Category: Coen Slabber se Blog

image_pdfimage_print

Dissipelskap: Hoekom is dit belangrik?

The more a man studies to approach God, the more he proves himself to be endued with reason.” ~ Johannes Calvyn 

Dissipelskap: Hoekom is dit belangrik?

Daar word baie geskryf oor dissipelskap. So byvoorbeeld het twee boeke onlangs verskyn: Follow Me van David Platt en Multiply van Francis Chan. Ook op heelwat blogs word daar geskryf oor hierdie onderwerp. Ek het besluit om ‘n reeks oor dissipelskap te skryf waarin ek gebruik maak van hierdie boeke en verskeie blogs.

Die onderwerpe wat ek in hierdie reeks gaan hanteer, is:

Verlossing = God se genade

Christianity is not about building an absolutely secure little niche in the world where you can live with your perfect little wife and your perfect little children in your beautiful little house where you have no gays or minority groups anywhere near you. Christianity is about learning to love like Jesus loved and Jesus loved the poor and Jesus loved the broken.” ~Rich Mullins

 Verlossing = God se genade

Verlossing gaan alles net oor God se genade. Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is ‘n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie (Efesiërs 2:8 – 9). Alle verlossing vereis geloof. Glo jy dat Jesus Christus is wie Hy sê Hy is?

Wat kan ons by die pous leer?

Calvary shows how far men will go in sin, and how far God will go for man’s salvation. –H.C. Trumball

 Wat kan ons by die pous leer?

Elke keer as die Rooms-Katolieke kerk ‘n nuwe pous kies, spekuleer mense oor watter soort pous hy gaan wees. Vir meeste van ons is dit maar ‘n bietjie geheimsinnig – niemand weet regtig wat om te verwag nie. Hierdie keer is dit anders – ons weet baie van die nuwe pous. Ons weet iets van hom as gevolg van al die mediadekking, maar ons hoef nie op die woorde van Pous Franciskus te vertrou om vir ons te sê wat hy dink belangrik is nie. Kyk net na hoe hy geleef het.

Hoe reageer ek teenoor die evangelie?

We have much more to receive, but God has no more to give than he has given in Jesus Christ. –John Stott

Hoe reageer ek teenoor die evangelie?

Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God (1 Korintiërs 1:18).

Daar word van Christene verwag om die evangelieboodskap in die wêreld uit te dra. Hoe die boodskap ontvang gaan word, weet ons nie. Mense gaan op verskillende maniere reageer.

image_pdfimage_print