‘n Nuwe Kategismus: Vraag 15
The greatest charity in the world is the communication of divine truth to the ignorant. –Alexander Maclaren
‘n Nuwe Kategismus: Vraag 15
Vraag:
Aangesien niemand die wet kan onderhou nie, wat is dan die doel van die wet?
Antwoord:
Dat ons die heilige aard en wil van God en die sondige natuur en ongehoorsaamheid van ons harte – en daarom ons behoefte aan ‘n Verlosser – verstaan. Die wet leer en roep ons op om ‘n lewe wat ons Verlosser waardig is, te leef. [Onderstreepte gedeelte is antwoord vir kinders.]
Teksvers:
Daarom sal geen mens op grond van wetsonderhouding deur God vrygespreek word nie; inteendeel, deur die wet leer ‘n mens wat sonde is (Romeine 3:20).
Kommentaar:
Nadat God aan Abraham die belofte gegee het, gee hy die wet aan Moses. Hoekom? Eenvoudig omdat Hy dinge slegter moes maak voor Hy hulle beter kon maak. Die wet openbaar sonde, ontlok sonde en veroordeel sonde. Die doel van die wet was … om die deksel van die mens se ordentlikheid te lig en te openbaar wat daaronder lê – sonde, opstand, skuld, onder die oordeel van God en onmagtig om homself te verlos.
Die wet moet steeds vandag toegelaat word om sy Godgegewe plig te doen Een van die grootste probleme van die hedendaagse kerk is om nie sonde en oordeel te beklemtoon nie … Ons mag nie verby die wet direk na die evangelie gaan nie. Dit is teenstrydig met God se plan in die geskiedenis van die Bybel … Geen mens het nog ooit die evangelie waardeer voordat die wet nie hom vir homself geopenbaar het nie. Dit is slegs in die donkerte van die naghemel dat die sterre verskyn, en dit is teen die donker agtergrond van sonde dat die evangelie helder skyn. Nie totdat die wet ons gewond en geslaan het, sal ons ons behoefte aan die evangelie om ons wonde te verbind, erken nie. Nie voordat die wet ons gevange geneem en in die tronk opgesluit het nie, sal ons smag dat Christus ons moet vrymaak nie. Nie voordat die wet ons veroordeel en doodgemaak het, sal ons na Christus roep vir vryspraak en lewe nie. Nie voordat die wet ons tot wanhoop in onsself gedryf het nie, sal ons in Jesus glo nie. Nie voordat die wet ons nederig gemaak het, sal ons na die evangelie draai om ons na die hemel op te lig.
Hierdie kommentaar is deur John Stott (1921 – 2011), ‘n Engelse Anglikaanse prediker, geskryf. Hy dien baie jare as die rektor van All Souls Church in Londen. Hy was een van die hoofskrywers van die Lausanne Covenant (1974). Hy het baie boeke geskryf, insluitend Why I Am a Christian enThe Cross of Christ.
Hierdie kommentaar kom uit The Message of Galatians in The Bible Speaks Today Series (London and Downers Grove: IVP, 1968), 93.
Verdere leesstof:
“Law in Action” in Concise Theology, by J. I. Packer.
Gebed:
Die Here openbaar Hom meer en meer aan ons in die aangesig van sy Seun, Jesus Christus … en vergroot die mag van sy genade. Sy tere genade bemoedig ons; en oortuig ons dat, aangesien Hy ons in sy genadeverbond opgeneem het, Hy ons nie as gevolg van ons sondes sal wegstoot nie. Hierdie sondes maak die Heilige Gees hartseer en maak ons vuil in ons eie oë: en … die Here voeg dit by die res van sy genade by … om die heersende mag van die Gees in ons toe te laat. Dit is ‘n bewys van die waarheid van sy genade. Dit is ‘n belofte van die finale oorwinning. Op daardie stadium sal Hy alles in almal wees. Tot in alle ewigheid. Amen.
Hierdie gebed is deur Richard Sibbes (1577 – 1635) geskryf. Hy was ‘n Engelse Puriteinse teoloog. In die vroeë 17de eeu was hy in Londen bekend as “die hemelse dokter Sibbes.” Hy was die prediker van Gray’s Inn in Londen en hoof van Catherine Hall, Cambridge. Sy bekendste werk was The Bruised Reed and Smoking Flax (waaruit hierdie gebed geneem is).
Uit “The Bruised Reed and Smoking Flax” in The Works of the Reverend Richard Sibbes, Volume 1 (Aberdeen: Chalmers, 1809), 80.
Copyright © 2012 by Redeemer Presbyterian Church
We encourage you to use and share this material freely—but please don’t charge money for it, change the wording, or remove the copyright information. Ek het slegs die gedeeltes vertaal.