Apologetiek: Apologetiek en postmodernisme

. —C.H. Spurgeon

Apologetiek: Apologetiek en postmodernisme

 [Apologetiek = Grieks Apologia = verdediging van die Christendom]

Alister McGrath het ‘n belangrike boek – Mere Apologetics – geskryf waarin hy op ‘n praktiese manier sê hoe gelowiges die Christelike geloof kan verdedig. Ek gaan ‘n hele paar blogs hieraan spandeer, want ek voel dit is ‘n belangrike taak vir gelowiges in ons sekulêre wêreld

Die betekenisvolste aspek van die postmodernisme is die verwerping dat daar net een regte manier van dink en gedrag is.

Hoekom? Hulle sien dit as Stalinisme/Naziïsme. Hulle glo ‘n oproep tot uniformiteit lei tot onderdrukking – mense word gedwing om in ‘n spesifieke vorm in te pas. In sy plek plaas hulle ‘n kultuursiening wat diversiteit as belangrik sien. Alles wat as rigied gesien word, word as onderdrukkend beskou. Die reaksie is teen modernisme  se poging om alles tot ‘n uniforme stel idees te reduseer.

Kevin Vanhoozer het die belangrikste temas van postmoderniteit  as vier areas van kritiek teen ouer maniere van dink opgesom.

  1. Rede. Die modernisme het in ‘n enkele, universele rede geglo; postmoderniteit sê daar is verskillende soorte rasionaliteite – rede hang af van die konteks en is ‘n relatiewe saak.
  2. Waarheid. Postmoderniteit is agterdogtig oor die idee van ‘n absolute waarheid, wantis in die verlede  vir onderdrukking gebruik – om gevestigde belange te beskerm.
  3. Geskiedenis. Moderne skrywers het na universele patrone in die geskiedenis gesoek. Postmoderniste glo dit nie. Uit ‘n Christelike standpunt: enige poging om die universele betekenis van die verhaal van Jesus van Nasaret te beklemtoon, word met suspisie bejeën.
  4. Self. Postmodernisme verwerp die idee dat daar een ware manier is om jou eie geskiedenis te vertel. Alle maniere om die individu te verstaan, is slegs gedeeltelik. Daar is geen universele antwoord op die vraag van die identiteit van die mens nie.

Postmodernisme vind aansprake op rasionele argumente problematies. Hulle word deur stories en beelde aangetrek. Hulle glo in ‘n waarheid wat uitgeleef kan word en nie een wat op rasionele argumente berus nie.

Ons kan die nuwe uitdagings hanteer, nie deur nuwe benaderings te ontwikkel nie, maar deur ouer benaderings weer te ontdek. Die basiese beginsels het nie verander nie:

  • Verstaan die evangelie
  • Verstaan die konteks waarin jy apologetiek beoefen
  • Ontwikkel benaderings wat getrou is aan die evangelie en bou op die punte van ooreenkoms met die kultuurkonteks.

Volgende keer gaan ons na ons benadering tot apologetiek kyk.




Tyd vir kultuur

He who is a stranger to wonder is a stranger to God, for God is wonderful everyway, and everywhere, and everyhow. —C.H. Spurgeon

Tyd vir kultuur

We must hold the Bible in one hand and the newspaper in the other.” Karl Barth

Elke organisasie het ‘n kultuur; verstaan jy jou organisasie se kultuur? Christene moet beide die Bybelse teks en die kultuur waarin hierdie waarhede verkondig moet word, ken. Paulus is vir ons hierin ‘n voorbeeld: en elke dag op die stadsplein met die verbygangers gepraat (Handelinge 17:17) – elke dag op die stadsplein; nie in die sinagoge of kerk nie, maar buite daar waar die mense lewe en werk.

 

Natuurlik stel Christene belang in die kultuur om hulle – dikwels is dit slegs omdat ons graag die kultuur  vir al ons probleme (soos armoede) blameer. Die probleem is dat ons dikwels nie eers die moeite doen om eers die kultuur te verstaan nie.

James Davidson Hunter (To Change the World: The Irony, Tragedy, and Possibility of Christianity in the Late Modern World) sê dat kultuur  is a slow product of history … the past which lives in the present en history turned into nature.

In plaas daarvan om die eksterne kultuur te probeer verander, moet kerkleiers eers hulle eie gemeente se kultuur verstaan – elke gemeente het sy eie kultuur. Vra jouself af:  “Watter gedrag het nie verander nie al het die leierskap of personeel of lidmate verander? Help of hinder hierdie gedrag die verkondiging van die evangelie?”

Bewaar wat aan jou toevertrou is (1 Timoteus 6:20). Ons mag nooit toelaat dat die gemeente se kultuur dit verhoed nie.




Apologetiek: Apologetiek en die kultuur

What is reading but silent conversation?”  — Walter Savage Landor

Apologetiek: Apologetiek en die kultuur

[Apologetiek = Grieks Apologia = verdediging van die Christendom]

Alister McGrath het ‘n belangrike boek – Mere Apologetics – geskryf waarin hy op ‘n praktiese manier sê hoe gelowiges die Christelike geloof kan verdedig. Ek gaan ‘n hele paar blogs hieraan spandeer, want ek voel dit is ‘n belangrike taak vir gelowiges in ons sekulêre wêreld

 Apologetiek gebeur altyd in ‘n spesifieke kulturele konteks. ‘n Benadering wat in een konteks suksesvol was, kan totaal misluk in ‘n ander konteks.

Kom ons kyk na twee tydperke in die geskiedenis – die modernisme en die postmodernisme

Apologetiek en modernisme (1750 – 1960)

Modernisme glo in die menslike rede wat die vermoë het om tot die dieper strukture van die wêreld deur te dring. Rede is die sleutel wat die geheimenisse van die lewe ontsluit. Die rasionele verdediging van die Christelike geloof word belangrik. Die logiese en rasionele fondament van die Christelike geloof moes bewys kan word. Dit gaan oor die menslike brein en denke. In die proses word die verhoudings- en bestaansaspekte van die geloof vergeet.

Wat van die hart? Die hart het sy eie redes waarom hy glo en wat die rede nie verstaan nie. In die proses is alle aspekte van Christelike denke wat as onlogies gesien is, verwerp. ‘n Goeie voorbeeld hiervan was die leer van die Drie-eenheid. Die Christelike geloof moet tog redelik wees. Maar in die evangelie lees ons van idees wat die menslike verstand net nie kan verstaan nie – of op sy eie uitwerk nie. Die uiteinde was dat ons dikwels rasionalisasie in die Christelike geloof ingevoer het in plaas daarvan dat ons die Christelike geloof in ‘n rasionele kultuur ingevoer het.

Postmodernisme

Nou staan ons voor ‘n kultuurkonteks wat baie ingewikkelder is en meer variasies het as modernisme. Apologetiek wat ‘n klompie dekades goed gewerk het, werk nie meer nie. Postmodernisme het ontwikkel omdat mense begin glo het dat die modernisme nie werk nie. Die fokus val nou op sosiale sake en probleme  omdat ons naïef geglo het dat vooruitgang onvermydelik is – die mens se verstand ontwikkel en verseker so vooruitgang. Dit het nie so gewerk nie.

Hoe moet ons op hierdie kultuurskuif reageer? As ons na die geskiedenis van die kerk kyk, sien ons dat elke geslag geglo het dat hulle op ‘n kritiese punt in die geskiedenis staan. Augustinus skryf vroeg in die 5de eeu dat mense verlang na die goeie ou dae toe die Christelike geloof deur die Romeinse Ryk ondersteun en verdedig is. Dit is baie maklik om te glo dat dinge in die verlede beter was. Die verlede word baie maklik geïdealiseer en geromantiseer. Die kerk se taak is nie om nostalgies oor die verlede te wees nie, maar om die huidige uitdagings aan te pak. Die evangelie bly dieselfde; die vrae en uitdagings varieer van een kultuur na ‘n ander.

Die Christelike geloof het voldoende hulpbronne om hierdie uitdagings te hanteer. Wat wel waar is, is dat die kerk weer moet dink. Is ons prediking nog toepaslik? Is dit wat ons in die verlede as teologies noodsaaklik beskou het nie net noodsaaklik omdat dit kultureel aanvaarbaar was nie?

Hoe verduidelik, verdedig of kommunikeer ons die evangelie in hierdie nuwe kulturele situasie?  Ons moet met mense verbind daar waar hulle is – nie daar waar ons dink hulle moet wees nie. Die een ding wat ons nie kan doen nie, is om na die modernisme terug te keer. Postmodernisme is ‘n gegewe – dit het sterkpunte en kwesbaarhede. Natuurlik bied dit uitdagings, maar uitdagings wat die kerk kan hanteer – en selfs voordeel trek. Daarna kyk ons in die volgende blog.




Apologetiek: Die Beperkings van Apologetiek

A fool soon makes up his mind, because there is so very little of it; but a wise man waits and considers. —C.H. Spurgeon

Apologetiek: Die Beperkings van Apologetiek

[Apologetiek = Grieks Apologia = verdediging van die Christendom]

Alister McGrath het ‘n belangrike boek – Mere Apologetics – geskryf waarin hy op ‘n praktiese manier sê hoe gelowiges die Christelike geloof kan verdedig. Ek gaan ‘n hele paar blogs hieraan spandeer, want ek voel dit is ‘n belangrike taak vir gelowiges in ons sekulêre wêreld

As ons die Christelike geloof wil verdedig, moet ons die swak- en sterkpunte van apologetiek ken; ons moet die voorwaardes waaronder dit werk ken; ons moet weet wanneer dinge kan skeefloop.

Een van die doelwitte van apologetiek is om die sleutelidees van die Christelike geloof te vertaal sodat die wêreld dit kan verstaan. Sekere woorde – soos vryspraak – moet geïnterpreteer word, want dit word maklik misverstaan. Daar is egter twee negatiewe gevolge waarvoor ons baie versigtig moet wees:

  1. Ons reduseer die Christelike idees tot hulle kulturele ekwivalente. Dit help ons om Jesus as die Middelaar tussen die mensdom en God te sien. Dit is ‘n begrip wat ons gereeld in die Bybel kry. Maar ons kultuur verstaan ‘n middelaar aswat ondervinding van konflikoplossing het – hy sorteer ‘n dispuut tussen twee partye uit. Pas ons dit direk op Jesus toe, sien ons Jesus as die vredemaker – ons reduseer Jesus tot dit waarmee die kultuur bekend is en die onderskeidende Christelike identiteit gaan verlore. Ons moet altyd onthou dat die evangelie bo enige kulturele idees staan.
  2. Ons mag die indruk skep dat al wat nodig is, is om die redelikheid van ons geloof te bewys. Aanvaar jy dit, is jy ‘n Christen. Geloof = toewyding aan God en nie net kennis van God nie. Ons kan hierdie probleem vermy as ons besef dat apologetiek en evangelisasie noodsaaklike, interafhanklike vennote is in Christelike uitreik – hulle vul mekaar aan.

 

Dit is baie duidelik dat daar ‘n verband tussen apologetiek en kultuur is. Daarna kyk ons in ‘n volgende blog.