Trekkers en sportkarre

For every one hundred men who can stand adversity there is only one who can withstand prosperity. —Thomas Carlyle

Trekkers en sportkarre

What does a tractor manufacturer know about sports cars?” (Enzo Ferrari). Dit wa sy woorde aan ‘n nederige Italiaanse trekkerwektuigkundige. Hierdie man was ‘n werktuigkundige, maar hy het gehou van vinnige sportkarre. Hierdie werktuigkundige was nie beïndruk met Ferrari se padhantering en hulle weiering om sekere verbeteringe te oorweeg nie.

 

(Jesaja 55:2 – 3). Maar wat doen ons? Ons verruil die hoop vir ewige vreugde vir dit wat nie ware vreugde bring nie.

Luister net na die psalmis: U leer my hoe om te lewe. By U is daar oorvloedige blydskap. Uit u hand kom net wat mooi is (Psalms 16:11)

Gemeentes wat weer groei

To know God is to be transformed, and thus to be introduced to a life that could not otherwise be experienced.” D. A. Carson

Gemeentes wat weer groei

Thom Rainer het onderhoude met kerkleiers van gemeentes wat agteruitgegaan het, maar toe omgekeer het, gevoer. Hoekom het dit gebeur. Hy identifiseer ses faktore van belang:

  • Die gemeentes het die stigting van nuwe groepe doelbewus bevorder. Vanuit ‘n menslike perspektief was dit die primêre bron van groei.
  • Hulle lei die gemeente na ‘n kultuur van mense uitnooi. Hierdie uitnodigings was persoonlik – van ‘n lidmaat na iemand anders. Dit was nie ‘n bemarkingsinisiatief nie. Sommige gemeentes het wel ‘n “nooi ‘n vriend uit dag” gereël om die inisiatief aan die gang te kry.
  • Hulle begin klasse vir nuwe lidmate. Hier word die verwagtings wat die gemeente van lidmate het duidelik uitgespel. Dit lei tot ‘n positiewe gesindheid by baie lidmate.
  • Hulle begin ‘n bediening in die gemeenskap. Sommige gemeentes neem ‘n plaaslike skool aan. Lidmate beweeg uit hulle gemaksone – die kerkbanke –  en gaan uit in die gemeenskap om ander te dien.
  • Hulle begin vir kerklos mense bid. Hulle identifiseer hierdie mense en bid vir hulle by name. Aanvanklik was hulle ongemaklik, maar dit het gou deel van die kultuur geword.
  • Die leiers fokus minder op negatiewe mense en omstandighede. Leiers word mense van geloof en nie meer mense van vrees nie.

Meeste gemeentes gaan agteruit of groei stadiger as die gemeenskap waarin hulle gesetel is. Tog is daar in hierdie donker prentjie ligbakens




Die groot idee

Too greedy is he for whom God does not suffice. –  Augustine

Die groot idee

Van die sterkste invloede in ons lewe is  onsigbaar; soms klein; hipoteties. Idees. Hulle vul ons gedagtes; hulle motiveer ons optrede; hulle bepaal hoe ons die werklikheid sien.

 

Idees is ook die kern van geestelike invloed. Hulle is kragtige werklikhede wat onsigbaar van die een persoon na die ander beweeg. Hulle verander en ontwikkel. Leiers moet altyd vra: “Wat is die beste idees wat ek na ander kan oordra? Is daar een groot idee wat God my mee beïnvloed het wat ek kan oordra aan ander?”

As ons aan groot leiers uit die verlede dink, onthou ons wat hulle bereik het, maar waarskynlik ook een of meer groot idees – idees wat die gedagtes geprikkel het; idees wat hulle gedryf het om iets groots te bereik; ‘n idee wat ander beïnvloed het; ‘n idee wat geïnfiltreer het.

Vir Martin Luther King Jr. was dit dat alle mense gerespekteer moet word, want hulle het dieselfde Godgegewe waardigheid. Vir Abraham Lincoln  was dit dat die eenheid van die state nie verbreek kan word nie. Vir Winston Churchill was dit dat tirannie nooit geduld kan word nie.

Augustinus  was teen die idee wat destyds algemeen in baie kerke voorgekom het, dat goeie dade/werke  jou verlossing kan bewerkstellig. Hy staan dan ook as die “dokter van genade” bekend. Billy Graham preek vir miljoene mense en dra dieselfde idee oor: God se vergewende liefde in Christus is vir alle mense beskikbaar. Robert Pierce, die stigter van World Vision, se groot idee was dat die Christelike geloof praktiese moet reageer op die fisiese swaarkry van mense dwarsdeur die wêreld.

Het God ‘n sentrale oortuiging – ‘n idee wat mense se gedagtes prikkel – in jou geplant wat jou in staat stel om die lewens van ander mense te beïnvloed?  Indien ja, wat doen jy daaromtrent?                                                                        




Is jou kerk ‘n koninkrykskolonie of ‘n buiteklub

Today, and it breaks my heart to say it, finding a homeless person who has died of cold, is not news. Today, the news is scandals, that is news, but the many children who don’t have food – that’s not news. This is grave. We can’t rest easy while things are this way.” Pous Fransiskus

Is jou kerk ‘n koninkrykskolonie of ‘n buiteklub

Een van die oudste klooster in die wêreld is Sint Katharina. Dit is deur keiser Justinianus gebou om die monnike aan die voet van Sinai-berg te beskerm. Die mure is van graniet en tussen 8 en 35 meter hoog. Tot in die laaste eeu was daar net een ingang – ‘n klein deur ongeveer nege meter bokant die grond. Jy het toegang verkry met ‘n stelsel van katrolle en toue. Die klooster bevat baie antieke ikone en skatte, maar was tot betreklik onlangs ontoeganklik vir buitestanders.

 

Trevin Wax vra ‘n baie interessante vraag: Word ons kerke nie mettertyd soos hierdie klooster nie – ‘n versterkte organisasie sonder deure nie? ‘n Organisasie wat fokus op sy eie oorlewing en nie op sy spesifieke roeping nie. Die neiging is om te vergader met mense net soos ons. Ons sit spieëls om die evangelie – alles weerkaats na binne – in plaas daarvan dat ons groot vensters maak.

Die kerk is tog veronderstel om ‘n kolonie van die hemelse koninkryk te wees. Maar so dikwels verander ons die koninkrykskolonie in ‘n buiteklub. Ons fokus is die gemak en behoud van ons lidmate. Die groot opdrag om na die gemeenskap uit te reik, het in die proses verlore geraak.

Mense sê dat ‘n gemeente of ‘n oorlogskip of ‘n plesierboot is. Albei seil, maar hulle doel verskil radikaal. Die oorlogskip is daar vir ander – dit penetreer die vyand se gebied en veg daar. Die plesierboot is daar vir die gemak van sy passasiers. Luukse en gemak is die kernwaardes.

Het ons die gesindheid van ‘n plesierboot  word die kruis en opstanding van Christus gereduseer tot ‘n boodskap van persoonlike gemak. Ons eredienste vermaak ons. In plaas daarvan dat ons byeenkomste as basis dien vanwaar individuele Christene oor die wêreld versprei om die evangelie uit te dra,  bou ons mure om ons kerke om ons te beskerm teen die bose wêreld daar buite.

Die belangrikste waarde van gelowiges met ‘n plesierboot gesindheid is selfbehoud – hoe kan ons onsself beskerm teen mense wat van ons verskil. Persoonlike en kulturele voorkeure word absolute beginsels. As almal net meer soos ons sal wees, sou die wêreld ‘n beter plek gewees het!

Met ‘n oorlogsboot mentaliteit gaan dit nie oor selfbehoud nie, maar oor selfopoffering. Die geloofsgemeenskap bestaan nie vir homself nie, maar vir ander.