte geloof kom. Liefde kom uit ‘n rein hart en nie uit fantasieë van sedeloosheid of kwaadwilligheid nie. Liefde kom uit ‘n goeie gewete nie ‘n gewete belas met skuldgevoelens as gevolg van die onvermoë om te doen wat goed en reg is nie. Liefde kom uit ‘n opregte geloof – absolute vertroue in God en dat Hy vir ons sal sorg. Niks sal ons van sy liefde kan skei nie. Ons kry dus nie agape liefde deur ‘n direkte poging van ons kant af nie. Wat ons moet doen is om die omstandighede waaruit liefde ontstaan in plek te plaas.
  • Romeine 13:10: Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet. Die wet is gerig op optrede wat goed en reg is. Liefde is ook gerig op wat reg of en goed is. Ons optrede word nie gefnuik deur konflik in onsself nie; ons wil die goeie doen, maar al wat ek doen is die slegte (Romeine 7:21).Galasiërs 5:14: Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Paulus sê dat om in ooreenstemming met die wet te leef nie ‘n doelwit is nie, maar ‘n neweproduk van die liefde is.
  • 1 Korintiërs 12:31 – 14:1: Veral hierdie gedeelte is van belang: die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. Die liefde vergaan nooit nie. Hierdie kenmerke is die gevolg van ons ingesteldheid op liefde, want dit is gerig op wat goed en reg voor God is en nie die bevrediging van begeertes en emosies nie. Let wel: Paulus sê nie ons moet geduldig, vriendelik, ens wees nie. Hy sê liefde is geduldig, vriendelik, ens. Wat hy sê is dat ons liefde moet najaag en al hierdie ander dinge sal vir hulleself sorg.

Liefde val in die domein van keuse. Keuse oorweeg alternatiewe en weeg op wat die beste is; dit vind wat goed en reg is. Liefde soek wat die beste is – vir onsself en almal wat betrokke is. Daarom weerhou dit die mens daarvan om sy vyand te haat – iets wat hy waarskynlik graag sou wou doen. Dit beteken nie dat jy sommer aan jou vyande toegee nie – dit mag dalk die slegste ding wees wat jy vir hulle kan doen.

Liefde is ‘n wilstoestand ingebed in al die fundamentele dimensies van die menslike persoonlikheid. Dit is nie iets wat jy kies om te doen nie – dit is iets wat jy kies om te wees. Die wil is die uitvoerende sentrum van jou self – die hart of die menslike gees. Dit rig alle dimensies van jouself, nie deur direkte en eksplisiete toesig nie, maar indirek met God. Hierdie fundamentele dimensies is die wil, die denke (met sy gevoelens, begeertes en emosies), die liggaam, sosiale interaksies en die siel.