Johannes Calvyn en die koning
God desires to exercise mercy as much as you desire to feel it. —Thomas Manton
Johannes Calvyn en die koning
In die laaste uitgawe van sy Institutes rig Calvyn in sy voorwoord ‘n brief aan die koning van Frankryk. Hy skryf onder andere:
U plig, deurlugtige Prins, is nie om u oë en denke te sluit vir so ‘n belangrike saak met sulke groot belange soos hierdie nie: hoe die heerlikheid van God ongeskonde behoue kan bly op aarde, hoe die waarheid van God sy waardigheid kan behou, hoe die koninkryk van God onder ons met sekerheid kan voortbestaan. Die saak is u oor waardig, u ondersoek waardig en u troon waardig.
(Bellingham, WA: Logos Research Systems, Inc., 2010), 6.
Calvyn doen hier ‘n oproep op die noodsaaklikheid dat alle lesers versigtig die leer van God moet oorweeg. Dit is nie net goed vir jou siel nie, maar die saak is “waardig.” Alles wat Calvyn in sy Institutes geskryf het – laag op laag sistematiese leerstellings – is ons oor, ondersoek en troon (ons hele lewe) waardig.
Reg van die begin van sy boek herinner Calvyn al sy lewers, insluitend die koning, dat daar iets groter buite onsself is – iets wat meer waarde as ons het – en dit is belangrik dat ons dit ken en verstaan.
Train up a child in the way he should go – but be sure you go that way yourself. —C.H. Spurgeon Gebed van Aartsbiskop Emeritus Desmond Tutu Hierdie gebed is ‘n verwerking van ‘n oorspronklike gebed deur Sir Francis Drake: Disturb us, O Lord when we are too well-pleased with ourselves Disturb us, O Lord when with the abundance of things we possess, Stir us, O Lord to dare more boldly, to venture into wider seas In the name of Him who pushed back the horizons of our hopes Amen Aartsbiskop Tutu het ‘n boek met wonderlike gebede daarin geskryf: An African Prayer BookGebed van Aartsbiskop Emeritus Desmond Tutu
when our dreams have come true because we dreamed too little,
because we sailed too close to the shore.
we have lost our thirst for the water of life
when, having fallen in love with time,
we have ceased to dream of eternity
and in our efforts to build a new earth,
we have allowed our vision of Heaven to grow dim.
where storms show Thy mastery,
where losing sight of land, we shall find the stars.
and invited the brave to follow.
Vier mites aangaande die kerk
You must keep all earthy treasures out of your heart, and let Christ be your treasure, and let Him have your heart. —C.H. Spurgeon
Vier mites aangaande die kerk
Michael Svigel bespreek vier algemene en gevaarlike mites. Baie Christene skep ‘n kerk volgens hulle eie verbeelding – hulle eie voorkeure. Nou versprei hulle vier mites om hierdie mensgemaakte kerk aan die gang te hou. Om die waarheid te sê hierdie mites word so algemeen aanvaar dat gelowiges hulle sonder meer aanvaar as die waarheid.
Mite #1: Die kerk is ‘n menslike organisasie
Die kerk bestaan uit mense, maar Jesus Christus is die hoof van die kerk. Die kerk is sy liggaam – geestelik en fisies – op aarde. Ons kan nie die geestelike, onsigbare en ewige kerk van die fisiese, aardse , sigbare, historiese kerk skei nie. Daarom hanteer ons die plaaslike sigbare kerk as ‘n menslike organisasie eerder as die unieke kanaal waardeur God werk. Die kerk is nie ‘n klub waar lidmate rigting gee – volgens die meerderheidstem – nie. Die kerk word deur die Heilige Gees verenig.
Mite #2: Die kerk is ‘n supermark vir geestelike kruideniersware
Ons hou van opsies, ‘n verskeidenheid en die vryheid van keuse in ons supermarkte – en in ons kerk! Daarom leef ons in ‘n kultuur waar mense gereeld van kerk verander. Die ergste graad is waar mense nie meer eredienste bywoon nie, maar ‘n diens op die TV of radio volg. (Natuurlik is dit vir party mense onmoontlik om ‘n erediens by te woon. Ek verwys hier na mense wat dit wel kan doen, maar nie doen nie.) Hierdie mense leef buite die lewende, fisiese geloofsgemeenskap. Die doel van die plaaslike gemeente is onder andere die opbou en aanmoediging van mekaar. Die plaaslike gemeente is nie ‘n supermark nie, maar ‘n familie.
Mite #3: Die gemeente is net ‘n bymekaarkom van ‘n paar gelowiges
Baie Christene verlaat die gevestigde kerke vir huiskerke of familiekerke. Die konsep van ‘n huiskerk is Bybels. Die probleem is dat baie huiskerke vandag net ‘n klomp ongelukkige gelowiges is wat ongelukkig is met hulle kerk of leraar. Bybelstudie is nie ‘n kerk nie; gebedsbyeenkomste is nie ‘n kerk nie; mense wat bymekaarkom om te eet en te praat, is nie ‘n kerk nie. ‘n Egte kerk word deur sekere kenmerke en werke gekenmerk. Die noodsaaklike kenmerke van ‘n kerk is:
- Ortodoksie – die verkondiging van die sentrale waarhede van die Christelike geloof ten opsigte van God, die persoon en werk van Christus en verlossing.
- Orde – leiers wat volgens Bybelse standaarde gekwalifiseer is en reg aangewys is.
- Sakramente – die doop en Nagmaal.
Drie noodsaaklike werke van die kerk is:
- Evangelisasie – maak ander bymekaar deur die evangelie van genade en deur geloof in Jesus Christus.
- Toerusting – geestelike groei van gelowiges tot volwassenheid in Christus deur onderrig en dissipline in ‘n egte geloofsgemeenskap.
- Verheerliking – verheerlik God deur aanbidding en diens.
Hierdie kenmerke en werke se basis kry ons in die Nuwe Testament. Alle ware kerke is verenig in hulle opbou en uitbou van die liggaam van Christus wêreldwyd. Plaaslike gemeentes is deel van iets groter as hulleself.
Mite #4: Die kerk is opsioneel
Party mense het seergekry in die kerk; party mense is deur hulle ouers gedwing om kerk toe te gaan en verlaat die kerk sodra hulle die ouerhuis verlaat, ens. Wat egter duidelik is, is dat meeste mense ‘n laer waarde aan die kerk heg as wat die Bybel doen. Baie mense glo dat hulle geestelike gesondheid volledig afhang van hulle persoonlike verhouding met God – die sleutel tot geestelike groei is private stiltetyd. Natuurlik is die geestelike dissiplines uiters belangrik, maar hulle is slegs ‘n deel van God se omvattende plan vir geestelike gesondheid en groei. Aan elkeen afsonderlik word ‘n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal (1 Korintiërs 12:7). Gebalanseerde geestelike groei buite die geloofsgemeenskap is net nie moontlik nie.
Ons moet in gebed elke besluit wat ons oor die plaaslike gemeente neem oorweeg – van lidmaatskap tot bywoning van die eredienste tot die vlak van ons betrokkenheid tot besluite aangaande die gemeente verlaat. As ons Hom eer en ons broers en susters werklik liefhet, sal die Here ons lei om wyse, goddelike besluite te neem aangaande ons betrokkenheid by die plaaslike gemeente.
Dissipelskap – drie kontoere
Blog52c
I am commanded by the king to be brief, and since I am the king’s obedient servant, I will be. I die His Majesty’s good servant, but God’s first – Sir Thomas More. Hy wou nie die eed aflê dat die koning die opperste gesag, selfs bokant die kerk, is nie. Hy is tereggestel.
Dissipelskap – drie kontoere
Almal praat van dissipelskap, maar hoe lyk dit? Miskien is die beste plek om te begin by Jesus se laaste opdrag aan sy dissipels in Matteus 28:19 – 20: gaan … maak die mense my dissipels …doop hulle … leer hulle. Ons sien hier drie kontoere in die kultuur van dissipelskap:
- Die maak van dissipels is ‘n doelgerigte proses van evangelisering van ongelowiges, vestiging van gelowiges in die geloof en die toerusting van leiers.
Maak dissipels impliseer doelgerigtheid en ‘n proses. Dit gebeur nie sommer net omdat daar ‘n gemeente is nie. kyk weer: gaan … doop … leer – dit is ‘n proses. Dit moet evangelisasie (gaan na nuwe mense en nuwe plekke), vestiging (doop en leer gehoorsaamheid) en toerus (leer dissipels om self dissipels te maak) insluit. Is dit wat ons gemeentes doen?
- Die maak van dissipels gebeur binne die konteks van die plaaslike gemeente
Dit is ‘n gemeenskaps- en nie ‘n persoonlike projek nie. Die gemeenskap is die plaaslike gemeente. Dit gebeur nie net in koffiewinkels nie, maar ook in die gemeente waar die Woord gesing, gebid, gelees en verkondig word. Jesus het immers aan die kerk die gesag gegee om die evangelie te verkondig, mense te doop en hulle te leer om gehoorsaam aan Hom te wees.
- Die maak van dissipels is Woord-gesentreerde en mens-tot-mens bediening
Jesus het twaalf manne op die stofpaaie van Palestina geleer om dissipels te wees. Om dissipels te maak, is die Woord van God wat mense vorm in egte verhoudings. Kyk net wat skryf Paulus aan die gemeente in Tessalonika: So geheg is ons aan julle dat ons nie net die evangelie van God aan julle gegee het nie, maar ook ons lewe vir julle sou wou gee, want ons het julle lief gekry (1 Tessalonisense 2:8). Dit is meer as saam eet (baie belangrik).
Dissipelskap is ‘n proses wat binne die gemeente plaasvind. Die fokus is op die woord van God en persoonlike verhoudings.