Die kerk moet groei

The Holy Spirit illuminates the minds of people, makes us yearn for God, and takes spiritual truth and makes it understandable to us.” Billy Graham

Die kerk moet groei

Almal wil graag sien dat die kerk groei. Ons word almal bemoedig as ons ‘n gemeente sien wat die liefde van God uitleef en die goeie nuus van Jesus Christus doeltreffend kommunikeer – veral in ‘n neutrale of vyandige kultuur. Maar almal van ons is bekommerd as ons sien ‘n gemeente sukkel om te kommunikeer met mense wat nog ver van God af is.

 

Luister wat sê Jesus van die lewe van ‘n Christen: Julle moet in My bly en Ek in julle.  ‘n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie (Johannes 15:4). Ons probleem is dat ons te haastig is – ons wil vrugte dra sonder om eers diep wortels neer te lê.

Sonder diep wortels is daar die gevaar dat ons sommer weggewaai op weggespoel  kan word – of verskroei as dit droog word. Dit beklemtoon dat ons kragtige waardes moet hê. Die sterkste wortelstelsel is sekerlik die Bybel. Dit is ‘n fontein vir die lewe en vir genesing; in tye van nood is dit waar ons gaan krag kry.

Uit hierdie kernwaarde – absolute vertroue op die Bybel – is daar sekere uitdagings wat na vore kom:

  • Bestudeer voortdurend die Bybel – moet nooit dink dat jy nou genoeg weet nie.
  • Luister na die geskiedenis van die kerk en die mense wat God gebruik het om die Bybelse waarhede vir ons te leer – en dit oor twintig eeue.
  • Laat die Bybel die middelpunt van elke preek wees.
  • Kyk na die Nuwe Testament vir die oorspronklike model van bediening – Jesus en sy apostels.
  • Gehoorsaam wat jy in die Bybel lees; laat dit jou gesindheid en dit wat jy glo verander.

Natuurlik moet ons ons kommunikasie aanpas by die tyd waarin ons leef, maar een ding mag ons nooit vergeet nie: Gras verdor en blomme verwelk, maar die woord van ons God bly vir ewig (Jesaja 40:8).




Is die prediking voldoende?

We know how God would act if he were in our place — he has been in our place. —A.W. Tozer

Is die prediking voldoende?

Op Kersfees en Paasfees is die kerk gewoonlik voller as op ander Sondae. Hulle verwys selfs daarna as die kerk se CEO’s – Christmas and Easter Only – bywoners. Hulle glo waarskynlik dat hulle hiermee hulle godsdienstige plig vir die jaar afgehandel het.

 

Maar selfs mense wat elke week die eredienste bywoon kan die belang hiervan oorskat – veral as dit net luister na ‘n preek behels. ‘n Student kan tog nie net lesings bywoon en dink hy kan slaag nie – hy moet darem buite die klas ook iets doen. Sy insig in die vak gaan hiersonder  nie dieper nie. Maar het ons ook nie ‘n meer uitgebreide sillabus gekry nie?  Ja, ons mag ‘n Bybel leesprogram volg, maar maak ons werklik erns met die sillabus se materiaal?

Is ons soos die student wat dieper delf? Ja, jy woon die eredienste by, maar jy maak ook tyd om dieper te delf deur persoonlike studie en gesprekke met ander gelowiges. Hoekom moet ons dit doen?  Die preek is nie genoeg  om die Skrif te leer nie – dit is ook nie veronderstel om te wees nie. Jy moet elders ook leer. Daarom kan die prediker gelowiges oproep en bemoedig om  toe te pas. Die prediker het die reg om breër konsepte wat op basiese kennis van die Bybel berus, te integreer, want hy aanvaar jy het hierdie basiese kennis elders geleer.

Wat is dan die nut van goeie prediking? Goeie prediking maak die luisteraars honger vir ‘n dieper leerervaring.; dit maak in ons die begeerte wakker om meer van God te weet. Bo en behalwe die preek moet ons ander leerervarings soek. Prediking en Bybelstudie is voordelig, maar saam vermeerder die voordele. Wat moet ons dan doen? Erken die preek is nie genoeg nie; kry ‘n groep of maat of studiegids om jou te neem na waarheen die waarheid van die preek jou oproep – steeds dieper.

Deeper, deeper, blessed Holy Spirit, Take me deeper still,

Till my life is wholly lost in Jesus, And his perfect will.

O deeper yet, I pray, And higher every day,

And wiser, blessèd Lord, In Thy precious, holy Word




Die leuens wat die kerk vertel (5)

“The Spirit is the first power we practically experience, but the last power we come to understand.” – Oswald Chambers

Die leuens wat die kerk vertel  (5)

Steve Hill (Spiritual Avalanche) beskryf hoe hy in ‘n whiteout beland het. Dit is waar die sigbaarheid skielik verminder as gevolg van sneeu. Hy voel dit is wat vandag in die kerk gebeur. Die verwysingspunte – die antieke landmerke – is bedek en ons sien hulle nie meer nie. Dwaalleer en waarhede word vermeng en lidmate word gedisoriënteerd – selfs blind.

Ons kom nou by Hill se vyfde leuen: die uitdaging van die gesag van God se Woord.

 

  • Uitdaging van die gesag van God se Woord

Die uitdaging van God se gesag kan ons na die paradys toe terugvoer. Dit begin by die slang se vraag aan Eva” Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie? Die Satan se uitdaging is tweeledig:

  • Het God dit werklik gesê?
  • God het nie bedoel wat Hy gesê het nie – jy sal tog nie doodgaan as jy van daardie boom eet nie.

Wat hoor ons vandag? Die Bybelse teks is nie betroubaar nie – die tekste wat ons tot ons beskikking het, weerspreek mekaar. Eintlik weet ons baie min, indien enigiets, van die historiese Jesus. Ander sê die Bybel is net ‘n versameling  van Godsdienstige tradisies en dat God eintlik net ‘n mite is. Hierdie is baie uitgesproke. Meestal is die uitdaging oor die betroubaarheid van die Skrif baie meer subtiel – die Bybel moet aan my standaarde voldoen. As die Skrif teenstrydig is met ons gevoelens en voorkeure kruisig ons nie ons gevoelens en voorkeure nie en buig voor God neer nie – nee, ons bevraagteken sy Woord.

Volgende keer gaan ons na die laaste twee leuens kyk: die verwerping van die hel en universele versoening.




Die leuens wat die kerk vertel (4)

“Though the Holy Spirit is God, equal in essence to the Father and the Son, yet his role is consistently to defer honor, to seek to bring about the glory of another.” Bruce Ware

Die leuens wat die kerk vertel  (4)

Steve Hill (Spiritual Avalanche) beskryf hoe hy in ‘n whiteout beland het. Dit is waar die sigbaarheid skielik verminder as gevolg van sneeu. Hy voel dit is wat vandag in die kerk gebeur. Die verwysingspunte – die antieke landmerke – is bedek en ons sien hulle nie meer nie. Dwaalleer en waarhede word vermeng en lidmate word gedisoriënteerd – selfs blind.

Ons kyk vandag na die derde en vierde leuen van Hill.

 

  • Antinomianisme 

Wat ‘n verskriklike woord. Letterlik beteken dit “teen die wet.” Eenvoudig gestel beteken dit alles is reg, want Jesus het ons vrygestel. Die probleem: Jesus het ons nie vrygestel om sonde te doen nie – Hy het ons van sonde vrygestel. Jesus het vir ons gesterf  om die mag van die sonde in ons lewens te breek. Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, ons wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees (Romeine 8:4). Wat die voorstanders van hierdie onderrig nie besef nie, is dat Jesus ons in sy onderrig oproep om selfs verder as die wet te gaan. As voorbeeld egbreuk: Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’ Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na ‘n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg (Matteus 5:27 – 28). Jesus verwys na egbreuk in die hart en nie net die fisiese daad nie.

God se wet in nie die probleem nie – sondige begeertes is die probleem. Sonde kos jou meer as wat jy bereid is om te betaal. Sonde beloof jou alles en laat jou met niks agter nie. Kyk waar jy gaan eindig as sonde jou beet kry.

  • Die vergoddeliking van die mens

Baie dwaalleer vandag begin by die mens en nie by God nie.  Toe Paulus die evangelieboodskap in Romeine uitgespel het, het hy by God begin en daarna na die mens gekom. Hy is heilig en die mens nie; Hy is regverdig en die mens nie; ons staan onder sy oordeel en het genade nodig en daardie genade kom deur die kruis.

Maar vandag is die evangelie anders. In plaas daarvan dat dit alles oor God gaan, gaan dit alles oor my. Jesus het gekom om my ‘n groter en beter ek te maak. Dit is nie die evangelie wat Jesus verkondig het nie. Toe sê Jesus vir sy dissipels: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry (Matteus 16:24 – 25).

Vandag vertrou ons op die mens – met sy kundigheid en wetenskap gaan hy ons verlos. Ons aanbid die mens en sy vermoëns. Dit gaan ons berou.

Volgende keer gaan ons na die vyfde leuen kyk: uitdaging van die gesag van God se Woord.

f om onfos�6�, maak nie, maar om ons te verlos (Matteus 1:21).

  • God kies die armes om ryk in geloof te wees – erfgename van sy koninkryk: Kies God nie juis dié uit wat in die oë van die wêreld arm is , om ryk te wees in die geloof en om die koninkryk in besit te neem wat Hy belowe het aan dié wat Hom liefhet nie? (Jakobus 2:5).

Voorspoedspredikers ignoreer Paulus se kragtige waarskuwing aan Timoteus: Maar dié wat ryk wil word, val in versoeking. Hulle loop hulle vas in die strik van baie sinlose en skadelike begeertes waardeur mense in verderf en ondergang gestort word. Geldgierigheid is die wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal. Maar jy, man van God, moet van hierdie dinge af wegvlug. Streef na opregtheid, toewyding aan God, geloof, liefde, volharding, minsaamheid (1 Timoteus 6:9 – 11).

Voorspoedspredikers moedig God se mense aan om rykdom na te jaag – hulle bepaal selfs jou geestelikheid volgens die motorkar wat jy ry. Wat het dit nou met die evangelie van Jesus Christus te doen?

Volgende keer kyk ons na die tweede leuen: ‘n oordrewe siening van genade.