Spurgeon: Ellende

The fruit of the Spirit is not excitement or orthodoxy; it is character. —G.B. Duncan

 Spurgeon: Ellende

Charles Haddon Spurgeon was sekerlik een van die begaafdste predikers van alle tye. Ek wi vyf kort aanhalins uit preke van hom gebruik. Hulle kom uit Morning and Evening. Sermons at the New Park Chapel  en  Sermons at the Metropolitan Tabernacle. Hulle is beskikbaar by Bible Gateway op die internet.

As jy na Christus toe moet gaan, moenie al jou goeie werke en gevoelens aantrek nie, want dan gaan jy niks kry nie. Gaan in jou sondes, want dit is jou mondering.

Jou vernietiging is jou argument vir genade; jou armoede is jou pleidooi vir hemelse liefdegawes; en jou behoefte is die behoefte vir hemelse goedheid. Gaan net soos jy is en laat jou ellende vir jou pleit.

Hierdie kom uit ‘n preek wat Spurgeon oor Matteus 15:27 gelewer het: ‘Dit is waar, Here,’ sê sy, “maar die hondjies eet darem van die krummels wat van hulle base se tafels afval,




Is sekularisasie onvermydelik?

Is sekularisasie onvermydelik?

Soos die wetenskap en tegnologie verbeter, is die agteruitgang van godsdiens onvermydelik? Mary Eberstadt (How the West Really Lost God: A New Theory of Secularization) van die Universiteit van Stanford se Hoover Instituut het die bestaande teorieë oor sekularisasie getoets en bevind hulle antwoord nie al die vrae nie.

 

Sy glo dat gesin en geloof die dubbele spiraal (soos ons in die DNA molekule kry) van die samelewing is. As die gesin sterker word, sal geloof ook sterker word. Die huidige probleme en agteruitgang in beide is ‘n ernstige probleem.

Wat is die redes vir die agteruitgang in beide gesin en geloof? Die seksuele revolusie en die welsynstaat. Die insentief om te trou het drasties afgeneem – dit is nie meer nodig om te trou om gemeenskap te hê nie. Meer as die helfte van eerste geboortes in die VSA is buite die huwelik. Al wil jy ‘n moeder word, is dit nie nodig om te trou nie.

 Die moderne welsynstaat  probeer om die plaasvervanger vir die vader te wees en raak betrokke by dinge wat gesinne gewoonlik gedoen het. Die finansiële beperkings op regerings wêreldwyd, mag rede vir hoop wees. Daar is net nie meer genoeg geld vir ‘n volhoubare welsynstaat nie. As mense nie meer op die staat kan vertrou nie, sal hulle na gesinne en die kerk kyk vir hulp.

Sy sien hoop vir beide die gesin en geloof in die toekoms. In moeilike tye gaan mense huis toe. En hierdie huis? Die gesin en die kerk.




Spurgeon: Sonde

 “You never know when a moment and a few sincere words can have an impact on a life.” ~Zig Ziglar

Spurgeon: Sonde

Charles Haddon Spurgeon was sekerlik een van die begaafste predikers van alle tye. Ek wil vyf kort aanhalings uit preke van hom gebruik. Hulle kom uit Morning and Evening. Sermons at the New Park Chapel  en  Sermons at the Metropolitan Tabernacle. Hulle is beskikbaar by Bible Gateway op die internet.

 ‘n Klein doring mag baie lyding veroorsaak. ‘n Klein wolkie mag die son verberg. Klein jakkalsies verrinneweer die wingerd. Klein sondes beskadig die teer hart.

Hierdie klein sondes grawe in die siel en maak dit vol van dinge wat Christus haat. Die gevolg is ons kan nie met Hom in gemeenskap leef nie – ons verhouding met Hom word verbreek. ‘n Groot sonde kan nie ‘n Christen vernietig nie, maar ‘n klein sondetjie maak hom mismoedig.

 Christen, wat het jy nog te doen met sonde? Het jy nie al genoeg betaal nie? ‘n Kind wat brandwonde opgedoen het, speel mos nie met vuur nie. As jy  al reeds in die kake van ‘n leeu was, sal jy mos nie weer in sy hok instap nie. Het jy nie al genoeg van die ou slang – die duiwel – gehad nie?




Bybelverse wat dikwels misbruik word (2)

A Jesus who never wept could never wipe away my tears. —C.H. Spurgeon

Bybelverse wat dikwels misbruik word (2)

In die vorige blog het ons na drie voorbeelde gekyk. Hier volg nog twee.

  • Alles ten goede

Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is (Romeine 8:28).

 

Ons gebruik dit dikwels teenoor ‘n ander gelowige wat deur ‘n moeilike tydperk gaan. Ons herinner hulle daaraan dat uiteindelik sal alles ten goede uitwerk. Moenie bekommerd wees as jy jou werk verloor nie – God het iets beter beplan vir jou. Onthou alle dinge werk uit ten goede – onthou dit.

Hier is twee belangrike sake in hierdie vers:

  1. oHierdie vers hanteer diegene wat Hom liefhet – hierdie vers is nie vir almal nie, maar spesifiek vir gelowiges.
  2. oDie goed is nie ons gemak nie, maar ons gelykvormigheid aan Christus. Die goeie hier lei ons van heiligmaking en uiteindelik heerlikheid – nie ons omstandighede wat van sleg na goed verander nie.
  • Waar daar geen visie is nie

Waar die wil van die Here nie bekend gemaak word nie, verwilder ‘n volk; dit gaan goed met elkeen wat die wet van die Here onderhou (Spreuke 29:18).

Die King James Version vertaal hierdie vers soos volg:

Jou gemeente sal nie sterf as julle nie ‘n visiestelling het nie. Visiestellings is goed, maar hierdie vers sê nie vir kerkleiers dat hulle ‘n beter handelsmerk moet opbou nie. Hierdie vers beteken nie dat as kerkleiers nie ‘n duidelike visie het nie, die lidmate verlore sal gaan nie.

Daar is natuurlike ander verse ook wat ons by hierdie lys kan voeg. Die les is dat ons nie sommer ‘n vers moet gryp en toepas sonder dat ons die konteks bestudeer het nie.